• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

3. DIE IDEALE BEOORDELAAR

3.2. Die verpligtinge van die beoordelaar

Die beoordelaar van 'n opvoedkundige debat vervul drie funksies, elk met sy eie verpligting (vgl. Ehninger & Brockriede, 1970:338).

Ten eerste moet die beoordelaar as kritikus 'n waardebepaling maak van die verskillende vaardighede wat die debatteerders openbaar en dit volgens 'n punteskaal aandui. Hier moet die beoordelaar duidelike kriteria voor oe hou waaraan die debatteerders getoets kan word.

Ten Iweede moet die beoordelaar as regter bepaal watter span die wenspan is, dit wil se die span wat beler gedebatteer het. Die bepaling van 'n wenner van elke debat kan of voor of na die puntetoekenning van die afsonderlike vaardighede geskied. Na afloop van al die debatte moet die span aangewys word wat van al die spanue die beste debatsvaardighede geopenbaar het. Ten derde moet die beoordelaar as opvoedkundige mondelinge en/of skrif- telike kommenlaar lewer op die debat asook op elke debatteerder se bydrae (vgl. Freeley, 1976:312-315; Patterson & Zarefsky, 1983:294 ; Dempscy & Hartmann, 1986:167).

Die taak van die beoordelaar word in Thomas (1979:360) se woorde saam- gevat:

"In any case, almost all judges see themselves in a dual role of critic and judge. Not only do they decide winners and losers, but they also attempt to teach the debaters by criticizing weaknesses and praising strenghts that emerge during the debate. In other words, using any of available criteria, debate remains an educational activity at the point where judges take over" (1979:360).

Die derde funksie is myns insiens die belangrikste en waardevolste taak van die beoordelaar. Die wen of verloor asook die punte vir 'n bepaalde vaar- digheid mag op daardie oomblik vir die debatteerders belangrik wees, maar kritiese wenke en positiewe opmerkings, met ander woorde dit wat by die beoordelaar gcleer word met die oog op toekomstige deelname aan opvoed- kundige en/of substantiewe debattering, is belangriker en van blywender waarde. Dit geld veral ten opsigte van hoerskoolleerlinge. Cripe formuleer die deurslaggewende belang hiervan:

"School debate is primarily a learning activity. The judge should be willing to discuss the comparative merits of the two teams and the individual debaters. He should be willing to explain the reasons for his v o t e and to offer s u g g e s t i o n s for i m p r o v e m e n t " (Cripe, 1963:360-361).

Opvoedkundige skoling is di6 aspek wat grootliks agterwee bly by die JR se debatskompetisie, ten spyte van hulle suiwer opvoedkundige doelstellings: "om die opvoedkundige debat aan te moedig en te bevorder", en "om die deel- nemer voor te berei vir belangrike formele en informele debatte" (Junior Rapportryerbeweging, 1987:4). Aan die einde van 'n dag se debatte lewer 'n beoordelaar wel mondelinge kommentaar, waar in bree trekke die belangrikste kritiek gemeld word. Dit is egter te algemeen en daarom onbe- vredigend. 'n Ander moontlike probleem is dat beoordelaars hulle nie kun- dig genoeg ag om kritiek te lewer nie. Volgens Thompson is dit inderdaad so: "the untrained person is unlikely to analize the debate in a way that leads to an educationally valuable critique" (1971:330).

Kritieklewering behoort na elke debat te geskied waartydens die betrokke debatteerders ook vrae behoort te kan vra. Die gehoor behoort ook te kan luister om so deur die kritieklewering opgevoed te word. Die debat behoort 'n opvoedkundige leerskool vir beoordelaars, debatteerders en gehoor te wees (vgl. Patterson & Zarefsky, 1983:303). Teen die einde van 'n rondte van 4 of 5 debatte is dit moeilik om gedetailleerde kritiek te lewer omdat die beoordelaar se geheue dit nie toelaat nie, al sou hy op 'n volgdiagram staat- maak. Hierdie saak is so belangrik geag dat 'n resolusie hieromtrent aanvaar is op die National Developmental Conference of Forensics, gehou te Sedalia, Colorado, in September 1974. Die resolusie het gelui dat toernooidirekteure in die VSA na elke debat tyd moet inruim vir mondelinge kritiek wat onmid-

dellik terugvoer aan debatteerders kan verskaf. Daar moet ook skriftelike kritiek met 'n punte-evaluering aan elke span verskaf word, sodat die debat­ teerders en afrigter dit by nabaat kan deurgaan met die oog op verbetering (vgl. McBath, 1975:31).

