• No results found

Gespreksgenote ter wille van die evangelie en twee omvattende gebeurtenisse

5.4 Die Ottomaanse Ryk

Die Ottomaanse Ryk was een van die grootste en magtigste politieke entiteite (’n Ryk) wat die geskiedenis ooit geken het. Dit was deur Islam geïnspireer en onderhou. Dit kan ook as ’n antwoord op die kruistoginvalle beskou word. Konstantinopel (later Istanbul) was die hoofstad vanwaar die Ryk bestuur is. Na die Eerste Wêreld Oorlog het die Ryk tot ’n einde gekom. Die Republiek van Turkye het in 1923 die opvolger van die eens glorieryke Ryk geword.

Teen 1300 was die Christelike Bisantynse Ryk heeltemal verswak. Die Ryk het al sy Anatoliese provinsies verloor, wat onder beheer van Moslemleiers gekom het. Die mees prominente hiervan was Osman I. Hy was aangegryp deur die ideaal van ’n geweldige groot Islam ryk en het polities sy mag vinnig uitgebrei. Na sy dood is die Ottomaanse mag verder uitgestoot in die Meditereense wêreld en het die Balkan begin insluit. Daarmee het die oorname van die strategiese Konstantinopel ’n onafwendbare werklikheid geword. Mahmed II (die Oorwinnaar) het inderdaad op 29 Mei 1453 Konstantinopel oorwin. Konstantinopel het die hoofstad van die nuwe Ryk geword. In ’n ooreenkoms met die Patriarg van Konstantinopel, is die Ottomaanse Ryk erken. Daarmee het die Oosterse Christendom finaal van die Weste geskei. Die direkte resultaat van die val van Konstantinopel was dat die Oosterse Christendom onder die Griekse ortodokse Patriarg van Konstantinopel voortgegaan het. Die Patriarg van die Wes-Siriese Jakobitiese kerk is in Konstantinopel verteenwoordig deur ’n Wakil (afgevaardigde) wat in ‘n

102 klooster in Oos-Turkye gewoon het. Die Patriarg van die Oos-Siriese kerk ( Nestoriaans) het in die Kurdiese berge gebly.31

Gedurende die 15 en 16de eeu het die Ryk ’n tyd van uitbreiding beleef. Sy grense het tot diep in Europa gestrek. Ook Noord-Afrika het nou onder die Ryk ingeskuif. Sultan Salim I (1512–1520) en Sulayman I (1520–1566) het die Turkse beheer versprei na die Arabiese wêreld. Hulle het die Mamluks verower in Sirië en Egipte. Salim se magte het sover as Aden beheer geneem oor die Arabiere. Sulayman I het Bagdad, Armenië en Jemen totaal oorgeneem. Sulayman I het ook vanuit die ooste Europa bedreig. Wenen is byvoorbeeld in 1529 lank beleër. Hierdie gebeure het Protestantse teoloë ook uitsprake laat maak oor die Turke of Moslems. Die eerste perspektief op Moslems in die Weste het ontstaan uit vrees en onkunde en is hulle gedemoniseer as monsters met die koppe van honde.32 Hierbenewens is die Turkse Ryk in verband met die anti-Chris gebring. Islam en die Katolisisme is as die twee bene van die sataniese manifestering ingeskat. Martin Luther het die Turke byvoorbeeld gedefinieer as die beliggaming van die Antichristiese gees wat net soos hulle voorvader Ismael, tydelike mag verwar het met goddelike uitverkorenheid.

Aan die einde van die 16de eeu moes die Ottomaanse Ryk konsolodeer. Hy kon uitbreiding nie meer volhoubaar laat plaasvind nie. ’n Lang periode van stagnasie het ingetree, terwyl die Wes- Europese lande met die ontdekking van die res van die wêreld weer sterker na vore getree het. In die noorde het Rusland ’n bedreiging geword. Dit sou ’n reeks oorloë in die 18de en 19de eeu tussen die twee moondhede aan die hand werk. Die Ottomaanse Ryk moes aanpas en moderniseer, wat sy einde sou beteken.

