• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

4. EVALUERING Knelpunte

4.1. DIE AFRIKANERBEROEPSVROU STAAN HAAR PLEK VOL IN DIE OPVOEDINGSGEBEURE (86 U 1)

4.1.1. Konstruktiewe toesprake 1 Eerste voorstander

Die definisies is onbevredigend. In die omskrywing van beroepsvrou (1:14-16) kan verwag word dat daar oor die volgende vrae uitsluitsel gegee moes word:

Word beide die getroude en ongetroude beroepsvrou by die debat betrek? Word 'n vrou wat 'n tydelike pos beklee of slegs halfdag werk ook hieronder gereken? Wat van die vrouens wat tuis 'n beroep beoefen?

Dil is aspekte wat belangrike implikasies vir die verloop van die debat mag he.

Opvoedingsgebeure (1:16-23) bly nog steeds vaag. Presies waar en hoe

geskied opsetlike en onopsetlike opvoeding? Die beskrywing van prof. I.N. Steyn moet dus in terme van hierdie proposisie van toepassing gemaak word; so nie, bly dit in die lug hang. Volgens hierdie omskrywing geskied opvoeding ook tussen volwassenes (1:20-21); 'n aspek wat nerens in die debat ter sprake kom nie.

Die kruks van die proposisie, naamlik plek vol staan, word glad nie gedefiniecr en geen kriteria word daarvoor gestel nie. Soos vroeer genoem is dit die deurslaggewende faktor in die bepaling van die waarskynlike waar- heid van die proposisie.

Die drie hoofpunte (1:24-31) betrek onderskeidelik drie terreine waar die beroepsvrou haar plek vol staan, naamlik in die samelewing, in die onderwys en tuis. Die kwessie of die beroepsvrou tuis en in die onderwys haar plek vol staan is twee belangrike en relevante geskilpunte. Wat as 'n op- voedingsgebeurtenis in die samelewing beskou kan word, word nooit duidelik omskryf nie. Die bespreking van die beroepsvrou se opvoedingstaak in die samelewing, wat as eerste hoofpunt in vooruitsig gestel is, lewer dus geen bydrae nie, veral ook omdat geen werklike argumente ter ondersteuning aan- gevoer is nie. Dit groei dus nie tot 'n werklike geskilpunt nie. 'n Fout in die

analise kom ook duidelik na vore as volkslewe, kerklike lewe, op­ voedingsgebeure en beroepslewe parallel georden word (2:40-41)(vgl. p. 347). Hiermee word gci'mpliseer dat opvoedingsgebeure naas en apart van die ter- rein van die volk, kerk en beroep staan terwyl dit juis op al hicrdie terreine ook kan geskied.

Die katcgorie van die proposisie is korrek bepaal, maar die standaardgeskil- punte is nie toegcpas nic.

Evaluering: onder gemiddeld (4).

4.1.1.2. Eersle tcenstander

Die eerste teenstander vocr aan dat hulle nie met die voorstander se dcfiniering saamstem nie (3:1-3), maar dui nie aan wat die fout is nic en gee ook nie die korrekte definisie nie. Dit is baic onbevredigend. Alleenlik wan- neer die teenstanders met die voorstanders saamstem, hoef die kernbegrippe nie weer gedcfinieer te word nic. Dit die verdere betoog word afgelei dat, volgens hierdie span, opvoeding op vyf terreine geskied (3:5-7); dat die beroepsvrou wat ter sprake is van 8-5 wcrk (4:36) en vier kinders het (4:37). Die hoofpunte, wat veronderstcl is om die vergestalting van geskilpunte te wees, identifiseer vyf terreine waar opvoedingsgebeure plaasvind. As sodanig is hiermee gecn fout te vind nic, behalwe dat tot op hierdie stadium geen duidelike kritcria geslel is waarvolgens bepaal kan word of sy op die verskil- lende terreine haar plek wel vol staan/nic vol staan nie. Die argument wat die arbeidsmark betrek, slaag nie, omdat die aard van opvoeding wat in die ar- beidsmark geskied, nie duidelik gedcfinieer is nie (6:89-119). Volgens die debatteerder vind opvoeding wel in die arbeidsmark plaas (3:4-7) en moet hulle dus bewys dat 'n beroepsvrou ook hier nie haar plek vol staan nie. Tog voer sy aan dat die vrou "haar plek so uitmuntend op ons land se ekonomiese front vol staan" (6:105-106). Haar weersprcking verswak die span sc betoog en getuig van swak analise. In werklikheid is die hoofpunt, naamlik dat die beroepsvrou nie in haar huis haar plek vol staan nic, die enigste geskilpunt. Evaluering: swak (3).

