• No results found

Sendingwerk deur middel van sendingorganisasies

9.10 Moderne Sendingmotiewe

In 1974 het Ralph Winter, ’n sendingstrateeg, voorgestel dat Christene hulle fokus moet skuif van gebiede wat alreeds aan die evangelie blootgestel is na die onbereikte groepe wat nog nooit die evangelie gehoor het nie. Dit het ’n nuwe aksent in die sending gebring. In 1989 het die Argentynsgebore evangelis, Luis Bush, daarop gewys dat 97% van die minste geëvangeliseerde bevolkings in ’n venster woon, tussen die tiende en veertigste breedte graad. Dit is uitgelig tydens die Lausanne II konferensie in Manila (1989). Globaal gesien, het hy verduidelik dat hierdie gedeelte van die aarde baie arm is en dat die meerderheid van die bevolkings vasgevang is deur Islam, Hindoeïsme, Boedisme en eintlik deur Satan.25

Problematies van die konsep is dat Indonesië, met die grootste Moslembevolking, nie in hierdie gedeelte val nie, asook Kazakstan en Maleisië. Tweedens pas die 10/40 venster konsep goed in by die Amerikaanse politieke diskoers tussen 1990 en 2000. Psigologies skep dit ook ’n probleem, want die opstel van ’n kaart is altyd ’n projeksie van die wêreldbeeld en waardes van die opsteller. Die groot probleem van so ’n kaart is dat dit ‘n “ons” versus “hulle” wêreldbeeld skep. Problematies word nie-Christene ook aangetref in die Ooste en die Weste. Daar bestaan nie iets soos ’n Christelike nasie nie.26

Die 10/40 venster tema is ook gou verbind met die AD2000 beweging. Die AD2000 konsep het sy oorsprong in die evangelisasie konferensie van die Global Consultation on World Evangelism wat in 1989 in Singapore gehou is. Die AD2000 beweging se visie en doel was ’n kerk vir elke nasie. Die verwagte resultaat was dat die evangelie aan elke persoon in elke nasie en volkgroep aangebied sou word en die oprigting van ’n kerkplantingsbeweging in elke land en volksgroep teen die jaar 2000. Die wortels van die AD2000 beweging is geleë in die Frontier Missions-

25

Van Beima, David. 2003. Should Christians Convert Muslim? Time, June 30, 2003, Vol. 161 (26), 36-44.

26

Rynkiewich, Michael A. 2007.Corporate Metaphors and Strategic Thinking: "The 10/40 Window" in the American Evangelical Worldview. In Missiology, 35 (2), 217-241.

194 konsultasie wat in Edinburgh gehou is in 1980. Die slagspreuk was: “A church for every people

by A.D. 2000." Die retoriek van die AD2000 beweging is dat Jesus verwag kan word om terug te

keer sodra die taak van wêreldevangelisasie afgehandel is.27

9.11 Samevatting

Sending onder die Arabiere word vandag voortgesit deur sendingorganisasies. Hierdie sendingorganisasies is begin deur individue wat ’n spesifieke roeping van God ontvang het om die evangelie aan die Arabiere te verkondig. Hoewel hulle klein begin het, het hulle in groot getalle toegeneem sedert die sewentigerjare. Hulle werk is ’n voortsetting van die visie van die

International Missionary Council en Edinburgh 1910. Die rede vir die toename in

sendingorganisasies is die verwaarlosing van die kerk se opdrag om die evangelie aan die Arabiere te verkondig. Die World Council of Churches se inklusiewe benadering het waarskynlik bygedra tot die toename in sendingorganisasies wat onafhanklik van spesifieke denominasies funksioneer.

Die waarde en belydenis van sendingorganisasies vertoon groot ooreenkomste met die Great

Awakening beweging in die agtiende eeu. Daar is ’n hoë aansien van die gesag van die Skrif en

in die essensiële waarhede van die Evangelie soos Jesus se kruisiging en opstanding. Die groot voordeel wat sendingorganisasies bo die kerk het, is die feit dat hulle gefokus kan bly op die evangelie se verkondiging. Dit is veral belangrik omdat die WCC se missionêre bediening agterweë gelaat is met die toetrede van die dialogiese benadering wat meer fokus op die samewerking met ander godsdienste as die soeke na bekerings.

