• No results found

Ekumeniese benaderings gedurende die

8.2 Whitby, Willingen en Achimota (1947–1958)

Die eerste konferensie van die International Missionary Council na die Tweede Wêreldoorlog het plaasgevind by Whitby in Ontaria, Kanada in 1947. Eenhonderd-en-twaalf verteenwoordigers uit veertig verskillende lande het byeengekom om in die lig van die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog om die stand van die sending sowel as die pad vorentoe van sending in oënskou te neem. Meer as die helfte van die verteenwoordigers was afkomstig uit die jonger kerke. Verteenwoordiging van die Midde-Ooste het gekom van Egipte en Libanon. Whitby het beroemd geword vir sy slagspreuk: “Partners in Obedience”, wat ’n vertolking was van ‘n nuwe benadering. Om van Christelike en nie-Christelike te praat is as agterhaal beskou. Henry P. van

154 Dusen, president van die Union Theological Seminary, New York, het daarop aangedring dat teologiese terminologie van die Weste aangepas moes word om die aannames en die veronderstelde aansprake daarvan hok te slaan. Westerse kerklike meerderwaardigheid moes uit die sending gedissteleer word. Die Ooste en Afrika moes op gelyke voet ontmoet word. Islam is gereken as een van die totalitêre denksisteme van die wêreld.1

Die tweede konferensie kom in Willingen in Duitsland in 1952 bymekaar. Die wêreldpolitiek het dramaties verander: die staat Israel is in 1948 gevorm, Kommunisme het Oos-Europa oorspoel, die Kommunistiese bewind in China het ‘n einde gemaak aan alle sendingwerk, en die

World Council of Churches het in 1948 tot stand gekom in Amsterdam. By Willingen is met ‘n

nuwe denkmodel begin werk en tot die besef gekom dat die kerk nie die beginpunt of die eindpunt is van sendingwerk nie. Sending moet nie onderdanig aan die (sendende) kerk wees nie en ook nie die kerk aan sending nie. Albei moet onderdanig wees aan die Missio Dei, die sending van God. Die kerk is nie die een wat stuur nie, maar is self die gestuurde.2

Die Nederlandse teoloog Hoekendijk het tydens die konferensie die volks- en kerkgesentreerde begrip van tradisionele sending skerp gekritiseer. Hierdie begrip lei tot vorme van evangelisasie wat fokus op die planting van die institusionele kerk en die vestiging van kerklike strukture. Die primêre funksies van die koninkryk van God en die deelname aan Christus se apostoliese bediening word verberg wanneer die volk en die kerk die sentrale fokus word van die sending. Sy redenasie is dat die kerk ‘n instrument moet wees in God se verlossende handelinge in hierdie wêreld. Dit is ‘n middel in God se hande waardeur shalom (vrede) in die wêreld gebring word. Dit is duidelik dat by Willingen ’n kritiese onderkenning van die sending na vore kom. En, dit is duidelik dat die sendingteologie van ’n christosentriese na ’n trinitariese motivering beweeg. In reaksie op kommunistiese Marxisme het Willengen ’n alomvattende verstaan van sending as

1

Howard, George P & Shao, Luther. 1947. International Missionary Conference faces challenge of changing world. In Christian Century, 64 (32), 952, 958-959.

2

155 sosiale aksie uitgelig. Die kerk moet ’n profetiese stem teen sosiale, ekonomiese en rassistiese ongeregtigheid laat hoor.3

Almal was dit nie eens dat die sending in die Missio Dei moes opgaan nie. ’n Belangrike punt wat Richelbächer maak is dat die begrip Missio Dei, die Christensending in verwarring gebring het. Die probleem is dat Missio Dei deur sommiges gebruik kan word om ’n christosentriese definisie van sending te regverdig. Ander kan dit met eweveel oortuiging gebruik om die teenoorgestelde te regverdig, soos dat God van Homself tekens in ander godsdienste geplaas het.4 Vir Matthey was die begrip Missio Dei positief in die sin dat dit gelei het tot ’n meer positiewe benadering in sending. Die benadering het egter daartoe gelei dat evangelisasie van die agenda van die kerk verdwyn het. Die probleem wat gedurig na vore kom, is dat indien alles sending is, dit noodwendig daartoe sal lei dat die kerk se essensiële karakter verlore sal gaan. Die realiteit is dat die begrip Missio Dei gefaal het om antwoorde te gee op die volgende belangrike vrae oor die verhouding tussen:

• Die koninkryk van God en menslike aktiwiteit, of kerk en politiek. • Die Christelike geloof en die waarheid in en van ander gelowe. • Die eenheid van die kerk en die verskeidenheid van inkulturasie.

• God se handelinge in die kerk en sy algehele handelinge met die skepping.5

Lehman meen selfs dat by Willingen die kerk sy profetiese apostoliese dimensie verloor het.6 Die denktrajek van Zwemer en Kraemer is verlaat.

3

Bassham, Rodger C. 1978. Seeking a deeper theological basis for mission. In International

Review of Mission, 67 (267), 329-332.

4

Richebächer, Wilhelm 2003. Willingen 1952 - Willingen 2002: the origin and contents of this edition of IRM. In International Review of Mission, 92 (367), 463-468.

5

Matthey, Jacques. 2003. Missio Dei revisited: Willingen 1952-2002. In International Review of

Mission, 92 (367), 580-582.

6

Lehmann, Paul L. 1953. Willingen and Lund : the church on the way to unity. In Theology

156 Die derde konferensie na die Tweede Wêreldoorlog vind in Afrika plaas, op ’n tydstip waartydens baie Afrika lande politieke onafhanklikheid verky het. Die plek is Achimota in Ghana, in 1958. Die openingswoorde van die byeenkoms was: Die Christelike wêreldsending

behoort aan Christus, nie aan ons nie. Die besluite wat geneem is kan opgesom word soos volg:

• Die kerk is die sending.

• Die tuisbasis is orals, elke Christengemeenskap is in ’n sendingomgewing.

• Sending is in vennootskap wat beteken geen kerk is meer bo ’n ander kerk of sy toesighouer nie.7

Die konteks van Ghana was die uitnemende groei van die nasionale kerke oorsee en hulle vervanging van die sending strukture.8 Nog ’n belangrike besluit wat geneem was, was om die

International Missionary Council te laat opgaan in die World Council of Churches. Hierdie

eenwording het onmin geskep oor die diversiteit van opinies, met die gevolg dat ’n hele aantal Sending-rade en genootskappe hulle aan die International Missionary Council onttrek het.

Die volgende ekumeniese konferensies waarby die studie stilstaan, is almal deur die Wêreldraad van Kerke gereël. Het daar ’n verdere verskuiwing in die begrip en verstaan van die sending gekom?

8.3 New Delhi (1961) en die World Council of Churches