• No results found

STANDARD BANK SE PERSONEELKOMPONENT

3.5 Die menslike faktor

3.5.1 Opleiding van personeel

Die bank se bestuur het gemeen dat deeglike kennis van die bank en sy werking sou help om 'n harmonieuse personeelkomponent te verseker en het van tyd tot tyd beklemtoon dat alle bankamptenare die inhoud van die bestuur se opdragte en riglynomsendbriewe moes bestudeer en ken. In 'n 1881-omsendbrief aan alle banktakke skryf die hoofbestuurder byvoorbeeld dat die korrekte optrede in feitlik elke situasie só duidelik voorgeskryf is in die bank se omsendbriewe dat verkeerde optrede onverskoonbaar is. Van elke beampte is verwag om deeglik op hoogte te wees met die voorskrifte van die bank (SB GMO4/2/1 Circular 28/1881 24/11/1881).

In nog 'n opdrag is Standard Bank se personeel opdrag gegee om vriendelik te wees en goeie betrekkinge te bou met kliënte (SB GMO4/2/3 Circular 28/1884 15/8/1884).

Ná hul indiensneming is spesiale vaardighede of eienskappe van beamptes in ag geneem, asook ouderdom, opleiding, handskrif, fisiese gesteldheid, karakter, ondervinding, nasionaliteit en huishoudelike omstandighede. Inspekteurs is opdrag gegee om verslag te doen oor hierdie aspekte van die banktakke se personeel (SB GMO4/2/4 Circular 3/1883 10/1/1883; SB GMO4/2/4 Circular 5/11/1901). Die bestuur wou ook ingelig word oor die [.] fitness and aptitude of an officer for his present position, for promotion at the local branch or elsewhere (SB GMO4/2/4 Circular to Inspectors 5/11/1901). Soortgelyke briewe is oor dekades met gereelde tussenposes uitgestuur. Die aangeleenthede is ook aangespreek in gereelde inspeksieverslae.

Nadat persone in diens geneem is, het indiens-opleiding gevolg. Die omsendbriewe waarna hierbo verwys is, is gereeld deur die bank se bestuur uitgestuur en het prosedures en doelwitte uitgespel in wat as 'n handleiding vir die bank se korporatiewe kultuur beskryf kan word. In 'n omsendbrief van die hoofbestuurder aan inspekteurs vra hy hulle op 11 Augustus 1908 om op te let of daar takke is wat nie aan die bank se voorskrifte voldoen nie (SB GMO4/2/4 Circular 11/8/1908).

goeie handskrif. In omsendbriewe van die hoofbestuurder aan inspekteurs is hulle daarop gewys dat hulle takbestuurders bewus moes maak van hul verpligting om alle stappe te neem om swak handskrif by juniors te verbeter. Daarmee saam moes inspekteurs aandui of die opleiding van junior personeel in die algemeen voldoende aandag geniet (SB GMO4/2/4 Circular 2/1929, 15/6/1929). Die bank het ook 'n algehele verbod op die gebruik van uitveërs in die bank geplaas (SB GMO4/2/8 Circular 64/1900 28/6/1900).

In 1880 is die eerste versameling van die gedrukte omsendbriewe wat die algemene bestuurder gereeld uitgestuur het in boekvorm saamgestel as Reprinted Digest of Circulars up to August 31, 1880 (Terry 1979:147). In 'n omsendbrief van 24 November 1881 het die algemene bestuurder onder meer geskryf (vertaal):

Ek wys op die belang van elke beampte om homself deeglik te vergewis van die inhoud van die bank se staande instruksies soos saamgevat in die Digest. Nie alleen handel hierdie instruksies in besonderhede met elke belangrike saak wat die organisasie en administrasie van die bank raak nie maar dit dui ook die metode en prosedure aan waarvolgens opgetree moet word. Nie-nakoming van die voorskrifte is onverskoonbaar. Van beamptes word verwag om hulle by diensaanvaarding ten volle op hoogte te stel van hierdie instruksies en dié wat dit nog nie gedoen het nie moet dit onverwyld doen. Waar nie-nakoming van die bank se instruksies, soos saamgevat in die Digest, voorkom, moet die takbestuurders of afdelingshoofde toesien dat die skuldige beampte die betrokke voorskrifte uit die Digest oorskryf en op 'n plek plaas waar hy dit elke dag heeldag sal sien.

