• No results found

Samevattend sal die volgende vrae rondom die probleem van beoordeling gestel word:

* Wat is die doel van 'n opvoedkundige debat?

* In hoe 'n mate kan die beoordeling help om die doel te bereik? * Watter beoordelingsparadigmas, indien enige, kan op die JR se

kompetisie van toepassing gemaak word?

* Watter eise kan aan 'n geskikte beoordelaar gestel word? ,, * Watter rol behoort 'n beoordelingsvorm te speel?

* Is die JR se beoordelingsvorm sinvol en toereikend?

* Is mondelinge en/of skriftelike kritieklewering noodsaaklik? * Watter verskillende aspekte word beoordeel?

* Watter kriteria word gestel ten opsigte van die verskillende aspekte? In die lig van bostaande vrae sal die JR se debatskompetisie ten opsigte van die volgende kritiese kernpunte, waarin die beoordeling nie genoegsaam en in alle opsigte aan die vereistes vir 'n geslaagde opvoedkundige debat beantwoord nie, bestudeer word:

* Daar is nie 'n gemeenskaplike filosofiese model of paradigma waar- volgens beoordeel word nie.

* Die punteverdeling op die beoordelingsvorm is nie deurgaans sinvol nie.

* Die opvoedkundige waarde en die standaard van die kompetisie ly onder die feit dat daar nie tyd na elke debat ingeruim word om gedetailleerde kritiek en wenke te gee nie.

* Duidelike kriteria waaraan die debatteerders getoets kan word ontbreek.

12. Navorsingsrasionaal

Die oorkoepelende doelstelling van die studie is om eksplisiete kriteria te stel vii die beoordeling van 'n opvoedkundige debat, en dit prakties te illustreer aan die hand van vyf gekose debatte uit die JR se kompetisie.

Hieruit spruit die volgende doelwitte:

* Om H\c doelstellings van 'n opvoedkundige debat te omskryf (hfst. 2).

* Om verskillende beoordelingsparadigmas te beskryf en 'n geskikte paradigma te identifiseer Wat op die JR se kompetisie van toepassing gemaak kan wordi(hfst. 2).

* Om die ideale bebordelaar te beskryf met die Idem op sy rol as op­ voedkundige kritikus (hfst. 2).

* Om die doel en funksies van 'n beoordelingsvorm te bespreek (hfst. 2).

* Om die JR se beoordelingsvorm krities te bespreek (hfst. 2).

* Om kriteria te stel vir elke aspek wat beoordeel moet word (hfste. 3-8).

* Om vyf toepaslike debatte van die JR se kompetisie ten aansien van die gestelde kriteria te evalueer (hfste. 3-8).

* Om 'n waardebepaling van die standaard van debattering te maak na aanleiding van die evaluering van die gekose debatte (hfst. 9).

* Om aanbevelings met betrekking tot die beoordeling te maak ter verbetering van die standaard van die kompetisie (hfste. 2 en 9). Hierdie studie poog nie soseer om een spesifieke korrekte metode vir beoor­ deling te demonstreer nie, maar veeleer om kriteria vir die evaluering van die verskillende aspekte van 'n opvoedkundige debat te identifiseer, en te toon hoe dit in die beoordeling van toepassing gemaak kan word.

23. Terreinafbakening

Soos uit die voorgaande blyk, word nie die hele omvangryke terrein van die opvoedkundige debat betrek nie, maar slegs die aspekte wat by die beoor­ deling ter sprake kom. Verder sal die aandag bepaal word by die besondere aspekte wat in 'n opvoedkundige debat geevalueer moet word, naamlik die ^irialise van die proposisie, die argumentering wat bewyse en redenering om-

vat, aanval en verdediging, die organisasie van die verskillende toesprake, en die aanbieding, waaronder lewering en taalgebruik. Aspekte soos die vereistes gestel vir 'n geslaagde debatsproposisie en die voorbereidingsproses van 'n debatteerder sal nie ter sprake kom nie, tensy die moontlike oorsaak van 'n fout in die eindproduk terugherlei kan word na die proposisie of die voorbereiding.

