• No results found

Die kernverskil tussen die opvoedkundige en substantiewe debat le daarin dat laasgenoemde se doel is om deur die proses van argumentering ander van jou persoonlike standpunt te oortuig, waar by eersgenoemde 'n gegewe standpunt ingeneem word om die beoordelaars van jou argumenteringsvaar- dighede te oortuig. Wat by substantiewe debat doel opsigself is, naamlik die oordra van 'n persoonlike oortuiging van wat die waarheid is of die beste oplossing van 'n probleem, word by die opvoedkundige debat 'n middel tot 'n doel, naamlik die aanleer van sekere vaardighede.

Die opvoedkundige debat is 'n gespesialiseerde en in 'n sekere sin 'n kunsmatige forum wat dien om die deelnemers te skool met die oog op hulle deelname aan substantiewe debattering. Hoewel die vorm verskil is die beginsels van beide dieselfde. Dick (1974:2) benadruk hierdie feit:

"Like parliamentary debates, academic debates are formally unique, but the principles learned are applicable to all kinds of debate that are essential to decision-making in our society".

Die opvoedkundige debat is 'n doelbewus georganiseerde geleentheid waar twee spanne van twee deelnemers elk die beginsels van debattering kan toepas in die voorstaan of teenstaan van 'n voorafgeformuleerde proposisie, terwyl eksterne beoordelaars bepaal watter span horn die besle van sy taak gekwyt het. Die debattering geskied volgens vooraf vasgestelde reels.

Tyd speel 'n belangrike rol aangesien die eis gestel word dat die debat binne 'n sekere tydsduur afgerond moet word. Afhangende van die debatsformaat wissel die totale tydsduur van 36 tot 60 minute. Die tyd word eweredig ver- deel tussen die twee spanne asook tussen die twee sprekers van elke span. Die tradisionele debatsformaat bevat vier konstruktiewe toesprake en vier repliektoesprake, waarvan laasgenoemde die helfte korter is as eersgenoemde. Die verloop van die debat sien soos volg daaruit:

Konstruktiewe toesprake Tydsduur Eerste voorstander 6/8/10 minute Eerste teenstander 6/8/10 minute Tweede voorstander 6/8/10 minute Tweede teenstander 6/8/10 minute

Repliektoesprake Tydsduur Eerste teenstander 3/4/5 minute

Eerste voorslander 3/4/5 minute Tweede teenstander 3/4/5 minute Tweede voorstander 3/4/5 minute

Die ander vereistes is dat aanval en verdediging reeds vanaf die eerste teenstander se konstruktiewe toespraak 'n aanvang moet neem. Daar mag ook geen nuwe konstruktiewe argumente in die repliektoesprake voorkom nie (vgl. Patterson & Zarefsky, 1983:94-97; Ehninger & Brockriede, 1978:114-116; Thompson, 1971:293-296).

In hierdie studie word deurgaans van die terme voorstanders en teenstanders gebruik gemaak. Die Junior Rapportryerbeweging (voortaan JR) gebruik die terme inleiers of inleidende span en opponente of opponerende span. Myns insiens is die terme onbevredigend. Slegs die eerste toespraak kan as in- leidend bestempel word en nie die voorstanders se betoog as geheel nie. Die gebruik van die term opponente vir die teenstanders skep verwarring want albei spanne is mekaar se opponente. As daar van opponente melding gemaak word, word daar in hierdie studie nie net na die teenstanders nie, maar na beide spanne verwys. 'n Verdere beswaar teen die terme is dat die benamings nie gelykluidend is nie en nie 'n duidelike aanduiding gee van die span se perspektief ten aansien van die proposisie nie, naamlik die beves- tiging of voorstaan teenoor die opponering of teenstaan van die proposisie. Die terme voorstanders en teenstanders dui ondubbelsinnig elke span se standpunt ten opsigte van die proposisie aan.