Die hoofbestuurder sluit dieselfde omsendbrief af (vertaal):

Die bank doen alles moontlik om die voorkoms van foute te voorkom deur duidelike en streng reëls vas te lê. [.] dit is in die belang van almal betrokke om toe te sien dat hierdie voorskrifte behoorlik ten uitvoer gebring word. Ek vertrou dat dit deur elke lid van die personeel besef sal word en dat dienooreenkomstig opgetree sal word, omdat dit die enigste manier is om die masjinerie van 'n groot instelling behoorlik te laat werk (SB GMO4/2/1 Circular 18/1881 24/11/1881).

3.5.2 Taalvaardighede

Dit was vir die bank belangrik dat van sy amptenare, benewens Engels, ook Nederlands magtig moes wees sodat hulle met Nederlandssprekendes in hul eie taal kon kommunikeer (SB GMO4/2/1 Circular 16/1878:14/6/1878). Om Nederlands magtig te wees, het selfs as maatstaf

Nederlands belangrik is, veral vir dié beamptes wat aspireer na bestuursposte. Takbestuurders is gevra om die belang van die saak by personeel tuis te bring en die bestuur van die bank te laat weet as daar beamptes was wat spesiale pogings aangewend het om Nederlands te leer praat (SB GMO4/2/2 Circular 3/1883 10/1/1883).

Teen 1910 skryf die bank se hoofbestuurder aan die raad van direkteure in Londen dat die bank Brits-gebore personeel wil vergoed as hulle Nederlands leer, maar dat dit sal neerkom op diskriminasie teenoor Suid-Afrikaans-gebore Britte. Die bank het gevolglik besluit dat die moontlikheid van bevordering wat deur taalvaardigheid meegebring word genoegsaam as motivering sou dien (SB GMO3/1/51 Letters to London 35/1910 31/8/1910). In dieselfde jaar bedank die hoofbestuurder die raad van direkteure in Londen vir goedkeuring vir die betaal van £5 5/- vir enige junior beampte wat 'n Suid-Afrikaanse-taalbondsertifikaat in Nederlands verwerf (SB GMO3/1/51 Letters to London 51/1910 21/12/1910). In 1911 het die hoofbestuurder aan Londen laat weet dat 83% van die bank se personeel in Suid-Afrika in diens geneem is en dat meer as die helfte van daardie personeel Nederlands kan praat (SB GMO 3/1/53 Letters to London Special, 27/12/1911).

In 1915 maak die raad van direkteure vanuit Londen gewag van 'n klagte dat die Lydenburgtak van die bank nie kliënte in Nederlands kon help nie. Die hoofbestuurder in Suid-Afrika rapporteer terug dat die takbestuurder op Lydenburg inderdaad nie Nederlands magtig is nie maar dat hy desnieteenstaande gewild (well liked) is in die gemeenskap (SB GMO3/1/59 Letters to Londen 28/5/1915). In 'n brief aan Londen in September 1916 dui die hoofbestuurder aan dat hy volkome met die raad van direkteure saamstem dat die bank se beamptes in plattelandse gebiede Nederlands moet kan praat (SB GMO Letters to London 29/1916, 1/9/1916).

