• No results found

Sendingwerk deur middel van sendingorganisasies

9.3 Arab World Ministries

9.3.1 Ontstaan

Arab World Ministries se bestaan kan teruggevoer word na 1881. Dit het in Algerië begin deur

die werk van George and Jane Pearse wat van Engeland na Algerië vertrek het om die evangelie aanvanklik aan die Franse soldate daar te verkondig. Gou het hulle egter met die plaaslike bevolking in aanraking gekom wat gelei het tot die stigting van ’n sendingorganisasie ter wille

4

177 van hulle. Die sending het begin onder die naam: The Mission to the Kabyles and other Berber

Races, maar is later verander na die North Africa Mission. Teen 1900 het die organisasie honderd-en-vyftien lede gehad wat werksaam was in Algerië, Morokko en Tunisië. Gedurende 1960 het drie ander sendingorganisasies met hulle saamgesmelt, onder andere Algiers Mission Band, gestig deur Lilias Trotter, Southern Morocco Mission, gestig deur John Anderson en die Dades Valley Fellowship.

Gedurende 1959 het die sendingorganisasie begin met ’n Radio-uitsending bediening wat baie suksesvol was. In 1964 het die radio-uitsending na Frankryk om veiligheidsredes verskuif. Binne ’n jaar was daar vyf duisend driehonderd studente wat Bybelkursusse versoek het. Eenduisend twee-en-dertig het tot bekering gekom. Teen die laat 1990’s het Arab World Ministries met meer as 250,000 studente gekommunikeer.

In 1987 is die naam Arab World Ministries aangeneem om die werksaamheid van die organisasie te beklemtoon. Die klem het verskuif van Noord-Afrika na al die Arabiese volke.5

9.3.2 Waardes en belydenis

Arab World Ministries se kernwaardes word as volg gestel:

• Ons is afhanklik. Ons is van God in gebed afhanklik en vertrou op die genoegsaamheid van Sy Woord en Sy Gees vir ’n vrugtevolle bediening in ons lewens.

• Ons is Evangelies. Ons hou by die historiese Bybelse geloof. Ons is onderdanig aan die Evangelie van genade soos geopenbaar deur die Woord.

• Ons is toegewy aan die Arabiese wêreld. Sedert 1881 is ons gefokus op die verspreiding van God se kerk onder die mense van hierdie gebied.

5

Arab World Ministries, Who are we? - Arab World Ministries - International -, Besoek op 9 Junie 2010 , http://www.awm.org/i/about/history/

178 • Ons is globaal betrokke. Ons werk in strategiese gebiede buite die Arabiese wêreld

om Christus aan die Arabiese Moslemwêreld te bring en om Christene toe te rus om Moslems in hulle gemeenskappe te bereik.

• Ons is internasionaal. Ons verheerlik die uiteenlopenheid van mense regoor die wêreld wat op ons spanne dien en met ons bediening in deelgenootskap is.

• Ons is kerk gefokus. Ons word deur die kerk gestuur om ’n kerk te vestig. Ons werk saam met kerke oor denominale grense tuis sowel as oorsee. Ons is ook baie bly om saam met Ou en Nuwe kerke van die Arabiese wêreld te werk.

• Ons is nuutskeppend. Ons inkorporeer ’n reeks bedieningsmodelle soos, skeppende tentmakery, die mees moderne media tegnologie, gefokusde opleiding en transformerende ontwikkeling soos ons evangeliseer, dissipels maak en kerke plant. • Ons is kultureel sensitief. Ons streef daarna om die Evangelie aan Arabiere van die

Moslemwêreld te bring deur middel van respek, kontekstueel toepaslike identifikasie en kommunikasie. Om hierdie rede, alhoewel ons korttermyn bediening verwelkom, is ons klem om die aanleer van die taal en langtermyn bediening.

• Ons is interafhanklik. Ons werk saam in spanne, voeg waarde aan leierskap, aanspreeklikheid, ontwikkeling en saamgebonde omgee om na Christus se beeld en vrugtevol te groei. Ons werk ook saam met dieselfde gesinde organisasies, kerke en Christene wat na God se roepstem soek omdat ons oortuig is dat ons meer effektief is as ons strategies saam met ander werk.

• Ons is verplig. Ons doel is om hindernisse te verduur, te lewe deur geloof, en deur God se Genade, om ons lewens as nietig te beskou vanweë die heerlikhied van ons Groot Verlosser.6

Die geloofsverklaring van Arab World Ministries lui so:

6

Arab World Ministries, Core Values - Arab World Ministries - International -, Besoek op 9 Junie 2010 , http://www.awm.org/i/about/core-values/

179 “We believe in:

1. The full inspiration of the Scriptures of the Old and New Testaments; their authority, sufficiency, and inerrancy, not only as containing, but as being in themselves the Word of God; and the need of the teaching of the Holy Spirit for a true and spiritual understanding of the whole.

2. The unity of the Godhead and the divine co-equality of the Father, the Son and the Holy Spirit.

3. The utter depravity of human nature in consequence of the fall, and the necessity for regeneration.

4. The absolute Deity of our Lord Jesus Christ; His virgin birth; His real and perfect manhood; the authority of His teaching, and the infallibility of all His utterances; His work of atonement for the sin of mankind by His vicarious suffering and death; His bodily resurrection and His ascension into Heaven; His present high-priestly intercession for His people; and His lordship over His church as its supreme Head.

5. The justification of the sinner, solely by faith, on the ground of the merits and vicarious sufferings, death, and bodily resurrection of our Lord and Saviour Jesus Christ.

6. The necessity of the work of the Holy Spirit in conviction of sin, regeneration, and sanctification, as well as in ministry and worship.

7. The resurrection of the body, the judgement of the world by our Lord Jesus Christ; the eternal blessedness of the righteous, and the eternal punishment of the wicked.

8. The personal return of the Lord Jesus Christ in glory.7