Vir beide Christene en Moslem Arabier het die lewe onder hierdie Ryk aanpassings en uitdagings gebring. Die Moslem Arabier kon opgaan in ’n geweldige groot Islam Ryk. Die Christene het ’n klein minderheid geword. Die ou Bisantynse Christelike Ryk is vervang met ’n nie-Christelike ryk. Wat die Christene in die Ryk betref, het die Turkse beheer ‘n verdere voortsetting van die dhimmi status beteken. In die Arabiese gebiede is die Christene met groot

31

Wessels, a.w., 34.

32

Friedman, John Block. The Monstrous Races in Medieval Art and Thought (Cambridge: Harvard University Press, 1981), 62-9. Southern, R. W. TheWestern View of Islam in the Middle

103 suspisie gewantrou. Toe Sirië deel word van die Ottomaanse Ryk, is alle Siriesgebore Christene verbied om tot die Ortodokse klooster lewenswyse toe te tree. Dit het hulle verhoed om enige kerklike amp te beklee. Dit het die Turkse staat in staat gestel om politieke aangeleenthede af te dwing op minderheidsgroepe. Heelwat omkoopgeld is aangebied om kerklike ampte te bekom insluitende die titel van Patriarg. Tussen 1595 en 1695 was daar ongeveer dertig patriarge. Baie het slegs die pos vir ‘n paar weke behou. Die kerklike amp het onder geskik geraak aan die Ryk.33 Daarmee het die kerke aan geloofwaardigheid ingeboet. Die Turkse sisteem van devisirme (verpligte weermag diens) het die Christelike gemeenskappe eweneens verklein. Die sisteem het dit moontlik gemaak om kinders te neem van Christen gemeenskappe en hulle dan groot te maak as Moslems om in die weermag te dien. Weeskinders is ook geneem om Moslems te word.34 Hierdie paragraaf het die tweede van die groot historiese gebeurtenisse wat in die herinnering van die Moslem (en Christen) Arabier leef oorsigtelik beskryf. Die eerste is die Christelike invalle of soos dit bekend is in die weste, die kruistogte. Beide vorm die twee aste waar rondomheen ’n baie sterk ontwikkelde historiese beeld wentel. Hierdie beeld beïnvloed die lewensbeskouing diepgaande en bepaal die benadering en houding ten opsigte van almal wat van buite af inkom op die kultuur en tradisies van Islamgelowiges.35

33

Cragg, a.w., 116-118. Latourette, a.w., Volume I., 615. In 726 n.C. het Callixtus III, vyfduisend seshonderd pond betaal vir die titel van Patriarg. Die volgende dag is hy oorlede aan ‘n hartaanval weens die opwinding van die geleentheid.

34

Cragg, a.w., 120. Latourette, Volume II..., 901.

35

Dies., 37. ’n Belangrike gebeurtenis wat onder die Turke plaasgevind het, was die Krim-oorlog wat geduur het van 1853 tot Februarie 1856 tussen die Russe en die Britte aan die een kant en die Franse en Ottomaanse Turke aan die anderkant. Die direkte oorsaak van die oorlog was die aanspraak van die Russe om outoriteit te handhaaf oor die ortodokse vleuel van die Ottoman Sultan, asook oor die heilige plekke in Palestina. Die Romeinse Katolieke Biskop van Frankryk wat die posisie van die Vatikaan verteenwoordig het, het Frankryk se aandeel in die oorlog gesanksioneer. Die oorlog is geregverdig as ‘n heilige oorlog teen kettery. Dit het baie kenmerke in gemeen gehad met die kruistogte. Die Russe het in die Krim-oorlog die verraad van die Europese Christene gesien – spesifiek Frankryk en Brittanje. Frankryk is erken deur die sultan as die bewaarder van die Romeins Katolieke geloof. Hierdie gebeurtenis was ‘n draaipunt in die Oosterse Christendom.