3.5.3 Personeelbeoordeling

Personeel is beoordeel volgens 'n sogenaamde Character Chart. Op die kaart is 16 aspekte gelys met 'n gradering van Very good, Good, Fair of Indifferent agter elke aspek. Die 16 aspekte was: Education, Business knowledge, Appearance, Manner, Reliability, Tact and Resource, Energy, Method, Accuracy, Self-reliance, Initiative, Memory, Discipline, Temperance, Punctuality, Morality. Die inspekteur wat die beoordeling gedoen het, het in elk van die vier graderingsblokkies 'n punt gemaak en dan die sestien kolletjies verbind om die betrokke beampte se karakterprofiel aan te dui. Volgens alle aanduidings is personeel oor wie beoordelings gedoen en oor wie verslae geskryf is, nie die geleentheid gegee om dit te sien of daarop te reageer nie. Die basiese Audi alteram partem-reël (die reg van alle partye om hul kant van 'n saak te stel) het klaarblyklik nie gegeld nie en in sommige gevalle is beamptes te

nie die geval was nie (Terry 1979: 86).

Personeel is gereeld bonusse betaal, (SB GMO4/2/1 Circulars 28/1880, 19/11/1880; SB GMO Circulars 26/1880 11/11/1880) as die bank 'n goeie jaar gehad het. Dit was egter beleid dat net diegene wat na die mening van hul seniors genoegsaam presteer het, die bonusse gekry het (SB GMO 4/2/1 Circular 28/1880 19/11/1880).

Daar bestaan nie onafhanklike maatstawwe om die objektiwiteit en akkuraatheid van die beoordeling van Standard Bank personeel mee te meet nie. In die geval van James Percy Fitzpatrick, wat in die laaste deel van die 19de eeu vir die bank gewerk het, en wat klaarblyklik geen groot indruk by die bank gemaak nie, is in 'n personeelverslag van 1881 geskryf dat hy ....stadig maar gewillig [is], 'n besadigde jong man. Dit is ook in die verslag gemeld dat hy Nederlands swak praat (wat sy bevorderingskanse kon benadeel). Na drie jaar in diens van die bank was sy salaris £90 per jaar, wat hom nie een van die bank se kosbaarste bates gemaak het nie. In 'n personeelverslag van 1883 is melding gemaak van sy swak handskrif en die feit dat sy toesighoudende beampte glo hy skenk wel aandag aan sy werk maar . sal vir niks anders [as sy toenmalige werk as Staatsrekening-kasboekhouer] deug nie (Terry 1979: 42). Ondanks hierdie beoordeling deur die bank, is Fitzpatrick mettertyd deur die grootste deel van die Suid- Afrikaanse publiek as suksesvol beskou. Hy het redakteur geword van die Gold Fields News- koerant in Barberton, sy boek Jock of the Bushveld was in 1907 reeds 'n groot sukses en oor die dekades is meer as 100 uitgawes daarvan gepubliseer. Benewens Engels, is dit in sowat 'n halfdosyn ander tale uitgegee. Fitzpatrick het in 1895 die sekretaris van die sogenaamde Reform Committee van uitlanders aan die Rand geword en het in 1899 die propagandawerk The Transvaal from within uitgegee. Die boek is in sommige kringe voorgehou as 'n reusesukses met sewe uitgawes in vier maande, hoewel daar gerugte was dat baie van die indrukwekkende oplaag in spoelslote en op ashope beland het. Hy het mettertyd 'n groot rol gespeel in die unifikasie van die vier provinsies en het saam met generaal JBM Hertog 'n kompromis uitgewerk oor gelykberegtiging vir Afrikaans as amptelike taal in die Unie. Hy het gedien as voorsitter van die Dellvillebos Komitee en het 'n reusebydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Sondagsriviervallei en die sitrusbedryf in die algemeen. Fitzpatrick het finansieel vooruit gegaan en was 'n welvarende man aan die einde van sy lewe. In 1910 is hy deur die Britse koningshuis toegelaat as Ridder van die Orde van St Michael en St George (KCMG) (Niven 1971: 561).

Dit kom voor asof die gemeenskap Fitzpatrick anders beoordeel het as wat Standard Bank gedoen het.

