• No results found

Kerklik-Protestantse sending

6.5 Kerklike sending 1885 –

Die Church of Scotland South Arabia Mission is begin deur Ion Keith Falconer in 1885. Die hoofbasis was Sheikh Ohtman in Aden, Jemen. Hulle het hier sonder ophou gewerk tot 1967 en die werk is voortgesit van 1972 tot 1978. ’n Hospitaal is bestuur in Ra’da. In 1978 onttrek die Sending omdat gemeen is dat die sending sy doel bereik het.

Ion Keith Falconer het tale gestudeer. Hebreeus, Siries en Arabies was van die vakke waarin hy uitgeblink het. In Oktober 1885 het hy ‘n besoek aan Jemen gebring. Dit wil voorkom of hy beïnvloed is deur ‘n artikel van Majoor-Generaal F.T. Haig getitled “The Evangelization of

Arabia.” Met sy besoek aan gebiede in Jemen is hy vergesel deur Dr. Jackson van die Army Medical Service. Vir hom was dit ’n uitgemaakte saak: in Jemen moes kerkplanting deur middel

van sending kom.

29

118 Op 18 November 1886 het hy en sy vrou uit Engeland op ‘n Franse skip vertrek na Alexandrië. Hy het sy vrou in Alexandrië agtergelaat sodat sy Arabies kon leer terwyl hyself na Aden vertrek het in Desember. Die werk is met groot verwagting aangepak. In een van sy toesprake het hy die volgende gesê: “Western education is rapidly gaining favour in the East, and widening the

cramped boundaries of Eastern thought. The Koran is doomed.” Die werkswyse en metode is

vooraf deeglik beplan. Hulle wou ‘n skool, ‘n weeshuis en ‘n hospitaal in Sheikh Othman vestig. By die klinieke wat hulle onderhou het, het hulle gedeeltes van die Bybel vir wagtende pasiënte voorgelees. Hulle het ook donasies ontvang vir die verspreiding van Arabiese Bybels.30 Keith Falconer het ‘n hoë koors ontwikkel en op 11 Mei 1887 is hy oorlede en begrawe by ‘n bergraafplaas in Aden. In sendingkringe is hy beskou as die derde pionier in sending onder Islam naas Raymund Lull en Henry Martyn.

Sy werk is voorgesit deur Mnr. en Mev. Gardner (1890-1895). ’n Mediese dokter, Fred Saleem Zaytoun, het Gardner bygestaan en saam het hulle die omliggende dorpies van Aden besoek. Hulle het ‘n tent saamgeneem en vir ongeveer vyf dae in ‘n dorpie gebly en vanuit die tent gewerk. Hy was oortuig dat die gebruik van’n tent positief en funksioneel was, omdat die plaaslike bevolking hulle dan nie gesien het as verdagte besetters van hulle land nie. Die mediese werk is gesien as ’n manier om ’n voet in die deur te kry om die land binne te kom.31

Mnr. Gardner is opgevolg deur Dr. John Cameron Young (1892-1895). Young se aanstelling was egter kontroversieel. Dit wil voorkom asof Dr. George Smith, sekretaris van die FMC (Foreign Missions Committee) ‘n nuwe beleid wou volg waarin net mediese dokters wat ook kerklik georden is, in die sendingpos aangestel moes word.32 Nietemin het die aanstelling van Young deurgegaan.

Die eerste plaaslike persoon wat tot bekering gekom het was ‘n vrou genaamd Fatima in 1895. In Mei 1902 is die eerste man gedoop, Sjeik Salem van Lahej. Daarna is hy na Parys waar ‘n

30

Ritchie, James Maclaren. 2006. The Church of Scotland South Arabia Mission 1885-1978. A

History and Critical Evaluation of the Mission Founded by the Hon. Ion Keith Falconer, 26.

31

Ritchie, a.w., 45.

