• No results found

STANDARD BANK SE PERSONEELKOMPONENT

3.6 Bankpersoneel as deel van die gemeenskap

3.6.1 Verblyf van personeel

Die fisiese bodemgesteldheid van die land het die vervoer van boumateriaal en lewensmiddele oor lang afstande, moeilike terreine, teen 'n stadige pas en teen relatief groot koste teweeggebring. 'n Klein deel van die bevolking was verstedelik. Boukundiges was nie oral in die land aanwesig nie, ambagsmanne was skaars en geboue opgerig in kleiner gemeenskappe was meestal volksboukundig van aard. Daar was nie 'n groot aanbod van besigheidspersele en huurwonings beskikbaar nie. Dit het tot gevolg gehad dat die vind van beide besigheidspersele en verblyf vir bankbeamptes bemoeilik is. Hierdie situasie is aanmerklik vererger deur die bevolkingstoenames wat in sekere streke van die land op die ontdekking van diamante en goud gevolg het.

In hierdie hoofstuk sal slegs aan verblyfsakkommodasie vir bankpersoneel aandag gegee word. Akkommodasie vir die dag-tot-dag bedryf van die bank sal in ander hoofstukke geanaliseer word.

As hoofverteenwoordiger van die bank op 'n spesifieke plek, is die takbestuurder deur die bank voorsien van gerieflike, selfs statusvolle, verblyf. Oor die uitdra van 'n beeld deur verteenwoordigers van 'n instansie of land, skryf Du Toit:

The importance of an adequate residence [.] can not be overstated for what it contributes to the grace of living and the enjoyment of his work, his efficiency ... (1969: 176).

Die meeste bankgeboue wat deur die bank gebou is, het beide 'n besigheidsdeel en 'n verblyfdeel vir die bestuurder op dieselfde perseel ingesluit. Die ander personeel was egter nie so gelukkig nie. Deur 'n kombinasie van lae besoldiging en die skaarsheid van akkommodasie, het hulle soms onder spartaanse omstandighede geleef, dikwels in die bankgebou self. Terwyl die bank se bestuur verwys het na die voorreg wat sodanige personeel geniet het om op die bankperseel te woon, was dit uit 'n sekuriteitsoogpunt ongetwyfeld ook tot die bank se voordeel.

Dit is verstaanbaar dat die bank statusvolle behuising aan die takke se bestuurders, as hoofverteenwoordigers van die bank, sou verskaf. Die verskil in die standaard van behuising vir bestuurders en ander personeel was egter só ooglopend groot dat daar bykomende redes voor moes bestaan. Senioriteit van die bank se bestuurders was die voor die hand liggende rede, maar daar moes meer redes gewees het, veral as in ag geneem word dat baie van die

dié verband:

Van 65 bestuurders op daardie tydstip in diens van die bank was 29 onder die ouderdom van 30 en die meerderheid van die oorblywendes jonger as 40. Die oudste takbestuurder was net 48 en daar was net drie rekenmeesters in die diens wat ouer was as 30 jaar. Besoekers aan Suid-Afrika het dikwels opmerkings gemaak oor die groot verantwoordelikheid wat deur jong persone gedra word, in teenstelling met die situasie in Europa (1914: 91-92).

George M More was die eerste bestuurder van die Kaapstadtak van die bank en was net 25 jaar oud toe hy in 1864 as bestuurder aangestel is (Terry 1979: 42).

Die meerderhed van junior- en middelrang personeel se behuising was onbevredigend. Tog het die hoofbestuur in Suid-Afrika dit in 1903 betreur dat die takbestuurder in Port Elizabeth 'n lening van £1 100 aan 'n personeellid, FW Burch, toegestaan het sodat hy 'n eie huis kon koop. Die hoofbestuur het die toestaan van lenings aan personeel ongewens gevind, omdat die koop van eiendom tot gevolg kon hê dat die beampte onwillig kon wees om 'n verplasing te aanvaar as sy dienste elders benodig sou word. Die hoofbestuur het simpatie gehad met die feit dat behuising baie moeilik bekombaar was, maar was van mening dat die bank se belange die swaarste behoort te weeg. Die brief sluit af deur die takbestuurder in te lig van die hoofbestuur se [.] extreme dislike of such transactions (SB GMO Circular 37/1903, 11/9/1903).

