• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

43. SUID-AFRIKA REAGEER OORMATIG OP DIE VVERELDMENING (86 H 1)

4.3.1.2. Eerste tecnstander

Die eerste tecnstander se interpretasie van die proposisie is kernagtig en duidelik en bevat die nodigc detail wat vir hierdie debat ter sake is. Al die terme word omskryf en die kernwoord oormatig word uitgelig. Die belangrikste is egter dat die definisies saamgevat word in 'n tesis (41:60-64). Dit vorm die essensie van die dispuut in hierdie debat.

Die standaardgeskilpunte is hicr toegepas. 'n Duidelikc kriterium vir 'n oor- matige reaksie is gestel, naamlik 'n reaksie wat te veel of te min is en tot Suid- Afrika se nadeel sal strek (41:51-64). Verder is twee teneine, te wete die politieke en ekonomiese, afgebaken. Die eerste teenstander toon hoe die politieke reaksie van Suid-Afrika nie aan die kriteiium beantwoord nie, en dus nie as oormatig bestempel kan word nie.

Die analise as geheel toon dat die debatteerder duidelik wect waaroor dit gaan en wal hy veronderstel is om te bewys. Hy doen dit en hou daarby. Evaluering: uitstekend (9).

43.13. Tweede voorstander

Die kernprobleem van die tweede voorstander se analise is, net soos die van die eerste voorstander, dat die proposisie as 'n proposisie van waardeoordeel gefnterpreteer is, terwyl dit in werklikheid 'n proposisie van interpretasie is. 'n Oormatige reaksie moet deur hulle as feit bewys word, maar hulle aanvaar dit by voorbaat as feil en debatteer die waarskynlike negatiewe waarde daar- van, soos die gevolge (43:31-36) en die onnodigheid (44:46-54) van 'n sodanige reaksie. Al is dit waar dat 'n oormatige reaksie nadelig is, is dit nie die essensie van die debat nie. Die betoog sou by die volgende proposisie ge- slaagd gewees het: Suid-Afrika se oormatige reaksie op die wereldmening strek tot sy eie nadeel. Hicr word oormatige reaksie as feit gestel en moet die kwessie of dit nadelig is of nie gedebatteer word.

Daar word nie voldoende bewys dat die voorbeelde wat genoem word, soos die "onbesonne en halsoorkoppe wyse" (45:81-84) waarmee die hervormings aangepak is, die oproer in Swart woongebiede asook die AWB se handelinge, werklik 'n oormatige reaksie op die wereldmening is nie. Die genoemde voorbeelde kan die gevolg wees van ander stimuli. Die hervormings kon moontlik ook as gevolg van eie oortuigings of selfs na aanleiding van bin­ nelandse druk geskied het. Die linkse en regse polarisasie kon moontlik as gevolg van die binnelandse beleid geskied het - links reageer na aanleiding van te min hervormings en regs na aanleiding van te veel hervormings. Uit die bogenoemde bespreking blyk dit dat die analise van die proposisie nie heeltemal korrek is nie: die proposisie word as 'n waardeoordeel beskou en daarom is irrelevante geskilpunte geidentifiseer.

Evaluering: swak (3).

43.1.4. Tweede teenstander

Dieselfde evaluering van die eerste teenstander geld ook ten opsigte van die tweede teenstander.

Die ekonomiese afhanklikheid van Suid-Afrika van die buitewereld word noukeurig uiteengesit om tot die slotsom te kom dat Suid-Afrika die buitelandse mening nie geheel en al kan ignoreer nie. Voorts word aangevoer dat sekere reaksies nie as oormatig bestempel kan word as die gevolge van so 'n reaksie in berekening gebring word nie (47:84-90 en 47:95-111).

Die slotargument (48:112-123) toon duidelik dat die tweede teenstander ook die kruks van die debat geidentifiseer het en sy analitiese vermoens kan as baie goed bestempel word. Die tweede teenstander kon egter meer eksplisiet aangetoon het hoe Suid-Afrika se reaksie op ekonomiese gebied nie aan die kriteria vir 'n oormatige reaksie, soos deur die eerste teenstander genoem, voldoen nie.