Om saam te vat: Kritieklewering moet deeglik wees en in 'n positicwe gesindheid geskied met die doel oin die standaard van debattering, asook die individuele vaardighede van elke debatteerder te verbeter. Die ontwikkeling van die debat moet in ag geneem word en beide positiewe en negatiewe sake behoort genoem te word, tesame met 'n voorstel hoe die negatiewe verbeter kan word. Die beoordelaar moet ook aantoon waiter faktore van deurslag- gewende belang was in die bepaling van die wenner van elke debat. Die aankondiging van die wenspan kan direk na elke debat of na afloop van die rondte geskied.

3 3 . Die kundigheid van die beoordelaar

Om die verskillende verpligtinge doeltreffend uit te voer vereis 'n bepaalde kundigheid van die beoordelaar. Ten eerste moet hy weet wat van horn ver- wag word in die beoordcling van 'n opvoedkundige debat, soos hierbo uiteen- gesit is.

Ten tweede mag daar by horn geen twyfel bestaan oor die debatsprosedures en die verpligtinge van elke debatteerder in die loop van 'n debat nie. Die verantwoordelike instansie en/of die beoordelaar moet homself ten voile en in detail hiervan op die hoogte bring. Die beoordelaar behoort ten opsigte van enige problemc met die prosedures die leiding te kan gee.

Ten derde moet die beoordelaar ingelig wees ten aansien van die onderwerp van die proposisie. Indien vakterminologie ter sprake is, moet hy horn vooraf van die betekenis daarvan vergewis. Hierdic kennis is nodig ten einde vinnig en akkuraat te kan beoordeel. Dit impliseer nie dat die beoordelaar 'n des- kundige op die bepaalde gebied hoef te wees nie, maar dat hy wel die kennis behoort te besit van die gemiddelde intelligente persoon wat goed ingelig is aangaande sake van die dag. Freeley (1976:313) meen dat 'n spesialis van die ter saaklike onderwerp gewoonlik nie 'n goeie beoordelaar uitmaak nie, om- dat die moontlikheid bestaan dat die gespesialiseerde kennis en vaste oor- tuigings van die betrokkene dit moeilik maak om die oortuigings ter syde te stel en met ontvanklikheid te beoordeel. Gespesialiseerde vakkundige kennis

van die onderwerp is nie 'n vereiste nie, want die beoordelaar is as't ware die verteenwoordiger van die gemiddelde, intelligente en goed ingeligte gehoor. Dit beleken nie dat 'n vakspesialis noodwendig 'n swak beoordelaar sal wees nie.

Ten vierde moet die beoordelaar kundig wees ten opsigte van die teoretiese kriteria waarvolgens elke vaardigheid of debatsaspek beoordeel word. Die klem val veral op die kennis van die kriteria ten aansien van logiese argumen- tering. Tereg stel Freeley (1.976:312) hierdie vereiste baie sterk:

"Only such persons (kundiges ten opsigte van debatsteorie en ar- gumenlering - PS) are competent to perform the function of a judge, since only they have the knowledge necessary to evaluate the educa­ tional process of debate and the ability to render an educationally valuable decision" (vgl. ook Kleinau, 1982b:252).

WiJJard beweer dat die teoretiese kennis van die beoordelaar die beslissing

en die gehalte van debattering beinvloed:

"The theoretical assumptions of the critic then, are of decisive im­ portance both to the quality of the game and to its outcome" (Willard, 1979:439).

Elke beoordelaar het, bewustelik of onbewustelik, reg of verkeerd, kriteria wat as maatstaf gebruik word in die evaluering van die verskillende aspekte. Die toepassing van verskillende kriteria kan egter groot probleme skep. Lybert (1979:371) sleJ met reg dat 'n enkele, onveranderbare kriterium on- moontlik is, maar dat daar ter wille van die voordcel van debatteerders tog ooreenstemmende en konsekwente kriteria moet wees. In hoofstukke 3-8 word die relevante kriteria bespreek wat die beoordelaar van 'n opvoedkun- dige debat behoort toe te pas.