32

119 onderwyspos in Arabies vir hom aangebied is. Hy het egter later terugkeer om te help in Aden. Hy was ‘n vurige evangelis met veglustige prediking.33

Dr Young het die internasionale Sendingkonferensie van Edinburgh in 1910 bygewoon. In 1919 het Dr. Young twee sendelinge aangevra by die FMC vir werk in Aden. Hiermee het hy te kenne gegee dat dit moeilik is om evangelisasie en mediese werk te kombineer. Die resultaat was die aanstelling van Mnr. James Robson. Hulle het Sondagbyeenkomste in Engels gehad. Dit het gelei tot die bekering van Ahmad Sa‘id wat later as mediese dokter in die Weste gekwalifiseer het en na Jemen teruggekeer het. Hy is in 1938 aangewys as mediese doker by Sjeik Othman. Dr Young is oorlede in Februarie 1926 in Etiopië.

Verdere vrug op die arbeid het bykans geheel en al uitgebly. Een van die redes was vrees vir verwerping en vervolging deur familie indien iemand die Christelike geloof sou aanvaar. Die gelowige Ahmad Affara is deur sy familie verwerp. Nadat hy as mediese dokter gekwalifiseer het, het hy agtergekom dat hy aanvaar word deur die samelewing as hulle dienskneg.34

Sedert 1904 is die Deense Sending ook betrokke in Aden. Hierdie sending het hulself toegespits op evangelisasie. Mediese hulpdiens was ondergeskik aan die evangelie verkondiging. Hierdie sending het groter sukses gehad as sy Skotse eweknie. Pastor M.A. Borch-Jensen van hierdie kerklike Sending het ‘n groot aantal artikels geskrywe vir die Franse Arabien en Deense

Missionsblad. Die artikels, asook drie boeke wat hy geskryf het, fokus op persone wie se lewens

verander is deur hulle sendingwerk. Ritchi gee as rede vir hulle sukses die feit dat die Deense sendelinge baie meer tyd spandeer het met Jemeni’s saam te kuier en bereid was om na hulle te luister.

Erik Nielsen van die International Mission Council het Aden besoek in 1958 met die doel om ‘n verslag te skryf oor die sendingwerk. Van die probleme wat Nielsen opgemerk het, was die verdeeldheid onder die sendingwerkers. Nielsen het ook beklemtoon dat gehoorsaamheid belangriker is as resultate. Vir hom het Christelike getuienis beteken dat daar ware kontak moet

33

Ritchie, a.w., 66.

34

120 wees met ‘n persoon. Mense moet nie gesien word as potensiële bekeerlinge nie. Sy bevindinge kan soos volg opgesom word:

• Hy pleit vir eenwording van die Skotse en Deense sending.

• Mense moet nie gesien word as objekte om te bekeer nie, maar as subjekte wat in persoonlike verhoudings ontmoet word.

• Metodes moet onderdanig aan persoonlike kontak gestel word. • Die Sending moet bly in Aden en nie versprei na die binneland nie.

Teen 1959 het die groep plaaslike gelowiges betaan uit een Christen familie (man, vrou en drie kinders) en ‘n paar mans. Die kerklike sendingkommissies van Edinburgh en Copenhagen het saam vergader en die resultaat was die opstel van ‘n konstitusie vir die Kerk in Suid-Arabië bestaande uit die paar gelowiges. ‘n Geloofsbelydenis en liturgie is ook vir hulle saamgestel. Ritchie is van mening dat dit niks anders as nog ‘n vorm van kolonialisme was nie. Die Kerk van Suid-Arabië is amptelik gestig op 8 Januarie 1961. Lidmate van die kerk kon op een hand getel word: Muhammad Ali Husayn en sy vrou Aisha. Twee jong manne het by die kerk aangesluit sonder die werk van enige sendelinge wat hulle daartoe sou bring. Die een was Muhammad Husayn al-Bayhani (‘n visserman) en die ander Muhammad Ali Murshid (‘n horlosiemaker). Enkele Jemeni’s het tot bekering gekom deur die lees van die Nuwe Testament en deur drome en visoene. Hulle name is nie verander na hul bekering nie. Vir die plaaslike gelowiges het kerklike aktiwiteit bestaan uit aanbidding, gebed en Bybelstudie. Politieke onstabiliteit het tot gevolg gehad dat sendelinge die land moes verlaat in 1967. Voor hulle die land verlaat het, is daar ‘n spesiale diens gehou waarin hulle ‘n Arabiese Jemeni gelowige as pastor georden het. Die sending het as doel die volgende gestel: “The aim of mission is to witness to Jesus Christ with a view to obtaining a response in the form of converts who, when they take the step of baptism, can be formed into a church.” Die Kerk van Suid-Arabië het egter doodgeloop vyf jaar na sy stigting.35

