• No results found

EKONOMIESE VOORUITGANG WORD NA BEHORE DEUR DIE AFRIKANER BENUT TER UITBOUING VAN SY KULTUUR (85 E 7)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

43. SUID-AFRIKA REAGEER OORMATIG OP DIE VVERELDMENING (86 H 1)

4.4. EKONOMIESE VOORUITGANG WORD NA BEHORE DEUR DIE AFRIKANER BENUT TER UITBOUING VAN SY KULTUUR (85 E 7)

4.4.1. Konstruktiewe toesprake

4.4.1.1. Eerste voorstander

Die begrippe e k o n o m i c s e v o o r u i t g a n g (57-58:21-37) en uitbouing (58-59:65-87) is deeglik omskryf. Die interpretasie van uitbouing is so omvat- tend dat dit haas onmoontlik is om binne die bestek van 'n enkele debat met genoegsame bewyse aan te toon dat uitbouing op al die genoemde vier ter- reine na behore geskicd.

'n Probleem kom hier na vore in die interpretasie van kultuur (58:38-64). Kultuur is nie gekoppel aan die Afrikaner soos dit in die proposisie verwoord is nie. Dit gaan nie oor die uitbouing van die kultuur nie, maar oor die uitbou­ ing van sy (dit wil se die Afrikaner se) kultuur. Die proposisie fokus dus op die vraag of die Afrikaner sy ekonomie of beskikbare kapitaal na behore aan- wend om sy eie unieke Afrikanerkultuur uit te bou. Die analisc het verder ook nie met die sogenaamde "spirit of the resolution" (Patterson & Zarefsky, 1983:160) rekening gehou nie. Die algemene "gees" of aard van die proposisie moet gesien word in die lig van die feit dat die JR 'n Afrikanerkultuuror- ganisasie is. Die bewoording en die gees van die proposisie dui aan dat dit hier om die enger Afrikanerkultuur gaan, en nie om die universele kul- tuuropdrag in Genesis 2 en 3 van bewerk en bewaak nie (62:17-22). Die in­ terpretasie van kultuur as sodanig is nie verkeerd nie, maar dit is ten aansicn van hierdie proposisie foutief. Die horisontale kultuurverskille tussen verskil- lende volke en rasse, en vertikale verskille binne diesclfde volk en ras, moes duideliker uitgespel gewees het (58:56-64).

Die begrip na behore is geheel en al geignoreer, terwyl dit die kruks van die debat behoort te voim. Die voorstanders stel dus gecn kriteria waaraan die kultuuruitbouing gemeet kan word nie.

Die eerste voorstander se sogenaamde hoofargumente, naamlik ekonomiese vooruitgang en kultuur is nie geskilpunte nie, maar bloot 'n gedetailleerde definiering van die twee begrippe (57:12-16). Die eerste voorstander se toespraak bestaan dus net hieruit. Gcen konstruktiewe argumente word werklik aangevoer nie. Die omskrywing van die begrippe vooruitgang en kul-

tuur is foutiewelik as geskilpunte geidentifiseer.

Evaluering: swak (3).

4.4.1.2. Eerste teenstander

Die eerste teenstander het krities geluister want sy wys dadelik die voorstander se ignorering van die bcgrip na behore uit. Haar definiering daarvan (60:20-30) bly egter ontwykend en vra om duideliker konkretisering sodat kriteria hieruit afgelei kan word.

Kultuur is in ooreenstemming met die bedoeling van die proposisie

geinterpretcer (60:31-39). Eksplisiete voorbeelde van wat presies met "oorgeerfde tradisies" (60:34) bedoel word, sou die interpretasie uitstekend gemaak het. Die definiering van die begrippe in aansluiting of in teenstelling met di6 van die voorstanders, is 'n pluspunt in debattering waar botsing (vgl. Kleinau, 1982a:228) van kardinale belang is.

Sy stel nie eksplisiet, as eerste geskilpunt, kriteria vir na behore nie. 'n Kritcrium word wel gei'mpliscer, naamlik die groei of stagnasie van die Afrikanerkultuur sal aandui of die benutting voldoende is al dan nie. Die kriteria word egter nie duidelik genoeg in die beloog van toepassing gemaak nie. Die vier geskilpunte wat in die onderskeie hoofpunte vergestalt word (60:10-15), is beslis relevant ten opsigte van die proposisie. Die rol van die taal en die tradisies wat sy wel genocm het kon egter sterker hierin gefigureer het.

Evaluering: baie gocd (8).

4.4.13. Tweede voorstander

Die tweede voorstander se dric hoofargumente is wel geskilpunte, maar as gevolg van die foutiewe interpretasie van kultuur (58:38-64) en die gebrek in die afbakening van die bcgrip kultuuruitbouing (58-59:65-87), is dit nie

werklik relevant nie. Die vraag in die proposisie lui: Benut die Afrikaner sy ekonomiese vooruitgang na behore ter uitbouing van sy kultuur? Die antwoord van die twecde voorstander is : ja, omdat

1 die Afrikaner horn deur verstedeliking, modernisering en hoer gelet- terdheid tot 'n hoe beskawingspeil ontwikkel het (63:30-50);

2 die Afrikaner die "anderskleuriges" na die "beskawingskultuurtop" waarop hy verkeer, opgehef het; (63:51-70);

3 die Afrikaner "die sterkste veiligheidsmag in Afrika" het en sy "politieke en ekonomiese inisiatiewe" ingespan het om "Blanke baasskap te vcrseker" (64:71-88; 70-71:51-64).

Die irrelevansic van die eerste hoofpunt is as gevolg van die genoemde foutiewe definisie van kultuur en gebrek aan kriteria vir behoorlike benut- ting. Beskawingspeil ncem die plek van Afrikanerkultuur in, en aanpassing by veranderde ekonomiese toestande - verstedeliking en modernisering - word foutiewelik as behoorlike benulting gesien.

