• No results found

Die vestiging van die Christelike geloof in die noorde van Arabië

Die vestiging van die Evangelie onder die Arabiere

2.5 Die vestiging van die Christelike geloof in die noorde van Arabië

Wanneer oor die vestiging van die evangelie in die Arabiese omstreke gehandel word, moet die ontwikkeling van ’n Siriese kerk en selfs Christendom in die Romeinse provinsie Sirië sowel as ’n eie kerklike ontwikkeling in Persiese Mesopotamië onderskei word. Onmiddellik is dit duidelik dat die kerke onder twee uiteenlopende politieke stelsels beslag gekry het. In die Romeins-beheerde Sirië was Antiochië die hoofsetel van die kerklike gemeenskap. In Mesopotamië was dit Edessa, en later Nisibis en Ctesiphon. Hierdie kerklike gemeenskappe sou nie deur Islam oorweldig word nie. In die derde paragraaf van ons oorsig, word op die vestiging van hierdie kerke gefokus.

Die oorsprong van die kerk in Antiochië is in die boek Handelinge opgeteken. Paulus het daarin ’n aktiewe rol gespeel. Vanuit hierdie sentrum het die kerklike gemeenskap in die provinsie ontwikkel. Volgens oorlewering uit legendes, soos opgeteken deur die eerste kerkhistorikus Eusebius, is die kerk in Edessa moontlik deur die toedoen van Jesus self gestig. Immers, so word vertel, die eerste sendeling na hierdie streek was ‘n dissipel van Jesus met die naam Addai.30 Die kerk in Edessa het vinnig gegroei. Teen 190 was daar reeds ‘n hele aantal gemeentes in Edessa31 en die stad het ontwikkel as die teologiese sentrum van Mesopotamië. Later sou Rabula, Biskop van Edessa (421–435), die Siriese Vulgaat, die Peshitta aan hierdie kerklike gemeenskap besorg.32

In en vanuit Edessa het ’n eie en tipiese liturgie, teologie, ampte, asketisme en tradisies ontwikkel. Dié is deur digters, skrywers en die liedere die kerke ingedra. Dit is deur gelowiges ontvang, sodat dit in werklikheid die godsdiens van die mense geword het. Hulle is deur die liturgie daarby ingeskakel. Biskoppe het uit die plaaslike samelewing gekom en die evangelie is 30 Trimingham, a.w.,130. 31 Dies., 129, 131. 32 Wessels, a.w., 82.

43 in die plaaslike taal gehoor. Daarteenoor was Antiochië in die weste, ‘n metropolis van Griekse en gehelliniseerde Christendom, vreemd vir die oos-Siriese kerke.

Hierdie (oos-)Siriese kerklike gemeenskap is inderdaad ook gemarginaliseer. Anders as die kerke in Antiochië en die weste, het hulle nie die beskerming van die Bisantynse Ryk geniet nie. Hulle het onder die Persiese Sassanid dinastie geleef. Christene in Hira (oos aan die onderkant van die Eufraatrivier) het bekend gestaan as “ibad ar Rab” (slawe van die Here).33 Konstantyn se besluit om die Christelike geloof amptelik te erken, het ’n negatiewe effek gehad op die Christene in Babilonië en Mesopotamië. Shapur II (383 n.C.) van Persië het ‘n edik uitgevaardig teen Christene. Die gevoel was dat hulle in die land gewoon het, maar gedeel het in die denke van die Romeinse Keiser wat as die vyand gesien is. In 410 by die Sinode van Mar Isaac in Seleukia, is Christene wat gewoon het in die weste van die Partiaanse (Persiese) Ryk, erken. Die kerk is offisieël aanvaar as ‘n self-regerende entiteit wat in ’n verhouding met die staat gestaan het. Die hoof van die kerk is aangewys as die “Patriarg van die Ooste” by die sinode van Markabta in 424.34

Naas Edessa het Nisibis (wat in die tyd van Keiser Julianus (360) ’n groot Christelike bevolking gehad) en Ctesiphon (verder oos) die kulturele sentra geword waaraan die kerk georiënteer het. Die krag van die Christendom in Edessa in die tyd van die biskop Rabulla (412-435) kan gemeet word aan die feit dat die kerklike katedraal alleen 72 kerk-amptenare gehad het. Die hele stad het ongeveer 200 kerklike ampsdraers gehad.35 Teen 360 het die Evangelie inslag gevind tot aan die oostekant van die Tigrisrivier, in ’n gebied wat hoofsaaklik bewoon is deur Arabiere.36

Die episkopaat van Rabbulla in Edessa het ‘n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die kerk. Daarop moet ingegaan word omdat die kerk voor beslissende keuses gestel is. Die kerk sou uiteenloop: ’n Siriese kerk wat in die weste rondom Antiochë gevorm het, en dan die oos-Siriese kerke in Mesopotamië. Hierdie kerklike verwydering in die 5de eeu is in die hand gewerk deur verskeie faktore. Uiteraard het die politieke situasie ’n bepalende rol gespeel. Maar, die 33 Dies.,151-153, 156. 34 Dies., 161. 35 Trimingham, a.w., 144. 36 Dies., 150.