Een beampte, OH Bate beskryf sy ervarings in verband met behuising:

Toe ek in Kimberley aangekom het, het ons in die kantoor geslaap en gewerk, een man in 'n hangmat voor die toonbank, nog een in 'n hangmat agter die toonbank, een op die toonbank (dit was nie lank genoeg vir twee nie), 'n vierde op die rekenmeester se tafel en 'n vyfde op 'n kampbed in die bestuurder se kantoor - eintlik net 'n hokkie (Terry 1979:61). JA Merriman het in sy herinneringe vertel hoe hy ook vir 'n hele paar maande lank op die bank se toonbank geslaap het, met twee klerke in hangmatte weerskante van hom. Hy skryf dat ses tot agt van hulle in die bankgebou geslaap het. Soggens het hulle beurte gemaak om 'n enkele klein heupbad, waarvoor water per emmer ingedra is, te gebruik (Terry 1979: 61).

In 1873 is aangeteken dat die Kimberleytak se rekenmeester en vier klerke in 'n tweevertrek- hout-en-tenthuis aan die buitewyk van die mynkamp woon. (Hierdie struktuur het een middag weggewaai en die inwoners se beddens, beddegoed en kaste het in die niet verdwyn. Baie van

vertrek gewoon. 'n Huis is in 1883 aangekoop, teen £1 000, om as verblyf vir personeel te dien en het slaapplek aan elf beamptes gebied (Terry 1979: 64).

In Oudtshoorn het ongetroude personeel die bestuurdershuis bewoon. Tydens 'n inspeksiebesoek in 1877 het die inspekteur tot sy groot skok uitgevind dat die rekenmeester en die klerk drie jong volstruise snags in die eetkamer aangehou het (Terry 1979: 100).

J Calder vertel hoe hy rondom die eeuwending geld (ten bedrae van £12 000) van Kimberley na Johannesburg moes neem. By sy aankoms daar het hy 'n skaapvelkombers gekry om op die bank se vloer te slaap. Volgens hom was dit . glad nie 'n ongewone bed in daardie dae nie (Terry 1979: 146).

In die eerste dekade van die 20ste eeu het die bank 'n huis in Kimberley besit waar bankbeamptes gewoon het. Nuwe inkomelinge het eers in die agterste kamers gewoon en vorentoe geskuif na gelang hulle opgang gemaak het, totdat hulle in die voorste kamers wat op die stoep uitgekyk het, kon intrek (Terry 1979: 65).

Aan die begin van die 1920's het die bank se tak in Tarkastad geen toiletgeriewe gehad nie. In 'n skrywe aan sy hoofkantoor het die takbestuurder aangedui dat hy of sy voorgangers nooit 'n behoefte daaraan ervaar het nie. In 'n klein dorp soos Tarkastad, het hy geskryf, is dit altyd moontlik om iemand anders of 'n hotel se geriewe te gebruik as dit benodig sou word (should the occasion arise) (SB Bits en Bytes 30/5/2014: 12). In 'n omsendbrief van die algemene bestuurder word egter melding gemaak van die groot getalle siekes onder die personeel en in 'n ander een neem hulle met spyt kennis van die afsterwe op 14 April 1903 van TR Manby, as gevolg van ingewandskoors (SB GMO Circulars 7/1903, 13/2/1903; 19/1903, 8/5/1903).

In Kimberley het Standard Bank die Hotel Richmond op die hoek van Main- en Markstrate in 1880 gekoop en die volgende jaar gesloop. Die argitek LF Hanson het 'n nuwe dubbelverdieping-gebou ontwerp, met slaapkamers op die boonste verdieping vir personeel. In 'n inspeksieverslag is daaroor gesê dat dit sterk herinnner aan die los vleuels van 'n katoenfabriek (Terry 1979: 63).

3.6.2 Kleredrag

Dit is fisiologies noodsaaklik vir die mens om 'n geskikte liggaamstemperatuur te handhaaf, maar anders as primate, is die mens nie van nature toegerus met 'n beskermende vag om hom/haar teen die elemente van die omgewing te beskerm nie (Morris 1972: 174).

beheermeganismes geskep vir haar/sy gemak en om oorlewing te verseker. Hierdie meganismes sluit onder meer klerasie, beskutting (shelter), verbranding en lugversorging in.

Klerasie verander nie die mens se biologiese beperkinge nie, maar vul die beperkinge fisies aan. Die ander drie verander die omgewing waarin die mens moet oorleef. In dié verband, sê Leslie White: One must come to terms with one's environment, [.] to live, to survive. To adjust to environment is to control it to a degree (1971: 233). Die omgewing beïnvloed die mens, terwyl die mens op sy beurt die omgewing beïnvloed: mens en omgewing is in voortdurende wedersydse wisselwerking met mekaar. Net so is die mens se kultuurskeppinge, soos organisasies, verenigings, banke, ander besighede en instansies, in 'n wedersydse verhouding van beïnvloeding met die omgewing gewikkel, beide fisies en metafisies.

