• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

2.1.2. Sisteemanalise of beleidsmetafoor 1 Definiering

Hierdie paradigma berus op 'n analogie na aanleiding van die proses van beleidmaking in die werklike lewe en is slegs op debatte met 'n proposisie van beleid van toepassing. Hierdie paradigma is op die tydstip nie ter sake wat die JR se debalskompetisie betref nie, omdat die JR tans slegs van proposisies van feite gebruik maak. Volledigheidshalwe word dit egter wel bespreek omdat dit wat beleidsdebattering betref die gewildste paradigma in die VSA is (vgl. Pfau et al., 1987:i) en die JR moontlik weer van proposisies van beleid gebruik kan maak soos dit wel in die sewentigerjare die geval was.

Die voorstanders van hierdie paradigma sien die doel van opvoedkundige debattering as 'n skoling in veral kritiese besluitneming wat so beJangrik is in 'n steeds vinnig veranderende wereld. Hiervolgeas word die toerusting van die deelnemers toegespits op elkeen se taak as 'n demokratiese burger wat op elke lewensterrein, hetsy op private, sosiale, ekonomiese, politieke of profes- sionele gebied besluite moet neem.

Hierdie paradigma funksioneer volgens die model waar twee partye elkeen sy eie beleid bepleit en die beoordelaars die inlelligente verteenwoordigers van Jan Publiek is wat vir een van die twee moet stem. Hier word die

beleidsproposisie nie as waar aanvaar of as onwaar verwerp soos by hipotesetoetsing nie, maar soos Thomas (1979:393) dit stel word twee sisteme met mekaar vergelyk. Die voorstanders bepleit die een sisteem wat in die proposisie vervat is en die teenstanders 'n ander sisteem. Laasgenoemde sis- teem kan uit verskiUende moontlikhede bestaan: die status quo, of die status quo met geringe wysigings, of selfs 'n alternatiewe sisteem; solank di6 sisteem buite die gebied van die voorstanders val. Soos reeds by hipotesetoetsing gesien bepaal die bewoording van die proposisie die grenslyn tussen voorstander- en teenstandergebied. Hier het elke span dus die verpligting om 'n samehangende en konsekwente sisteem te bepleit. Die benamings beleid en

sisteem kom in die debatsliteratuur alternatiewelik voor en impliseer eintlik

dieselfde. Sisteem is egter die meer resente en omvattende benaming van die twee en dui op die samehangende geheel waarmee 'n beleid of bestuurs- program gepaardgaan.

Die kern van die beleidsparadigma of sisteemanalise is "the relative ap­ propriateness of alternative policies that might be used in the process of achieving certain specified goals" (Thomas, 1979:393). Die beoordelaar ver- vul die rol van 'n beleidmaker wat die twee sisteme, slegs op grond van die data in die debat, teen mekaar opweeg en besluit watter een sal die doelstel- lings soos deur die debatteerders uitgespel die beste verwesenlik of die genoemde probleem die beste oplos (Pfau et al., 1987:35).

Van al die paradigmas het hierdie model die mees eksplisiete implikasies vir beoordeling wat as "decision rules" bekend staan (vgl. Lichtman & Rohrer, 1979:42-69; Benoit et al., 1986:135). Die reels wat vervolgens weergegee gaan word, is die mees resente beskikbare weergawe volgens Benoit et al. (1986:138-145). Hierdie reels wat die beoordelaar moet lei in sy beslissing, definieer Lichtman en Rohrer (1979:55) as "a man-made convention that im­ poses a prejudgement about how a decision should be made". Benoit et al. bepleit in beginsel die gebruik van reels, maar stel dit uitdruklik dat die reels nie volledig, finaal of noodwendig korrek is nie, maar bloot 'n riglyn vir die beoordelaar wat dit volgens elke debat na goeddunke moet toepas.

2.122. Riglyne vir besluitneming

Die eerste drie reels betrek die "regsgebied" van die voorstanders:

van die proposisie is nie, dit wil se nie binne die grense van die proposisic val nie, bchoort die teenstanders te wen, ongeag verdere debattering.

2 Indicn moontlike voordele waarop die voorstanders aanspraak maak nie werklik 'n gevolg van die plan of 'n deel daarvan is nie, moet die beoordelaar dit ignoreer, dit wil se nie by die beoordeling positief of negatief in berekening bring nie. Die voorstanders kan dus nie krediet kry vir voordele wat nie werklik uit hulle plan sal voortspruit nie.

3 Indien die voorstanders nie 'n aanval van die teenstanders betref- fende bostaande twee reels met welslae kan weerle nie, behoort die teenstanders te wen. Met ander woorde, as die teenstanders met geldige argumente vorendag kom wat bewys dat die plan geheel of gedeeltelik buite die grense van die proposisie val, of dat waarskyn- like voordele nie noodwendig uit die plan sal voortspruit nie en/of selfs sonder die spesifieke plan sal voorkom, behoort die teenstanders te wen, tensy die voorstanders die aanval met grondige redes kan weerle.