4.1.13. Tweede voorstander

Dit is onnodig vir die tweede voorstander om weer die begrippe te definieer, tensy daar 'n verskil oor sekere terme tussen die twee spanne bestaan. In hierdie geval het die eerste teenstander wel gese dat hulle verskil, sonder om redes aan te bied. Die tweede voorstander het dus geen verpligting om ten opsigte van die definisie te reageer nie, maar kon wel die teenstanders op bogenoemde leemle gewys het.

Die definisies lewer ook geen bydrae nie, omdat dit so onvolledig is (7:6-10). Om byvoorbeeld die AFrikanerberoepsvrou as "die Afrikaanse vrou wat 'n beroep beoefen" (7:8) te tipeer, is geen omskrywing nie, maar net 'n om- railing van woordorde.

'n Vae kriterium vir plek vol staan, word nou vir die eerste maal in die debat te berde gebring. Dit is 'n vrou wat" haar pligte ken en dit doen" (7:9), aldus die tweede voorstander. 'n Beroepsvrou sal hiervolgens haar plek vol staan as sy weet wat haar opvoedingspligte is, - wat dit ookal mag wees!- en dit uit- voer. Hoe goed sy dit doen, is hiervolgens nie ter sake nie. Tog praat beide ook van "ten voile vol staan" (7:4; 15:31-32), sonder om presies te se wat met hierdie toulologie bedoel word. Dit impliseer meer as net iemand wat haar plig ken en dit doen. Die interpretasie van begrippe is dus nie konsekwent nie. Die omskrywing van opvoedingsgebeure verskil ook van die van haar span- maat (7:9-10).

Die tweede voorstander se hoofpunte (7:15-18) is geen geskilpunte nie en weerspieel swak analise. Elke sogenaamde hoofpunt verteenwoordig nie 'n geskilpunt nie, maar wel 'n bcgrip van die proposisie wat in elke geskilpunt verreken behoorl te word. Die begrippe moes in die definiering omskryf gewees het om dan in die geskilpunte gebruik te word, byvoorbeeld: die beroepsvrou - soos omskryf - staan haar plek vol - volgens kriteria wat genoem is - in die opvoedingsgebeure - soos uiteengesit - op die terrein van die huis, beroepslewe, kerk, ens. Dit is dus onmoontlik om beroepsvrou, op­ voedingsgebeure en plek vol staan in die hoofargumente te skei (7:5-18), om­ dat geen sinvolle debattering sonder die inrekening van al die begrippe kan geskied nie. Die inhoud van die drie hoofpunte bewys dit ook inderdaad. Die groot verskil in die spanlede se ordeningsbeginsel van hoofpunte, en die oorvleueling met betrekking tot die inhoud, toon dat daar wat analise betref

geen spanwerk plaasgevind het nie. Evaluering: baie swak (1).

4.1.1.4. Tweede teenstander

Die feit dat die tweede teenstander nie na die defmisies verwys nie, beteken dat hy met die van die voorstanders saamstem. Hieruit kan afgelei word dat die eerste voorstander nie werklik bedoel het wat sy ten opsigte van die definisies gese het of dat daar geen spanwerk ten opsigte van analise was nie (3:1-3).

Wat die hoofpunte betref (10:7-9), kom die samelewing en die kerk nooit ter sprake nie. Deurdat die tweede teenstander twee hoofpunte wat in vooruitsig gestel is nie debatteer nie, en verder van die oorblywende hoofpunt afdwaal, deur na die vrou se rol in die huis terug te keer (11:27-36), toon hy duidelik dat die identifisering van geskilpunte onbevredigend is. Dit word ook bewys deurdat die benaming van die hoofpunte myns insiens onvanpas is. 'n Redelike groot gedeelte van albei lede se betoog handel oor die beroepsvrou se skuldgevoelens (5:47-60; 11-12:37-87). Hierdie span sou dus 'n hoofargu- ment kon bou rondom die geskilpunt, naamlik dat die sogenaamde skuldgevoel van die beroepsvrou in haar pad slaan om haar plek in die op- voedingsgebeure vol te staan.

Hoewel die span vyf lerreine gei'dentifiseer het, is uiteindelik net twee gedebatteer, naamlik opvoeding tuis en in onderriginstellings, wat - as dit goed gedoen was - heellemal voldoende sou gewees het. Hier kom egter een van die knelpunte voor, wat ter aanvang genoem is. Om die vrou se rol in die onderriginstellings as 'n geskilpunt te debatteer is relevant, maar die ar- gumente wat aangevoer word is heeltemal irrelevant (10:12-26) (vgl. p. 219). Die tweede teenstander kan dus nie krediel kry vir hierdie geskilpunt nie. Evaluering: Swak (3).

4.1.2. Repliektoesprake