Omdat klimaatsones groot verskille toon, is daar uiteraard uiteenlopende tipes van klere. Maar klerasie is nie alleen funksioneel van aard met slegs 'n materiële dimensie nie. As daar ooit 'n tyd was toe klerasie slegs funksioneel was, is dit baie lank gelede reeds verby. Strutt dui aan dat daar van vroeg af by die mens 'n fisiese en metafisiese behoefte was om sy/haar naaktheid te bedek, maar dat klere ook baie lank gelede reeds 'n manier was waarop die mens sy/haar voorkoms probeer verbeter het, dat daar dus 'n funksioneel/materiële sowel as 'n metafisiese dimensie aan klerasie was (1975: ix). Dit volg hieruit dat as die mens geïnteresseerd was in sy/haar eie voorkoms, hy/sy ook ander mense op hul voorkoms sou beoordeel. In die geval van Standard Bank was die bank van mening dat die voorkoms van die amptenare wat in die bank werk ook die beeld van die bank as geheel sou raak.

Black en Garland beskryf die mens se beheptheid met sy/haar voorkoms as [.] man's first and most faithfull addiction. Hulle meen dit kan toegeskryf word aan die feit dat die liggaam al is waarmee die mens sy lewe begin en al is wat hy tot die einde van sy lewe sal hê. Hulle maak verder die stelling dat mense altyd versiering bo gemak verkies het. Dit impliseer dat funksionaliteit by klere altyd ondergeskik was aan die estetiese en ander metafisiese aspekte (1980: 7, 9). Hierdie studie gaan egter van die standpunt uit dat dit nie altyd in individuele gevalle so sal wees nie en dat die fisiese behoeftes van mense in sommige gevalle die estetiese oorheers, soos hieronder aangedui sal word.

Argivale bronne toon aanduidings van klerasie in beskawings so oud soos dié van die Ur Dinastie in die omgewing van die Tigris- en Euphraatrivier in die tydperk van 2 800 tot 1 600 vC (Black en Garland 1980: 13). Die gebruik van die naald met oog, wat dit moontlik gemaak het om klere beter passend en meer beskermend te maak as bloot gedrapeerde stukke, was 'n groot stap vorentoe vir die mensdom as geheel. Dit is 'n kulturele aspek wat met die vestiging

akkulturasie in alle bevolkingsgroepe opgeneem is.

Hierdie studie is primêr gerig op die metafisiese dimensies van kleredrag. Die verskillende kleure, vorme, materiale en snitte van klere is nie die hooffokus van die studie nie, maar die metafisiese aspekte verbonde aan klerasie as kultuurskepping word geanaliseer.

Black en Garland se aanhaling hierbo, dat die mens behep is met eie voorkoms, beklemtoon een van die belangrike metafisiese funksies van kleredrag, naamlik versiering. Verder gee kleredrag in die meeste gemeenskappe 'n aanduiding van die draer se geslag.

Deur die eeue is klerasie ook aangewend om rang, status en klas aan te dui. Terwyl slawe in die Romeinse Ryk byvoorbeeld geen of byna geen klere gedra het nie, het burgers van rang en status 'n suiwer wit toga (toga pura of tuga virilis) gedra wat hulle van gewone burgers onderskei het. Buitelanders in Rome is verbied om dit te dra. Vrye burgers en sommige slawe het 'n eenvoudige soldatebaadjie en jurk gedra (cingulum) en jongmense van 'n sekere afkoms het 'n toga met 'n omboorsel gedra. Suksesvolle militêre leiers is toegelaat om 'n meer uitspattige, feestelike toga, 'n toga palmata, by sommige geleenthede te dra. 'n Pers toga kon alleen deur die keiser gedra word (Toynbee 1995: 60, 32).