In hierdie studie word die historiese verloop van opvoedkundige debattering en die beoordeling daarvan nie afsonderlik bespreek nie. Daar is na 'n verkenning van die beskikbare bronne gevind dat kennis van die oorsprong van opvoedkundige debattering en die verloop daarvan deur die eeue weinig, indien enige, moontlike oplossing bied vir die spesifieke probleme wat in hierdie studie gei'dentifiseer is en aangespreek word. Dit sou die omvang on- nodig vergroot het sonder om 'n daadwerklike bydrae tot die probleemoplos- sing te bied. Enkele historiese gegewens kom wel ter sprake waar dit nodig blyk te wees. (Opvoedkundige debattering tydens die pre-Renaissance- tydperk kom ter sprake in 'n ongepubliseerde proefskrif wat onlangs voltooi is: Die pre-Renaissance-retoriek as grondslag vir 'n leerinhoiidgerigte benadering tot hedendaagse spraakkommunikasie [Terblance, 1987].)

Daar is vir hierdie studie uitsluitlik van Amerikaanse bronne gebruik gemaak omdat die Amerikaanse akademici vandag toonaangewend op die gebied is. Sedert die eeuwending word debattering en argumentering as 'n akademiese dissipline aan tersiere inrigtings in die VSA gedoseer. Hulle het 'n gevestigde tradisie van meer as 'n eeu se opvoedkundige debattering waarin teoretiese beginsels en die praktiese toepassing daarvan deur die jare bestudeer, getoets en verbeter is. Hoerskooldebattering dateer reeds sedert 1924. Ter illustrasie van hulle erns en ywer met opvoedkundige debattering noem Norton (1982:11 & 17) dat in die jaar 1970 alleen 81 werkwinkels uitsluitlik vir hoerskoolleerlinge gehou is. Dit sluit nie die werkwinkels en toernooie vir tersiere debatteerders in nie. Hulle bied inderdaad 'n onbetwiste bron van kennis waaruit ryklik geput kan word. Die JR se kompetisie toon ook duidelike ooreenkomste met die Amerikaanse metode van opvoedkundige debattering.

Die Britse styl van opvoedkundige debattering verskil aansienlik van did van die JR. Die Britse styl is geskoei op debattering in die Britse Laerhuis eft weerspieel hulle parlementere tradisie (Baird, 1982:56). Tydsbeperking speel 'n geringe rol en die debatteerder is hoofsaaklik ingestel om die gehoor se

belangstelling te behou. Die toesprake is dus veel meer op kwinkslae en spitsvondighede en veel minder op rasionele argumentering ingestel (vgl. Skorkowsky, 1971:335-343; Rodden, 1985:308-317). As gevolg van die groot verskil tussen die Britse vorm van opvoedkundige debattering en die van die JR, word geensins hicrna verwys of van moontlike bronne gebruik gemaak nie.

Die debatte van die JR wat as voorbeeldmateriaal gebruik word, is die volgende:

Twee Wes-Transvaalse uitdunrondtes gehou op 2 Mei 1986 te Orkney en op 3 Mei 1986 te Potchefstroom met die proposisie: Die Afrikanerberoepsvroii staan haarplek vol in die opvoedingsgebeure.

Die Wes-Transvaalse halfeindrondte gehou op 22 Junie 1985 te Orkney met die proposisie: Demokrasie is die kent van die welvaart en voomitgang van die Westerse beskawing.

Die Wes-Transvaalse halfeindrondte gehou op 21 Junie 1986 te Orkney met die proposisie: Suid-Afrika reageer oonnatig op die wereldmening.

Die eindrondte gehou op 24 Augustus 1985 te Braamfontein met die proposisie: Ekonomiese voomitgang word na behore dew die Afrikaner bemit ter uitbouing van sy kultiiur.

Die eindrondte gehou op 23 Augustus 1986 te Braamfontein met die proposisie: Die Afrikaneijeug se opvoeding met betrekking tot die ekonowie is voldoende.

Hoewel al die debatte met die oog op 'n waardebepaling van die standaard van debattering bestudeer is, word slegs vyf debatte in die loop van die studie volledig "beoordeel". Een debat oor elk van die vyf proposisies is gekies. Met die spesifieke keuses is gepoog om debatte te kies wat beide die negatiewe en die positiewe illustreer, asook debatte wat vir 'n beoordelaar in sy evaluering moontlike probleme kan oplewer. Slegs een debat van die uitdunrondtes is gekies aangesien die gemiddelde standaard redelik laag was en 'n tweede voorbeeld onnodige duplisering sou meebring. Die motivertng vir die keuse van die spesifieke debatte is soos volg:

*. Die eerste een is 'n voorbceld van 'n debat waarin die mees tipiese en algemene foute voorkom.

