• No results found

Gespreksgenote ter wille van die evangelie en twee omvattende gebeurtenisse

5.2 Die eerste Christelike gespreksgenote

5.2.2 Die agste eeu

Siriessprekende Christene was nie bang om Islamitiese elemente te leen en te gebruik vir ’n Christelike doel nie. Die eerste Summa Theologiae was dié van Johannes van Damaskus.2 Johannes van Damaskus (660-749) was ’n Grieks-sprekende ortodokse Arabiese Christen. Hy het die grootste deel van sy lewe spandeer as ‘n amptenaar in die Umayyad administrasie voordat hy onttrek het na ‘n klooster van Mar Saba in die Judese woestyn in die jaar 724. Daar het hy sy bekendste werke geskryf. Sy werke wat beskikbaar is, is almal in Grieks geskryf. Dit vertoon die denke van die Melkitiese Christengemeenskappe. Sy oupa, Mansur Khalid Sargon, het Damaskus oorgegee aan die Moslem-generaal Khalid ibn Walid in 635. Hy was goed toegerus om Islam te ken en dit is duidelik dat sy kennis van die Koran ‘n intelligente onderskeiding en begrip sou toon.

2

91 Soos baie van sy opvolgers het hy die Koran benader om dit op ‘n begronde wyse te weerlê. Tog was sy verhouding en omgang met Moslems indrukwekkend, openlik en eerlik. In Konstantinopel, die setel van die Bisantynse Ryk, het hulle hom om hierdie rede “Saracen-

minded” genoem. Die mees bekende gedeelte oor Islam in sy werke, is hoofstuk 101 met die

titel Fountain of Knowledge uit die boek De Haeresibus. Dit is veelomvattend. Interessant is die insluiting van ’n debat in die vorm van ’n dialoog. Daarin stel ’n Moslem vrae, wat dan deur sy Christen kategeet beantwoord word. Onderwerpe waaraan aandag gegee word is :

• Die gebruik van die Heilige geskrifte.

• Die Seunskap van Jesus, beredeneer vanuit die profesieë.

• Die afwesigheid van profesie oor Mohammed, en die konsekwensie daarvan. • Islam, gekategoriseer as die voorloper van die Antichris.

• Die woord Antichris is toegepas op enigiemand wat nie die Godheid van Jesus erken het nie.

• Die erkenning dat Mohammed die Arabiere bevry het van veelgodedom.

• Mohammed was’n valse profeet wat sy eie dwaalleer gebaseer het op sy kontak met Christene en Ariane.3

Behalwe dat in hierdie dialoog erns gemaak word met die geskiedenis (dit word nie geïgnoreer nie) het Johannes ook die ooreenkoms van die twee godsdienste in hulle leer oor die skepping raakgesien en uitgewys. Sy hoofrede vir die afwysing van Mohammed as profeet was die feit dat daar geen getuies was van sy openbarings, kontemporêr of deur voorafgegaande profesië, nie. Die afwesigheid van Mohammed se voorspellings van die toekoms het terloops dikwels gefunksioneer in die Christen polemiek met Islam.4

3

Cragg, a.w., 77. Griffith, a.w., 40, 41.

4

92 Die Fountain of Knowledge word in drie dele verdeel, naamlik definisies van filosofiese terme wat gebruik is in die Christelike belydenisse, ’n lys van die vernaamste Christelike dwalinge en laastens ’n sistematiese uiteensetting van die Christelike leerstellings in ooreenstemming met die eerste ses ekumeniese konsilies. Johannes se hoofindelings en metodologie het later ’n groot invloed uitgeoefen op die wyse waarop Christen apologete hierdie onderwerp sou hanteer. Hy het Islam as die voorloper van die Antichris beskou. Sy doel met die werk was om die godsdienstige en intellektuele aansprake van Islam as foutief aan te toon in die oë van Christene wat dit oorweeg het om hulle tot Islam te bekeer. Hy wou ook die Melkitiese gemeenskappe voorsien van ’n kompendium van die ortodokse leerstellings van die Christendom vir gebruik ter verdediging van hulle geloof. Interessant is dat Johannes Islam insluit as die laaste van die Christelike sektes. Hy sê dat Mohammed heel waarkynlik in gesprek was met ’n Ariese monnik.5 Johannes het ook die Moslem-aantyging van Shirk (deelgenootskap met God) teen Christene in verband met die Christelike Christologie weerlê deur dit diepgaande te bespreek. Hy vra die vraag: “Het Moslems hulself ook nie daaraan skuldig gemaak deur ‘n ‘vermindering’ of ‘inperking’ van God deur die uitgesproke afkeer van die Eenheid van God, Sy Woord en Sy Gees nie?” Johannes het hier baie naby gekom aan die dilemma waarmee Moslemgeleerdes ‘n stryd het, naamlik of die Koran as “God se Woord” nie ook opgeneem word in die Eenheid van God nie.6

