• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

3. IDENTIFISERING VAN GESKILPUNTE

3.13. Proposisie van waardeoordeel

Die standaardgeskilpunte van 'n proposisie van waardeoordeel stem grootliks ooreen met die van 'n feiteproposisie. Die oorkoepelende geskilpunt sentreer rondom die vraag: Is die fenomeen se waarde werklik positief/negatief? Om hierdie vraag te beantwoord kom die eerste standaardgeskilpunt na vore: Watter kriteria behoort te geld in die keuse tussen kompeterende waardes? (Wood, 1972:67). As byvoorbeeld bcwecr word dat A 'n goeie mens is, dan moet die kriteria waarvolgens die goedheid van 'n mens bepaal word, gei'dentifiseer word. Daar kan byvoorbeeld bepaal word dat integriteit, vrien- delikheid, nederigheid en onselfsugtigheid die kriteria vir 'n goeie mens is. Net so word die kriteria in 'n proposisie van waardeoordeel bepaal, alhoewel dit komplekser is. Die verskil tussen die kriteria van feiteproposisies en die van waardeoordeel is dat laasgenoemde mecr subjektief is. Gewoonlik kom 'n gemeenskap se etiese norme en standaarde ter sprake. Dit is veral die geval as die proposisie die dcbatteerders konfronteer met twee wenslike maar teenstrydige of onverenigbare waardes, of as die beste van twee negatiewe waardes bepaal moet word.

In die proposisie: Sanksies is wensliker as 'n opheffing van die noodtoestand, moet daar tussen twee onverenigbare waardes gekies word. Sanksies en voorlgesette onrus is beide onwenslik, maar om sanksies moontlik te verhoed moet die noodtoestand opgehef word en Nelson Mandela vrygelaat word. Dit kan tot gevolg he dat onrus weer toencem. Die allernatief is die beheer van onrus deur 'n voortsetting van die noodtoestand, maar dan sal sanksies steeds

voortduur. Hier moet 'n keuse tussen kompeterende waardes gcmaak word en die nodige redes ter regverdiging van die bepaalde keuse aangevoer word. Die voorstanders kan byvoorbeeld binnelandse rus en vrede en die behoud van menselewens as kriteria neem om die waarde van die gestelde fenomene te bepaal. Die tcenstanders kan op hulle beurt ekonomiese groei en/of men- seregte as kriteria necrle.

Die kriteria waarvolgens die waarde bepaal word is dus 'n bclangrike geskil- punt en bepaal in 'n groot male die verloop van die debat (Brownlee, 1982:290).

'n Volgendc standaardgeskilpunt is die vraag: Is die kriteria relevant? Die vraag het bclrekking op die onderwerp in die proposisie. Om terug te keer tot die eerste voorbeeld kan die vraag gestel word: Kan 'n mens se gocdheid bepaal word volgens sy inlegriteit, vricndclikheid, nederigheid en onselfsugtigheid? Is die kriteria nic onredelik nie? Is dil al geldende kriteria? Moet daar nie nog kriteria bygevoeg word nie? Elke span moet dus in staat wees om sy kriteria te verdedig en as relevant uit te wys. Wat die tweede voorbeeld betref moet die voorstanders op 'n aanval van die tcenstanders kan antwoord deur te bewys dat binnelandse rus en vrede en die behoud van menselewens relevante - redelike, geldige en/of genoegsame - kriteria is om die waarde van die betrokke fenomene, naamlik sanksies en die noodtoes- tand te bepaal. Op soortgelyke wyse moet die teenstanders hulle kriteria kan regverdigen verdedig.

'n Laaste standaardgeskilpunt betrek die vraag of daar aan die kriteria vol- doen is. Kan die voorstander met voorbeelde uit A se lewe bewys dat sy dade getuig van sy integrileit, vriendelikheid, nederigheid en onselfsugtigheid om tot die slotsom te kom dat A 'n goeie mens is? Die teenstanders sal poog om die teenoorgcstelde te bewys.

