• No results found

EKONOMIESE VOORUITGANG WORD NA BEHORE UEUR DIE AFRIKANER BENUT TER UITBOUING VAN SY KULTUUR (85 E1)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

43. SUID-AFRIKA REAGEER OORMATIG OP DIE WERELDMENING

4.4. EKONOMIESE VOORUITGANG WORD NA BEHORE UEUR DIE AFRIKANER BENUT TER UITBOUING VAN SY KULTUUR (85 E1)

4.4.1. Konstruktiewe toesprakc

4.4.1.1. Eerste voorstander

Die eerste voorstander maak net van twee deskundige uitsprakc gebruik. Die eerste vcrwysing (57:21-25) word ter ondersteuning gebruik in die omskry- wing van ekonomiese vooruitgang. Hier, soos ook met die volgcnde ver- wysing van Pieter Grobbbelaar, ontbreek 'n duidelike identifisering van die outeur asook die datum van die publikasie.

Om Pieter Grobbelaar as deskundige tc gebruik in die omskrywing van kultuur is korrek. Die foutiewe analise het daartoe gelci dat sy interpretasie van kultuur in die algemeen en nie sy omskrywing van " 'n volk se kultuur" gebruik is nie, naamlik die band van gcloof, gemeenskaplike taal en nasiona- lisme (Grobbelaar, 1974:30). Grobbelaar (1974.19-29) onderskci self tussen kultuur en beskawing (1974:19 29) asook tussen blote kultuur en 'n volk se kultuur. Die bewys is dus vir hierdie debal irrelevant omdat kultuur nie in ooreenstemming met die proposisie gei'nterprctecr is nie.

Die bewyse is onvoldoende. Vcral die stelling dat die kultuuruitbouingstaak van die Afrikaner vier take omvat (58-59:72-87), vra om grondige bewyse. Evaluering: baie swak (2).

Die voorstander het die belrokke gedeeltes waarna vcrwys is betroubaar weergegee.

4.4.12. Eerste teenstander

Die eerste teenstander se bewyse is genoegsaam, relevant en toon 'n ge- balanseerde verskcidenheid. Veral die eerste uitspraak (59:1-3) ondersteun uitstekend die voorstander se twee hoofpunte wat later volg.

Wat deskundige uitsprake betref (59:1-3; 61:47-50; 61:52-55; 61:65-68; 62:90-94) word die kwaliteit daarvan benadeel aangesien dit nie deurgaans duidelik gestelword of die uitsprake uit 'n publikasie of tydens 'n onderhoud verkry is nie. Slegs in twee gevalle is dit duidelik (61:52-55; 61:65-68). Verder ontbreek die datcring van die uitsprake. In die laaste uitspraak moes prof. H.J. Rossouw se spesialiteitsgebied vir die gehoor ge'identifiseer gewees het (62:90-94).

Die eerste voorbeeld is relevant, maar nie genoegsaam om die veral- gemening te ondersteun nie, naamlik "die Afrikanersakeman verloen sy kul- tuur in sy strewe na verdcre ckonomiese vooruitgang" (61:57-62). Di6 stelling vra om meer voorbeelde.

Die ander voorbeeld is in tenne van statistiek weergegee na aanleiding van 'n ondersoek wat geloods is (61:73-85). Dit is 'n baie sterk bewys maar nie genoegsaam benut nie. Om hierdic bevindinge te kon beoordeel moes die teenstander meer detail gegee het: Wat is aan elke respondent gevra? Vol- gens watter gemiddelde inkomste is die persentasie bepaal? Verder moes hulle ook getoon het of hulle vir moontlike foute voorsiening gemaak het. Huisgesinne kon byvoorbeeld nie geweet het hoevcel hulle per maand aan genoemde sake bestee nie en bloot 'n geskatte bedrag ingeskryf het. Om hierdie onsekerheid te ondervang kon R13,85 byvoorbeeld tot R14 afgerond word om sodoende 'n speling in die gemiddelde toe te laat. Dit sou ook waardevol gewees het as die eerste voorstander 'n gemiddelde aangedut het wat volgens hulle na behore sou wees.

Ten spyte van genoemde kritiek is elke hoofpunt, vvat 'n geskilpunt verteenwoordig, in hierdie toespraak met konkrete bcwysc ondersteun: die ccrstc punt deur twee deskundige uitsprake, 'n voorbeeld en die RGN- verslag; en die iweede punt deur statistic! wat 'n opnamc ondcr 512 huis- gcsinne in 'n welvarende buurt verteenwoordig.