Bank se takbestuurder op Oudtshoorn toe 'n bankinspekteur 'n baie negatiewe verslag oor hom en sy tak ingedien het. Hy het sover gegaan as om te verklaar dat [.] die tak se bates myns insiens nie by mnr Langerman veilig is nie (Terry 1979: 101). Ná die verslag het die bank net ses maande laat verloop voor Langerman en sy tak weer deur 'n inspekteur besoek is. Langerman het daarna bedank maar tog besluit om die bedanking terug te trek. Toe hy later by die bank se tak in Potchefstroom betrokke was, is hy die pos van tesourier-generaal van Transvaal onder die Shepstone-regering aangebied, maar het dit van die hand gewys. Hy het later hoofbestuurder van die Robinson-myngroep en vise-president van die Kamer van Mynwese geword. Hy het Randfontein in die Transvaalse Volksraad verteenwoordig en is in 1910 as lid van die Unieparlement verkies. Langerman het 'n baie welvarende magnaat geword en is ook 'n sir-skap toegeken (Terry 1979: 102).

3.5.4 Versigtigheid

Beamptes moes nie alleen self betroubaar wees nie maar moes bedag wees op bedrog (SB GMO4/2/1 Special circular; SB GMO4/2/1 Circular 9/1880 2/4/1880; SB GMO4/2/ Circular 11/1880 16/4/1880; SB GMO Circular 35/1884 23/10/1884; SB GMO4/2/12 Circular 19/9/1929). Dosyne verdere omsendbriewe oor dekades het gewaarsku teen bedrog, vervalsings en wanvoorsteliings. In 'n brief van die hoofbestuurder is takke byvoorbeeld gewaarsku teen die sjarme van ene mej G, 'n oujongdame wat tjeks uitskryf sonder geld daarvoor en wat oortrokke geriewe soek op grond van geld wat na bewering uit Australië of Brittanje sou kom, maar wat nooit opdaag nie (SB GMO4/2/10 Circular 24/3/1927). Op gereelde grondslag is gewaarsku teen spesifieke persone en teen bedrog in die algemeen, onder meer op 5 Oktober 1877, 30 Januarie 1878, 6 Februarie 1880, 2 April 1880, 16 April 1880; 17 September 1880, 12 November 1880, 6 Mei 1881, 5 Augustus 1881, 4 Augustus 1882, 23 April 1884, 14 Maart 1885, 4 en 7 November 1884, en daarna.

Dit was heeltemal ontoelaatbaar vir bankbeamptes om werk vir ander instansies te doen en dit is van tyd tot tyd deur die bestuur onder hulle aandag gebring (SB GMO4/2/1 Circular 11/1872 18/6/1872; SB GMO4/2/1 Circular 4/1880 6/2/1880; SB GMO4/2/1 Circular 29/1880, 26/11/1880).

Beamptes is ingevolge omsendbriewe van 1872, 1875 en 1878 toegelaat om rekeninge te hê by die takke waar hulle werksaam was, maar is nie toegelaat om daardie rekeninge te oortrek nie. Inspekteurs is ook opdrag gegee om tydens inspeksies op die uitkyk te wees vir ongewone bedrae geld in beamptes se persoonlike bankrekeninge asook dié van hul eggenotes en familielede (SB GMO4/2/4 Circular 16/3/1908). In 1904 het die bank se bestuur gevoel meer inligting moet beskikbaar wees oor die [.] character, capabilities and qualifications. van

hoofkantoor te verskaf (SB GMO4/2/9 Private Circular 10/10/1904).