Klerasie het ook ander dimensies. Burden verwys na tradisies (2000: 25) as gebruike wat oorgedra is van geslag tot geslag. Volksdrag het vir eeue 'n rol gespeel in baie wêrelddele en word steeds as deel van gemeenskappe, groepe en volke se erfenis beskou. Dit het tradisie geword om op 'n sekere manier aan te trek. Spesiale geleenthede en rituele optrede het soms gelei tot gevestigde tradisies oor drag. In Maart 1944 het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Stockholm, Swede byvoorbeeld sy geloofsbriewe aan die koning van Swede oorhandig. Sy beskrywing daarvan lui onder meer:

[.] I enjoyed the experience of being fetched from my legation to the palace to present my credentials, sitting in the richly gilt 'carosse royale de gala' or seven-windowed glass coach, used by the monarch when driving in state, drawn by four horses with outriders, postilion escort and all. The two diplomatic members of my staff I was to present to the King followed in a less ornate coach drawn by two horses. My somewhat incongruous official diplomatic dress, namely white tie and tails and black top-hat, contrasted drably with the brilliant uniform of the 'Introducteur des Diplomats', Baron de Geer, who accompanied me. He was himself outshone by the panoply of marshals, chamberlains and other officials through whom I passed, after a salute and fanfare by a guard of honour

route to the room where the King awaited me [.] (Egeland 1977: 159).

Toe Suid-Afrika se ambassadeur presies 50 jaar later in 1994 sý geloofsbriewe as verteenwoordiger van die Mandela-regering aan die Sweedse regering oorhandig het, het hy gevind dat die proses steeds onveranderd was, met dieselfde kleredrag-vereistes, dieselfde koetse, roete, regimente en roetine.

Die ritueel rondom die ontvangs van diplomate is reeds vir eeue daarop gerig om die aansien van die staatshoof te verhoog en aan te dui dat hy bondgenote en internasionale vriende het en die mag het om aan hulle immuniteit te verleen. Kleredrag en ander kultuurskeppinge was altyd 'n belangrike aspek daarvan. Op dieselfde wyse is die Standard Bank se aansien verhoog deur die swier van die bank se senior beamptes. Foto's en beskrywings van Standard Bankpersoneel dui aan dat die hoofbestuurder en sommige takbestuurders bedags pluiskeile gedra het. Die bank se algemene bestuurder of gesamentlike algemene bestuurders het ook spoggerige koetsiers gehad. W Longden beskryf die situasie tydens die beginjare van die bank in Port Elizabeth so: Soggens het die hoofbestuurders, elk in sy eie koets met pronkperde en 'n koetsier in livreidrag, omstreeks tienuur daar aangekom (Terry 1979: 77).

Livreidrag was 'n bykomende metode om die status van die algemene bestuurder(s) te verhoog. Die woord livrei is afkomstig van die Franse woord livrer, wat beteken om te bedien en livreidrag het tradisioneel aangedui dat die draer daarvan 'n bediende of lakei is. Die drag is bedoel om kleurvol en opvallend te wees en, benewens die doel van identifisering, ook die funksie van versiering te vervul. Dit was dus 'n indirekte metode om die werkgewer te versier en sy status te verhoog. Dit het weer die status van die bank verhoog. Britse livreidrag van die19de eeu het verskillende vorme aangeneem vir amptelike en private doeleindes, maar het basies bestaan uit 'n swart kniebroek, wit kouse en swart gelakte skoene met 'n groot gespe (gewoonlik goud- of silwerkleurig). Dit is afgerond deur 'n groot rooi syhemp met goudafwerking en/of goue vertikale strepe en 'n hals van kant. 'n Swierige hooftooisel, meestal driehoekig en versier met volstruisvere, is daarby gedra (www.vandale.nl/gratis-woordenboek/betekenis/nederlands/livrei).

Perde is deur die eeue amper sonder uitsondering geleer om van die linkerkant af bestyg te word. Voorryers (postilion riders) het ook normaalweg op die linkerkantste perd of perde gery. Dit het tot gevolg gehad dat hul regtervoete tydens ritte tussen twee perde was. In 'n voorbeeld van die logiese onderwerping van die estetiese aan fisiese uitdagings, het voorryers oor die eeue 'n onpaar skoene gedra, met hul regterskoene aansienlik versterk. Dit beteken natuurlik nie dat die een skoen "lelik" was nie, alleen maar dat dit nie by die ou menslike voorkeur en reël van eenderse skoene gehou het nie. Hierdie benadering ten opsigte van voorryers se

altyd bo gerief verkies is (1980: 9).

Soos in ander sektore van die samelewing het goed-versorgde trekdiere en 'n statige rytuig bygedra tot die status en beeld van beide die algemene bestuurder en die instansie wat hy verteenwoordig het: Standard Bank. Ander kultuurskeppinge, soos die trekdiere se tuie, was ook 'n element wat moes help om die aansien van die bank te verhoog. Die tuie van die perde wat die koets in 1994 in Stockholm getrek het, was ryklik beslaan met silwer en dele daarvan was reeds meer as 'n eeu in gebruik.