Evaluering: goed (7).

4.4.13. Tweede voorstander

Weens die foulicwe analise is die bewyse irrelevant ten opsigte van die debatspunt. Die hoeveelheid beheer wat die Afrikaner oor die landsekonomie het (63:34-39) is nie die punt onder dispuut nie, maar of hy hierdie feit benut om sy kultuur na behore uit te bou. Waar en wanneer die uitspraak gemaak is, word nie aangedui nie.

Verder beroep die tweede voorstander horn op voorbeelde. Om die stelling te bewys dat die Afrikaner sy ekonomie na behore benut om sy taal en gods- diens na ander uit te dra, word die getalle genoem van Swart lidmatc van die NG-kerk en die aantal andersklcuriges wat Afrikaans praat (63:56-59). Die bron en vcral die datum wat by statistiek baie bclangrik is, ontbreek liier. Hierdie voorbeelde oortuig nie, omdat die kerstcning van Swartes nie nood- wendig op uitbouing van die Afrikaner se unieke kultuur dui nie maar op die verspreiding van die evangclie wat nie slegs tot die Afrikaner beperk is nie. Die groei kan byvoorbeeld ook aan Swart leraars se bearbeiding te danke wees. In die lig van die oorwig van anderskieurigcs in die totale bevolking is die aantal anderskleurige lidmate ook nie so beduidend nie. Verder word daar ook nie aangedui hoe die godsdiensoordrag met ekonomicsc benutting verband hou nie.

Wat die taal betref is die voorbeeld nie noodwendig die gevolg van 'n doelbewuste kultuuruitbou nie, maar heel moontlik die gevolg van die anderstalige wat uit noodsaak die taal aanlcer omdat die Afrikaner moontlik sy werkgewer is (63:59-61). Afrikaans was nog altyd ook deel van die Kleurling se kultuur. Dit sal byvoorbeeld beduidend wees indien die voorstander kon bewys dat slegs 20% van die Kleurlinge dertig jaar gelede Afrikaans kon praat en dat 80% dit tans praat. Dan moes hy verder bewys het dat die groei 'n gevolg is van die Afrikaner wat sy geld beskikbaar gestel het om geleenthede en hulpmiddcls te vcrskaf om hulle Afrikaans te leer.

Kleurlinge wal Afrikaans kan praat hct moontlik nog altyd 80% van die bevolking uitgemaak. Die genoemde voorbeelde dra dus nie by om die argument te ondersteun nie.

Die opnecm van Kleurlinge en Indiers in die nuwe grondwet be\vys nie per se dat almal sodanig opgehef is dat hulle as verlengstukke van die Afrikanerkulluur beskou kan word nie. Beskawing en kultuur word weer eens verkeerdelik aan mekaar gelykgestel: 'n beskaafde Indier en 'n beskaafde Afrikaner staan wat hulle eiesoortige kultuur betref baie ver van mekaar. In die laaste voorbeeld (64:78-83) word fisieke voortbestaan as't ware aan eie kultuuruitbou gelykgestel. Die bewys is irrelevant, want dit gaan nie in hierdie debat om die vraag of kultuuruitbou moontlik is as 'n volk nie self regeer nie. Dit gaan om die vraag of die Afrikaner in die huidige omstandighede sy ekonomie benut tcr uitbouing van sy kultuur. Die bele argument en die bewys is irrelevant.

Evaluering: baie swak (2).

4.4.1.4. Tweede teenstander

Die tweede teenstander gebruik 'n verskeidenheid bewyse van wisselende gehalte.

Wat die deskundige uitsprake betref is dit deurgaans relevant, maar die outeur is nie altyd duidelik geidentifiseer en die bron gedateer nie (65:1-5; 66:38-40; 66:47-50; 66:57-59). 'n Bclangrike punt van kritiek is die ve!e statistiek sonder bronverwysings. Dit is belangrik dat veral statistiek se oorsprong en datum vermeld moet word om die betroubaarheid te kan evaluecr (66:69; 67:78-85). Die persentasie Afrikaanssprekendes is foutiewelik by die voorstander oorgeneem. Hy het gese dat die Afrikaner 52% van die landsekonomie beheer (63:33-38). Die stelling: "Statistieke toon dat teenoor elke duisend oorsese plate slegs nege Afrikaanse plate versprei word" is baie misleidend. As die totale oorsese bevolking met die handjievol Afrikaners vergelyk word is dit dalk geen geringe prestasie nie. Persentasie ten aansien van die bevolking sou hier 'n korrekter weergawe van die ware toedrag van sake gegee het.