* Die tweede debat is gekies omdat die voorstanders se betoog probleme vir 'n beoordelaar kan oplewer. Hulle "hoogdrawende" betoog kan maklik as goed geevalueer word, terwyl die analise foutief, die gcbruik van bewyse en redenering swak, die aanval op die teenstanders onregverdig en die taalgebruik onvanpas is.

* Die keuse van die derde en vierde debat is gemaak na aanleiding van die teenstanders wat van al die spanne die beste aan die gestelde kriteria beantwoord het. Veral die vierde debat se teenstanders is 'xi goeie voorbeeld van 'n span wat vaardig is in aanval en verdediging en die gebruik van bewyse. In albei debatte het die voorstanders on- gelukkig 'n analisefout begaan: in die derde debat is die tipe proposisie foutief geanaliseer en in die vierde debat is 'n enkele term verkeerd geinterpreteer.

* Die vyfde debat is hoofsaaklik gekies omdat die teenstanders oenskynlik baie goed aan die gestelde kriteria beantwoord, maar weens swak en inkonsekwente redenering in werklikheid nie so goed is nie. Indien 'n beoordelaar nie gekonsentreerd luister nie, kan so 'n span maklik oorskat word.

2.4. Navorsingsmetode

Die tcoretiese orientasie bestaan uit 'n vergelykende literatuurstudie. Daar is op die mees resente bronne gekonsentreer, maar ook minder resente bronne moes gebruik word. Dit was onafwendbaar aangesien hierdie studie die eerste in Suid-Afrika op liierdie spesifieke terrein is en sekere grondbeginsels en basiese kennis nog nie algemeen bekend is nie; inligting wat in die VSA as veronderstelde kennis aanvaar word en dus nie in die resente bronne gedupliseer word nie. Die gebruik van ouer bronne was ook noodsaaklik om­ dat geidentifiseerde knelpunte wat in hierdie studie aan die orde kom reeds in die sestiger - en sewentigerjare, en selfs vroeer, in die Amerikaanse literatuur ter sprake was. Hierdie bronne kon dus nie gei'gnoreer word nie omdat hulle waardevolle inligting bevat.

Uit die literatuur word die beginsels geidentifiseer en bespreek wat as kriteria kan dien in die beoordeling van die ter saaklike aspekte. Die kriteria word dan telkens op die debatte toegepas om te bepaal in welke mate die debat- tcerders aan die kriteria beantwoord. Waar dit nie vanself blyk nie, word

gepoog om die foute asook die moontlike oorsaak daarvan aan te dui. Hier is ook uit eie beoordelingservaring geput.

Die verskillende terme wat ter sprake kom word in die loop van die studie toegelig. Vir die gerief van die leser is 'n glossarium, waar die mees algemene terme kortliks verklaar word, n£ die bibliografie geplaas.

Die empiriese gegewens is verkry deur die bywoning van die verskillende debatte as beoordelaar of as toehoorder. 'n Bandopname is van elke debat gemaak en later verbatim neergeskryf.

Omdat die opnames tydens die kompetisie gemaak is en spanning meestal 'n rol speel, word aanvaar dat foute gemaak is wat moontlik onder ander omstandighede nie sou voorkom nie. Dit is egter deel van die skoling om in die hitte van die stryd 'n standpunt te kan stel en die spanning te kan verwerk. Waar duidelik geblyk het dat die debatteerders hulle bloot verspreek het, of waar 'n fout self gekorrigeer is, is die korrekte woord en die gekorrigeerde weergawe heergeskryf. 'n Debatteerder wat nie altyd duidelik geartikuleer het of sy/haar kop soms weggedraai het, het meegebring dat enkele woorde en veral vreemde name nie altyd duidelik hoorbaar was nie. In so 'n geval is 'n vraagteken agter die woord geplaas om aan te dui dat daar nie absolute sekerheid oor die woord bestaan nie.

Uiteraard kan die 25 debatte hier nie volledig weergegee word nie, aangesicn dit meer as 600 bladsye sal beslaan en die formaat dan onhanteerbaar sal wees. Die bandopnames is op aanvraag by die Departemcnt Spraakleer en Drama, PU vir CHO, verkrygbaar. Die verbatim-transkripsies is by die skrywer hiervan beskikbaar. Slegs die vyf gekose debatte word volledig in die addendum weergegee. Die volgorde van die debatte stem ooreen met die ver- loop van die kompetisie, naamlik uitdunrondte, halfeindrondte en eindrondte. Wat laasgenoemde twee rondtes betref, word eers die 1985- en dan die 1986-debatte weergegee. Die evaluering geskied ook in hierdie volg­ orde.

