• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

2.13. Tabula Rasa 1 Dedniering

Hierdie paradigma verskil veral in een opsig van die voriges, naamlik dat dit nie na analogie van 'n werklike model gevorm is nie. Hier word die beoor­ delaar as 'n "blank slate" (Rowland, 1984b:78) of "skoon lei" beskou, waarop die debatteerders letterlik enige iets kan "skryf. In Tabula Rasa-debattering is nie net die proposisie nie, maar enige teoretiese beginsels of reels van 'n opvoedkundige debat oop vir debattering. Die beoordelaar moet alle vorige konsepsies, kennis, persoonlike ervarings of enige besluitnemingsreels ter syde stel en die beoordeling moet geskied volgens reels of kriteria wat die betrokke debatteerders uitspel. (Dit sou wel moontlik wees dat die debat­ teerders vcrsoek om volgens die hipotesetoetsing of sisteemanalise of enige ander paradigma beoordeel te word.)

Hierdie bcnadering het belangrike implikasies vir die beoordeling van ar­ giimente. Die beoordelaar moet elke argument as belangrik beskou en mag niks ignoreer op grand van swak of selfs foutiewe bewyse nie. Swak ar- gumente wat moontlik op halwe waarhede berus kan dus dieselfde resultate bereik as slerk gerugsleundc argiimente. Ulricli (1984:89-90), vval 'n sterk voorstander van Tabula Rasa is, stel wel dat daar 'n minimum vereiste moet wees ten opsigte van argutnente, naamlik dat 'n stelling met ten minste een

bewys ondersteun moet word. Die beoordelaar mag egter nie die meriete van die stelling of bewys evalueer nie, maar moet dit aan die opponente oorlaat. As die opponentc die swakheid of sclfs valsheid van 'n argument nie raaksien en aanval nie, word die argument as gcslaagd aanvaar, al sou die beoordelaar nie saamstem nie. Eers as kompeterende argumente aangebied word, moet die beoordelaar beide weeg en "wen" die argument met die beste on- dersteunende bewyse. Enige argument teen die opponente se standpunt, hoe swak ook al, moet deur die beoordelaar aanvaar word, tensy die opponente dit oortuigend weerlc.

Die voorstanders van Tabula Rasa noem drie moontlike voordele: Dit bied 'n rcgverdige metode van beoordeling.

Dit bied 'n goeic metode om die teorie van debattering aan te leer en te ontwikkel.

Dit is 'n suiwer tocpassing van die dialektiese proses (vgl. Rowland, 1984b:79).

Tabula Rasa het dus nie veel geskrewe teoretiese beginsels nie, omdat die beginscls van beoordeling deur die debatteerders bepaal word en van debat tot debat verskil. Die beoordelaar moet net bereid, en in staat, wees om by die debatteerders aan te pas.

2.13.2. Evaluering

Wat die voorstanders van Tabula Rasa se aanspraak op regverdigheid betref, waarborg Tabula Rasa as sodanig nie 'n regvcrdiger debatsproses as enige ander paradigma nie. Die regverdigheid hang af van die beoordelaar se vermoe om dit algeheel objektief toe te pas. Hierdie benadering is wel reg- vcrdig in die sin dat die beoordelaar die debat beoordeel volgens 'n paradigma van die debatteerders se keuse. Die problecm wat nog nie met welslae opgclos is nie, is watter paradigma of kriteria gebruik word as die twee spannc bolsende versoeke rig en nie tot 'n vergelyk kan kom nie. Die kwessie of die opvoedkundige debat die plek is om die teoretiese begin­ sels van debattering en argumentering te debatteer, bly 'n ope vraag. Rowland (1984b:80) stel met reg dat die opvoedkundige doelwitte betcr bereik kan word as die beginsels en selfs reels buite die debat bepaal word om dan daarna in die debat toegepas te word. Dit beteken nie dat, indien nodig,

teoretiese beginsels van tyd tot tyd nie aangepas of gewysig mag word nie. Veral vir beginners, soos wat dit met die JR se debatskompetisies die geval is waar die beginsels nog aangeleer en geoefcn word, le die debattering van die beginsels ver bokant hulle vermoens. Dit sou wel kon slaag by ervare en bedrcwe debatteerders.