1.4. Beoordeling

Die opvoedkundige debat is 'n georganiseerde geleentheid wat gewoonlik in die vorm van 'n kompetisie plaasvind. Tydens die kompetisie toets die deel- nemers hulle vaardighede in argumentering teen die van 'n ander span-in- opleiding. Die "toetsing" word nie deur die debatteerders self gedoen nie, maar deur 'n eksterne persoon of persone wat kundig is ten opsigte van die ideaal waarna die debatteerders streef.

Soos die titel aandui val die klem in hierdie studie op die "toetsing" of beoor­ deling van die opvoedkundige debat. Dit is in 'n groot mate ook by die beoordeling waar die voile opvoedkundige potensiaal tot verwerkliking kom

of nie. Hierdie belangrike funksie word dikwels verskraal bloot net tot die bepaling en aankondiging van 'n wenspan. Patterson & Zarefsky (1983:303) le ook baie klem op die opvoedkundige aspek:

" ... debaters cannot learn from decisions or improve their perfor­ mance if they are unaware of the bases for the decisions".

Die belangrike rol wat beoordeling speel word sonder uitsondering deur al die bestudeerde bronne, maar veral deur Ehninger & Brocriede (1978:13) bevestig. Hierdie twee toonaangewende akademici op die gebied van debat- tering noem ses basiese riglyne vir 'n opvoedkundige debat, waarvan vier op die proses van beoordeling betrekking het:

* Die beslissing moet deur 'n eksterne instansie (beoordelaars) geneem word.

* Die beslissing moet eers geneem word nadat albei spanne hulle saak gestel en mekaar krities getoets het.

* Die beoordelaars moet die kompeterende argumente teen mekaar opweeg en op grond van kritiese denke tot 'n beslissing kom.

* Die deelnemers moet hulle by voorbaat by die beslissing van die beoordelaars neerle (1978:13).

Die wyse waarop die beoordelaars tot 'n besluit kom, die redes daarvoor en die bekendmaking daarvan, kortom: die algehele evaluering van die debat- teerders is een van die belangrikste momente van opvoedkundige debat- tering. As die beoordelaar nie sy rol as regter of arbiter objektief vervul nie, of sy plig as kundige evalueerder en opvoedkundige kritikus nie uitvoer nie, sal die debatteerders se opvoedkundige skoling grootliks in die slag bly. Die debatteerder moet nie net vertroue in die beslissing van die beoordelaar he nie, maar hy moet ingelig word oor die redes vir die besluit, asook die mate waarin hy aan die ideale kriteria voldoen. Geidentifiseerde foute behoort aangedui en wenke gegee te word ter verbetering van die vereiste vaar- dighede. Verbetering van debatsvaardighede en verhoging van standaard le dus opgesluit in die bekwame en deskundige wyse waarop die beoordelaar sy taak volvoer. Bill Balthrop (1979:417), forensiese direkteur van die Univer- siteit te North Carolina, se met reg die volgende:

"Debate judges are participants in a process, a system if one prefers, which has as its purpose educating students in the understanding and

use of argument. By fulfilling that role and that purpose, a higher quality of public discourse and public policymaking in the real world will result; and through these functions, academic debate will retain and enhance its value and respectability" (1979:417).

Die afgeskeepte, maar baie belangrike rol wat beoordeling in die opvoed- kundige debat speel, dien as eerste motivering vir hierdie studie. Die tweede motivering spruit uit die groot behoefte wat steeds bestaan om geskikte beoordelaars te vind en op te lei. Hierdie probleem word vergroot deur die afwesigheid van 'n wetenskaplike en omvattende bron wat as rigsnoer vir die beoordeling kan dien. Die JR het wel 'n "beknopte handleiding" waarin " 'n uiteensetting van die vereistes wat vir die kompetisie geld" (Junior Rap- portryerbeweging, 1987:4) voorkom. Met hierdie handleiding as sodanig word daar geen fout gevind nie; die kernagtigheid daarvan en die gebrek aan praktiese toepassings maak dit egter ongeskik vir die oningewyde beoor- delaar.