Dit is duidelik dat ’n mens in die sendingorganisasies met ’n gemotiveerde en geaktiveerde konfessionale beweging te make het. Kenmerkend is ook die groot mate van mobiliteit eie aan hierdie protestantse sending bewegings. Hoewel hierdie organisasies hulle nie inbind in kerklike strukturering nie, is daar nie een wat nie met kerkplanting en die kontekstualsering van die evangelie gekonfronteer word nie. Daarmee saam bied al die organisasies teologiese opleiding

27

195 van een of ander aard aan. Dit alles dui op die vergestalting van ’n teologiese benadering, wat in die opvolgende hoofstuk bespreek moet word.

196

HOOFSTUK

10

Die

problematiek

van

die

sendingorganisasies

10.1 Inleiding

Dit is in werklikheid nie wenslik om die sendingorganisasies wat in Arabiese lande werk, afsonderlik te evalueer nie. Daarvoor maak sekuriteitsredes waarop reeds gewys is, dit te riskant. Die enigste manier is om te volstaan met enkele algemene opmerkings aan die hand van die huidige problematiek en debatte wat onder sendelinge en organisasies plaasvind, en sekere werkswyses onderliggend aan die hand van die verskillende sendingorganisasies te identifiseer. Daar het ook in die jongste verlede ’n mate van samewerking tussen die sendingorganisasies ontwikkel. In 2007 het The Consultation of Southeast Asia in hierdie verband plaasgevind, waar sendingorganisasies opnuut met die vraag geworstel het oor wat die beste manier sou wees om die Moslemwêreld te bereik. Dit alles dui nie net op die probleme waarmee die sendingorganisasies te kampe het nie, maar ook op ’n problematiek eie aan die organisasies. Hierdie hoofstuk is gevolglik afgestem op die uitlig van die problematiek eie aan die protestantse sendingorganisasies.

Die drie onderwerpe wat vandag uitstaan in sending onder Moslems is kerkplanting, kontekstualisasie en besigheid as sending. Ons gaan vervolgens kortliks die essensie van elkeen bespreek. Die kennis van die historiese verloop van die IMC bied ook die geleentheid om hierdie moderne onderwerpe in terme van die IMC se geskiedenis te evalueer en te dien as verdere besprekingspunte.

Vier besprekingspunte kom in hierdie verband aan die orde. In die eerste plek word kritiese aantekeninge gemaak oor die evangeliese aktivisme wat so kenmerkend van die sendingorganisasies geword het in die 20ste eeu. Die kernvraag is inderdaad of die soort

197 aktivisme nie eerder gemotiveer is deur ’n voorveronderstelde wêreldbeskouing eie aan die Weste nie? Sendingorganisasies maak (ironies genoeg) geweldig baie van kerkplanting. Dit is nie net ’n vraag hoekom nie, maar ook wat hulle daarmee bedoel. En, wat in die praktyk gebeur. Immers, die vroeëre 19de eeuse sendinggenoodskappe het almal uitgeloop op kerke. Aan hierdie problematiek word tweedens aandag gegee. Derdens word sendingorganisasies uitgedaag om die kontekstualisasie van die evangelie in Arabiese lande aan te spreek. Binne die konteks van ’n sterk gemotiveerde benadering, is hierdie problematiek een van die groot sake wat sendelinge en organisasies huidiglik boei. ’n Paragraaf word hieraan gewy voordat (vierdens) ’n gewilde metode, naamlik dié van besigheidsplanting ter wille van die evangelieverkondiging onder die loep geneem word. Die hoofstuk sluit af met oorsigtelike aantekeninge oor die verhouding tussen die kerk en sendingorganisies in Arabiese lande.