432. Repliektoesprake 432.1. Eerste teenstander

Die deeglikheid en korrektheid van die analise vvat in die konstriiktiewe toesprake getoon is, word ook hier voortgesit. Die aspckte wat aangeval word fokns op die kern van die debat, naamlik die intcrprelasie van die term oor-

matig (48:5-10; 48:19-23; 49:43-49) en Suid-Afrika se reaksie op die buiteland

(49:24-42).

Die eerste teenstander mocs sy beswaar teen die voorslanders se definisies as "te breed" gemotivcer het. Hy kon ook 'n aanval gerig het op die voorstanders se analise van die debat as 'n waardeoordeel, asook kommentaar gelewer het op die voorstanders se siening dat die groter polarisasie tussen links en regs 'n reaksie op die wereldmening is.

Evalucring: goed (7).

43.2.2. Eerste voorstander

Die replick scntreer rondom die punt, naamlik dat sanksies nic regtig 'n groot gevaar vir Suid-Afrika inhou nie. Uil hierdic replick sou 'n lochoorder kon aflei dat die volgendc proposisie gedebatteer word: Sanksies hou geen gevaar vir Suid-Afrika in nie, of Die vrees vir sanksies is ongegrond.

Die probleem le daarin dat die klem slegs op die sogenaamde ongegronde vrees vir sanksies val en nic op die kwessie of Suid-Afrika se reaksie as oor- malig beskou kan word in die lig van die fcit dat sanksies selde 'n werklikheid word en dat Suid-Afrika buitendien selfversorgend is. Die stellings word nie duidclik genoeg aan die dispuut in die debat gekoppel nie. Dit is die gevolg van foutiewe geskilpunte wat in die konstriiktiewe toesprake geidentifiseer is. 'n Punt van verdere kritiek is ook die totale afwesigheid van 'n aanval op die teenstanders se argumente.

4.3.2.3. Tweede teenstander

Die tweede teenstander reageer direk op die debatteerder se argumente en bring die kwessie van selfversorgendheid en oormatige reaksie ter sprake (51-52:25-43). Die teenstander bring argumente na vore wat direk bots met did van die voorstanders - inderdaad die essensie van debattering!

Hierdie repliektoespraak, soos ook die konstruktiewe toesprake van di£ span, is 'n bewys dat 'n korrekte analisc 'n debatteerder se kompas is wat horn in 'n debat op die spoor hou en verhocd om op allerlei dwaalwee te bcland. Die sterk argument van die voorstanders, naamlik die uitstel van die nood- toestand, word nie omseil nie, maar met bewyse direk aangeval.

Evaluering: baie goed (8). 43.2.4. Tweede voorstander

Die opsomming waarmce die voorstander begin, getuig van goeie begrip vir die stand van die debat tot op hierdie stadium. Met die stelling dat die buitelandse mening wel in ag geneem, maar nie die norm gemaak moet word nie (53:12-14), word 'n kriterium vir 'n oormatige reaksie gei'mpliseer: Indien Suid-Afrika volgens die norme van die buiteland reageer, sou dit as oormatig bestempel kan word. Die voorstander spel geensins hierdie norme uit nie en pas dit ook nie op die reaksie in Suid-Afrika toe nie.

Verder bewys hy nie bo alle twyfel of daar 'n direkte kousale verband tussen die wereldmening en die sogenaamde "histeriese onbesonne optrede" (53:16), die wettiging van Swart vakbonde en die nuwe grondwet, bestaan nie (53:35-37). Dus: was die genoemde handelinge 'n reaksie om die wereldmening se norme tevrede te stel, en - die kruks van die saak - as dit so was, kan die reaksie as oormatig beskou word? Die voorstander loop die gevaar om alle binnelandse probleme en foute te wyt aan 'n oormatige reaksie op die wereldmening. Alvorens hierdie kousale verband nie bo alle redelike twyfel bewys word nie, kan die argumente nie tot werklike geskil- punte uilgebou word nie.

Ten spyte van die feit dat gecn direkte aanval op die opponente se argumente gemaak word nie, is die tweede voorstander se analise beter as in die

konstruktiewe toespraak, aangesien hier meer op die kerndispuut gekon- sentreer is en nie soseer op die waarde van 'n oormatigc reaksie nie.

Evaluering: gemiddeld (5).

4.4. EKONOMIESE VOORUITGANG WORD NA BEHORE DEUR DIE