• No results found

DIE GEOFISIESE EN GESKIEDKUNDIG-POLITIEKE KONTEKS WAARBINNE STANDARD BANK ONTSTAAN HET

2.2 Geskiedkundige kontekstualisering binne konteks van plek en tyd 1 Die globale konteks teen die middel van die 19de eeu

2.3.2 Die Bank se vroegste akkommodasie in Suidelike Afrika

Die eerste dokumentasie wat gevind kon word oor akkommodasie vir Standard Bank in Suid- Afrika is 'n verwysing na 'n huurkontrak vir 'n tydperk van tien jaar vanaf Januarie 1860 teen die huur van £300 per jaar (SB ARCH 1/1PE 30/12/1865). Dit was in die Guardiangebou in die Hoofstraat van Port Elizabeth geleë (Amphlett 1914: 11). Op 16 Januarie 1863 het 'n advertensie in die Eastern Province Herald verskyn, die heel eerste van Standard Bank, waarin die bank sy dienste by hierdie adres aangebied het.

In Februarie 1863 het die Commercial Bank in Port Elizabeth se aandeelhouers gestem vir die oorname van dié bank deur Standard Bank. Die twee banke was in dieselfde gebou gehuisves en Standard Bank het die Commercial Bank se deel van die gebou oorgeneem (ARCH 1/1PE; Terry 1979: 19). Die kantoor in Port Elizabeth was beide die plaaslike takkantoor en die Suid- Afrikaanse hoofkantoor van Standard Bank totdat die hoofkantoor in 1885 na Kaapstad verskuif is. (In 1953 is dit na Pretoria verskuif en in 1959 van Pretoria na Johannesburg.)

Die kantoorgebou in Port Elizabeth het nie in alle opsigte aan die bank se standaarde voldoen nie. In 1872 het die takbestuurder gekla dat die akkommodasie ellendig klein is en dat daar geen kantoor vir die bestuurder is nie. Klerke moes in groepies van twee en drie in verskillende dele van die gebou werk. As kliënte die bestuurder privaat wou spreek, moes hy hulle óf na 'n hoekie van die kantoor neem waar hulle slegs deur 'n skerm van die publiek geskei is, óf hy moes met hulle in die straat staan en gesels (ARCH 1/1PE). Die privaatheid van kliënte was vir die bank van groot belang en so 'n situasie was nie ideaal nie.

In 1874 het die bank 'n perseel in Hoofweg uit die bankrot boedel van John Patterson, die voormalige bestuurder van die bank, gekoop teen £5 000. 'n Grootboek-inskrywing wat die

betaal van hierdie bedrag aandui, is op 24/6/1874 gedoen. Die argitek GD Peck is opdrag gegee om 'n nuwe Standard Bankgebou te ontwerp. James Beckett se tender as klipmesselaar (£6 475), Allen & Hunter se tender as skrynwerkers (£2 670) en CW Frames se tender vir loodgieterswerk (£1 125) is aanvaar (SB ARCH 1/1PE). Die algemene bestuurder het aan Londen geskryf:

These amounts are quite beyond what I had expected, and they will no doubt appear very large to the Directors. But the fact is labor, and especially skilled labor, is at the persent time exceedingly scarce and dear. Building material is also at present very expensive. However, we now have the certainty of getting what we have so long considered necessary - suitable for our large and growing business which will no doubt be equal to our requirements for many years to come. As the head Colonial Office it seems quite necessary that the Bank's premises here should be sufficiently commodious and suitable for the several departments represented here, which require much more room than any single Branch (SB GMO 3/1/5 Letters to London 19/12/1874).

Tot die bank se groot frustrasie was Peck stadig met die verskaffing van tekeninge. Die algemene bestuurder het aan Londen geskryf: He has been very delatory in preparing this (SB GMO 3/1/5 Letters to London 21/4/1875). In Julie 1875 skryf hy: [.] there has been most vexatious and culpable neglect on the part of our Architect, and even now I have had to resort to threats and constant pressure to obtain the drawings (SB GMO 3/1/5 Letters to London 20/7/1875).