In sy kritiese evaluering van die Sendingwerk in Jemen wys Ritchie op die volgende :

35

121 • Die onderskeiding van sosiale klas: Die stigter van die sending Keith Falconer was ‘n baie ryk man en het self al sy onkostes betaal. Die kerk het dadelik toestemming gegee vir alles wat hy wou doen. Die kerk het na hom geluister eerder as andersom.

• Professionele onderskeiding is gemaak. Die professie van mediese dokter is verkies bo dié van predikant. Mediese sendingwerk is as die belangrikse sending aktiwiteit beskou. • Kerklike onderskeid. Die FMC het mnr Lockhead uit die sending onttrek omdat hy geen

professionele of kerlike kwalifikasie gehad het nie, ten spyte daarvan dat hy ‘n baie suksesvolle evangelis was. Slegs geordende lidmate is toegelaat tot die sendingveld. Ritchie maak die volgende stelling: “Within the Church of Jesus Christ there is no

difference of “status.” All are equal before Christ.”

• Onderskeid in gawes. Evangelisasie is ondergeskik gemaak aan onderrig en lering. • Die Kerk van Suid-Arabië was niks anders as ‘n dogterkerk van die Skotse Kerk nie.36

Ion Keith Falconer se benadering tot Islam was konfronterend. Hy het die swakheid van Islam en sy stigter uitgewys. Die Koran is as verdoemend beskryf. Die verskil in benadering tussen Ion Keith Falconer en Samuel Zwemer is dat eersgenoemde Arabies aangeleer het om net te gebruik as ‘n medium om die Evangelie te verkondig. Samuel Zwemer daarenteen, het Arabies geleer om die Islamitiese denkwyse te kan verstaan.37 Vir Mr. Idrys Jones was dit belangrik dat Arabiere benader moes word met algehele gelykheid.38 Dr Glen Reed het weer die noodsaaklikheid van verootmoediging en nederigheid beklemtoon en alle vorme van superieuriteit, imperialistiese en kolonialistiese gesindhede verwerp.39

Hierdie kerklike sending het uiteindelik misluk. ’n Belangrike vraag is natuurlik wat presies ’n kerk konstitueer? Wanneer presies word ‘n kerk gevorm? Bestaan die kerk wanneer daar ‘n klein groepie van twee of drie gelowiges bymekaarkom en wat dalk gedoop is? Bestaan die kerk wanneer daar strukture en ampte na vore kom soos pastore, sakramente en komitees gevorm 36 Ritchie, a.w., 178 -180. 37 Dies., 219. 38 Dies., 226. 39 Dies., 229.

122 word?40 Hierbenewens het die sendelinge die sendingpos bestuur as ’n Europese bestuursaangeleentheid. Hulle het hulle huise op ’n Westerse wyse ingerig. Meeste van hulle het in ’n kamp, omring deur ‘n groot muur, gewoon. Hulle het baie vriende onder die Europeërs gehad. Daar was weinig sprake van besoeke aan die plaaslike Arabiere en daarmee is ‘n soort sosiale apartheid gehandhaaf.41 Die waarheid is dat daar nooit enige pogings aangewend is om die komplekse verhouding tussen Islam en die Christendom te bestudeer nie.42

6.6 Sendingwerk van die Reformed Church of America d.m.v die