Johannes het Moslems se aantyging van aanbidding van die kruissimbool beantwoord deur die hulle daarop te wys hulle die Kaaba aanbid. Moslembesware was ook gerig op hoe die Goddelike in Jesus deel kon gehad het in menslike funksies soos spysvertering. Cragg meen dat dit die bewys is van hoe min begrip Moslems van die inkarnasie gehad het en hoe Christene bygedra het tot hierdie misvertaan van God. Johannes het Moslems van imoralieit beskuldig deur hulle poligame huwelike.7

Nog ‘n geskrif van Johannes is sy Disputatio Saraceni et Christiani. Dit is in die vorm van ‘n dialogiese debat waarin baie van die reeds genoemde punte funksioneer. Latourette wys daarop 5 Griffith, a.w., 41. 6 Cragg, a.w., 78. 7 Cragg, a.w., 78.

93 dat Johannes as die laaste groot teoloog van die Oosterse kerk beskou kan word. In sy teologiese werk het hy die volgende dogmatiese kwessies behandel:

• Die natuur van God • Die natuur van die mens • Die voorsienigheid van God • Voorkennis en predestinasie • Die verlossing van die mens • Die opstanding.

Sy werke sou later ook ‘n invloed uitoefen op Westerse teoloë soos Peter Lombard en Thomas Aquinas.8

’n Tweede uitstaande teoloog uit hierdie eeu waaraan ons aandag moet gee is Theodore Abu Qurra (755-830). Hy was ‘n Siriër wat ‘n ortodokse biskop was van Harran. Hy het wyd gereis in die Ooste - van Edessa tot in Egipte. Hy was ‘n dissipel van Johannes van Damaskus. Sy hoofargumente het voorgekom in preke wat in Siries en Arabies geskryf is. Van sy redenasies was dat ware profeetskap geken word deur die voorspelling daarvan, wonderwerke en ‘n uitstaande morele leefwyse. Dit was almal afwesig by Mohammed. Sy oortuiging was dat Mohammed in demoniese besit was.9

Die laaste keer wat ‘n mens van hom hoor, is in verband met ’n debat oor die Christelike geloof met die khalif al-Mu’mun en ’n aantal Moslemgeleerdes in Harran in die jaar 829. Die khalif was onderweg deur Harran in ’n offensiewe opmars aksie na die grens met die Bisantynse Ryk. Hieruit blyk dat die benutting van debatte steeds in die agste eeu gehandhaaf is.

Teen die einde van die agtste eeu, het Christendenkers wat onder Moslems gewoon het dus alreeds ‘n teologie beoefen om die uitdaging van Islam te beantwoord. Die Patriarg Timoteus I

8

Latourette, a.w, Volume I., 291.

9

94 (780-823), het in Siries geskryf alhoewel hy vlot in Grieks en Arabies was. Hy het die Moslems beskou as die “nuwe Jode”. Hy het ook in opdrag van die Khalif al-Mahdi die boek van Aristoteles, Organon, uit Grieks na Arabies vertaal. Sy waarneming was dat Moslems begeer het om hulle argumente te baseer op die natuur en redelike prosesse.