44 teologiese begrip by hierdie kerke was van groter gewig in hierdie verband. Dit het uitdrukking gevind in ‘n asketiese en mistieke teologie, in ritueel en gebruike. Dit het ‘n meer praktiese as spekulatiewe teologie verteenwoordig. Die uitdrukking van die verhouding tussen die Goddelike en menslike natuur was belangriker as die definiëring van die twee nature van Christus. ’n Tipiese teologiese monofisitisme was baie gewild en algemeen aanvaar.37 Christus as openbaring van die Goddelike Gees in die mens, is gesien as vernietiging van die bose magte se beheer oor die menslike gees.38 In die sentrum het die leerstukke van Nestorius gestaan.

Toe die Konsilie van Efese (431) die leer van Nestorius verwerp, is die besluite nie in Mesopotamië verwelkom nie. Rabulla was teologiese toeganklik vir die Nestoriaanse interpretasie en het die uiteenloop van die kerk nie verhoed nie. In werklikheid het dit ’n vervreemding tussen Edessa en Antiochië meegebring.39 In die ooste het ’n Nestoriaanse kerk hom aangekondig, wat leerstellig verskil het van die Siriese (Antiocheense) kerk in die weste. Die besluite van die Konsilie van Chalcedon (451) het die verwydering verdiep. Dit het uitgeloop op wat bekend geword het as die Assiriese kerk.

As die Konsilie van Efese die verwydering tussen die Oos- en Wes-Siriese kerke gefinaliseer het, het die Konsilie van Chalcedon (451) die Wes-Siriese kerk rondom die vraag na die twee (of een) nature van Christus verdeel. Aan die een kant was daar diegene wat aanvaar het dat daar net een natuur in Christus is, met ander woorde, leerstellig gaan dit om ’n monofisitistiese benadering. Hierdie teologiese standpunt het hom sterk vergestalt in die werk en bediening van Jakob Baradeus (490-578). Sy teologie is geskoei op dié van die Patriarg Severus van Antiochië (465 -538). Hulle sou bekend word as die Jakobitiese kerk, vernoem na Jakob Baradeus. Tans verkies hierdie Christene om na hulleself te verwys as die Siries-Ortodokse Kerk, omdat hulle die dwalinge wat gekoppel word aan die woord Jakobiet wil vermy. Hierdie kerk tel vandag ongeveer vierhonderd duisend lede.40

37 Trimingham, a.w., 159. 38 Dies., 133. 39 Cragg, a.w., 43. 40

45 In die oorsig het ons tot dusver vasgestel dat die Siriese Christendom langs twee groot teologiese strome ontwikkel het. Dit het gevolg gegee aan twee groot streekskerke. In die weste, rondom Antiochië en Damaskus, en in die ooste rondom Edessa en Nisibis. In die ooste het die kerk in die Nestoriaanse Christologie opgegaan. Die Konsilie van Chalcedon het in die weste eweneens verdeel. Die monofisitiese aandrang het ’n eie kerklike gemeenskap veral in die omstreke van Damaskus tot gevolg gehad. In die laaste deel van ons oorsig oor die Siriese Christendom val die lig op die ander kerlike gemeenskap wat in die Romeinse provinsie Sirië to stand gekom het. Die gehelleniseerde Siriërs het gehou by die besluite van Chalcedon. Vanaf die tiende eeu het hulle die bynaam Melkiete of Imperialiste gekry. Die woord Melkiet is afkomstig van Siries “Malka” of Arabies “Malik” wat koning beteken. Dit was ’n aanduiding daarvan dat hulle by die Konsilie sou staan, wat onder beskerming van die keiser (of koning) plaasgevind het. Later is die Arabiese word “Malkiyun” gebruik om hulle aan te dui. Die Patriarge van Antiochië, Alexandrië en Jerusalem was Melkiete.41 Die Melkiete het die eerste ses ekumeniese konsilies van die Bisantynse staatskerk aanvaar. Die kloosters in die Judese woestyn was hulle intellektuele sentrum waar heelwat Siriese en Arabiese manuskripte geskryf is. Vername skrywers onder hulle was Theodore Abbu Qurra, Johannes van Damaskus, Qusta ibn Luqa (830 - 912), Said ibn Birtriq (877 – 933), Abu Fath abd Allah (1050) en Paulus van Antiochië (1180).42 Die Melkiete het opgegaan in die Grieks Ortodokse kerk. Hulle getal vandag word bereken op een-en-’n- halfmiljoen en word gevind in Jordanië, Libanon, Palestina en Sirië.43

Hiermee is ons oorsig voltooi. Die Siriese Christendom van die eerste ses eeue behoort nou duidelik voor die geestesoog te lê. Dit het uiteengeloop in drie groot onderskeie kerke, waarin die Christologie ’n deurslaggewende rol gespeel. Op hierdie saak kom ons in die volgende hoofstuk terug.

41

Latourette, a.w., 213.

42

Griffith, Sidney H. 2008. The Church in the Shadow of the Mosque, 139.

43

46

2.6 Die Westerse Christendom se verhouding met die Oosterse