Die derde motivering spruit voort uit die gebrek aan eenvormigheid van beoordelingstandaarde, en veral 'n gebrek aan wetenskaplik verantwoorde kriteria. Lybbert se uitspraak kan hier as verdere motivering dien:

"Although few critics would seek a singular, inflexible criterion for judging debates, some consistancy is necessary for the benefit of the debaters" (1979:371).

In die VSA waar opvoedkundige debattering sedert ongeveer 1722 aan die orde is (Norton, 1982:5), en die eerste interkollegedebat al in 1883 plaas- gevind het, is opgeleide en ervare beoordelaars en geskikte beoor- delingskriteria geen probleem nie. In vergelyking met Suid-Afrika waar op­ voedkundige debattering as 'n afdeling van openbare redevoering in die vak Spraak- en Vertolkingskunde, sover vasgestel kan word slegs aan die PU vir CHO gedoseer en bestudeer word; en waar die JR se kompetisie, sedert 1971, die enigste nasionale debatskompetisie is, staan opvoedkundige debat nog in sy kinderskoene. Persone wat ervare is op grond van jarelange afrig- ting, deelname of beoordeling, is skaars. Akademies opgeleide persone is nog skaarser en 'n Afrikaanse wetenskaplike bron bestaan glad nie. Hierdie studie poog nie net om ten opsigte van die opvoedkundige debat 'n wetenskaplike bydrae te lewer nie, maar om indirek ook by te dra tot beter begrip van kommunikasievaardighede soos dit op enige lewensterrein van

toepassing gemaak kan word. McBath se woorde dien hier as motivering: "Forensics is an important academic area of study because the skills of research and analysis and the patterns of argument, decision making, and delivery can have significant transfer value to such other communicative situations as government, law, legislature, and busi­ ness... Original research can be undertaken in theses and disserta­ tions that furthers our understanding of people communicating ar­ guments and that enhances respect for forensics as an area of professional concern" (McBath, 1975:38).

In die klassieke tye het die woord forensies na die redevoering in geregshowe verwys. Sedertdien het die gebruik daarvan verander en dui die woord tans in die VSA op "an educational activity primarily concerned with using an ar­ gumentative perspective in examining problems and communicating with people" (McBath, 1975:10). Alle spraakkommunikasie waarin argumentering die kruks vorm, resorteer hieronder. Opvoedkundige debat word as die belangrikste komponent hiervan beskou.

1.5. Die Junior Rapportryerbeweging

Hierdie beweging se debatskompetisie was 'n onvermydelike keuse weens die persoonlike betrokkenheid by die beoordeling daarvan en aangesien dit, soos hierbo genoem, tans die enigste landswye Afrikaanse debatskompetisie is. Die JR is 'n Afrikaanse kultuurorganisasie wat 'n Christelik-Nasionale lewens- en wercldbeskouing handhaaf. Die organisasie se doel is om diens aan die Afrikancrkultuur en die Suid- Afrikaanse gemeenskap te levver. Die nasionale debatskompetisie vir hoerskoolleerlingc is een van hulle talle projekte en word in samewerking met die Nasionale Boekhandcl en die Direktoraat Kultuursake aangebied. Die kompetisie bctrek talle hoerskole, en pryse wat toegeken word behels beurse vir voortgesette tersiere studie, asook prysgeld van etlike duisende rand.

Die Rapportraad het in 1970 bcsluit om 'n landswye kompetisie uit te skryf waaraan standerd agt-, standerd ncge- en standerd tien-leerlinge kon deel- neem. Die doel hiermee was en is " om die opvoedkundige debat aan te moedig en te bevorder" (Junior Rapportryerbeweging, 1987:4). Die ecrste

kompetisie het van 1-3 Julie 1971 te Bloemfontein plaasgevind en het van 'n klein begin van 32 deelnemende spanne gegroei tot 'n kompetisie waaraan 313 skole, waarvan 8 Engelse hoerskole, en meer as 630 spanne in 1986 deel- geneem het. Tans bestaan die kompetisie uit drie rondtes: 'n uitdunrondte, 'n halfeindrondte en 'n eindrondte elk met sy eie debatsproposisie.

2. NAVORSINGSPESIFIKASIE