• No results found

Die konfessionele aard van die geloof van Christene onder die Arabiere

3.3 Die konfessionele aard van die Christelike geloof onder Arabiere

3.3.7 Profetiese stemme en bewegings

Die optrede van godsdienstige leiers wat hulle op goddelike openbaring beroep het, was nie vreemd aan die arabiese wêreld nie. Een van die mees fassinerende verhale in hierdie verband is dié van Elkasai, die Arabier. In die tweede eeu na Christus, het Elkasai beweer dat hy goddelike inspirasie op ’n buitengewone manier ontvang het. Van bo het ‘n boek in die Aramese taal na hom afgekom deur middel van die engele. Die boek is geskryf “In die naam van die Allerhoogste God” wat telkens met die aantekening “Ek is ‘n getuie vir julle oor die groot oordeelsdag”

35

66 bevestig word. Die taal herinner aan dié van die Koran. Inhoudelik staan die boek in die teken van ‘n uitgesproke bevelsvorm, wat gevolg gegee het aan toewyding en navolging. Van die gelowiges is verwag om in die rigting van Jerusalem te bid, die besnydenis toe te pas, die Sabbat te onderhou en om brood en sout te gebruik as sakrament. Die doop was sentraal in hierdie geloof. Judaïstiese–Christelike gebruike word versoen en kom tot uitdrukking in eienaardige rituele van reiniging. Die uitwissing van sondes was sentraal in hulle identiteit. Daar was ‘n gnostiese element in hulle siening van Christus as ‘n bonatuurlike wese wat keer op keer in die geskiedenis in sekere peroonlikhede na vore kom.36 Die godsdienstige oortuiging het na die Weste versprei deur die Griekse taal. Daarmee is sy lewensvatbaarheid bewys.

Nog ’n profetiese stem uit die tyd voor die optrede van Mohammed was dié van Mani, wat eweneens aan ’n godsdiens beslag gegee het. Die Manicheïsme, ’n gnostiese godsdiens, wat teruggevoer word na Mani (c 210-277), het sy ontstaan in die derde eeu in Mesopotamië waar die Ooste en Weste mekaar ontmoet. Hy het homself gesien as die finale porfeet van ’n lang reeks Ou Testamentiese profete en het ook Budda, Zoroaster, Hermes Trismegitus, Jesus en Paulus in hierdie verband ingesluit. Hy het ook na homself verwys as die Parakleet wat Jesus voorspel het of dat die Parakleet direk deur hom spreek.37 Die leer van hierdie godsdiens, wat ’n samestelling was van Zoroastrisme, Persiese voorvader-aanbidding, Judaïsme en die Christelike geloof, het neergekom op ’n rigiede skeiding van goed en kwaad, wat in ’n ewige stryd gewikkel is. Verlossing uit hierdie stryd is moontlik deur ingewyde kennis, die streng handhawing van selfverloëning, die onderhouding van die vas, asketisme en soberheid. ’n Groot aantrekkingskrag van hierdie godsdiens was sy universaliteit en aanpasbaarheid. Dit het as ’t ware by aanhangers van ander geloofsoortuigings ingehak en daaraan ’n bepaalde radikale toespitsing besorg. Dit het enige eksklusiwisme sterk veroordeel. In hierdie verband is die Jodendom deur die Manicheïsme onverbloemd afgewys. Die godsdiens het aanklank gevind en vinnig gegroei.38 Dit is as een van die hoofbedreigings van die Christelike Kerk in Sirië gesien. Trouens, Titus ’n Arabiese Biskop

36 Cragg, a.w., 37, 38. 37 Latourette, a.w., 96. 38 Trimingham, a.w., 140.

67 van Bostra (360 -378), het ’n apologie teen die Manicheïstiese geloofsbeweging geskryf.39 Wat as ’n nie-Christelike sektariese rigting geïdentifiseer is.