Sheckels (1984:81) bied feitlik 'n soortgelyke metode aan waarvolgens die geskilpunte hanteer kan word. Eers word 'n bepaalde waarde of waardes as doelwit gedefinieer (die omskrywende of verklarende geskilpunl). Dan moet aangcdui word of die fcnomeen die doelwit sal bereik al dan nie (die aan- duidende geskilpunl). Laasgenoemde geskilpunt kan volgens Sheckels bepaal word deur eerste die negatiewe of teenoorgestelde fenomeen as die wat in die proposisie aanbeveel word ten aansien van die waarde(s) te evalueer, om daarna die positicwe of aanbevole fenomeen ten aansien van dieselfde

waarde te evalueer. Die stappe kan geillustreer word aan die hand van die reeds genoemde proposisie: Sanksies is wensliker as die opheffing van die noodtoestand. Geslel die voorstanders het in die eersle gcskilpunt die doelwit van binnclandse slabiliteit en behoud van menselewens as positiewe waardes neergele. Die voorstanders moet dan aandui hoe die opheffing van die nood­ toestand en gevolglike voortgeselte onrus nie die doelwit kan bereik nie, om daarna te toon hoe 'n voortsetting van die noodtoestand en gevolglike sanksies wel die positiewe doelwit kan bereik. Die teenstanders sal uiteraard die teenoorgestelde moet bewys.

Die geringe verskil tussen die eersgenoemde standaardgeskilpunte en die van Sheckels is dat die relcvansiegeskilpunt nie by Sheckels voorkom nie, dat hy

kriteria met die woord waardes aandui en dat hy 'n spesifieke metode aan

die hand doen vir die hantering van die laaste gcskilpunt. Beide metodes is myns insiens geskik en die geslaagdheid van die metode hang af van die debatteerder se bekwame hantering daarvan.

Die drie standaardgeskilpunte van 'n proposisie van waardeoordeel is dus: Watter kriteria behoort te geld? Is die kriteria relevant? Beantwoord die fenomeen aan die kriteria? Volgens Sheckels sien die vrae so daaruit: Watter positiewe waardes kan as doelwit gestel word? Bereik die fenomeen hierdie doelwit?

3.1.4. Proposisie van beleid

Soos reeds genoem bepaal hierdie kategorie horn by die vraag: Wat behoort gedocn te word? Gewoonlik word ' n verandering van die status quo bepleit dcur middel van die aanbevcling van 'n nuwe beleid of die afskaffing van 'n bcstaande beleid. Die toepassing van standaardgeskilpunte sped veral in proposisies van beleid 'n baie belangrike rol. Die vrae sentreer rondom die regverdiging van die voorgestelde verandering.

Die eersle geskilpunt is gewoonlik die vraag: Is daar 'n probleem wal verandering van beleid noodsaak? Die woord probleem word in die wydste sin van sy betekenis gebruik vir enige nadeel, euwel of tckorlkoming; kortom, enige ongewenste fenomeen wat mag voorkom of 'n gewenste fenomeen wat nie voorkom nie. Geen verandering kan voorgestel word alvorens 'n probleem in die bcstaande sisteem aangetoon kan word nie (Ziegelmueller &

Uit bogenoemde geskilpunt vloei 'n volgende aanverwante geskilpunt: Is die probleem beduidend? Die bestaan van 'n probleem alleen is nie genoeg om 'n verandering te regverdig nie, maar die omvang en intensiteit daarvan moet ook in aanmerking geneem word. Hoe beduidender die probleem, hoe sterker is die aandrang om 'n verandering te regverdig. Hierdie twee geskilpunte staan saam as die uoodsaakgeskilpunt bekend.

Die volgende geskilpunt vra die vraag: Wie of wat is die oorsaak van die probleem? Hier kom die kwessie ter sprake of die probleem die gevolg is van 'n inherente tekortkoming of foul van die sisteem of beleid wat tans funksioneer - kortweg die status quo genoem. 'n Kousale argument word dus betrek. Volgens LaGrave (1979:102) bevat die inlierensiegeskilpunt drie aspekte: oorsaak, perinanensie en verandering. Wie of wat in die status quo is die oorsaak van die probleem? Is die oorsaak bloot tydelik en toevallig of sal dit permanent voortduur? Sal die situasie voortduur al word geringe veranderinge aan die status quo aangebring? Alvorens die probleem dus op- gelos kan word, moet die oorsake daarvan gei'dentifiseer word. Die probleem kan alleenlik opgelos word as die bepaalde oorsaak in die status quo geelimineer word, 'n Probleem is inherent aan die status quo as die status quo nie self die probleem kan elimineer nie, of as die funksionering van die status quo ongewenste newe-effekte het en net nie goed genoeg is nie, of as die status quo nie die bereiking van belangrike doelwitte kan bewerkstellig nie. (Hier is die probleem dan: doelwitte word nie bereik nie.)

Die voorgestelde plan van aksie om die probleem op te los gee aanleiding tot die volgende geskilpunte, waarvan een die vraag is: Sal die nuwe plan van aksie die probleem effektief elimineer? of: Sal die plan ten minste voor- deliger wees as die huidige plan wat gevolg word? Al is die probleem beduidend, is daar geen sin in verandering as dit nie die oorsaak van die probleem kan uitskakel nie. Hierdie standaardgeskilpunt word met die term

solvensie aangedui. Die vraag is dan: Is die plan solvent? (Sheckels, 1984:64).

'n Verbandhoudende geskilpunt kan die uitvoerbaarheid van die plan betrek: Is die plan prakties, realisties en implimenteerbaar? Hoewel die voorstanders nie hoef te bewys dat die plan beslis in werking gestel sal word nie, moet hulle wel kan aantoon dat, indien dit wel sou geskied, dit prakties moontlik is.

'n Volgende geskilpunt vra die vraag: Hou die plan enige ander voordele in? Soos genoem, kan die plan een probleem oplos, maar nuwe probleme skep. Die plan kan egter ook bo en behahve die oplos van die gei'dentifiseerde probleem addisionele voordele meebring. Die waarskynlike voor- en nadele van die plan moet hier teen mekaar opgeweeg word om die wenslikheidge-

skilpunt van die plan te besleg.

Die laaste moontlike geskilpunt ten aansien van die plan slaan in Engels bekend as "topicality" (vgl. Sheckels, 1984:63; Patterson & Zarefsky, 1983:111-114). Hierdie geskilpunt kom net ter sprake as die voorstanders se plan van aksie nie 'n direkte toepassing van die proposisie is nie, of as die plan verder gaan as die aksie wat in die proposisie gei'mpliseer word. Indien die teenstanders kan bewys dat die plan geheel of gedeellelik buite die grense van die proposisie val, kan hulle dit op grond daarvan verwerp. Die voorstanders moet kan bewys dat die plan 'n inherent e operasionele toepas­ sing van die proposisie is wat op 'n regverdige interpretasie van al die begrippe gebaseer is. Foutiewe toepassing kan voorkom as begrippe verkeerd gei'nterpreteer word, of nie al die sleutelbegrippe van die proposisie in berekening gebring word nie. In 'n proposisie: Universiteitskoshuise behooit vir beide geslagte oopgestel te word, kan die plan van die voorstanders byvoor- becld voorsiening niaak vir die oopstelling vir alle rassegroepc. Die teenstanders kan dan die plan verwerp op grond van die feit dat dit verder as die grense van die proposisie gaan, wat net vir die oopstelling van mans en dames van dieselfde ras voorsiening maak.

Afhangende van die strategic (vgl. p. 332) wat die debatteerders volg, sal die gebruik van en klem op die verskillende standaardgeskilpunte wissel van debat tot debat. Die kombinasie van geskilpunte sal ook by elke proposisie uniek toegepas moet word. Die laasgenoemde geskilpunt sal byvoorbecld nie by alle debatte ter sprake kom nie. Die beoordelaar moet bepaal of die stan­ daardgeskilpunte wat ten aansien van 'n bepaalde proposisie ter sake is wel toegepas word.

4. EVALUERING