Die benadering in Tabula Rasa is wel in lyn met die dialektiese proses. Laas- genoemde proses is egter nie minder van toepassing in ander paradigmas waar die proses van argument en teenargument of voordele en nadele teen mekaar opgeweeg word nie. Tabula Rasa kan dus nie daarop aanspraak maak dat die dialektiese proses slegs binne hierdie benadering tot sy reg kom nie.

Tabula Rasa kan moontlik debatteerders ontmoedig om goed gekonstrueerde argumente, met die nodige bewyse, aan te voer, omdat die beoordelaar nie die geldigheid daarvan mag evalueer nie. Binne Tabula Rasa is dit moontlik dat 'n span 'n opeenstapeling van ekstreme stellings kan maak en onderstcun met soveel pseudo-redes dat dit vir die opponente onmoontlik is om almal met welslae te weerle, aangesien dit langer tyd in beslag neem om argumente te ontleed en op die regte wyse te weerle, as wat dit neem om argumente aan te voer. Die argumente wat dus nie weerle is nie, staan tden die opponente en kan hulle die debat laat verloor, aangesien die beoordelaar nie argumente mag ignoreer of evalueer nie, hoe swak of onregverdig dit ook al blyk te wees. Nuwe argumente in repliektoesprake mag egter wel volgens Tabula Rasa geignoreer word.

Tabula Rasa is myns insiens nie 'n geskikte benadering vir beoordeling nie, veral nie vir onervare debatteerders nie. Dit vra geskoolde debatteerders wat self die reels van die spel moet bepaal. Verder is Tabula Rasa nie bevorderlik vir die kwaliteit van argumente nie omdat die standaard daarvan nie deur die beoordelaar nie, maar deur die opponente bepaal word. Die beginner moet juis deur die beoordelaar opgevoed word om die kwaliteit van argumentering

te verbeter.

Met reg wys Rowland (1984b:84) Tabula Rasa af, tensy beoordelaars 'n mini­ mum standaard vir argumente en bewyse stel.

Slotopmerking: Al sou die genoemde paradigmas in teorie aan verskillende doelstellings, soos elke voorstander daarvan dit beskou beantwoord, is dit

steeds afhanklik van die beoordelaar se vertolking en sy korrekte en regver- dige toepassing daarvan. Die slotsom waartoe Snider geraak het, skyn die korrekte te wees:

"There seem to be little agreement within the theoretical literature on a paradigm for academic debate. The paradigmatic crisis is decried, but the advocates of the various existing paradigms merely adjust their models slightly to evade or minimize criticisms" (Snider, 1984:170).

22. Vaardighedetoetsing 22.1. Deflniering

Soos die benaming aandui konsentreer hierdie benadering op die sogenaamde debatsvaardighede van die debatteerder. Die tegniek van debat- tering staan hier op die voorgrond. Die taak van die beoordelaar is om 'n evaluering te maak van die bekwaamheid van die debatteerders ten aansien van verskillende debatsaspekte. Hierdie beoordeling veronderstel 'n erkende standaard of kriteria van die ideaal waaraan die debatteerders se vaardighede getoets kan word. Aspekte wat gewoonlik geevalueer word, is analise, or- ganisasie, bewyse, redenering, aanval en verdediging, organisasie en aan­ bieding. Die standaard wat die debatteerders bereik, word in terme van 'n 5- of 10-puntskaal uitgedruk. Die wenspan behoort hiervolgens di6 span te wees wat ten aansien van die verskillende aspekte die vaardigste is en dus die naaste aan die ideaal gekom het.

222. Evaluering

Volgens Lybbert (1979:37) loop die beoordelaar van debatsvaardighede die gevaar om nie al die ter sake aspekte te onderskei en in berekening te bring nie, maar dikwels word bewustelik of onbewustelik net op die aanbieding gekonsentreer. Hierdie probleem kom veral na vore indien die beoor- delingsvorm nie die verskillende vaardighede afsonderlik spesifiseer nie. Die debatteerder as spreker kan die beoordelaar so positief of negatief beinvloed dat die ander genoemde aspekte op die agtergrond geskuif word. In so 'n geval word slegs die redenaarsvermoe van die debatteerders geevalueer. Dit hoef egter nie noodwendig die geval te wees nie, veral nie by die bekwame beoordelaar nie. Dit is egter wel 'n groot gevaar by die leke- of beginner-

beoordelaar, naamlik dat die aanbieding so 'n invloed uitoefen dat die in- houdelike nie geevalueer word nie.