104

5.5 Samevatting

Die vroegste tekste in Siries en Arabies wat die Christelike geloof teenoor Islam verantwoord het, reflekteer die feit dat die outeurs ’n uitgebreide kennis gehad het oor die leer van Islam, die Koran, die Hadith, die biografie van die profeet en die geskiedenis van die kalifaat. Dit is as sodanig eerbiedig. Drie soorte geskrifte wat gebruik is om die Evangelie te verkondig was die dialoog vorm, briewe en laastens die sistematiese uiteensetting van die Christelike geloof. Die feit dat die eerste geskrifte in Siries was, toon aan dat hulle nie rekening gehou het met die krag van die Arabiese taal nie. Die Arabiese Christelike tekste kom eers voor aan die einde van die agtste eeu. Opmerklik is dat die vroeë apologete aan die begin nie geweet het hoe om Islam presies te benader nie. Die rede hiervoor is dat Islam deur sommige gesien is as ’n Christen sekte. Vir sommige was Islam ’n nuwe soort Jodedom en vir ander weer niks anders as die Antichris nie.

Die motief was dikwels ook nie om Islam te bereik nie, maar eerder om die bestaande Christene te beskerm en te verhoed om Moslems te word. Hierdie motief moet dan eerder as polities gesien word as die aktiewe uitreik met liefde na die Moslems. Tog staan individue soos Johannes van Damaskus en Theodore Abbu Qurra uit as vername apologete wat die Evangelie direk aan Moslems verkondig het deur middel van die hulle geskrifte. Kontekstueel sien ons verbasend hoe hulle probeer het om die Evangelie in Islamitiese taal te verkondig deur gebruik te maak van die Koran en ander Islamitiese geskrifte.

Franciscus van Assisi en Raymund Lull staan uit as sendelinge in die tydperk van die elfde tot dertiende eeu. Veral in die lig van die konteks van die kruistogte was hulle benaderings merkwaardig en dien selfs as voorbeeld vir sendelinge van vandag. Franciscus van Assisi wys daarop dat in die verkondiging van die evangelie aan Moslems, redenasies en argumentvoering opsigself geen waarde het nie, maar eerder moet geskied met liefde en geduld. Raymund Lull leer dat toewyding om die Evangelie aan die Moslems te verkondig alles van jou vereis en dat jy selfs jou lewe kan verloor in gehoorsaamheid aan hierdie opdrag. Lull se lewe toon ook aan hoe belangrik hy dit beskou het om Arabies te kan praat en verstaan in die evangelie se verkondiging aan die Arabiere.

105 Die kruistogte het ’n geweldige impak op die Moslemwêreld gemaak. Die Christelike geloof is gebruik in diens van die staat en tot regverdiging van politieke handelinge. As in ag geneem word dat Christene nog 50% van die bevolking uitgemaak het in die Arabiese wêreld tot en met die kruistogte, is die logiese gevolgtrekking dat die kruistogte verantwoordelik was vir die res se oorgaan na Islam. Die rede hiervoor is dat die Oosterse Christene ook onder die swaard van die kruisvaders geval het omdat hulle nie as Christene gereken is nie.

Die Turkse wêreldbeheersing het ’n nuwe dimensie geplaas in die politieke konteks van die wêreld. Hulle het veroorsaak dat die Oosterse en Westerse Christendom finaal van mekaar geskei is. Die Oosterse Christendom is verder onder druk en suspisie geplaas wat gelei het tot ’n verdere daling in getalle. Die Russiese en Europese Christene is ook geskei in hierdie konteks wat tot vandag toe nog die gevolg is.

Vir die doeleindes van ons studie is dit van deurslaggewende belang om op ‘n ander verskuiwing te wys. Voor die kruistogte het dit in die verkondiging van die evangelie aan Moslems om gesprek gegaan, debatte, standpuntstelling, vanuit dieselfde konteks, met dieselfde tradisies en kulturele oriëntering. Tydens die kruistogte word dit sending wat vervolgens verder in hoofstuk 6 omskryf word. Sendelinge kom van buite en begin om die evangelie te verkondig in terme van

sendingwerk. Sedertdien is dit die denkparadigma waaraan die verkondiging van die evangelie

106

Hoofstuk 6