• No results found

Die Tweede Internasionale Kongres oor Wêreldevangelisasie (1989)

Ekumeniese benaderings gedurende die

G) Moslems in Noord-Amerika

8.5.4 Die Tweede Internasionale Kongres oor Wêreldevangelisasie (1989)

Hierdie kongres het plaasgevind in die Fillipyne in Manila 1989. Die fokus was op die vervulling van die groot Opdrag van Jesus. Twee dokumente is van belang: The Challenge of other

Religions I & II, onderskeidelik opgestel deur Colin Chapmin en Martin Alphonse.24 Die feit dat

22 The Lausanne movement, LOP 13: Christian Witness to Muslims, besoek op 8 November 2010, http://www.lausanne.org/all-documents/lop-13.html

23

Dies.

24 The Lausanne movement, LOP 13: Christian Witness to Muslims, besoek op 23 Mei 2012, http://www.lausanne.org/en/documentslall/manila-1989/86-manila-1989-documents.html

168 ander godsdienste nie verdwyn het soos die evangeliese voorvaders verwag het rondom die begin van die 19de eeu, bevestig dat die uitdaging van ander godsdienste ’n onderwerp is waaraan baie aandag gegee moet word. Oor die teologie van ander godsdienste wys Chapman op drie perspektiewe :

1. Die eksklusiewe benadering glo dat Christus die enigste weg is na verlossing.

2. Die inklusiewe benadering glo ook dat Christus die finale en definitiewe openbaring van God is, maar dat sy teenwoordigheid en verlossende handelinge ook in ander godsdienste aangetref word.

3. Die Pluralistiese benadering glo dat alle godsdienste ’n weg na verlossing besit wat geldig is. Die Christelike geloof kan daarom nie aanspraak maak om die enigste weg te wees nie (eksklusief) en ook nie om die vervulling van ander godsdienste te wees nie (inklusief).

Die Lausanne beweging het hom daartoe verbind om die eksklusiewe benadering te volg. Dialoog en proklamasie kan nie van mekaar geskei word nie.

Martin Alphonse identifiseer drie redes vir die opkoms en uitdagings van ander godsdienste : • Dit is ’n reaksie op die koloniale era wat verkeerdelik met Westerse Christenskap

geidentifiseer is.

• Dit is ’n verdediging van hulle geloof teenoor die sending aktiwiteite van Westerse sendelinge.

• Dit is ’n reaksie op die etiese vrae en kritiek wat gelewer word deur plaaslike Christene.

Evangelisasie se sukses volgens Martin Alphonse lê in die mate waarin evangelisasie gefokus is op die nood van mense. Hierdie nood is nie net ’n geestelike nood nie, maar kan enigiets wees van ’n sielkundige of emosionele nood tot ’n fisiese nood. Alhoewel hy Colin Chapman se dialogiese benadering van proklamasie beaam, is dit duidelik uit sy siening en beskrywing van dialoog dat hy eintlik ’n voorstaander is van die sekulêre dialoog. Hy stel voor dat Jesus bv. in ’n Islamitiese konteks bekend gemaak moet word as ’n gewone profeet en dat die Moslems self tot die besef sal kom dat Jesus meer is as net ’n profeet was.

169 8.5.5 Die Forum vir Wêreldevangelisasie (2004)

Die Forum het plaasgevind in Pattaya, Thailand in Okotber 2004. Daar was eenduisend vyfhonder-en-dertig verteenwoordigers uit honderd-en-dertig verskillende lande. Die taak van wêreldwye evangelisasie en die beste strategie in hierdie verband is diepgaande bespreek. Brandende kwessies en uitdagings is uitgelig in die besprekings.

Die Forum verklaar dat as gevolg van 9/11 en die oorlog in Irak, Christene nie moet toelaat dat die evangelie gedikteer word deur geo-politiese magte nie. Die Christelike geloof is bo alle politiese magte en aansprake verhewe. By die Forum is twee Lausanne Occasional papers vir ons studie van belang. Die eerste dokument is LOP 32 getiteld: The persecuted Church.25

Na die val van die Ystegrodyn het Islam na vore getree as die hoofvervolger van Christene regoor die wêreld. Redes vir hierdie vervolging is die volgende:

• Die gesindheid onder Moslems dat Christene minderwaardig is. Dit word begrond in Islamitiese leerstellings.

• ‘n Islamitiese herlewing met ‘n konserwatiewe uitdrukking van Islam is aan die toeneem met die resultaat van Islamitiese fundamentalisme.

• Die perspektief dat die Christelike geloof ’n Westerse godsdiens is en dat Christene eintlik spioene is vir die Weste.

• Evangeliese Christene met hulle noue verband met westerse agentskappe wat lei tot die vervolging van plaaslike Christene.

Vervolging vind plaas oor die algemeen deur die Islamitiese wette, beperkings op kerklike aktiwiteite, onwillekeurige arrestasie van gelowiges, marteling en gevangenskap.

25 The Lausanne movement, LOP 32: http://www.lausanne.org/en/documents/lops/845-lop-32.html, besoek op 23 Mei 2012.

170 Die tweede dokument handel oor Understanding Mulsims (LOP 49).26 Die moderne konteks word beskryf as een waar Moslems nie meer net in Moslemlande gevind word nie, maar dat Westerse lande nou ook ’n beduidende getal Moslems het en dit beteken dat baie westerlinge nou Moslem bure het. Die moderne konteks maak dit ook makliker vir Moslems om die evangelie te hoor d.m.v die media, televisie, radio en die internet. Die sending se grootse bedreiging is egter die invloed van die post-modernisme wat die motief van die sending bevraagteken. ‘n Beroep op die kerk word gedoen om die studie van Islam ernstig op te neem. Hierdie studie moet fokus op die geskiedenis en denke van Islam. Om Moslems met die evangelie te bereik moet die fokus op die volgende geplaas word: opleiding, mobilisering, kontekstualisering van die evangelie in Moslemkulture, die oorbrugging van hindernisse en bedreigende uitdagings vir die sending aan Moslems en die omgee vir bekeerlinge met ’n Moslem agtergrond. Een van die hindernisse in die moderne konteks is die internasionale spanning tussen Moslems en Christene. Om hierdie spanning te oorkom word versoek om ook op die volgende aspekte te fokus:

• Samewerking met Moslems op humanitêre en welwillenheidsgebied.

