• No results found

Ekumeniese benaderings gedurende die

8.5 Die Lausanne Beweging

Die Lausanne konferensie se ontstaan kan herlei word na Dr Billy Graham, die Amerikaanse evangelis wat na vore getree het gedurende 1940 en 1950. In 1966 het Billy Graham se

Evangelistic Association en die Amerikaanse tydskrif Christianity Today, ‘n vennootskap

gevorm en die Wêreld kongres oor Evangelisasie in Berlyn geborg. Slegs ’n paar jaar later het

17

Larson, Warren F. 1996. Critical Contextualization and Muslim Conversion. In International

Journal of Frontier Missions, 13(4), 190.

18

162 Dr. Billy Graham die noodsaak gesien vir die totstandkoming van ‘n meer diverse kongres om te fokus op die Christelike sending en die evangelisasie van die wêreld.

In Julie 1974 het meer as tweeduisend sewehonderd verteenwoordigers uit honder-en-vyftig verskillende nasies byeengekom vir ’n periode van tien dae om debatte te voer en te verenig in gebed en aanbidding. In Lausanne, Switserland.

8.5.1 Die Lausanne Konferense (1974)

Die belang en oortuigings van die konferensie is duidelik sigbaar in die openingstoespraak van Dr Billy Graham. Hy wys op ’n belangrike rede vir die ontstaan van die konferensie, naamlik dat daar op daardie tydstip geen struktuur bestaan het wat ‘n evangeliese verstaan van die evangelie vergestalt het nie. Hy behandel twee groot gevare. Die eerste is die liberalistiese teologie wat nie meer die gesag van die Woord erken nie. Tweedens wys hy op die moderne tendens om die evangelie te reduseer tot ‘n social gospel. In sy toespraak hoor ’n mens opnuut die woorde van Kraemer van 1938. Dr. Billy Graham verwys na Edinburgh 1910 en beklemtoon dat die konferensie se sukses daarin geleë was dat hulle die Woord van God as gesaghebbend beskou het en dat hulle ’n duidelike definisie van evangelisasie gehad het.

By Lausanne is ’n aantal dokumente aanvaar, wat nie oorgesien kan word nie. Die eerste is

Evangelism in the Hard Places of the World waarin Dr. Frank Spahir Khair-Ullah die

evangelisasie van Moslems behandel het. Moslems moet nie beskou word as mense met geen spiritualiteit nie. Vir hom is een van die mees suksesvolle evangelisasie metodes die van Bybel korrespondensie kursusse te same met radio bediening. Vir hom is die bestaan van geheime gelowiges soos Nikodemus ’n geldige vorm van Christenskap.19

Die tweede dokument is getiteld Evangelism Amongst Muslims wat ook deur Dr. Kair Ullah opgestel is. Die sukses van ’n sendeling, skryf hy, hang af van die mate waarin hy bereid is om een te word met die betrokke kultuur waarin hy werk. Volgens hom is daar vier struikelblokke wat oorkom moet word om die harte van Moslems te wen. Die struikelblok van kultuur en nasionaliteit, intellektualitiet, emosionalitiet en laastens die struikelblok van die wil. Hy verdedig

19

The Lausanne Movement Lausanne 1974 Documents, besoek op 8 November 2010, http://www.lausanne.org/es/lausanne-1974/lausanne-1974-documents.html

163 tog die dialoog-vorm van evangelisasie en beskryf dit as ’n gesamentlike soeke na die waarheid. Daar moet gefokus word op wat die beste vir Islam is en waarde moet geheg word aan die positiewe historiese bydrae wat Islam tot die Westers Europese kultuur gemaak het. Hy pleit vir die noodsaak van ’n Christelike bestudering van hedendaagse Islamitiese bewegings wat die ouer doktrines van Islam bevraagteken.

Die belangrike kritiek teen Lauzanne 1974 is dat daar geen fokus was op die Arabiere nie. Dr. Khair Ullah was van Pakistan en sy benadering tot Moslem-evangelisasie was gefokus op die Pakistani konteks. Verder is daar ook geen aanduiding dat daar pogings aangewend is om die Oosterse Christendendom te betrek by hierdie beweging nie. In terme van evangelisasie onder die Arabiere was Lausanne dus ’n groot teleurstelling.

Na die konferensie het die organiseerders onder mandaat van die verteenwoordigers ’n kommitee gevorm om die voortgang van die konferensie te bevestig. So is die Lausanne Committee for World Evangelisation (LCEW) gevorm met Gottfried Osei-Mensah van Ghana as die eerste sekretaris.

Onderleiding van hierdie kommitee het verskeie plaaslike konferensies plaasgevind. Hierdie byeenkomste sluit die vologende in: Glyn Eyrie, Colorado (1978); Consultation on World Evangelization (Pattaya 1980); Conference of Young Leaders (Singapore 1987); Lausanne II (Manila 1989); The Forum for World Evangelisation (Pattaya 2004) en The Younger Leaders Gathering (Malaysia 2006). Belangrike dokumente is saamgestel tydens die byeenkomste en het bekend geword as die Lausanne Occasional Papers (LOPs). Van belang vir hierdie studie is die

Lausanne Occasional Papers wat fokus op Moslem-evangelisasie en word dus vervolgens

bespreek.20

8.5.2 Die Glen Eyrie Rapport: Muslim Evangelization (1978)

Gedurende Oktober 1978 het daar ‘n konsultasie plaasgevind by Glyn Eyrie, Colorado om die verantwoordelikheid van Noord-Amerikaanse Christene teenoor die Moslemwêreld te bespreek. Hierdie konsultasie was ‘n voortsetting van die LCEW van 1974. Die konsultasie is bygewoon

20

The Lausanne Movement, About Lausanne, besoek op 8 November 2010, http://www.lausanne.org/about.html

164 deur kongresgangers wat ‘n verskeidenheid beroepe ingesluit het: sendelinge, sendingkundiges en-geleerdes, Islamkundiges, antropoloë en teoloë. Daar was ook verteenwoordigers van kerke in die Midde Ooste, Asië en Afrika.

In die openingstoespraak het die vraag na vore gekom: “Waarom is die Moslemwêreld nie beter geëvangeliseer nie?” Immers, so word vervolg

• Waarom is net 2% van Noord Amerikaanse Protestantse sendelinge betrokke by Moslem evangelisasie?

• Waarom het hulle ’n beperkte verstaan van die Islamitiese kultuur?

• Waarom word daar volhard in die gebruik van oneffektiewe evangelisasie metodes?

Een van die redes wat aangevoer word vir die min bekeerlinge onder Moslems is die onbeplande sendingwerk van die Weste. Die afwesigheid van die wete dat die Westerse kultuur ook fouteer, is nog ’n rede vir onsuksesvolle sending onder Moslems. Oor die toekoms van die sending aan die Moslemwêreld is die volgende punte uitgelig: