• No results found

Gespreksgenote ter wille van die evangelie en twee omvattende gebeurtenisse

5.3 Die Christelike kruistogte

Die studie behandel die kruistogte nie in besonderhede nie. Trouens, veel minder as ’n oorsig word aangebied. Van belang is om die impak van hierdie gebeure op die geskiedenis van die sending aan Moslems, en die geskiedenis van die relasie tussen Islam en die Christelike geloof nader in te skat. Vir die doeleindes van die studie is dit van groot waarde.

Wat was die motiewe van die Kruistogte? Latourette noem vier faktore in hierdie verband: • Ekonomies: Daar was ‘n droogte in Wes-Europa en mense het uitkoms gesoek.

• Polities: Die Bisantynse Ryk was aangewese op die hulp van die Wes-Europese Christelike konings, om die bedreiding van die Moslem Turke die hoof te bied.

• Godsdienstig: Die verlossing van die Heilige plekke, naamlik Jerusalem wat in die hande van Moslems geval het.

• Om weer ‘n eenheid te bewerkstellig tussen die Oosterse en Westerse Christendom.17

Wessels stem saam met Latourette oor die politiese en ekonomiese motiewe van die kruistoge en wys daarop dat byvoorbeeld Venisië haar skepe in diens gestel het van die kruisvaders, met eie

16

Scudder III, a.w., 36-38.

17

98 belange in gedagte, naamlik om kommersieël baat te vind daarby.18 Hierbenewens is die kruistogte verbind aan ’n Christelike heilige oorlog, geseën deur die kerk, en het ’n baie sterk motief in die Europese verantwoording van ’n militêre aanval op die omstreke van Arabië. Dit was nie net ‘n oorlog om Heilige plekke terug te verower nie, maar dit was ‘n oorlog teen Moslems en alle ander godsdienste. Latourette merk tereg op dat die kruistogte die koninkryk van God op aarde wou realiseer deur die metodes van die wêreld te gebruik.19 Dit het ’n omvattende sending geword om God se eer te herstel.

Die Wes-Europese kruisvaders het die Oosterse Christene as ketters en nie as katoliek en as regsinnig waardeer nie. Die aanval op en oorname van Konstantinopel in 1204 en die plasing van ‘n Latynse patriarg is met bitterheid deur Oosterse Christene aanskou.20 Daarmee is die Bisantynse en Christelike Ryk ook gekompromiteer. Die Oosterse Christendom was vir die Weste altyd ‘n mate van uitdaging, ‘n objek van bejammering eerder as ‘n behoudenheid van die waarheid. Die kruistogte het die Oosterse Christendom uiters kwesbaar gemaak.

Die plaaslike Christene van die Ooste, naamlik die Arabiere, Siriërs, Melkiete, Jakobiete en Nestoriane, was hulpelose slagoffers van die kruistogte. Die kruistogte het die verstaan van die evangelie belemmer. Ortodokse Christene is saam met Moslems doodgemaak.21 Die kruistogte het ‘n permanente trauma agtergelaat in die siel van die Arabiese Christendom. Arabiese Christene was altyd onder suspisie en hulle is weer met vrees gevul. Die ongevraagde militêre inval van buite het aan die plaaslike Christene leed besorg. Die verkondiging van die evangelie aan Moslem en Christen is gedoen vanuit ’n Wes-Europese konteks, sonder in agneming van die situasie, die tradisies, die bestaan van kerke en Christelike gemeenskappe, ensovoorts. Die westerse (Dominikaanse) monikke wat die voortou in hierdie ‘sendingwerk’ geneem het, het die Christene van die ooste nie as Christene geag nie. Die Oosterse Christendom het die Westerse

18 Wessels, a.w., 216. 19 Dies., 413, 414. 20

Latourette, a.w., Volume I., 574.

21

99 prediking op hulle gebied, as vyandig beskou wat hulle status quo met die Moslems in gevaar gestel het.22

Die kruistogte het uiteindelik in hulle doel misluk. Dit was vir die Bisantynse Ryk nie net ’n verleentheid nie, maar die begin van die besliste einde.23 Vir die Christen-kerke in die ooste eweneens. Die boodskap van Christus is uit vreemde oorde ingedra en in assosiasie met die swaard, afgedwing.

Die kruistogte het grootliks bygedra tot die vervreemding tussen Moslems en Christene in die Ooste. Die Arabiese (en Oosterse) kerke het begin taan. ‘n Aanhaling uit Wessels beskryf die situasie die beste :

“The crusades left them disillusioned and enfeebled; the aftermath decimated them. Ironically the venture which had its inception in the urge to defend Christendom came near to destroying its Eastern wing.”24

Christene is vervolg en het in ‘n toenemende mate geïsoleerd geraak as ‘n direkte gevolg van die kruistogte.25 Onder leiding van Ibn Taymiyya (1263-1328 ) is baie Christene verdruk. Vanaf die dertiende eeu het Arabiese Christene nie meer ’n kreatiewe impetus vertoon om die Evangelie te verkondig aan die Moslems nie. Dit het vir Christene meer oor oorlewing gegaan as om die Evangelie doelgerig van binne uit te verkondig.26

Die kruistigte het omgekeerd ook ’n impak op Europese Christene gehad. Hulle wou nie met die stroom saam nie. Een hiervan was Fransicus van Assisi. Dit is merkwaardig dat die ontmoeting tussen Franciscus van Assisi met die Sultan Al-Malik plaasgevind het in Julie 1219 by Damitte gedurende die vyfde kruistog. Assisi se vertrekpunt was dat Moslems beskou moes word as medemense aan wie liefde getoon moes word. Die waardering van Assisi lê daarin dat hy die geweld van die kruistogte wou vervang met liefde. Toe die twee uitmekaar gegaan het, het die

22

Cragg, a.w., 101-107.

23

Latourette, a.w., Volume I., 566.

24 Wessels, a.w., 28. 25 Dies., 217. 26 Griffith, a.w., 21.

100 Sultan vir Assisi gesê : “Bid vir my dat God vir my die wet en die liefde sal wys wat Hom sal behaag”. Franciscus het ‘n bespreking van die Drie-Eenheid vermy. Vir hom was rede en logika nie die weg om die Evangelie aan Moslems te verkondig nie.27

Die tweede is Raymund Lull (1232-1315). Hy het ‘n sterk Franciskaanse begeerte gehad om sendingwerk te doen, wat in hom ook die alomteenwoordige ywer om ‘n marteldood te sterf laat ontvlam het. Met al sy krag het hy ‘n poging aangewend om die Evangelie aan die Moslems te bring. Raymund het die ideaal van Franciscus hernu. In die jaar 1301 het hy na Siprus en Armenië vertrek. Op hierdie reis het hy in kontak gekom met plaaslike Christene, naamlik die Jakobiete, Maroniete en Nestoriane. In 1276 het hy ‘n Arabiese Kollege gestig in Miramar in Majorka om te dien as ‘n skool van Arabiese studies ter verkondiging van die Evangelie. Lull het ’n in-diepe kennis van Islam asook van hulle boek en hulle gebruike verwerf.28

Lull se ywer het hom ook daartoe gelei om akademiese skole te vestig waar Oosterse tale soos Arabies gedoseer is om sodoende sending onder die Arabiere te bevorder. Dit het het daartoe gelei dat Arabiese klasse in 1315 aan die universiteite van Europa begin is.29 Sy uitgangspunt was om geleerde gesprekke met Moslems te voer om sodoende hul insig oor die Christelike geloof te verbreed. Dit het daartoe aanleiding gegee dat ‘n aantal geleerdes o.a. Bernard van Clairvaux, Thomas van Aquina en Raymond Martini, belangrike apologetiese werke geskryf teen Islam en die geloof van die Moslems.

’n Tydgenoot van Raymund Lull, Frater Ricaldo de Monte Croce, het in 1288 na Bagdad vertrek met die doel om saam met Moslems te leef en hulle te bekeer. Hy het die Islamitiese geloof gekritiseer, maar het steeds ’n opregte verhouding gehad met Moslems.30

Hiermee eindig die enkele ter saaklike aantekeninge oor die kruistogte en hulle impak op die Christene en Moslems van Arabië sowel as op die sending aan die Moslems. Hierdie gebeure sou 27 Cragg, a.w., 106, 107. 28 Cragg, a.w., 108, 109. 29

Zwemer, The Cradle of…., 239.

30

Larson, Warren F. Critical Contextualization and Muslim Conversion. International Journal of

Frontier Missions, 13 (4). (USA: International Students Leaders Coalition for Frontiet Missions,

101 egter nooit uit die herinnering van Moslems verdwyn nie. Dit het alle relasies tussen Moslems en Christene daarna gestempel.

Met die oog op die doel van hierdie studie, is ’n laaste omvattende politieke gebeurtenis van groot belang, naamlik die vestiging en handhawing van die Ottomaanse Ryk in die gebiede waaroor die studie handel. Hierdie Ryk sou die politieke toneel tussen 1299 en 1923 oorheers. Net soos die Romeinse en Bisantynse Ryke, was die Ottomaanse Ryk ’n magtige en omvattende politieke struktuur.