• No results found

Waarom het die Christelike geloof nie in die Arabiese volk en kultuur ingewortel nie ?

Die aankondiging en toetrede van Islam tot die Arabiese wêreld

4.6 Waarom het die Christelike geloof nie in die Arabiese volk en kultuur ingewortel nie ?

In Arabië was die meeste van die Christengemeenskappe iets van die verlede voor die aanbreek van die tiende eeu.31 Die belangrike konsep van “God in Christus”, die inkarnasie en die kruis het nie in die Arabiese kultuur gevestig geraak nie omdat dit gedeeltelik in ‘n vorm gekom het wat nie aan die volle waarheid daarvan reg laat geskied het nie. Die geheim van Islam is

29 Cragg, a.w., 60. 30 Griffith, a.w., 21. 31 Latourette, a.w., 290.

82 opgesluit in die Koran wat onvertaalbaar is. Islam se eenvoud was baie prominent in vergelyking met die kompleksiteit van die dogmatiese formules van die Christelike geloof.32

Daarbenewens was die Evangelie bedreig deur politieke omstandighede en mense wat grondig agterdogtig was oor die motief van die evangelieverkondiging. Indien die Evangelies in Himaritiese Arabiese dialek vertaal sou gewees het soos dit met Ge’ez in Etiopië die geval was, sou die Christen Arabiese geskiedenis heelwat anders daar uitgesien het, ten minste in die suidelike deel van die Arabiese Skiereiland.33

Met die opkoms van Islam is die Christendom in die Arabiese gebiede drasties verswak. Christene was verdeeld soos nog nooit te vore nie en daar was geen eenheid van liefde onder hulle nie.34 Die Christendom waarmee Mohammed in aanraking gekom het, was nie die katolieke kerk van die tyd nie. Dit het bestaan uit verskillende dwaalgroepe wat ook baie teen mekaar gekant was. Gilchrist wys daarop dat die Christendom waarna die Koran verwys nie die Christelike katolieke geloof van die eerste vyf eeue was nie.35

Zwemer skryf die verdwyning van die kerk in die suidelike en westelike Arabiese gebiede toe aan die swakheid van die Oosterse Christendom en die korrupte kondisie van die kerk oor die algemeen.36 ‘n Verdere faktor wat in die hand van agteruitgang gespeel het, was dat die Evangelie as kontra-kultuur gesien en verkondig is.37 Latourette wys ook daarop dat die Moslemwette en gebruike ‘n groot aandeel gehad het in die lae getal bekerings van Moslems.38 ’n Verdere faktor wat meegewerk het aan die verdwyning van Christelike geloof uit groot streke was die lae sosiale en maatskaplike posisie wat Christene onder Arabiere as gevolg van armoede

32 Cragg, a.w., 59. 33 Cragg, a.w., 41. 34 Latourette, a.w., 325. 35 Gilchrist, a.w., 8. 36

Zwemer, Arabia: The Cradle of…, 179.

37

Latourette, a.w., Volume I., 375.

38

83 beklee het. Daar is ook ’n veldtog onderneem deur die Moslems om die openbare simbole van die Christene te vernietig, soos die kruis.39

4.7 Samevatting

Die politieke konteks waarin Islam ontstaan het, en vinnig inslag gevind het, was dié van die verswakkende Bisantynse en Persiese Ryke, in die weste en die ooste onderskeidelik. Die oorlog tussen die twee ryke het albei uitgeput die weg oopgebaan vir ’n vinnige verspreiding van Islam. Die Christen Arabier was so onderdruk deur die Bisantynse Ryk dat hulle die inval van Islam verwelkom het en gesien het as ’n bevryding van onderdrukking van die Weste. Hiermee het hulle egter ruimte gemaak vir ’n ander soort onderdrukking. Islam het aanvanklik nie ander godsdienste op Arabiese gebied toegelaat nie. Arabiere is met die swaard gedwing om Moslems te word. Later het die dhimmi-sisteem ingetree wat tot heelwat komplikasies vir die Christengemeenskappe tot gevolg gehad het. Hierdie sisteem het politiese -, ekonomiese -, kulturele - en godsdienstige onderdrukking gewettig.

Die mees voor die hand liggende rede vir die oorloop van Christene na Islam was polities gemotiveerd met die doel om bevry te word van die Bisantynse oorheersing. Onder die dhimmi- sisteem het hulle Islam omhels weens ekonomiese en kulturele redes. Islam was van die begin af ’n nasionalistiese beweging wat ekonomiese -, politiese -, kulturele - en godsdienstige implikasies tot gevolg gehad het. Daar was nie soseer godsdienstige redes was vir die oorloop na Islam nie. Dit kan gesien word in die feit dat Christene tot en met die elfde eeu nog 50% uitgemaak het van die bevolking op Arabiese gebied. Dit het gelei tot die toename van die toepassing van die dhimmi-status wat uiteindelik gelei het tot die sigbare verdwyning van Christen Arabiere.

