• No results found

DIE AFRIKANERJEUG SE OPVOEDING MET BETREKKING TOT DIE EKONOMIE IS VOLDOENDE (86 E 1)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

43. SUID-AFRIKA REAGEER OORMATIG OP DIE VVERELDMENING (86 H 1)

4.5. DIE AFRIKANERJEUG SE OPVOEDING MET BETREKKING TOT DIE EKONOMIE IS VOLDOENDE (86 E 1)

4.5.1. Konstruktiewe toesprake 4.5.1.1. Eerste voorstander

Die omskrywing van voldoende, wal die kerndispuut van hierdie debat vorm, is onbevredigend, aangesien "genoeg en goed genoeg" (78:6) net so relatief as

voldoende is. Die begrip jeug, kon ook aan 'n bepaalde ouderdom gekoppel

gewees het, deur byvoorbeeld die jeug as almal tussen 10-21 jaar te beskou. Die hoe graad van abslraksies word in die bogenoemde twee begrippe nie werklik verlaag en in meer konkrete terme uitgedruk nie. Die res van die definisies is bevredigend.

Die hoofpunte vloei voort uit die verskillende wyses waarop opvoeding kan geskied. Die afwesigheid van 'n duidelike omskrywing van wat elkeen presies behels, is hier 'n lcemte. Die hoofpunte, naamlik informele opvoeding en nie- formele opvoeding is as sodanig relevant (78:24-29). Dit word egter nie genoegsaam uitgebou nie, omdat hulle nie aan kriteria vir voldoende en aan die spanintcrpretasie van ekonomie gekoppel is nie. Sy moes byvoorbeeld be- wys dat informele opvoeding in die huis, deur die media en deur opvoedkun- dige speletjies goed genoeg is om die jeug op te voed met betrekking tot per- soonlike finansies, en/of kennis van die sakewereld, finansiele instellings en die arbeidsmark (78:6-9). Soos in vorige besprekings genoem is, word die definiering van die begrippe nie voldoende in die argumcnte wat aangevoer word verreken om die proposisie as waarskynlik waar te bewys nie.

Evaluering: gemiddeld (5).

4.5.1.2. Eerste teenstander

die voorstandcrs se definisies (80:9-11). Dit is aanvaarbaar. In so 'n geva] moet die evaluering van die voorstandcrs se definisies ook vir die teenstandcrs geld, hetsy goed of swak.

'n Baie belangrike standaardgeskilpunt word hier van toepassing gcmaak deurdat kriteria gestel word waarvolgcns voldoende opvoeding bepaal kan word (81:39-50). Die kernvraag wat die beoordclaar moet beantwoord is dit: Is die maatstaf redelik en regverdig? Die kriteria kan dalk sulke hoe cise stel dat dit vir die teenstandcrs maklik is om te bewys dat die opvoeding onvol- doende is.

Volgens die teenstanders is die sewe punte 'n maatstaf vir 'n ekonomies- weerbare mens (81:38). Die tweede teenstander beskou hierdie punte as die vereistcs gestel vir "ekonomiese volwassenheid" (85:14-16). Nou is die vraag of dit gelyk gestel kan word aan 'n maatstaf om genoegsame opvoeding van die jeug te bepaal, want dit is waaroor die debat handel. As die maatstaf op 'n dertienjarige kind van toepassing gemaak word, is dit beslis omcgverdig. Dit sou regverdiger wees as 'n ecn en twintig-jarige universiteitstudent hiervol- gens getoets word. Voldoende kennis in enige vakgebied word tog getoets nadat die skolingsproscs deurloop is. Hierdie kriteria is dus nie geskik om die jeug se opvoeding te toets terwyl hulle nog in die proses van opvoeding is nie. Hoe, en op wie die kriteria toegepas word, sal die regverdigheid daarvan bepaal.

