• No results found

Sendingwerk deur middel van sendingorganisasies

10.2 Die aktivisme van die sendingorganisasies

Die meeste sendingorganisasies baseer hulle bestaan en werk op Matteus 28:19-20:

“19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en

20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. “(NAV)

Hierdie teks word geïnterpreteer as die mees wesenlike begronding van die Christendom en die Christelike geloof. Die Christelike uitreik staan in hierdie verband in die sentrum. Dit het konstituerende gesag. Kenmerkend van die sendingorganisasies is dus ’n dinamiese opvatting van die Christelike geloof wat dikwels uiting vind in ’n gedrewe aktivisme. Teologies en teologies-histories is die probleem op hierdie punt dat die klem na een betrokke saak skuif. Dieperliggend speel dit in die hand daarvan dat die bestaan van die Christelike gemeenskap opgaan in die onmiddellike, opgaan in die konteks en situasie en dat die heilshistoriese diepte, breedte en wydte van die horison waaruit die Christelike kerk en geloof kom, in die vergeethoekie beland. In die onmiddellike is daar liturgies, ekklesiologies, dogmaties en kerkhistories nie ’n verband met die kerk van alle eeue nie. Dit word ten minste ’n verskraling.

198 Die meeste sendingorganisasies weerspieël dit ook in hulle opleiding. Sendelinge owrd nie genoegsaam onderleg in teologie en (kerk)-geskiedenis nie. Dit fokus op die beste praktyke om die doelwitte van die organisasie te vergestalt. Operasie Mobilisasie Suid-Afrika vereis byvoorbeeld ses maande opleiding waarvan twee weke van die kursus gefokus word op Moslemsending. In die meeste gevalle geskied opleiding op die sendingveld en dit geld vir al die ander sending organisasies.

Op hierdie punt speel die sendingorganisasie in die hand van twee groot en bedreigende sake. Die een is ’n teologiese en akademiese isolering van die katolieke of regsinnige kerk van alle eeue. Dit is baie duidelik dat sendelinge wat deur die organisasies opgelei is, byna geen kennis opdoen van die teologie en geskiedenis nie. Daar ontbreek onsettend veel in die mondering. In die sending aan die Moslem Arabier is hierdie verbintenis, en die kennis hiervan, van deurslaggewende belang. Juis ook omdat Islam so deur en deur histories van aard is.

Die tweede saak (wat hiermee saamhang) is dat sendingorganisasies blootgestel is aan ’n aktivisme, eie aan ’n westerse interpretasie en wêreldbeeld. Dit gee aanleiding daartoe dat die evangelie gereduseer word tot ’n humanistiese motief wat gevolglik ook die inhoud daarvan beïnvloed en verander. ’n Goeie voorbeeld is die konsep van die 10/40 venster en die aandrang in die 1990’s op Praying through the Window. Die onverantwoorde konsep het ontwikkel in ’n aktivisme. Die 10/40 venster, AD2000 beweging en die Joshua projek se interpretasie van Matteus 28 reduseer die Groot Opdrag op die volgende maniere: “maak my dissiples” word vervang met evangelisasie,“dissipelskap van die nasies” word vervang met die inplanting van ’n klein kern d.w.s. die totstandkoming van ’n selfonderhoudende kerk. Dissipelskap en leierskap word verwaarloos omdat dit die doel is om so gou as moontlik na die volgende onbereikte groep te gaan om die koms van die Here te bespoedig. Die aktivisme blyk ook uit ’n tipiese woordeskat: demonies, ’n geestelike vesting van die Satan en kragte van euwel wat vereenselwig word met die 10/40 venster. Satan het ’n geografiese vesting saam met sy magte. George Otis Jr. het tot die slotsom gekom dat twee magtige demoniese kragte in die pad staan om die Groot Opdrag te voltooi, naamlik Iran (Die Prins van Persië) en Irak ( Die gees van Babilonië).1

1 Rynkiewich, Michael A. 2007.Corporate Metaphors and Strategic Thinking: "The 10/40 Window" in the American Evangelical Worldview. In Missiology, 35 (2), 217-241.