Polities het die Bisantynse Ryk nie ’n antwoord gehad op Islam nie. Teologies eweneens ook nie. Waarom was dit die geval? Was die indentiteit van die Christelike geloof nie afgehandel op teologiese vlak in die formulering en belydenis van die ekumeniese konsilies van die eerste vyf eeue nie? Die antwoord hierop is geleë in (onder andere) Keiser Leo III se houding teenoor die Moslems en die feit dat hy dit as ‘n verlaging van homself beskou het indien hy die Christelike

39

84 leer moes verduidelik aan dwaalleraars. Dit was dus ’n houding van hoogmoed op teologiese vlak en die beskouing van Islam as barbaars wat gelei het tot ’n afbreek in kommunikasie om daarmee die verkondiging van die Evangelie op ’n verantwoordelike wyse te termineer. Hierdie houding het noodwendig daartoe gelei dat die Monofisiete die Christelike geloof moes verantwoord teenoor die Moslems. Moslems se standpunt en verstaan van die natuur van Christus is dus noodwendig anti-monofisities van aard.

Dit is van kardinale insig dat die antwoord op die vraag “Waarom die Christelike geloof nie ingewortel het in die Arabiese volke nie?” geleë is in die afwesigheid van die Skrif in Arabies. Die Evangelies was vertaal in Siries maar nie in Arabies nie. Die rede hiervoor was dat aangeneem is dat die Arabiere Siries verstaan en dat dit onnodig is om die Evangelie in Arabies te vertaal. Die monofisiete het moeite gedoen om die Evangelies in Ge’ez, die taal van Etiopië, te vertaal, maar het dit nie nodig geag vir die vertaling na Arabies nie weens die noue verband tussen Siries en Arabies. Die Arabiere was dus ’n volk sonder ’n boek in hulle taal. Hierdie leemte is inderdaad deur die koms van die Koran gevul. Die Koran het bygedra tot die identiteit van die Arabiere en ’n versterking van ’n nasionalistiese gevoel onder die stamme.

Christene het egter nie stilgebly nie en het in gesprek met Islam getree. Die aanwesigheid van ‘n ’n indrukwekkende argief van vertalings en Arabiese komposisies in die kloosters van vandag is ’n bewys dat die Christene hulleself probeer verantwoord het. Heelwat geskrifte word gevind in Arabies wat geskryf is deur Monofisiete, Nestoriane en Melkiete. Die werke van Theodore Abu Qurra (755–830), ’n Melkiet, is van groot waarde en hedendaagse sendelinge kan heelwat daarby baat deur die lees van sy geskrifte wat gerig is op Islam.

Die stryd tussen Islam en die Christendom was ook visueel gerig soos die ikonoklastiese konflik dit vergestalt. Simbole dra by tot die identeit van ’n groep en dit was die aanval en vernietiging van die simbole waarop Islam van die begin gerig was. Hierdeur het Islam ook tweespalt veroorsaak onder die Christene. Die Weste wat wou wegdoen met simbole en die Ooste wat gehou het by die aanvaarding van die verering van simbole. Die verhouding tussen die Oosterse en Westerse Christendom was al baie broos nog voor die opkoms van Islam. Onder Islam het hulle nog verder van mekaar beweeg in so ’n mate dat Christene in die ooste nie meer as

85 Christene beskou is deur die Weste nie. Hierdie perspektief sou later tydens die kruistogte tot ’n noodlottige gevolg lei vir die Oosterste Christene.

In hierdie hoofstuk het ons dus gesien hoe Islam die Arabiere verdeel het tussen Christen- en Moslem-Arabiere. Onder druk van die dhimmi-sisteem het die Arabiese Christene verdwyn sodat oor die algemeen op Arabiese bodem, Moslems die meerderheid vorm. Die volgende hoofstuk gaan die klem plaas op hoe die Oosterse en Westerse Christendom probeer het om die Arabiere te bereik vir Christus. Ons het reeds gesien hoe Arabiere soos Abbu Qurra traktate geskryf het vir Moslems. In die elfde eeu het die Westerse Christendom se fokus begin skuif na die Moslem- Arabiere. Wat was die Weste se reaksie op Islam? Dit is die onderwerp van die volgende hoofstuk waarin ons gaan kyk hoe die Weste hulself polities en teologies verantwoord het teenoor die Moslem-Arabiere.

86

Hoofstuk 5

Gespreksgenote ter wille van die evangelie