• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

8. Bydrae tot spanpoging Eerste totaal

43.1. Keuse van vaardighede

Soos reeds genoem, kan geen vorm vir a] die vaardighede en die ideale on- derlinge verhouding tot mekaar voorsiening maak nie. Dit beteken nie dat die vorm dan geen doe) dien nie. Die vorm help die beoordelaar om geslruktureerd te luislcr en op die belangrikste vaardighede te konsentreer. Die vraag is: Waller vaardighede is belangrik en watter nie? Die opvoedkun- dige doelstellings wal fokus op die vermoe om logies te argumenteer kan hier as riglyn geneem word, of soos Hollihan dit stel:

"The purpose of academic debate is to teach students argumentative skills..." (1983:174).

Die gevaar is dat te veel onderafdelings tot versplintering kan lei. Dit bring mee dat die oorkoepelende doelstellings of die geheel skade ly. Baie on­ derafdelings impliseer ook nie noodwendig 'n betroubare beoordeling nie (vgl. Kruger, 1960:370; Peterson, 1961a:218). Baie onderafdelings kan verder die gevolg he dat veral die leke- of begiiinerbeoordelaar se aandag so deur die idenlifisering van die verskillende aspekte in beslag geneem word, dat die geheel van die inhoud by horn verbygaan. Op die ander punt van die kon- tinuum, waar geen afsonderlike vaardighede onderskei word nie, is die gevaar dat die onervare beoordelaar slegs enkele vaardighede uit verhouding met die ander kan beklemtoon. Die beoordelaar besluit dus self watter vaar­ dighede ter sake is. 'n Gebalanseerde middeweg skyn die beste te wees deur wel onderafdelings te onderskei, maar nog steeds vir die uniekheid van elke debat en beoordelaar voorsiening te maak.

Die primcre vaardighede omvat die wese van debattering, naamlik analise, bewyse, redenering, aanval en verdediging. Om dit egter geslaagd te kan uit-. voer kom organisasie en die aanbieding, waaronder taal en lewering resor- teer, ook ter sprake. Hierdie ses vaardighede is myns insiens die belangrikste en stem ook ooreen met die op die beoordelingsvorm van die American Forensic Association.

Die JR se vorm onderskei ook spanwerk en verdeel die aanbieding in "lewering" en "taalgebruik".

43.1.1. Spanwerk

Spanwerk is 'n aspek wat deur geen bron as 'n afsonderlike vaardigheid be- spreek word nie. Spanwerk is bloot 'n praktiese gevolg van die feit dat twee lede betrokke is, en nie een nie. Argumentsonthalwe sou 'n debat tussen slegs twee debatteerders net so goed die doeistellings van opvoedkundige debat kon verwescnlik sonder dat spanwerk betrokke is. Dit word aanvaar dat die span sal saamwerk, net soos aanvaar word dat die span navorsing sal doen sonder dat 'n afsonderlike punt daarvoor toegeken word.

Spanwerk is in werklikheid 'n integrerende deel van die algeliele organisasie en analise. Die span se betoog word as't ware in twee verdeel en elkeen be- hartig 'n deel daarvan. Om spanwerk uit te sonder kom daarop neer dat veral organisasie twee keer in berekening gebring word. Indien sinlose herhaling voorkom of as die verskillende toesprake nie 'n eenheid vorm nie getuig dit van swak organisasie. Indien lede mekaar sou weerspreek, val die hele betoog plat en sal die span wat analise sowel as redenering betref, gepenaliseer word. Indien spanwerk wcl tcr sprake is, is dit onlogies om aan elke lid 'n aparte punt daarvoor toe te ken. Spanwerk kan alleenlik na die toespraak van elke tweede lid van elke span beoordeel word. Die eerste spreker kan verwys na die spanmaat en sy bydrae in vooruitsig stel. Dis egter slegs woorde wat eers beoordeel kan word nadat die tweede spreker aan die beurt gekom het. Al- leen dan kan bepaal word of die spanwerk 'n werklikheid geword het. Indien die eerste spreker die bydrae van die ander lid in vooruitsig stel en dit realiseer nie, kan dit enige een wees wat die blaam moet dra: of die eerste debalteerder het verkeerd gcantisipeer of die tweede dcbatleerder het in gebreke gebly. Daar was dus swak organisasie tussen die spanlede. Indien 'n punt vir spanwerk wel toegeken word, kan dit nie 'n individuele punt wees nie, maar 'n gesamentlike punt.

Met hierdie betoog word nie ontken dat spanwerk wel 'n rol speel nie, maar daar word ten koste van belangriker vaardighede te veel klem daarop gele. Spanwerk behoort onder analise en veral onder organisasie geevalueer tc word en behoort as afsonderlike vaardigheid weggelaat te word.

43.1.2. Lewering en taalgebruik

die inhoud (doel) tot die luisteraars kom, soos voorheen reeds genoem is. Om die twee aspekle le skei plaas te veel klem op die middel ten koste van die doel. Taalvaardigheid word buitendien ook nie net ondcr aanbieding in berekening gebring nie. Die taal is so nou verweef met ander vaardighede en word onbewustelik ook by alle inhoudelike aspekte in berekening gebring. In- dien 'n debatleerder byvoorbeeld sy argumente of ontleding van begi ippe nie in verstaanbare en duidelike taal kan uitdruk sodat die betekenis goed begryp word nie, sal die debalteerdcr dienooreenkomstig 'n laer punt by die bctrokke vaardigheid kry. Swak en onbeholpe taalgebruik word dus nie net onder taalgebruik geevalueer nie, maar indirek ook onder ontleding, bewyse, redenering en aanval en vcrdediging. Dieselfde geld ook ten opsigte van die lewering. 'n Fout in die "kanaal" benadeel inderdaad die begrip van die in­ houd.

Om lewering en taalgebruik as aparte vaardighede in berekening te bring, is weer eens om dit as't ware te dupliseer. Sodoende word binne 'n debat- situasic te veel klem op die hoe geld, ten koste van die primere vaardighede, of die wat. Beidc lewering en taalgebruik behoort saam as aanbieding geevalueer te word.

Daar is begrip vir die feit dat die JR 'n kultuurorganisasie waarvan bevor- dcring van die Afrikaanse taal cen van die doelstellings is. Binne die opvoed- kundige debat moet die taal egter net sy regmatige plek langs die ander vaar­ dighede inneem en nie oorbeklemtoon word nie. In 'n studie wat Rocver & Giffin (1960:13) met dertig beoordelaars tydens 'n debatstoernooi in die VSA onderneem het, is getoon dat taalvaardigheid slegs 4,2% van die totale kriteria in beslag geneem het. In die huidige vorm van die JR neem taal 12,5% in beslag, feitlik drie maal meer as wat in bogenoemde studie nodig bevind is. Ook McCroskey & Camp (1966:62) en Buigoon (1975:3) het na empiricse studies tot die slotsom gekom dat die aanbieding as 'n aparte vaar­ digheid van al die vaardighede die minste gewig behoort te dra.