Die bank was omsigtig en versigtig in geldsake en van beamptes is verwag om ook so te wees. In 'n skrywe van die algemene bestuurder aan Londen is byvoorbeeld aangedui dat 'n sekere mnr Ansell van Barberton na Krugersdorp verplaas is en na hom is op vleiende wyse verwys as 'n versigtige beampte (a prudent officer) (SB GMO3/1/32 Letters to London 49/1897, 15/12/1897). Oor 'n beampte wat in 1878 aangestel is as bestuurder van die tak in Wellington is geskryf dat hy [.] respectable, steady, zealous [.] attentive to his duties was (SB Inspection report Wellington: 21/8/1879). In 'n omsendskrywe het die algemene bestuurder aan takbestuurders geskryf: recent events [.]. show we must again call upon your staff to exercise the greatest vigilance in protecting the Bank against forgery and fraud (SB GMO Circular 21/1886: SB GMO4/2/4 Circular 21/1886 26/8/1886).

Die versigtigheid het ook verband gehou met die beveiliging van bankpersele, geld, geldwissels, diamante, goud en die bank se boeke. Personeel is deur die algemene bestuurder daarop gewys dat takbestuurders baie versigtig moet wees met die hantering van sleutels:

Due attention must be given to the proper custody of safe keys [.] and it must be your special care to satisfy yourself that your premisies are sufficiently protected at all times, especially at night. Clerks who are allowed to sleep on the Bank's premises in some cases where the Manager does not reside there, should be impressed with a sense of their responsibility in this matter [.] it is perhaps advisable that a revolver should be kept on the premises (SB GMO4/2/1 Circular 9/1880, 2/4/1880).

In latere omsendbriewe is die veilige bewaring van sleutels gereeld beklemtoon. In 1875 is 'n stap verder gegaan. In 'n omsendbrief is aan bankbestuurders geskryf:

I must again beg you to be exceedingly careful with regard to the keys to your safe. If your safe is so constructed as to require two keys to open it, one of them must always be in your charge, and the other entrusted to the next senior in the Bank. I shall be glad to have your assurance that this matter has your constant and special attention. Should your safe be such as can be opened with only one key, please say if you would be able to dispense of it, and the price it will realise, in event of its being decided to supply your branch with a safe of improved description (SB GMO4/2/1 Circular 29/6/1875).

lewenstandaard handhaaf as wat hulle kan bekostig nie omdat dit hul kwesbaar kon maak vir versoekings. Dit het die aangaan van huwelike ingesluit, waaroor meer analisering later volg.

3.5.5 Vuurwapens

Rewolwers, die eerste keer as moontlike beveiligingshulpmiddel genoem in 1880 (SB GMO4/2/1 Circular 9/1880, 2/4/1880), het mettertyd 'n deel van Standard Bankbeamptes se algemene toerusting geword en was een van die eerste dinge waarop inspekteurs gekonsentreer het tydens hul onverwagte besoeke aan takke. In omsendbriewe is verwys na inspeksieverslae wat aangedui het dat die wapens nie goed in stand en byderhand gehou is nie en beamptes is daaroor berispe (SB GMO4/2/9 Circular 62/1901, 26/6/1901). Die wapens het 'n werklike fisiese dimensie gehad maar is hier van belang vanweë die metafisiese afskrikwaarde daarvan. Verskeie vertellings bestaan van bankbeamptes wat hul vuurwapens getoon het, (of net die handvatsel daarvan) in situasies waar hulle bedreig gevoel het, en daardeur 'n verlangde, uit hul oogpunt, positiewe reaksie gekry het. Dit het skynbaar suksesvol as afskrikmiddel gedien en het ook beamptes se selfvertroue in baie situasies verbeter maar dit kom nie voor asof daar spesifieke gevalle was waar dit met sukses aangewend kon word in gevalle van bankrowe nie. Tydens 'n rooftog in die Kaap in 1897 het die takbestuurder met die tak se rewolwer op 'n bankrower gevuur maar die man het meer as een laag klere gedra. Dit was [.] maar 'n klein rewolwer en [.] die skoot het min uitwerking gehad (Terry 1979: 185). By die Beaconsfieldtak het die bestuurder sy geldelike surplus weekliks na Kimberley geneem [.] in 'n gehuurde kapkar en met 'n .450-rewolwer (Terry 1979: 69). Dit was 'n baie groot wapen met 'n swaar kaliber.