Die name van die debatteerders is gewysig of verswyg aangesien dit in hierdie studie om die beoordeling van debatsvaardighede en nie om die standpunt van 'n spesifieke debatteerder gaan nie.

2.5. Navorsingsverloop

Hoofstuk 2, wat as aanloop dien, fokus op drie modelle: die ideale be- nadering van beoordeling, die ideale beoordelaar en die ideale beoor- delingsvonn. Eers word die doel van die opvoedkundige debat gepresiseer om as rigtinggewende faktor vir die beoordelaar te dien. Hierna word beoor- delingsparadigmas bespreek om 'n toepaslike paradigma te identifiseer wat die doelstellings sal verwesenlik en deur die JR toegepas kan word. Vervol- gens word moonllike standaarde gestel vir die ideale beoordelaar wat die gekose paradigma kan toepas. Hierna word die doel en funksie van 'n beoor- delingsvorm bespreek met die JR se vorm as uitgangspunt. Gewysigde vorms wat op die geidcnlifiseerde paradigma van toepassing gemaak kan word, en wat die doelstellings van die opvoedkundige debat beter sal realiseer, word aan die hand gedoen.

In hoofstukke 3 - 8 word die primere debatsvaardighede waarin die deel- nemcr geskool word afsondcrlik behandel. Die aspekte is teoreties wel on- derskeibaar, maar in die praktyk nie te skei nie aangesien die beoordeling daarvan gelyktydig plaasvind. Die volgorde van behandeling is dus nie 'n aan- duiding van toenemcnde belangrikheid of van die chronologie van beoor­ deling nie.

In hoofstuk 3 word op analise gefokus. Dit omvat die volgende onderafdehngs: die bepaling van die soort proposisie, die definiering van sleutelbegrippe en die identifisering van geskilpunte.

In hoofstukke 4, 5 en 6 word die kruks van debattering onder die loep geneem, naamlik die kriteria met betrekking tot die debatteerder se vermoe om te argumenteer. Bewyse en redenering vorm saam die essensie van ar- gumentering, maar omdat albei komponente so essensieel is en 'n omvat- tende veld dek, word bewyse in hoofstuk 4 en redenering in hoofstuk 5 be­ spreek. Onder bewyse word die soorte bewyse bespreek asook die verskil- lende toetse wat in die beoordeling daarvan toegepas kan word. Onder redenering word die evaluering volgens die filosoof, Stephen Toulmin, se kriliese model gedoen.

In hoofstuk 6 word aanval en verdediging, 'n onontbeerlike proses in debat­ tering, behandel. Die kriteria vir beoordeling sal die volgende omvat: die debatteerder se kritiese vermoe om enige fout met betrekking tot die op-

ponente se betoog te identifiseer en aan te val, die vermoe om horn teen 'n aanval te verdedig en die korrekte wyse van aanval en verdediging.

In hoofstuk 7 word die organisasie van elke toespraak op makro-, meso- en mikrovlak afsonderlik bespreek. D it betrek die sinvolle bou of konstruksie van elke onderafdcling waaruit 'n toespraak bestaan om maksimale begrip oor te dra. Die spanwerk van albei spanne kom ook hier ter sprake.

In hoofstuk 8 word op die aanbieding, wat die lewering en taalgebruik omvat, gefokus. Die komponente vorm die "kanaal" waardeur die "inhoud" na die toehoorder kom. Lewering betrek parataal en omvat die visuele en ouditiewe aspekte waarmee die inhoud oorgedra word. Taalgebruik omvat weer die styl van die debatteerder asook die vermoe om korrek en duidelik te formuleer. In hoofstuk 9, wat as afloop en sintese dien, word ten aansien van die be- studeerde debatte, 'n waardebepaling van die standaard van debattering gemaak en aanbevelings aan die hand gedoen. Die kritiese samevatting en aanbevelings poog om debatteerders, afrigters, beoordelaars en die JR te in- spireer en te oortuig om met opvoedkundige debattering voort te gaan en om steeds die standaard te verhoog.

HOOFSTUK 2

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN