• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

2. SOORTE BEWYSE

Bewyse word allerwee, wat die debatteerder betref, in twee groepe verdeel, naamlik feite en deskundige uitsprake (vgl. Capp & Capp, 1965:105; Freeley,

1976:74; Harte, 1982a: 101). Jensen (1981:123) onderskei statistiek as 'n derde groep, maar dit word gewoonlik onder feite ingedeel. Hierdie indeling sluit nie oorvleueling uit nie, omdat 'n deskundige uitspraak ook feite kan bevat. Daar word egter by die indeling gehou.

2.1. Feitelike bewyse 2.1.1. Voorbeelde

Voorbeelde, as 'n vorm van feitelike bewyse, bestaan uit potcnsieel verifieer- bare verwysings na werklike voorwerpe en gebcure (Ziegelmueller & Dause, 1975:51). Dit: kom voor as 'n debatteerder ter illustrasie van sy standpunt of stelling na werklike persone, gebeure of instansies verwys. Hierdie bewyse word as die beste beskou en moet voorkeur geniet omdat dit potensieel veri- fieerbaar is. 'n Ancler individu kan dus deur middel van sy sinluie bepaal of dit wel die geval is soos deur die debatteerder aangevoer. Indien die feitelike bewyse uit die resultatc van 'n wetenskaplike eksperiment bestaan, het dit ook die potensiaal om deur 'n ander wetenskaplike geverifieer te word.

'n Hipotetiese voorbeeld in debattcring kan ter verduideliking van 'n stand- punt aangebied word, maar dien nie as 'n konkrete bewys wat die gehoor in dieseJfde mate sal oortuig as wat 'n werklike voorbeeld dit kan bewerkstellig nie. Die debatteerdcr moet derhalwe eerder van werklike voorbeelde gebruik maak.

2.1.2. Statistiek

Statistiek is 'n baie belangrike vorni waarin feitelike bewyse aangebied word. Statistiek is 'n "compact, numerical way to express specific instances, which results in a clear, detailed, factual presentation of information" (Jensen, 1981:124). Statistiek veralgemeen verskeie voorbeelde in terme van 'n enkele betekenisvolle stclling wat in die vorni van getalle opgesom en uitgedruk word (vgl. Hance et al., 1975:87; McCroskey, 1986: 144). Gcwoonlik word 'n verteenwoordigende, maar beperkte aantal voorbeelde - individue, gebeure, instansies, ens. - ondersoek, en na aanleiding van die bevindinge word 'n veralgcmening en/of projeksie ten aansien van die geheel gcmaak. Die ge- heel is die voorbeelde van dieselfdc soort wat nie in die ondersoek/ cksperiment/studie betrek is nie.

Statistiek kan in terme van rou data uitgedruk word, of 'n opsomming daarvan kan gegee word in terme van persentasies of gemiddeldes. 'n Voorbeeld van eersgenoemde is die volgende: Die data is dat 1500 van die 2000 proefpersone vir party A gestem het. In terme van persentasie beteken dit dat 75% vir party A gestem het. 'n Verdere voorbeeld toon die gebruik van gemiddeldes: Die reenval van dorp B was die afgelope vyf jaar onderskeidclik 650, 400, 350, 800 en 500 mm. Die gemiddelde reenval van 540 mm. gee 'n opsomming van die rou data.

Weens die presiese numeriese aard van statistiek en die skyn van wetenskap- likheid wat dit omhul, maak dit 'n sterk appel op 'n gehoor om hulle van die waarskynlike waarheid van 'n stelling te oortuig. Tog word statistiek baie mis- bruik. Die beoordelaar moet noukcurig let op die korrekte weergawe, bron- verwysings en afleidings van statistiek. Hierdie aspekte sal later bespreek word.

2.2. Deskundige uitsprake

is, moet hy dikwels en sclfs meestal van die "getuienis" van ander pcrsone gebruik maak. Die dcbatteerder kan nie fisiek oral leenwoordig wees nie en is ook nie 'n deskundige op alle moontlike spesialiteitsgebiede nie en daarom is hy verplig om horn op die deskundigheid van ander te verlaat. Dit is diegene wat spesiaal opgelei is en/of besondere kennis of ervaring ten aansien van 'n besondere veld van ondersoek besit. Die deskundige hoef nie noodwendig 'n individu te wees nie, maar die uitspraak kan by monde van 'n organisasie, in- stituut, firma, studiegroep, navorsingspan of vaktydskrif geskied.

Daar moet deurgaans tussen 'n deskundige en 'n leek onderskei word, 'n Deskundige op een spesialiteitsgebied is dit nie noodwendig op cnige ander gebied nie. Dit is 'n belangrike onderskeiding om te maak, omdat deskundige uitsprake die meeste as bewyse in opvoedkundige debatte gebruik word (Reynolds, 1975:114; Sheckels, 1984:53). Deskundige uitsprake speel veral in hoerskooldebattering 'n belangrikc rol, aangesien die leerlinge nog nie self oor die kundigheid beskik om met die nodige gesag en oortuiging stellings te maak nie.

Hier moet ook 'n verdere onderskeid getref word tussen 'n deskundige se weergawe van feile en die weergawe van sy mening waar dit om die beoor- dcling of interpretasie van feite gaan.

2.2.1. Uitsprake van feite

Uitsprake van feite kom voor waar objektiewe data vvaargeneem en gerap- porteer word. Problcmc kom na vore as vooroordeel van die waarncmer 'n rol speel. Dit kan 'n verdraaide waarneming tot gevolg he. Moeilike omstan- dighede waaronder waargeneem is, asook taalonloereikendheid kan ook 'n faktor wees wat die rapportering kan benadeel. Oin 'n deskundige uitspraak van feite as 'n bewys aan te haal, moet die debatleerder die gehoor oortuig van die vcrmoe van die deskundige om objekticf te kan vvaarncem en eerlik en korrek te kan rapporleer. Die debatleerder moet saam met die feitestelling die gehoor oortuig van die aanvaarbaarheid en geloofwaardigheid van die deskundige.

2.2.2. Uitsprake van menings

Om so objeklief moontlik waar le ncem en die waargenome bloot te beskryf, is geheel iets anders as om die waargenome te interpreteer, te verklaar, aflei-

dings te maak, leoriee daaroor te vorm of die redes vir die waargenome te soek. Hier is die deskundigheid van die betrokkene van nog groter belang. Daar nioel 'n aJgehele vertroue wees in sy vermoe om die regie interprelasies, verklarings, ens. le maak.

Indien 'n debatteerder 'n deskundige mening as bewys aanhaal, moel hy baie sensitief wees vir die graad van sekerheid waarmee die afleidings of leoriee gestel is. Die tentaliwitcit of sekerheid van die mening moet duidelik in die debatteerder se aanhaling weerspieel word, aangesien dit nie noodwendig aan 'n feit gelykgestel kan word nie.