Om die visuele impak van die aankoms van Standard Bank se twee algemene bestuurders te vergroot, is gereël dat albei koetse nie op dieselfde tyd by die bank aankom nie, maar een 'n paar minute voor die ander een (Conradie 2011: onderhoud).

Spesifieke funksies/onthale het gedurende die tydperk wat deur die studie gedek word, en nog hedendaags, volgens tradisie 'n bepaalde status gehad volgens 'n skaal van formaliteit. Hierdie skaal van formaliteit is hoofsaaklik kultuurgebonde en deur konvensie bepaal. By geleentheid word die fisiese dimensie van die kleredrag - formaat, kleur - deur die metafisiese dimensie bepaal. Die gasheer/gasvrou kan die graad van formaliteit van 'n funksie bepaal en aandui. 'n Formele uitnodiging na 'n onthaal sou in die tyd onder bespreking (1862 – 1942) in deftige kringe, soos waarin die bank se senior amptenare beweeg het, aangedui het wat die graad van formaliteit en die gepaardgaande voorgeskrewe kleredrag daarvoor sou wees.

Van November 1814 tot Junie 1815 het die leiers van Europa in Weenen byeengekom om 'n nuwe, post-Napoleontiese politieke en diplomatieke orde vir Europa uit te werk. Dit was 'n keerpunt in die geskiedenis van Europa en internasionale diplomasie (Kissinger 1994: 78; Palmer 1972: 130). Verskeie verdrae en ooreenkomste oor die reëling van amptelike verteenwoordiging van een regering by 'n ander en oor immuniteit, beskerming, voorrangordes en optrede van diplomate is aangegaan. Diplomasie het minder eksklusief en kovert geword. Formele kleredrag van die tyd vir mans het deel van die diplomatieke praktyk geword. In 'n tyd toe meer mense en lande oor kultuurgrense met mekaar begin kommunikeer het, was dit nuttig om 'n gestandaardiseerde metode van optrede, en gepaardgaande kleredrag, te hê. Selfs hedendaags vind internasionale protokol en etiket, waarvan kleredrag deel is, wye aanvaarding en dien dit as instrument om internasionale kommunikasie te bevorder (Feltham 1988: 1). Toe formele modes mettertyd verander het, het dit in 'n groot mate onveranderd gebly in diplomatieke praktyk. Gevolglik kan 'n afleiding uit hedendaagse diplomatieke praktyk gemaak word oor hoe deftige here van die laat 19de en vroeë 20ste eeu aangetrek het en wat se sosiale ordereëls gegeld het.

Van ou foto's en sketse kan afgelei word, en in geskrewe rekords kan gelees word, dat verskillende grade van formaliteit en gepaardgaande kleredrag ook in Suid-Afrika die gebruik was gedurende die tydperk van studie (a lady 1998: 101; Robinson 1900: 267; Rosenthal 1975: 10, 11, en verder; Schoeman 1980 :145, 220, 263 - 264, 304).

Hoewel Suid-Afrika in die eerste dekades van die 21ste eeu wegbeweeg het van meer formele kleredrag, is dit in diplomatieke en ander kringe in veral Wes-Europese lande nog in gebruik vir gegoede en amptelike geleenthede, soos wat dit in Suid-Afrika was gedurende die tydperk waaroor die studie handel.

Volgens hierdie gebruike word die voorgeskrewe drag vir 'n onthaal of ander sosiale geleentheid, veral in korporatiewe, militêre of diplomatieke kringe, saam met uitnodigings aangedui. Sommige uitnodigings sal byvoorbeeld aandui dat die drag sogenaamde White tie sal wees (Kyk na Addendum A). In sommige gevalle sal persone sonder die regte kleredrag toegang tot 'n funksie geweier word, maar - tensy die kleredrag té informeel of onnet is - sal die enigste sanksie in die teenswoordige tyd meestal dié wees van medegaste wat die draer van die verkeerde drag as onverfynd beskou. In die uitspattige 17de-eeuse hof van die "Sonkoning" (Lodewyk XIV van Frankryk) waarheen van dié gebruike teruggevoer kan word, was oortreding van etiketreëls onvergeeflik (Ergang 1967: 467).

Korrekte drag het egter nie net vereis dat formeel genoeg aangetrek moes word nie: té formeel