• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

4. DIE BEOORDELINGSVORM 1 Formaat en inhoud

Die algemene beoordelingsvorm vir opvoedkundige debattering bevat onder andere die volgende:

* Tabelle waarin die punte vir die belangrikste vaardighede van die debatteerders neergeskryf word.

* 'n Ruimte waarin die wenspan, die wenvolgorde van die debatteer­ ders en die kritiek neergeskryf kan word.

* 'n Ruimte vir die name van debatteerders asook vir administratiewe besonderhede.

Deur die gcbruik van deurslagpapier word die vorm in drievoud voltooi sodat 'n kopie aan die voorstanders, teenstandcrs en betrokke organiserende in- stansie oorhandig kan word (vgl. Freeley, 1976:316).

Nie alle beoordclingvorms is eenders nie. Die aspekte waarvoor die vorm voorsiening maak word bepaal deur dit wat die betrokke instansie van die beoordelaars verwag.

In die VSA is twee vorms algemeen in gebruik (vergelyk meegaande voorbeelde). Die verskil tussen die twee vorms le daarin dat die een 6 vaar­ dighede onderskei wat volgens 'n 5-puntskaal geevalueer word, waar die

Evaluating the Debate

American Forensic Association Debate Ballot •-• c

_ J o d g » _ C h « t V <*»• l o l u m n o n • o c h i l « m w h i c h , o n t h « f o l l o w i n g » < o l * , b « i l d r i c r t b * i y o u r t v a ' u o ' i o n o l I h * i p * o h r r ' i d f r c t i v c n e u 1 - p o o r 2 - f o i r 3 - a * « r a g « 4 - * n r « l l « n i 5 - t u p e n a r l i t A ' f i r m a t i v * I 7 3 4 3 2 n d A f f i r m a l i v * 1 7 3 4 5 U f N e ( j a t i v » 1 7 3 4 3 2 n d N e g a t i v e 1 3 3 4 5 To ol T >lo1 It * o t o n i n g f v i d * n < « O r g a n i i o f i a R e f u t a t i o n D . l . v r y T o i o l T o t a l Twom i o l i n g t A F F I R M A T I V E : p o o r l o i r a v r r u g * n c r l k n i N E G A T I V C : p o o r f a i r o v t r o o * m t v l l e n l l o n h « o t h d * b o l » r i n o r d e r o f • ■ ( • I U n t « ( l i t for b » H , 2 n d for n e » l b * * i . d c ) C O M M C N T S : C O M M E N T S : 111 A M ( n a m * ) ^ RonV ( J W l N e g ( o0m « | 2 n d A f f . ( w m » ) , _ l o n f c ( ) 7 n d N r g [ n o m r l _ . B t i n l . C > - B o n k ( ) i C A S O N S FOR D E C I S I O N

ander vorm geen afsonderlike vaardighede onderskei nie en elke debatteer- der op 'n skaal van 1-30 geevalueer word. Laasgenoemde vorm bied ook groter ruimte vir kommentaar. Volgens Freeley (1976:316) was beide in 1976 ongeveer in gelyke mate in gebruik. Kleinau (1982a:240) meld ook dat beide in 1982 gebruik is, maar verkies die eenvoudiger vorm waar geen vaardighede aangedui word nie. Volgens alle aanduidings en sover vasgestel kon word, is dit tans steeds so dat beide vorms afwisselend gebruik word.

Die JR se vorm verskil van die van die Amerikaners in die sin dat 8 vaardig­ hede vir beide konstruktiewe en repliektoesprake onderskei word, 'n Verdere punt word ook toegeken vir die antwoord op 'n sogenaamde kruisver- hoorvraag van die beoordelaars. Die JR se vorm maak nie voorsiening vir die bepaling van die volgorde van die verskillende debatteerders nie en laat slegs ruimte vir opmerkings in verband met die kruisverhoor. Die vorm word nie tot die beskikking van die debatteerders gestel nie. Hulle kry dus geen skrif- telike terugvoer ten opsigte van hul standaard nie. Die enigste terugvoer, soos reeds genoem, is 'n mondelinge opsomming aan die einde van 'n dag se debatte en die aankondiging van elke wenspan, asook die algehele wenner. By die finaal word 'n tweede en derde wenspan aangekondig. In hierdie mon­ delinge terugvoer kom elke debat en elke debatteerder se vaardighede geen- sins, of baie vaag, ter sprake.

