• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

8. Bydrae tot spanpoging Eerste totaal

43.2. Puntcverliouding en die wenspan

43.2.1. Piinteverlioudings

Punteverhoudings is reeds hierbo aangeraak en gaan nou vcrdcr bespreek word.

Indien die puntetotaal van die vaardighede die wenner aandui, is die vaar- dighede, maar veral die puntetoekenning aan elke vaardigheid van die uiterste belang. Om 'n konstante punt aan elke vaardigheid toe te ken vir konstruktiewe sowel as rcpliektocsprake blyk 'n onregverdige verdeling te wees wat nie rekening hou met die presiese belang van elke vaardigheid tydens 'n debat nie. Hierteenoor staan die feit dat elke debat uniek is en in teorie en praktyk word verskillende eise gestel aan konstruktiewe en repliek- toesprake, asook aan verskillende sprekers in 'n debat. Die "gewig" wat elke vaardigheid dra moet dus dienooreenkomstig bepaal word. So 'n regverdige of korrekte bepaling is egter haas onmoontlik weens die uniekheid van elke afsonderlike debat en elke proposisie. In 'n proposisie van feite speel bewyse byvoorbeeld 'n veel grotcr rol as in die geval van 'n proposisie van waarde- oordeel. Tog kan gepoog word om so 'n "korrekte" punteverdeling as moontlik te identifiseer.

Met die huidige beoordclingsvorm van die JR kan 'n span goed vaar en selfs 'n debat wen sonder om goed te kan debatteer. As die span baie goed is in lewering, taalgebruik, organisasie, spanpoging en selfs analise (63% van die puntetotaal) en gemiddeld of swak in bewyse, redenering, aanval en verde- diging (37%), kan so 'n span veel bcter vaar as 'n span wat goed is in laas- genoemde drie en gemiddeld in die eersgenoemde aspekte. Die kernvaar- dighedc dra in vergelyking met die res te min gewig. In die genoemde studie van Roever en Giffin (1960:13) is bevind dat bewyse, redenering en aanval en verdediging 54% van die puntetotaal in beslag neem. Williams et al. (1966:20) wat 138 hoerskoolleerlinge in 'n empiriese studie betrek hct, het ook bevind dat argumentering die dominante faktor is in die bepaling van die wenner. Thompson (1971:111) wat verskeie empiriese bevindinge bestudeer het, het gevind dat almal dit eens is dat argumentering - bewyse phis redenering - die primere faktor is wat in terme van punte die meeste gewig moet dra.

Een probleem van die JR se vorm le daarin dat 'n aspek soos spanpoging dieselfde gewig dra as 'n bclangrike vaardigheid soos bewyse, redenering of aanval en verdediging. Dieselfde geld vir taalgebruik en lewering wat tesame meer gewig dra as byvoorbeeld bewyse of redenering. Dil is 'n onhoudbare punteverdeling. Baird se standpunt wat sewe en dertig jaar gelede gemaak is, word tans nog steeds as geldend beskou:

"...the admonition to judge a debater by his skill in evidence and ar­ gument more than by delivery or language, still holds " (1950:38) (beklemloning - PS).

'n Ander probleem kom na vore as die eerste voorstander se pligte met die punteverdeling vcrgelyk word. Die eerste voorstander is die inleier van die hele debat en moel besondere aandag aan analise gee: die definiering van begrippe, afbakening van die proposisie en identifisering van geskilpunte. Hierdie vaardigheid tel dieselfde as aanval en verdediging wat in die eerste toespraak van 'n debat haas geen rol speel nie. Die voorstander kan nog glad nie verdedig nie en kan bloot by wyse van antisipasie 'n aanval loods. Hierdie aanval loop altyd die gevaar om 'n skoot in die donker te wees omdat die presiese strategic van die teenstanders nog nie bekend is nie. Volgens die debatsteorie staan die eerste spreker ook onder geen verpligting om aan te val nie (Patterson & Zarefsky, 1983:98 & 229). Watter punt ken die beoor- delaar toe aan 'n vaardigheid wat die debatleerder nie verplig is om te toon nie?

4 3 22. Bepaling van die wen span

Die wenspan kan nie deurgaans volgens die puntetotaal bepaal word nie. Wat gebeur in die geval waar 'n span in al die vaardighede goed vaar, maar die proposisie onregverdig of selfs foutief interpreteer, terwyl die opponente se vaardighede gemiddeld, maar die ontleding en inlerpretasie korrek is? Laas- genoemde span behoorl te wen, maar volgens die puntetotaal kan die eersgenoemde span wen. Dit is 'n dilemma wat enige beoordelingsvorm (waar die puntetotaal die wenner aandui), hoe goed ook al, nie kan oplos nie. Hierdie probleem sou vergelyk kon word met 'n leerling wat in 'n eksamen 'n baie goeie anlwoord inhandig, maar dit is nie die korrekte antwoord op die vraag wal gestel is nie. Die puntetotaal van die verskillende vaardighede kan dus nie deurgaans die deurslaggewende faktor wees in die bepaling van die wenner nie.

Die beginsel behoort ook te geld as aanval en verdediging geensins voorkom nie. Aanval en verdediging wat reeds van die tweede konstrukliewe toespraak af moet plaasvind, vorm die essensie van die repliektoesprake. Verskillende uitsprake onderstreep die rol van aanval en verdediging:

should severely penalize either team for failure to clash on the key issues" (Kleinau, 1982a:228).

Vir Wood is die kern van 'n debat:

"...the clash of the ideas and evidence of the speakers on the two sides of the topic" (1972:93) (vgl. ook Thomas, 1979:289, Patterson & Zarefsky, 1983:222).

Volgens die ,IR se vorm word in beide konstruktiewe en repliekloesprake slegs 12,5% van die tolale punte hieraan toegekcn. Dit sou dus vir 'n span wat glad nie aanval en verdedig nie, maar in al die ander vaardighede baie goed is, moontlik wees om 'n hoe puntetotaal te verkry; en selfs te wen teen 'n span wat wcl botscnde slandpunte aanval, maar minder goed in die sekondere vaardighede is. Weer cens 'n onhoudbarc situasie. Eersgenocmde span sou vergelyk kon word met 'n sportspan wat sy opponente ignorcer en met homself spcel; as so iets moontlik sou wees.

Samevattend: Die kcrnproblcem van die ,IR se vorm is dus dat spanne kan wen wat in werklikheid nie die beste gedebatteer hct nie. Dit is 'n gevolg van te vecl vaardighede en die gevolglike wanbalans in die punleverhoudinge. Die praktyk dat die puntetotaal die wenner bcpaal is ook hiervoor verantwoor- delik. Die baie punte vir beide konstruktiewe en repliektoesprake bemoeilik onnodiglik die taak van die beoordelaar, sonder dat die beoordeling nood- wendig betroubaarder is.