Om kriteria te stel waarvolgens voldoende ekonomiese opvoeding bepaal kan word, is korrek, maar om dit dan nie self toe te pas nie, is foutief. Die teenstander stel nie duidclik dat die vraelys (82:72-82) 'n direkte toepassing van die sewe punte is nie. Volgens die beskikbare inligting stem die vraelys, behalwe vir ecn vraag, nie ooreen met die sewe genoemde punte nie. Wat is die sin van kriteria as dit nie toegepas word nie?

Die ander hoofpuntc poog om by die van die eerste voorstander aan te sluil. Aanpassing by die opponente se hoofpunte oin sodoende botsing van ar- gumente te bewerkstellig, is die ideaal in debattering. In hierdie geval het dit nie gercaliseer nie en sal die kritiek onder redenering en organisasie be- sprcek word.

Die evaluering van die analise van die eerste teenstander is nie maklik nie omdat dit van ongelyke gehalte is. Die stel van kriteria is volgens die

debatsteorie 'n essensiele geskilpunt (baie positief), niaar dan word die kriteria nie toegcpas nie (baie negatief). Verder poog hy om in die geskil- punte by die voorstander aan te pas (positief), maar slaag nie werklik daarin nie (negatief).

Evaluering: gemiddcld (5).

4.5.13. Tweede voorstander

As deel van die inleiding word die "beslote kooperasies" (83:5-13) te berde gebring, maar nie aan die debatspunt gekoppel nie. Die saak is dus geen ge­ skilpunt in die debat nie en daarom irrelevant. Dieselfde geld ten opsigte van die verwysing na volwassenes wat moes veg vir die "Afrikaner se plekkie in die ekonomie" (83:14-17). Dit beweeg buite die punt onder dispuut.

Die formele opvoeding waaronder sekondere en tersiere onderwys, is wel relevant. Dit is egter steeds nie duidelik waaraan voldoende opvoeding gemeet word nie. As die teenstanders se kriteria nie aanvaar word nie (83:18-24) moet ander kriteria gestel word. Die tweede voorstander stel, sonder dat sy daarvan bewus is, wel 'n kriterium vir voldoende opvoeding met betrekking tot die ekonomie: "hulle moet hulle slegs as volwassenes op finansiele gebied kan handhaaf (83:20-24), en hoef nie kenners ten opsigte van die ekonomie te wees nie. Hierdie kriterium word egter nie toegepas nie, want onder formele opvoeding word reeds verwys na opvoeding met die oog op vorming van kenners van die vak. Die kriterium en die hoofpunt rym dus nie met mekaar nie.

Uit die verdere argumente blyk dit dat voldoende ekonomiese opvoeding bepaal word na aanleiding van die hoeveelheid individue wat die onderskeie ekonomiesgcrigte vakke neem (84:41-46; 84:62-67), asook na aanleiding van die praktykgerigtheid van sillabusse (84:48-52). Die voorstander kon ook duideliker aangetoon het hoe hierdie formele opvoeding ten aansien van die vier aspekte waaruit die ekonomie bestaan (vgl. 78:7-9) voldoende is. Die belangrikste kritick is dat die ekonomiese opvoeding nie aan duidelik ge- stelde en konsekwente kriteria getoets is nie.