Argitekstekeninge wat deur die bestuurder aan Londen gestuur is, verwys na twee seunsbeelde met geldsakke as deel van die versierings aan die fasade, 'n vroulike figuur, groot vase (waarvan ses op die fasade aangebring sou word), en balustrades, waarvan 170 in die ontwerp aangewend sou word (SB GMO 3/1/5 Letters to London 20/7/1875). Volgens alle aanduidings is daar nie kopieë van die tekeninge in Port Elizabeth gehou nie.

Die gebou is suksesvol voltooi en die bank het dit op 26 Mei 1876 betrek (SB ARCH 1/1PE). Op 31 Julie 1876 is daar soos volg verslag gedoen oor die Bankperseel:

[.] new Banking Premises at PE - main office, two offices for the General Manager, local Manager's office, three other fine rooms looking over Main Street used by the General Manager's department and seven other rooms at the rear of the main office, with lavatory and necessaries. The accommodation afforded for banking purposes is superb, and far superior to anything of this kind in the Colony. The site is part of Erf no 22, Main Street in remaining extent 37 feet 5 by 156 feet [.] which was bought from the estate of John Paterson for 5 000 Pounds, the deed of transfer being dated 24th May 1876 it was

occupied and opened for business (Supplement to SB Inspection Report on Port Elizabeth 31/7/1876).

Die erf aangrensend aan die bank se gebou het in 1878 in die mark gekom en die bank het dit gekoop. Ondanks vroeëre ontevredenheid met sy werkswyse, is argitek GD Peck opdrag gegee vir die vergroting van die bank, waarvoor die bestaande gebou op die aangekoopte erf afgebreek sou word. Londen is laat weet: We hope shortly to receive the plans from the architect for transmission to you for the approval of the Board (SB GMO 1/3/9 Letters to London 8/8/1879).

Peck het 'n presiese duplikaat van die bestaande gebou ontwerp. Die planne daarvoor was in Augustus 1879 gereed (SB ARCH 1/1PE). Vroeg in 1880 het die algemene bestuurder laat weet dat 'n tender vir £9 407 aanvaar is vir die oprig van die gebou en dat konstruksiewerk reeds begin het (SB GMO 1/3/9 Letters to London 16/1/1880). Kort nadat met konstruksie begin is, is egter gevind dat die oorspronklike gebou teen 'n effense hoek gebou is en dat 'n verlenging daarvan tot gevolg sou hê dat die gebou sowat 30 cm oor die sypaadjiegrens sou steek. Die gebou moes gevolglik by die aansluiting tussen die twee dele 'n effense hoek of buig vorm. Die kromming was duidelik sigbaar, wat tot gevolg gehad het dat na die gebou verwys is as The bank with the bulge (Terry 1979: 21).

Bouwerk aan die nuwe deel het goed gevorder en in Julie 1880 het die algemene bestuurder aan Londen geskryf:

Satisfactory progress is being made by the contractors for the additions to our premises here. The walls are nearly completed and they are now putting up the partition and wood work for supporting the present roof in the banking office, preparatory to making the arches which will connect the additions and the present building. So far nothing has interfered with the progress of the work and in about ten days time we expect the roofing of the new portion of the building will be commenced (SB GMO 1/3/10 Letters to London 2/7/1880).

Optimisme oor die vordering van die bouwerk is deur teleurstelling gevolg toe faktore buite die beheer van die bank vertragings veroorsaak het. In November 1880 skryf die algemene bestuurder aan Londen dat die gebou nie voltooi is nie en waarskynlik nie in die volgende twee of drie maande voltooi sal word nie. Hy dui aan dat die kontrakteur 'n gebrek aan arbeid ervaar as gevolg van die oorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en Brittanje en vervolg:

The building is roofed in, the inside plastering is nearly completed and a part of the flooring is done and the appearance of the front, though it is not plastered on the outside,

is very imposing and handsome (SB GMO 1/3/10 Letters to London 5/11/1880). (Kyk figuur 5.4)