Afrikaanse sangers nie, maar vir enige Suid-Afrikaanse sanger. Sy uitspraak betrck die kwessie dat builelandse sangers veel meer as Suid-Afrikaanse sangers betaal word.

In gehecl is die kwantiteit en verskeidenheid van die bewyse onvcrbeterlik, maar die onvolledige bronverwysings, vcral ten opsigte van die statisliek, benadeel die kwaliteit daarvan. Die bewyse se relevansie is 'n gcvolg van 'n korrekte analise.

Evaluering: goed (7).

4.4.2. Repliektocsprake 4.4.2.1. Eerste teenstander

Hierdie toespraak is 'n voorbeeld van die idcale rcplicktoespraak sovcr dit bewyse aangaan. Vir haas elke aanvalsargument word 'n bewys ter ondersteuning aangebied.

Die toespraak begin met 'n bewys wat die kern van die voorstanders se be- toog weerspreck (67-68:1-5) - 'n uiters relevante geskilpunt in die debat. Die sicning van prof. P.G. Nel word dan nog verdcr ondersteun deur die Boes- mankultuur as voorbeeld te noem. So word aanvalle op die argumente van die voorstanders telkens met nuwe bewyse gestaaf. Vorige bewyse word nie net herhaal, soos dikwels in repliektoesprake die geval is, nie.

Die gebrek aan datering (68:4-5; 69:53-55) en die onvolledige identifisering van die deskundiges (68:4-5; 69:44-45; 69:52-55) doen wel afbreuk aan gc- noemde bewyse en verhocd 'n onvcrbeterlike punt.

Evaluering: baie goed (8).

Die aangehaalde bronne is korrek wccrgegcc. Sy moes net gemeld het dat prof. P.G. Nel se bron 'n studiegids en nie 'n gewone boek is nie.

4.4.2.2. Eerste voorstander

Die eerste voorstander maak twee keer daarop aanspraak dat sekere stellings " 'n bewese feit " is (69-70:15-19; 70:48-50), terwyl die bewyse dit geensins

regverdig nie.

Die verwysing na Picter Grobbelaar se vier ordeninge (70:21-24) is irrelevant en bied geen steun aan enige stelling wat die proposisie as waarskynlik waar sal bewys nie. Ook die aanhaling uit Piet Meiring se boek is irrelevant (70-71:54-64). Dit ondersteun wel die stelling dat die Afrikaner deur middel van sy politieke mag "die sekuriteit van die volk verseker" (70:51-54). Die stelling het egter geensins op die kerndispuut van die debat betrekking nie. Die stelling dat dit vanselfsprekend is "dat as jy anderskleuriges van werk voorsien het...; jy hulle as't ware tot jou kultuur bekeer het" (70:44-48), kan bevraagteken word en vra om baie sterk bewyse.

Evaluering: baieswak (1).

4.4.2 3 . Tweede teenstander

Die eerste twee uitsprake (71:1-7) is relevant ten opsigte van die proposisie, maar dit kon duideliker aan 'n vorige argument van die voorstanders gekop- pel gewees het.

Die volgcnde twee bewyse is voorbeelde waarvan die eerste een 'n sterk be­ wys is ter ondersteuning van die stelling dat die "Afrikanerkultuur geen prioriteit by die sakeman het nie" (72:29-36). Die opname sou nog sterker oortuig het as die totale aantal sakemanne wat betrek is genoem is.

Die tweede voorbeeld van die geelbladsye is relevant, maar onbeduidend (vgl. p. 249). Die bron van die persentasie Afrikaanssprekendes ontbreek nog steeds.

Wat hier positief is, is dat nuwe bewyse aangevoer is om rcedsgenoemde ar- gumente te verslerk.

Die volgende stelling vra om 'n bewys: "Baie Afrikaners hang vandag ook eerder die ekonomiese stroom aan" (71:7-8).

Evaluering: goed (7).