4.5.1.4. Tweede teenstander

Die tweede teenstander sluit beter as die cerste teenstander by die tweede voorstandcr se hoofpunt aan. Formele opvoeding is indcrdaad 'n belangrike geskilpunt omdat hy aanvoer dat die kwaliteit daarvan nic voldoendc is nic. Die laaste punt, naamlik die eise van die toekoms (86-87:62-83), word nic werklik 'n geskilpunt in die toespraak nic. Die Icenstanders koppel dit nic direk aan die huidige opvoeding nie. Hy voer ook nie konkrete voorbccldc aan wat die huidige opvoeding as onvoldoende met betrekking tot die tockomseise bewys nie. Dat hierdie eise nie die span se standpunt ondersteun nie, word verder bewys deurdat dit in die samevatting van die span se betoog nie eens genoem word nie (87:84-89). Om hierdie punt bevredigend te kon debatteer, mocs hy voldoendc opvoeding met betrekking lot die ekonomie reeds by die definicring omskryf het as opvoeding wat die jcug toerus om loekomstige ekonomiesc probleme te hantecr. Verder mocs hy kriteria gestel het om die opvoeding ten aansien van die toekorns aan te toets, om clan met voorbeelde tc bewys dat die ekonomiesc opvoeding nie hicraan voldoen nic. Aangesien bcide spanne, op een punt na, dicselfdc geskilpuntc gchad het, asook dieselfde definisies vir beide gegeld het (vgl. 80:9-11), behoort hulle byna diesclfdc punt vir analise tc kry. Die kwaliteit van die bevvyse en redencring sal bepaal wie die beste hullc standpunt gestaaf het.

Evaluering: bo gcmiddeld (6).

4.5.2. Repliektoesprake 4.5.2.1. Eerste teenstander

Die argumcnte wat die eerste leenstander aanval, is rclevante kernpunte, maar die gcbrck aan bevvyse en konsekwente redenering maak die aanval feit- lik kragteloos. Hierdie aspekte sal volledig onder bewyse en redenering tcr sprake kom. Die evaluering van analise wcerspieel hier die kwaliteit van die bewyse en redenering (kyk p. 256).

4.5.2.2. Eerste voorstander

Die eerste voorstander reageer wel op die aanval van die teenstanders, maar 'n reaksie op die kerngeskilpunt, naamlik die sewe maatstawwe van die teenstanders, ontbrcek steeds. Die voorstanders kan dit nie laat verbygaan weens 'n beweerde gebrck aan tyd nie (89:18-21). In debattering kan meer as een keer op dieselfde aspek gereageer word, veral as dit 'n kerngeskilpunt raak en dit blyk dat die eerste aanval om een of ander rede nie genoegsaam of effektief blyk te wees nie. Elke aanval moet egter met nuwe bewyse gestaaf word, 'n ldentiese herhaling van bewyse wat in die konstruktiewe toespraak gebruik is, is onvoldoende.

Die reaksie op die interpretasie van voldoende (89:1-12) en die kwaliteit van onderrig (90:27-34) is ter sake en toon bevredigende analise. Die eerste voorstander reageer op geskilpunte, maar nie op die belangrikste een nie. Evaluering: bo gemiddeld (6).

4.5 23. Tweede teenstander

Die aspekle waarop die tecnstander sy aanval rig is belangrike arguinente, naamlik die rol van speletjies, sakgeld en kompetisies. Dit is dan ook aspekte waarop die voorstanders hul saak gebou het. Die redes vir die aanval op die verskillende aspekte is egter nie deurgaans geldig nie en die punt vir analise moet daarmee rckening hou. Om 'n belangrike geskilpunt te identifiseer is positief, maar om dit dan met swak bewyse of foutiewe redcnasies te weerle, elimincer die positiewe waarde van die korrekte identifisering. Vollediger be- spreking hiervan sal onder bewyse en redenering geskied.

Evaluering: gemiddeld (5).

4.5.2.4. Tweede voorstander

Die analise van die tweede voorstander is bevredigend. Hoewel die voorstanders die sewe maatstawwe en die toepassing daarvan nog nie be­ vredigend kon weerle nie, konsentreer sy hier op ander ter saaklike geskil­ punte wat in die repliektoesprake na vore gckom het, naamlik die ingcligt- heid van die jeug (92-93:11-22), leerplannc op sekondere en tersiere vlak (93:23-34), opvocdkundige speletjies (93:35-47), en die feit dat die opvoeding

by die ontwikkeling van die kind moet aanpas (93:48-51). Laasgenoemde aspek kon sy egter stcrker beklemtoon en vollcdiger gestel het, aangesien die teenstanders telkens hierop tcruggekom het.

Evalucring: bo gemiddeld (6).