Daar is dus bepaalde ooreenkomste is tussen die ontstaan van hierdie beweging en Islam nagenoeg 400 jaar later. Mohammed het net soos Mani aanspraak gemaak op ’n goddelike openbaring, wat aan hom die status van ’n profeet besorg het. Dit het in die hand gespeel van ’n populêre godsdienstige beweging. Die punt is dus dat die arabiese denkwêreld klaarblyklik vatbaar was vir ’n verwagting vir en erkenning van profete wat hulle op grond van goddelike openbarings sou aankondig. Mohammed was nie die eerste nie.

Maslamahook, bekend as Musaylamah, het uit die Hanifa stam gekom en aan die Ooskus van die Arabiese skiereiland gepreek, ongeveer in dieselfde tyd as wat Mohammed ’n openbaring sou ontvang het. Maslamahook is die laaste van die voorbeelde van profetiese optrede in die tyd toe die Christelike geloof in Arabië gevestig het wat behandel word. Hy het ook die Een God aangeroep, Al Rahman (Die genadige). Asketisme en resitering soortgelyk aan die Koran was deel van die inkleding van hierdie geloofsbeweging.40

In die lig van hierdie studie is hierdie inligting van belang, omdat dit aantoon dat Mohammed nie die eerste Arabier was wat aanspraak op ‘n profetiese amp maak nie. Die konsep van God as die Barmhartige en Genadige wat ’n algemene frase in Islam is, was ook nie uniek nie. Was die tyd ryp vir bewegings vanuit ’n goddelik aangeduide profeet om oor te neem?

3.4 Samevatting

Hierdie hoofstuk het beoog om die vestiging van die Christelike geloof onder Arabiere gedurende die eerste sewe eeue, in ’n konfessionele raamwerk te plaas. Daarom is reg aan die begin van die argument van hierdie hoofstuk, die Ekumeniese Konsilies behandel. Op hierdie konsilies is die ortodokse of katolieke geloof uitgeklaar en bely. Dat onder die Arabiere ’n beduidende groep Christene aanwesig was teen die vyfde eeu, blyk duidelik uit die groot aantal biskoppe uit die Arabeise omstreke wat teenwoordig was by hierdie Konsilies.

39

Trimingham, a.w., 140-142.

40

68 In die lig daarvan is die konfessionele aksente en oortuigings wat onder die Arabiese Christene ’n tuiste gevind het aan die orde gestel. Die hoofstuk het ’n konfessionele diversiteit onder die Arabiere bloot gelê. Ons het inderwaarheid bevind dat die ortdokse leer, soos verwoord deur die eerste vier ekumeniese konsilies, die knie gebuig het voor benaderings van Nestorius, Arius, Pelagius en ander teoloë. Die een gemene deler van al hierdie benaderings was dat dit in een of ander wyse die Christologie van die Konsilies afgeswak het. Daar was oor Christus Jesus, oor wie Hy was (en is) en wat Hy gedoen het, nie eenstemmigheid nie. Daarom was daar in beginsel ’n openheid om ‘n aanvullende openbaring te oorweeg en selfs te aanvaar. In hierdie verband is op voorgangers gewys wat op ’n bonatuurlike profetiese amp aanspraak gemaak het. Mani se aanspraak op die titel van Parakleet word by voorbeeld ook later by Mohammed gevind.

Daar moet ook aanvaar word dat Mohammed wel met Christene in kontak gekom het wat by die Chalcedoniese besluit gehou het. Een van die redes hiervoor was die teenwoordigheid van Gregorius van Nissa in die Arabiese gebiede met die opdrag om die aanvaarding van die Chalsedoniese besluit te hanteer. Hierdie leer het tog in die algemeen in die slag gebly in die Arabiese gebiede.

Hierdie hoofstuk vorm die laaste deel van die eerste afdeling van hierdie studie waarin die fokus geval het op die toetrede, die vestiging en die konfessionele aard van die Christelike geloof onder Arabiere gedurende die eerste sewe eeue van die Christelike jaartelling. In hoofstuk vier word die toetrede van Islam tot hierdie Christelike wêreld geskets.

69

Hoofstuk 4

Die aankondiging en toetrede van Islam tot