Die volgende reels verskaf riglyne aangaande die keuse tussen die twee sis- teme.

1 Indien die wenslikheid - die totale som van waarskynlike voordele en positiewe waardes - van die voorstanders se voorslel nie swaarder weeg as die presumpsie, met ander woorde die risiko van veran- dering nie, behoort die teenstanders te wen. Hoe groter die risiko van 'n nuwe beleid, hoe groter en waarskynliker moet die wenslikheid daarvan wees, 'n Groot risiko met 'n geringe en 'n onwaarskynlike totaal van voordele wat dit mag meebring, behoort teen die voorstanders te tel.

Hierdie reel bring baie terme ter sprake wat vir begrip verder gedetailleer behoort te word. Presumpsie is volgens Thomas (1979:479), "the assumption that conditions and policies should remain as they are....The present system is presumed to be adequate until the affirmative team meets its burden to proof that a change in the status quo is needed or would be advantageous." Presumpsie hel tradisioneel 'n "positiewe vooroordeel" in die guns van die status quo of huidige beleid aangedui totdal genoegsame bewys gelcwer word om die positiewe oordeel tc elimineer (vgl. Whateley, 1866:114,

oorspronklike toepasser van die regsbegrippe op debattering). Volgens die beginsel van presumpsie geniet die status quo aanvaarding of die voordeel van die twyfel in dieselfde mate wat 'n aangeklaagde in 'n kriminele saak as onskuldig aanvaar word totdat hy skuldig bewys is. Die teenoorgestelde van presumpsie is die bewyslas wat die voorstanders onder 'n verpligting plaas om met 'n prima facie-saak vorendag te kom. 'n Prima facie-saak word be- werkstellig as die voorstanders alreeds in die eeste toespraak daarin slaag om "met eerste oogopslag" die presumpsie of voordeel wat die status quo oftewel die teenstanders geniet, te elimineer deur genoegsame argumente daarteen in te bring. Ziegelmueller & Dause (1975:22) definieer 'n prima facie-saak "as a case which is logically sufficient to overcome the presumption of the present belief of policy and to force the defender of that belief or policy to respond".

Volgens Lichtman & Rohrer (1979:66-68) het presumpsie binne hierdie paradigma 'n klemverskuiwing ondergaan. Beleidsdebattering begin nie meer met 'n presumpsie in die guns van die status quo nie, maar wel met 'n presumpsie in die guns van die beleid met die kleinste risiko of onsekere gevolge. Dit hoef nie noodwendig die status quo te wees nie. Die voorstanders kan byvoorbeeld aanvoer dat 'n voortsetting van die status quo 'n groter risiko inhou as die voorgestelde beleid wat in die proposisie vervat is. Hieruit spruit dan die volgende twee reels:

2 Die sisteem met die kleinste risikofaktor behoort presumpsie te geniet.

3 Die beoordelaar behoort te stem vir did span wie se beleid die wenslikste blyk te wees. Indien beide ewe wenslik blyk, behoort die span te wen wat presumpsie geniet, met ander woorde did beleid waarvan die "level of uncertainty surrounding the policy" die minste is (Lichtman & Rohrer, 1979:64).

Benoit et al. (1986:140) gee selfs riglyne hoe die risikofaktor en die wenslik- heidsfaktor van 'n beleid bepaal kan word. Die risiko van verandering word bepaal deur die volgende in ag te neem: die omvang en belangrikheid daar- van asook die moontlikheid om die beleid te herroep of ongedaan te maak indien dit nie sou slaag nie. Hiervolgens sal die risiko toeneem namate die verandering groter van omvang is en/of die sisteme wat verander word as van uiterste belang geag word. Ter illustrasie kan gestel word dat 'n beleidsverandering van kapitalisme na sosialisme 'n groot risiko inhou omdat

dit nie net 'n ingrypende verandering meebring nie, maar ook 'n belangrike sisteem verander wat moeilik herroep kan word indien dit later nodig blyk te wees.

Die wenslikheid van 'n beleid word beraam deur die som van elke afsonder- like voordeel te bepaal. Die voordele kan bestaan uit die moontlike bereiking van positiewe doelwitte en/of die uitskakeling van probleme of nadele. Elke voordeel se wenslikheid word verder beraam deur die waarskynlikheid dat dit wel sal gebeur te vermenigvuldig met die kwantitatiewe en kwalitatiewe waarde daarvan. Byvoorbeeld, die wenslikheid van 'n beleid word bevorder namate dit redelik seker is dat die waarde van die voordele sodanig is dat 'n noodsaaklike lewensomstandigheid (kwaliteit) van baie mense (kwantiteit) verbeter sal word. Indien die teenoorgestelde die geval is, neem die wenslik­ heid dienooreenkomstig af.

4 Indien die teenstanders 'n suksesvolle aanval rig wat daarop neerkom dat die risiko van verandering groter is as die wenslikheid daarvan, behoort hulle te wen, tensy die voorstanders met oor- tuigende argumente die aanval kan weerle.

