• No results found

STANDARD BANK SE PERSONEELKOMPONENT

3.6 Bankpersoneel as deel van die gemeenskap

3.6.3 Sosiale lewe

Sosiale lewe van Standard Bank personeel gedurende die tydperk van verslag is direk beïnvloed deur die fisiese en metafisiese omgewing. Groot afstande tussen gemeenskappe en klein getalle inwoners, selfs in dorpies, het 'n rol gespeel en dit word soms beweer dat Suid- Afrika se groot gasvryheid - waaroor buitelandse besoekers selfs in die 21ste eeu verwondering uitspreek - minstens gedeeltelik toegeskryf kan word aan die relatiewe afsondering van vroeër tye.

In die Victoriaanse era was sosiale omgang baie formeel. Streng en meestal ongeskrewe etiketreëls het gegeld. Terwyl die nagmaal en kerkaangeleenthede belangrike geleenthede vir sosiale interaksie in die Afrikaanse gemeenskappe was, het die klub 'n groot rol gespeel in myngemeenskappe. Danse is daar gehou, musiek-, drama- en sirkusgroepe het die stede besoek en sport is beoefen. In kleiner sentra soos Fort Beaufort, Indwe, Prins Albert en ander was sulke geleenthede uiters beperk of totaal afwesig. In die meeste dele van Suid-Afrika het junior beamptes die voordeel van die legendariese Suid-Afrkaanse gasvryheid ervaar en geniet, hoewel kommunikasie deur taalverskille bemoeilik is. Die mense van Kimberley was byvoorbeeld volgens JJ Swanson in die algemeen baie gasvry. Hy dui ook aan dat junior personeel in alle dele van die land altyd welkom was by die huise van hul seniors, die takbestuurders (Terry 1979: 67).

Soos in baie aangeleenthede in Suid-Afrika, het ras en etnisiteit 'n rol gespeel in sosiale omgang. Klublidmaatskap vir ander persone as dié van Europese afkoms was buite die kwessie en normale sosiale omgang tussen verskillende kultuurgroepe was nie aan die orde van die dag nie. Die voorkeur vir omgang binne eie, meer Europese kultuurverband en uitlewing in eie kulture was nie eensydig nie. Een van die gevalle waar individue persoonlik geraak en benadeel is deur heersende globale maar ook streeks metafisiese faktore, was dié van mnr M, hoofteller van die Johannesburgtak. Mnr M het 'n reputasie gehad as goeie en hoflike teller en het 17 jaar goeie diens gelewer. In Johannesburg het hy hom in 'n verhouding begewe met iemand wat deur die bank beskryf is as 'n colored person.

gemaak het. Hy skryf aan Londen: From a South African point of view, he has made a grave mistake in contracting a union against which strong local prejudice exists, especially in the Transvaal, but we are still without information as to the degree in which Mrs M would be regarded as non-European. Die feit dat mnr M aangedui het dat hy bereid is om na 'n land te gaan waar rasseverskille nie só belangrik is nie, wanneer omstandighede dit toelaat, wys, volgens die hoofbestuurder, dat hy erken hy het homself in 'n onhoudbare posisie geplaas (SB GMO 3/1/56 Letters to London 43/1913, 31/10/1913). Die bank het besluit om mnr M 'n jaar se salaris te betaal, as hy sou bedank (SB GMO 3/1/56 Letters to London 49/1913, 12/12/1913).

3.6.4 Voedsel

Plaaslike, streeks- en globale invloede het ingewerk op die Suid-Afrikaanse kookkuns en dit het uit 'n hutspot van verskillende kulture gegroei. Magdaleen van Wyk maak die akkurate stelling:

The origins and development of our culinary tradition are as diverse as the people who make up the population of South Africa - a potpourri of Eastern and Western foods and flavours closely linked to the history of the sub-continent (1994:6).

Leroux wys op Amerikaanse, Chinese, Duitse, Franse, Griekse, Italiaanse, Joodse, Portugese en die sterk orientale invloede wat gelei het tot die Suid-Afrikaanse kookkuns, wat . both nutritious and delicious is (Leroux (red) 2006: 8). Die koloniste wat in 1652 aan die Kaap aangekom het, het nie die sogenaamde Strandlopers wat hulle daar teëgekom het se kulinêre gebruike oorgeneem nie, het hul eie groente- en vrugtesoorte aangeplant en hul Europese kookgebruike sover moontlik probeer volg. Frikadelle word byvoorbeeld steeds in Suid-Afrika gemaak soos in die 16de-eeuse Nederland.

Die eerste jare na die stigting van die nedersetting was angstige jare waartydens dassievleis, seemeeu- en pikkewynvleis sowel as pikkewyne en pikkewyneiers saam met seekos, as voedsel aangewend is (Coetzee 1977: 26).