Hier bly die opvoedkundige waarde van die JR se kompetisie weer eens in die slag. Freeley stel met reg die volgende:

"For educational purposes, debaters should know not only judges' decisions on debates, but also their evaluation of the quality of a debate in these six important phases" (1976:319).

4.2. Beoordelingsvorm en praktyk

Dit is belangrik dat beoordelaars weet dat die vorm, waar verskillende vaar­ dighede onderskei word, nie die insig en kennis van die beoordelaar kan ver- vang nie. Die beoordelaar bring veel omvattender en komplekser kriteria in berekening as wat die beoordelingsvorm kan omvat (vgl. Kruger, 1960:371; Freeley, 1976:319). Kruger en Freeley pleit nie vir addisionele aspekte op die vorm nie, maar wys daarop dat die punte op die vorm nie die deurslag moet gee vir die bepaling van die wenspan nie. Die belangrikheid van elke vaar- digheid wat op die vorm in berekening gebring word, wissel telkens van debat

f i | ) IHSA STATE SPEECH CONTEST DEBATE BALLOT

_Judge _

Rank the speakers in this debate from 1 through 4, 1 bring best

Then rare the elfeelivenesi of each debater on 8 scale from 1 to 30 poinis, 30 being bpjt.

1st Affirmative 2nd Affirmative 1st Negative 2nd Negative

Comment! and Reasons for Decision:

In rny opinion, the better debating w.i* done by the

tot debat. Aangesien die gemelde vaardighede nie 'n ewe belangrike rol in elke debat speel nie, beweer Eliininger & Brockriede (1970:345) dat die totaal van die punte nie altyd 'n korrekte weergawe van die algehele welslae van 'n span is nie. Dit is heelwaarskynlik die geval omdat merietetoetsing meestal daar toegepas word.

In die VSA word eers die wenner bepaal en dan word die punte as blote aanduiding van die vaardigheid van elke debatteerder ten opsigte van in- dividuele kernaspekte hiervolgens gegee. Die punte op die vorm bepaal nie die beslissing nie, maar die beslissing word in die vorm gereflekteer (vgl. Eh- nlnger & Brockriede, 1970:342-343). Sproule stel dit ook baie duidelik:

"Ultimately they (beoordelaars - PS) answer the question: Which team did the better debating? and then report that decision on the ballot and assign points to report their evaluation of the quality of debating" (1979:365).

Op die Amerikaanse vorm C is dit prakties wel moontlik, want slegs 6 punte per debatteerder en 24 punte per debat is ter sprake. As die beoordelaars tentatiewe punte in die loop van die debat toegeken het, kan dit geredelik aan die einde gefinaliseer word. Hierdie metode is ten opsigte van die JR se vorm 'n prakties onmoonllike taak, want die toekenning van 17 punte per debat­ teerder en 68 punte per debat is ter sprake. Die metode sou alleen moontlik wees indien slegs die puntetotaal gewysig word. Indien dit wel gedoen word, het dit weinig, indien enige, sin om so baie afsonderlike punte toe te ken vir beide konstruktiewe en repliektoesprake. Die moontlike funksie, naamlik om vir die debatteerders 'n aanduiding tc gee van hulle standaard ten opsigte van die verskillende vaardighede is ook nie ter sake nie, want die debatteer­ ders kry geen insae in die vorm nie. Hoewel daar nie 'n geskrewe reel bestaan nie, is dit gebruiklik dat di6 span met die meeste punte die wenner van elke debat is, en die algehele wenner die span is wat die hoogste punte in die rondte as geheel behaal het.