Om vaardighede sukscsvol te evalueer moet die beoordelaar kundig wees ten opsigte van die standaardkriteria vir die verskillende vaardighede. Hy moet ook oor die vermoe beskik om tydens die debat die verskillende vaardighede van mekaar te kan onderskei.

23. Vaardighede- versus merietetoetsing

Die oudste twispunt wat beoordeling betref is die tussen die genoemde twee benaderings. Volgens Sproule (1979:364) en Ehninger & Brockriede (1970:339) gaan dit so ver terug as 1917. In die VSA word merietetoetsing bo vaardighedetoetsing verkies (vgl. Sproule, 1979:365; Thomas, 1979:392; Benoit et al., 1986:144-145).

Die voorstanders van merietetoetsing gaan van die premis uit dat die span wat die proposisie met die mees logiese argumente as waarskynlik waar/onwaar kan bewys, of die span wat vir sy beleid die oortuigendste saak kan uitmaak, of di6 span wat die meeste geskilpunte kan wen, uiteraard ook die span is wat beter gedebatteer het. Debatsvaardighede is nie van die meriete van argumente te skei nie, want sonder die nodige toerusting of vaardighede sou dit nie moontlik gewees het om die argumente te "wen" nie. Ehninger & Brockriede (1970:339), stel dat beoordeling van slegs die vaar­ dighede as't ware meebring dat die vaardighede twee maal in berekening gebring word. Dit plaas inderdaad te veel klem op die tegniek van debat, asof ditdoel opsigselfis.

Die belangrikste toets vir die twee benaderings le daarin dat dit aan die reeds genoemde doelstellings van opvoedkundige debattering moet beantwoord. Die belangrikste doelstellings wat uitgekristalliseer het, is die skoling in logiese argumentering om sodoende kritiese denkende mense te vorm. Om dit te bewerk moet die skoling geskied in analise, navorsing, komposisie, redenering, gebruik van bewyse, toetsing deur middel van aanval en ver- dediging, en effektiewe kommunikasie.

Merietetoetsing beantwoord wel aan die kerndoelstelling van logiese ar­ gumentering. Behalwe in die geval van Tabula Rasa word inderdaad in al die paradigmas op die kwaliteit van argumente gefokus. In suiwer meriete-

toetsing val die klem grotendeels op die geldigheid van argumente en minder, of selfs glad nie, op die opvoedkundige aspek waar dit as 'n skolingsproses gesien word nie. Dit kan vergelyk word met 'n wiskunde- eksaminator wat by 'n ingewikkelde oplossing slegs in die korrekte antwoord belangstel en nie bepaal of die korrekte stappe of metode gevolg is om by die antwoord uit te kom nie. In merietetoetsing sal die genoemde doelstellings beter verwesenlik word as die bepaalde metode wat die debatteerders gebruik ook in berekening gebring word.

Vaardighedetoetsing beantwoord ook aan genoemde doelstellings maar loop gevaar om die kwaliteit van die afsonderlike vaardighede ten koste van die geldigheid van die argumente te beklemtoon. Om die figuurlike analogie voort te sit, kan hier net op die metode of stappe gelet word ongeag of die som se antwoord korrek is. Daar moet dus ook 'n balans gehandhaaf word om aan die opvoedkundige aspek - die korrekte metode - sowel as die meriete van die inhoudelike reg te laat geskied.

Beide benaderings het wel meriete en maak die bereiking van die algemene doelstellings moontlik. Beide kan ook toegepas word indien die beoordelaar aan sekere vereistes voldoen en die debatsformaat en prosedures aan die benadering reg laat geskied. Die welslae van die twee benaderings en die verskillende paradigmas le nie in hulle self opgesluit nie, maar word groten­ deels deur die korrekte en konsekwente toepassing van die beoordelaar bepaal. In merietebeoordeling is die kennis van debatsteorie wel belangrik, maar van groter belang is die vermoe van die beoordelaar om onpartydig en konsekwent, met in agneming van die metode, te evalueer. Indien die beoor- deling nie net op die meriete van die argumente wat in die debat na vore kom geskied nie, maar volgens die beoordelaar se eie oortuigings omtrent die onderwerp, is die beoordeling eties ongeldig. Indien die beoordelaar van die omvermoe bewus is, behoort hy die vaardighedetoetsing toe te pas.