Teen die einde van die 17de eeu kon Simon van der Stel aan die Here XVII skryf dat daar geen gebrek aan kos meer vir die koloniste aan die Kaap was nie. Met toenemende Duitse, Franse en Oosterse invloede, en met die gebruik van Kaapse veldkos soos waterblommetjies, kambro, bloublommetjie-uintjies, suuruintjies, vetkousies, suurvye, bronkhors, palmietspruite, wilde aspersies, baroe en plaaslike vis en wildsvleis, het die Suid-Afrikaanse kookkuns teen die 18de eeu 'n eie karakter ontwikkel (Coetzee 1977: 50-51). Voedselversameling, en die verwerking, bewaring en gebruik van voedsel, het baie fisiese kultuurvoorwerpe die lig laat sien. Dit het jagwapens, vleisverwerkingsapparaat, worsstoppers, meulens, meubelment, kook- en

pekelbalies) ingesluit. Soos ander kultuurkomponente het baie sosiale gewoontes en metafisiese aspekte gepaard gegaan met die fisiese aspekte van voedselverwerking en - inname.

Standard Bank se beamptes was meestal jonk en hardwerkend en het tot laat saans op kantoor gebly. Die meeste was ongetroud en het nie ondersteuningsnetwerke gehad wat kon kos kook en voorrade verbou of op markte gaan koop nie. Gevolglik het dit in sommige dorpe 'n vaste gebruik geword dat hulle hul maaltye by losieshuise of hotelle geneem het. In Kimberley was die junior personeel in die laaste dekades van die 19de eeu meestal kliënte van 'n mevrou Warner, wat skynbaar voedsame boerekos in die Suid-Afrikaanse tradisie verskaf het, terwyl die senior lede van die personeel kliënte van die Hotelle Queens en Central was. In groter dorpe waar klubs bestaan het, was die takbestuurders lede en gereelde besoekers aan die klubs (Terry 1979: 65, 75).

Die bank se inspekteurs, wat vir lang tye op reis was, was nie altyd gelukkig genoeg om toegang tot redelik goeie kos te hê nie. In 'n brief aan Londen beskryf die hoofbestuurder in Julie 1870 die moeilike aard van hul werk en noem onder meer . voedsel waarmee hulle op hul reise genoeë moet neem, is dikwels karig, kru en ongesond en soms lang rukke glad nie beskikbaar nie (Terry 1979: 83).

Die verkryging van water was ook dikwels problematies. Water uit die Vaalrivier is eers in 1878 na Kimberley aangelê. Voor dit is water uit putte verkry of moes teen 'n hoë prys met waterkarre aangery word. Dit was 'n onbevredigende reëling en as iets verkeerd gegaan het, moes water teen tot soveel as 2s 6d per emmer aangekoop word (Terry 1979: 63). Bankinspekteurs op reis het gereelde probleme in dié verband ervaar. In 'n brief aan Londen skryf die hoofbestuurder op 2 September 1882 weer dat die inspekteurs 'n baie ruwe lewe lei en in alle weersomstandighede snags en bedags moet reis. Hy noem ook dat hulle hulself dikwels op plekke bevind waar dit onmoontlik is om goeie en gesonde drinkwater te bekom (Terry 1979: 84).

Lewis Loyd Michell, 'n beampte van Standard Bank en vertroueling van Cecil J Rhodes, vertel van 'n ete wat Rhodes in Augustus 1897 aangebied het. Hy sê die ete was . kenmerkend van 'n nuwe land. Daar was sjampanje op die tafel, maar die kerse wat die vertrek verlig het, is in leë bottels gedruk . (Terry 1979: 59).

soms haglik. Sanitasie gedurende die eerste jare was swak, longontsteking was algemeen en op een stadium was daar 'n feitlik totale gebrek aan voedsel as gevolg van transportprobleme.

In 'n verslag oor die bank se takke in Oos-Londen gedurende die 1880s vertel HM Quigley van die lang afstande in sanderige strate wat die junior klerke moes stap om klaringstjeks van een bank na 'n ander te dra en noem 'n teekamer wat vir hulle soos 'n oase was: McDonald s'n, waar die juniors hulself graag op koek en limonade trakteer het (Terrry 1979: 94).

Hoewel daar verskille in standaarde en ook swak hotelle was, was sommige hotelle en herberge bekend vir hul uitstekende geriewe en veral hul spyseniering. Danksy die feit dat daar 'n redelike groot deurgang van mense en goedere deur Vryburg na Betsjoeanaland en Transvaal was, het die Hotel Pullen in Vryburg gefloreer en 'n uitstekende reputasie gehad (Zeederberg 1971: 96). In 1891 het die daaglikse spyskaart van die hotel soos volg gelyk:

Figuur 3.6: Die Spyskaart van Hotel Pullen in Vryburg, circa 1891 (Zeederberg 1971: gp)

geval nie en hy het opgemerk: Its disgraceful, even for a semi-civilised country (Zeederberg 1971: 96).