Dicselfdc foutiewe definisie en gebrck aan kriteria eis ook sy tol in die tweede hoofpunt. 'n Aannamc word gci'mplisccr: deur ander te beskaaf en op te voed vind noodwendig kultuuruitbouing plaas. Die fcit dat jy 'n ander jou taal leer, impliseer nie per se dat die ekonomic benut word en dat kul- tuuroordrag plaasvind nie. Die genoemde voorbeeldc (63:56-61) onderstcun ook geensins die standpunt nie.

In die derde hoofpunt word weer 'n aanname gei'mpliseer wat die eerste voorstander ook genoem, maar nooit bespreek het nie, naamlik dat politieke mag 'n voorwaarde vir kultuuruitbouing is. Hiervolgens sou dit byvoorbeeld nie vir enige volk, soos die Swart volke, of gemcenskap, soos die Duitse gcmeenskap, moontlik wees om hullc eiesoortige kultuur te handhaaf en uit te bou nie, want hulle het nie die politieke mag in Suid-Afrika nie.

In al drie hoofpunte spcel die gcbruikmaking van die ekonomic geen, of 'n onbeduidende rol. Telkcns word die politieke mag te berde gebring (63:39-41; 64:83-85), asof die proposisie lui: Die Afrikaner benut sy politieke mag na behore ter uitbouing van sy kultuur!

geskilpunte nie op die kern van die dispuut fokus nie. Evaluering: baie swak (2).

4.4.1.4. Tweede teenstander

Die tweede teenstander se analitiese vcrmoens word getoon dcurdat hy die verskil in die interpretasie van kultuur aantoon en hierteenoor sy span se in- terpretasie stel (65:10-18).

In die twee geskilpunte toon die tweede voorstander aan dat op die gebied van die skeppende kunste en die media die Afrikaner nie die ekonomie na behore aanwend om sy kultuur uit te bou nie. Dit is belangrike terreine waar kultuuruitbouing kan geskied. Die twee fenomene moes egter duideliker aan kriteria vir na behore getoets gewees het, om dan tot die slotsom te koni dat die uitbouing wel nie na behore geskied nie. Die feit dat sulke kriteria nie deur die span benut is nie, benadeel dus ook hier hulle redenering.

Evaluering: goed (7).

4.4.2. Repliektoesprake 4.4.2.1. Eerste teenstander

Die eerste teenstander fokus op die eerste hoofargument van die tweede voorstander en loods 'n gedetailleerde aanval op die genoemde argument. Die kernverkil tussen die twee spanne, naamlik die kwessie of kultuur en beska- wing aan mekaar gelykgestel kan word, kom ook onder skoot (67-68:1-8). Die vermoe van die debatteerder om botsende standpunte te identifiseer en om op die kern te bly fokus en minder belangrike sake te ignoreer, toon 'n uitstekende analitiese vaardigheid.

Evaluering: uitstekend tot onverbeterlik (9).

4.4.2.2. Eerste voorstander

Die mistasting in die analise van die proposisie word duidelik getoon in die woorde: "Ons kultuuruitbouingstryd le tussen beskawingskultuur en primi-

tiewe kultuur, vriende, en dit is die kern van hierdie bespreking" (70:28-31). Al sou so 'n stryd in Suid-Afrika bestaan, is dit nie die kern van hierdie debat nie. Dit is weer eens as gevolg van foutiewe interpretasie van kultuur en kul-

tuuruitbou.

Sy antwoord nie op die aanval wat op hulle interpretasie van die proposisie geloods is nie, maar hou hardnekkig vol om die irrelevante geskilpunte op- sommenderwys te herhaal (70-71:32-64). Hier is dus geen sprake van aanval en verdediging nie.

Evaluering: baie swak (2). 4.4.23. Tweede teenstander

Die tweede teenstander se analise van die debat tot op hierdie stadium is baie goed. Hy toon nog steeds die verskil aan in die interpretasie van kultuur, maar besef dat verdere uitbreiding hierop nie die saak sal verander nie (71:10-16). Verder wys hy die voorstanders op hulle gebrek aan reaksie op die teenstanders se argumente (71:17-19), asook die fout om die ekonomic nie in die hoofpunte in berekening te bring nie (71-72:19-24). Hy keer ook weer terug tot die kern, naamlik dat hulle erken dat daar ekonomiese groei is, maar dat dit nie na behore benut word om die Afrikaner se kultuur uit te bou nie (72:25-43).

Evaluering: baie goed (8). 4.42.4, Tweede voorstander

By die tweede voorstander is daar 'n beter poging tot aanval en verdediging as by die eerste voorstander. Dit mis egter nog steeds die kruks van die dis- puut. Die aspekte wat die tweede voorstander hier te berde bring, naamlik die Afrikanerkultuur wat "besig is om te verwesters en te verengels" (73:6-20) en die "miskenning van Afrikaans en ons tradisies" (73-74:21-44), weerspieel 'n swak analise. Die twee aspekte vorm nie die kruks van die dispuut nie. Buitendien kom die benutting van die ekonomie nie eksplisiet ter sprake nie. Die swak analise word ook getoon in die feit dat die voorstander in gebreke bly om te reageer op kernargumente wat die teenstanders aangeval het, soos die beskuldiging dat hulle kultuuruitbou verkcerd geanaliseer en die benut-

ting van die ekonomie nie genoegsaam verreken het nie. Hy besef blykbaar nie hoeveel skade aan hulle saak berokken is nie, of is nie in staat om horn te verdedig nie.

Evaluering: baie swak (2).

4.5. DIE AFRIKANERJEUG SE OPVOEDING MET BETREKKING TOT