199 Dit is die vertolking van ‘n Amerikaanse wêreldbeeld, wat afgestem is op probleemoplossing en die identifisering van struikelblokke wat uit die weg geruim moet word. Die fokus op die toekoms is pragmaties gerig om dinge gedoen te kry. Die konserwatiewe Amerikaanse kulturele waardesisteem is gevolglik die fondasie vir die 10/40 konsep.

Die kritiek wat Rynkiewich lewer is belangrik om in ag te neem. Sending, skryf hy, is nie ’n probleem wat opgelos moet word deur die oorwinning van lande nie, nie militaristies nie en ook nie geestelik nie. Ons word geroep om getuies te wees en om mekaar te dien. Dit geskied nie vanuit wêreldlike outoriteit en mag nie.2

Hierdie pargraaf illustreer dat sendingorganisasies maklik die prooi kan word van ’n eensydige aktivisme, wat aangevoer word deur ’n eie gemotiveerde wêrelbeeld. Daarin kom motief en bymotief as drywende kragte aan die woord, en word die Christelike geloof vereenselwig met ’n magtige beweging wat die hele wêreld moet oorwin. Die oorwinning van Christus aan die kruis kom in die skadu te staan.

Die tweede saak wat ’n teologies-kritiese evaluering van die werk van sendingorganisasies uitwys, is die feit dat hulle gekonfronteer word met kerkplanting, en dat hulle dit inderdaad ook doen. Maar, kerkplanting word eweneens langs lyne gedoen wat in die teken van die eie tyd staan. Die verbintenis aan ’n katolieke tradisie word teologies en histories nie ernstig geneem nie.

10.3 Kerkplanting

Kerkplanting is een van die hoofaspekte waarop in die kringe van die sendingorganisasies hedendaags gefokus word. Dit kom neer op die twee kant van dieselde munt. Aan die eenkant is die konsep van die kerk en aan die ander kant is die sendingorganisasies se kritiek teen die kerk.. Tog kan hulle dit nie vermy nie en willens en wetens staan hulle in lyn met ’n lang sendingtradisie. Die vroeë sendelinge se motief was nie om hulself te reproduseer nie, maar die mikpunt was die planting van aanbiddende gemeentes onder die nie-christelike bevolkings in

2

Rynkiewich, Michael A. 2007.Corporate Metaphors and Strategic Thinking: "The 10/40 Window" in the American Evangelical Worldview. In Missiology, 35 (2), 217-241.

200 nie-christelike lande.3 Dit is wel ’n onvermydelike opgaaf om in te gaan op hoe oor kerkplanting in die sendingorganisasies gedink word.

Die invloedrykste handboek vir kerkplanting vandag is dié van David Garrison Church Planting

Movements (2004). In sy boek gee hy die volgende definisie: ”A Church Planting Movement is a rapid multiplication of indigenous churches planting churches that sweeps through a people group or population segment.”4

Die klem in hierdie definise val op vermenigvuldiging. Kerke produseer kerke. Dit gaan egter nie net om kerke te plant nie, maar ’n hele bevolkingsgroep te bereik met die evangelie. Die kerke word ook nie geplant deur buitelanders nie, maar deur die inheemse bevolking. Garrison het tot hierdie definisie gekom na sy waarneming van sodanige bewegings wat ontstaan het in verskeie dele van die wêreld. Die doel was om die elemente te ontdek wat ’n rol gespeel het in hierdie kerkplantingbewegings. Hy onderskei tien universele elemente wat in elke kerkplantingsbeweging teenwoordig was, naamlik:

• Uitsonderlike gebed. • Oorvloedige evangelisasie.

• Die kerkplantingsbeweging het met bedoeling (opset) geskied. • Die gesag van God se Woord.

• Inheemse leierskap.

• Oningewyde leierskap ( Geen teologiese opleiding as vereiste). • Huiskerke ( Samekoms van ’n klein groep van gelowiges).

• Kerke wat kerke plant. (‘n vierde generasie van kerke wat geplant is, word gereken as ’n kerkplantingsbeweging).

3

Lehmann, Paul L. 1953. Willingen and Lund: the church on the way to unity. In Theology

Today, 9 (4) 434.

4