• Die vermyding van aggressiewe taal deur Christene soos die gebruik van die woord “crusade.”

• Die fokus op menseregte saam met Moslems.

• Dat die kerk moeite moet doen om die geo politiese wȇreldbeskouing van Moslems te verstaan van die lande waarin sendingwerk gedoen word.

Daar bestaan verskeie benaderings om die evangelie aan Moslems te bring. Dit sluit die “insider movements” in waarin bekeerlinge Jesus volg maar nog steeds kultureel Moslems bly binne die Islamitiese gemeenskap. Benaderings moet geskied in die lig van die konteks waarin dit plaasvind. Die teologiese en missiologiese evaluering van die benaderings is nog in ’n vroeë

26

The Lausanne movement, LOP 39 : http://www.lausanne.org/en/documents/lops/865-lop-49.html, besoek op 23 Mei 2012.

171 stadium. Ten laaste word ’n beroep op die kerk gedoen om vrees of enige gesindheid wat sending onder Moslems verhinder, te oorkom.27

Hiermee is die oorsigtelike weergawe van denke rondom die sending aan Moslems binne die Lausanne beweging afgehandel. Dit is duidelik dat die uitgangspunte verskil van dié van die ander groot ekumeniese beweging van die 20ste eeu, die World Council of Churches. Word die twee op die punt van die sending aan, of gesprek met Moslems vergelyk, blyk dit eweneens duidelik dat dit hier om ’n besondere kwessie gaan, wat in die konteks waarin die verkondiging van die evangelie gestalte moet vind, nie so ’n eenvoudige saak blyk te wees nie.

8.6 Samevatting

Hierdie hoofstuk het die twee groot ekumeniese bewegings wat in die tweede helfte van die 20ste na vore gekom het met die oog op wat in die onderskeie bewegings in verband met die sending aan Moslems oorweeg is, nageloop. In die eerste gedeelte van die hoofstuk is gefokus op die

World Council of Churches, waarin die ouer International Missionary Council in 1961 opgegaan

het. Dit het duidelik geword dat die benadering van die International Missionary Council soos dit tot uitdrukking gekom het in die werk van Zwemer en Kraemer, en saamgevat is by die Konferensie van Tambaran (1938), plek sou moes maak vir ’n ander siening en teologiese oorweging. Die vergaderings by Whitby, Willengen en Achimota (1947–1958) het die verskuiwing ingelui: die jonger kerke het ’n al groter rol gespeel. Hulle wou nie meer deur die susterkerke van die Weste beheer word nie. Dit het gelei tot die bevraagtekening van die doel en basis van sending. In die konsep Missio Dei is gepoog om die ’n gemeenskaplike basis te vind wat ekkelsiologies en teologies sou bevredig.

Hierdie verskuiwing het die samesmelting met die World Council of Churches moontlik gemaak. Een van die hoofredes was dat die kerk die instument is waardeur God in die wêreld werk en dat sending dus behoort tot die taak van die kerk. Die vrees van sommige dat sending op die agtergrond gaan verdwyn het gerealiseer met die dialogiese benadering van die WCC. Die dialogiese benadering van Jerusalem (1928), asook Hocking se benadering van 1932, het hier tot

27

The Lausanne movement, 2004 Forum Documents, Besoek op 8 November 2010, http://www.lausanne.org/es/2004-forum/documents.html

172 verwerkliking gekom. Daar word nie meer gepoog om Moslems tot bekering te bring nie, maar die klem val op samewerking om ’n antwoord te gee op die sekularisasie van die samelewing wat as bedreiging van alle godsdienste beskou word.

Die Lausannebeweging, deurdronge van die tradisionele evangeliese teologie, het die lyn van Tambaran weer opgetel en in ’n ekumeniese liggaam vergestalt. Daarmee is te kenne gegee dat die WCC nie ’n voldoende struktuur is om die saak van sending in die wêreld op te neem nie. Die Lausannebeweging het egter nie voldoende aandag gegee aan die Oosterse Christendom nie. Daar was ook nie sprake van ’n spesifieke fokus op die Arabiere nie. Van al die konferensies van die Lausanne beweging staan die mini-konsultasie van Pattaya (1980) in hierdie verband uit bo die res. Teologies is daar meer besin oor hoe om die evangelie aan Moslems te bring. Dit het ’n omvattende probleem geword.

In hoofstukke 7 & 8 is die kerklike en protestantse sending aan die Moslems oorsigtelik aangedui. Gedurende die 20ste eeu moes dit verreken word in terme van die ekumeniese bewegings, wat meegebring het dat die profiel van hierdie sending nie so duidelik geteken kon word nie. Die volgende hoofstukke behandel die nie-kerlike sending aan die Moslems. Dit gaan hierin om die talle sendingorganisasies wat in die moderne eeu gestig is, en wat op ’n manier van hulle eie substansieel bydra tot die sending aan die Arabiere. Daarom word hulle werk ingesluit by hierdie studie.

173

Hoofstuk 9

Sendingwerk deur middel van