Theodor bar Koni (792) het ’n samevatting geskryf van die leerstellings van die Kerk van die Ooste in die vorm van ’n uitgebreide kommentaar op die hele Bybel. Hy het die werk Scholion genoem. Onderwerpe wat hy bespreek het sluit in:

• Die geskrifte en Christus • Die doop

• Die Eucharistiese misterie • Die eerbieding van die kruis • Die sakramentele praktyk • Die Seun van God

• Die leerstelling van die triniteit10

Die eerste Arabiese geskrifte wat deur Christene geskryf is, kondig hulle aan die einde van die agtste eeu aan. Antonius Dawid van Bagdad, ’n monnik van die Mar Sabas klooster in die Judese woestyn, het twee Arabiese manuskripte geskryf in die jaar 885/886. Daarin word die Christelike geloof verdedig teenoor Islam. Stephanus van Ramla, ’n monnik van die klooster Mar Chariton het ook Arabiese manuskripte gepubliseer wat vandag nog in die British Oriental Library beskikbaar is. Dit is Melkitiese teologie veelseggend getiteld Die samevatting van die geloof in

die Triniteit en die eenheid van God en in die inkarnasie van God, die Woord van die maagd Maria. Nog ’n belangrike manuskrip wat gevind is, is die een met die titel: Oor die Trinatariese natuur van God deur ’n onbekende skrywer in die jaar 755. Wat merkwaardig is van die geskrif,

is dat die outeur gewillig was om die Koran te gebruik ter verdediging van die Christelike geloof.

10

95 Hy benut deurgans die woordeskat en die denkpatrone van die Koran. Heelwat aanhalings van die Ou Testament kom ook voor om aan te toon dat die Ou Testamentiese profesieë in die Nuwe Testament tot vervulling gekom het. Die manuskrip toon aan dat die Christelike geloof geartikuleer moet word in ’n nuwe idioom indien dit tot die nuwe omstandighede van die dag wou spreek. Sommige Christene het die nuwe Islamitiese idioom negatief gebruik om hulle geloof te verberg en hulself teen die Moslems te beskerm.11

Nog ’n literêre genre wat die Christelike geloof apologeties gaan stel het, en waarin al die onderwerpe wat tussen Moslems en Christene na vore kom, is die sistematiese opstel.12 Baie van hulle het na Mohammed verwys as ’n koning wat God wou bevredig en die Arabiere wou red van afgodsdiens.13

Die Arabiese apologete het ook probeer fokus op Abraham as ’n gemeenskaplike punt vir debatte met die doel om die Christelike geloof te propageer. ‘n Monnik het die verhaal van Abraham gebruik as ’n tipe wat verwys na die realiteit in Christus. Verskeie Melkitiese skrywers het die Koraniese vers gebruik wat praat van God wat met die mens praat deur middel van openbaring en van agter ’n sluier (Sura 42:51). Die apologete het voorgestel dat die sluier waaragter God praat, die menslike natuur is van die Messias waaragter die Seun van God, die Woord van God, die mensdom toegespreek het.14

Die laaste genre geskrifte uit Christelike geledere uit die agste eeu, is briewe of korrespondensie, met ’n kenmerkende historiese inslag. Voorbeelde hiervan is:

• Die korrespondensie tussen die Bisantynse keiser, Leo III (717-741) en die khalif, Umar III (717–720)

• Korrespondensie tussen die khalif, Harun ar-Rashid (786–809) en keiser Konstantyn VI (780–797). 11 Griffith, a.w., 45-47, 54-56. 12 Dies.., 85 -89. 13 Dies., 104. 14 Dies., 165, 169.

96 • Die korrespondensie van die al-Hashimi / al-Kindi manuskrip deur ’n onbekende outeur.

’n Unieke kenmerk van die al-Kindi brief is die openheid waarmee die outeur die godsdienstige aansprake van die Moslems afwys en die Koran en Mohammed prontuit kritiseer.

Uit ons oorsig van die agste eeu is ’n duidelike teologiese ontwikelling af te lees. Dit moet as ’n bepaalde hoogtepunt in die Christelike verkondiging van die evangelie aan die Moslems gesien word. Die Christelike geloof is verdedig, daar is aangehak by Islam, Islam is aan indringende vraagstelling blootgestel, sonder om in polemiek op te gaan. Daar is sprake van ’n opregte soeke na die waarheid, met in agneming van die histories konteks van Islam.