Jare later het AF Lilford van die bank se personeel vertel hoe hy by geleentheid geld moes gaan haal van 'n trein wat om 03:00 in die oggend op die stasie aangekom het en hoe hy dan in die vroeë oggendure alleen met 'n kruiwavrag geld en die bank se rewolwer as beskerming, die kruiwa in die hoofstraat afgestoot het: [.] met net die reuk van die bekende nagkar as geselskap (Terry 1979: 145).

Een beampte van die bank het homself met 'n wapen van die bank in die hand geskiet (Terry 1979: 64). Maar daar was meer trauma en pathos verbonde aan die bank se rewolwers. In 1913 moes 'n takbestuurder aan sy hoofkantoor rekenskap gee van sy eie en een van die bank se kliënte se finansiële probleme, wat téén die korporatiewe kultuur van die bank gegaan het. Een oggend het die rekenmeester die brief van hoofkantoor met die navraag langs 'n onvoltooide konsepbrief in potlood op die bestuurder se lessenaar gekry. Die onvoltooide konsepbrief het onder meer gelui: He is aware of this transaction and in . Oh God I am going mad. Die lyk van die bestuurder en die bank se rewolwer is ook daar gekry (SB Bits en Bytes 30/5/2014).

Geen aanduiding kon gekry word van opleiding in vuurwapenhantering vir beamptes nie.

3.5.6 Stiptelikheid

Van beamptes is verwag om altyd stiptelik te wees (SB GMO4/2/3 Circular 21/1882, 30/6/1882) en nie van werk afwesig te wees nie. 'n Teenwoordigheidsregister moes vir die beheer hiervan gehou word en elke beampte moes by die aanvang en einde van elke dag die register teken. Die takbestuurder moes elke dag kyk of beamptes op kantoor is en hoe laat hulle opgedaag het. Tydens inspeksies moes die inspekteurs die register nagaan om seker te maak daar word aan die voorskrifte voldoen. Hierdie stelsel is in 1882 ingestel deur die hoofbestuurder se 21ste omsendbrief van 1882 (30/6/1882) en was gedurende die hele tydperk wat deur hierdie studie gedek word, van krag. Dit het 'n integrale deel van die werking van die bank geword en staaltjies het ontstaan oor die rol wat dit in die lewens van beamptes gespeel het. 'n Beampte, Will Longden, wat in 1879 by die Port Elizabeth-tak van Standard Bank begin werk het, het die volgende geskryf in hierdie verband:

Die dag het omstreeks nege-uur begin met die personeel wat toustaan om die aanwesigheidsboek op die punt van die kassierstoonbank te teken. Hierdie boek was nie baie gewild nie, [.]. Daar was gewoonlik heelwat lughartige [sic] geskerts terwyl die boek geteken word en daar is twyfel uitgespreek omtrent die absolute juistheid van die tye wat aangedui is, [.] . Nogtans, so lank as wat die boek daar gebly het, het uitasem laatkommers geteken en gewoonlik die tyd herhaal wat hul voorgangers aangeteken het. Dit was 'n reël dat die boek presies om 9.10 vm op die bestuurder se lessenaar geplaas is en laatkommers het dan geen ander keuse as 'n uiters pynlike onderhoud met die hoof of afwesigheid sonder verlof gehad nie (Terry 1979: 21-22).

3.5.7 Kliënteskakeling

'n Belangrike vereiste vir beamptes was om vriendelik, hoflik en kundig met die publiek te kon skakel en daardeur 'n goeie beeld van die bank uit te dra en vertroue in die bank as instelling te skep en te behou. Dit het ten nouste in verband gestaan met ander aspekte soos stiptelikheid, goeie voorkoms, kundigheid, en etiese optrede.

In 1877 het Standard Bank 'n tak in Pretoria gestig. Die politieke situasie was onbestendig en in sekere sektore van die bevolking was Britte en Britse instellings, as gevolg van geskiedkundige