5 Indien die teenstanders nie die status quo nie, maar 'n alternatiewe teenplan bepleit en die plan val binne die terrein van die proposisie, behoort die voorstanders te wen. 'n Sodanige plan sou daarop neerkom dat die teenstanders ook die proposisie bepleit maar net deur middel van 'n ander plan van aksie.

6 Indien die teenstanders se plan ten aansien van die voorstanders se plan nie kompeterend is nie, moet die beoordelaar die plan ignoreer. Die teenplan is kompeterend as die twee mekaar uitsluit en on- verenigbaar is en as die teenplan dieselfde of selfs beter voordele inhou as die voorstanders se plan.

7 As die teenstanders nie met welslae kan antwoord op 'n aanvallende argument dat die teenplan ook 'n toepassing van die proposisie is, of nie-kompeterend is nie, behoort die voorstanders te wen.

Die laaste twee reels verskaf riglyne vir die evaluering van individuele ar­ gumente.

1 Debatteerders moet die verantwoordelikheid aanvaar vir elke argu­ ment wat geopper word. Dit impliseer dat debatteerders gepenaliseer behoort te word indien aanvanklik gestelde argumente

nie verder versterk word nie en bloot gei'gnoreer word nadat dit deur die opponente aangeval is. Die bedoeling is om debatteerders aan te moedig om die logika asook die implikasies van argumente deeglik vooraf te toets en te deurgrond voordat dit gebruik word. Die taktiek om soveel argumente moontlik te stel in die hoop dat sommiges suk- sesvol sal wees, word dus ontmoedig om sodoende die kwalitatiewe bo die kwantitatiewe in argumentering te bevorder.

2 Indien 'n nuwe argument in die repliektoesprake nie verband hou met vorige argumente nie moet dit gei'gnoreer word. Dit behoort die inbring van nuwe argumente in die repliektoesprake te verhoed. Laasgenoemde twee reels kan vir enige paradigma geld en is nie soos die voriges net op 'n proposisie van beleid van toepassing nie.

2.1.23. Evaluering

Volgens Pfau et al. (1987:i) plaas twee derdes of meer van beide beoordelaars en debatteerders in die VSA sisteemanalise boaan die voorkeurlys (vgl. ook Lichtman, 1986:147). Die voordele van die paradigma is die sogenaamde besluitnemingsrccls wat die toepassing daarvan vergemaklik. Dit geld uiteraard vir die beoordelaar wat kundig is ten opsigte van debatsteorie. Ver­ der weet die dcbatteerder ook watter reels op die debat van toepassing gemaak word en kan die span sorg dra dat hulle die reels nakom. Die kwaliteit van debaltering kan sodoende verhoog word.

'n Moontlike nadeel is dat subjektiwiteit maklik 'n rol binne hierdie paradigma kan speel. In die vergelyking en evaluering van twee beleidsisteme kan die beoordelaar se eie argumente heel onbewustelik oorneem en die keuse beinvloed, in plaas daarvan dat 'n beslissing suiwer op grond van die debatteerders se argumente geneem word. Die geslaagdheid van di6 paradigma hang dus grootliks af van die beoordelaar se vermoe om objektief te wees. Dit is makliker om objektief te wees in die toepassing van data om die waarheid of onwaarheid van 'n proposisie te bepaal (hipotesetoetsing) as om te bepaal watter sisteem die beste beleid is. Subjektiwiteit is blykbaar nie 'n probleem by beoordelaars nie. Volgens 'n empiriese ondersoek van McCroskey & Camp (1966:61-62) wat tydens 'n debatstoernooi in Durham, North Carolina, gedoen is, is bevind dat die beoordelaars se persoonlike standpunt hulle nie beduidend beinvloed het nie. (Hier kan aanvaar word dat bekwame en ervare beoordelaars ter sprake is.) Uit 207 van die totale 312

debattc was 104 beslissings in ooreenstemming met die beoordelaar se per- soonlike standpunt terwyl dit in 103 beslissings nie die geval was nie. In 105 debatte was die beoordelaar se standpunt onbekend.

'n Probleem kan hier ook na vore tree indien die proposisie nie aan beide spanne kompeterende sisteme met feitlik ewe veel meriete bied nie. Indien dit die geval is bied dit deurgaans die een span 'n beter kans om te wen. Samevattend: Hierdie paradigma is wel geskik vir beleidsdebattering omdat die model op die werklike proses van beleidmaking berus en omdat dit duidelike riglyne vir die beoordelaar en debatteerder uitspel. Dit bied dus 'n waardevolle skoling vir die toekomstige demokratiese burger(es) wat daagliks besluite moet neem. Hierdie paradigma se geskiktheid word egter geelimineer as die beoordelaar nie objektief is of as die proposisie nie aan beide spanne gelyke kanse bied nie.

2.13. Tabula Rasa