• No results found

DIE AFRIKANERBEROEPSVROU STAAN HAAR FLEK VOL IN DIE OPVOEDINGSGEBEURE (86 U 1)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

3. KRITERIA VIR BEOORDELING

4.1. DIE AFRIKANERBEROEPSVROU STAAN HAAR FLEK VOL IN DIE OPVOEDINGSGEBEURE (86 U 1)

4.1.1. Kortstruktiewe toesprake 4.1.1.1. Eerste voorstander

Die eerste voorstander gebruik vier bewyse: drie isitsprake en een voorbeeld. Die eerste uitspraak (1:16-23) is relevant en betrek wel 'n kenncr op die betrokke gebied. Dit is egter nie duidelik of die uitspraak uit 'n geskrewe bron of tydens 'n persoonlike onderhoud verkry is nie. Die resentheid kan dus nie bepaal word nie. Dit benadeel die kwaliteit van die uitspraak. Die uitspraak is ook nie werklik benut nie aangesien dit geensins in die verdere betoog in berekening gebring is nie.

Die tweede uitspraak is in die vorm van 'n sogenaamde spreekwoord (2:32-36). Die "spreekwoord" is heel waarskynlik 'n kort parafrase van A.G. Visser se gedig Die uitleg. Hoewel dit waar is dat Eva uit Adam se ribbebeen

geskapc is om hom as gelyke te help ((Jen. 2:18), bied hierdie feit geensins genoegsame stcun aan die afleiding dat die vrou haar plek in die samelewing en opvoedingsgebcure sal vol staan nie. Die bewys is dus irrelevant.

Die volgende deskundigc uilspraak (3:77-82) is wel relevant, maar die kvvalitcit van die bewys is onbevredigend: Wie is die kindersielkundige? Wat maak hom/haar bekwaam om 'n sodanige uitspraak te lewer? Is die ge- gewens nie in 'n wctenskaplike bron le kry veeleer as in Rooi Rose nie? Uit die gegewens is dit ook nie duidelik of Rooi Rose die primere of sekondere bron is nie. Die onvolledige besonderhede verswak die kwaliteit van die be­ wys.

Soos in die kritcria hierbo bespreek, is die enkele voorbeeld van mej. Steyn (2-3:62-71) as ongetroude bcroepsvrou nie voldoende en tipies genoeg om as bewys te dien vir die stclling dat daar "talle vroue (was) wat as hoofde van groot skole uitmuntende werk gelewer het" (2:62-64) nie. Die enkele voorbeeld is ook nie genoegsaam vir die oorkoepelende stelling dat die beroepsvrou as ondcrwyseres " haar plek ten voile vol staan as opvoedcr" (2:56-58) nie.

Die stelling dat "dit nie die hocvcelheid nie, maar die gehalte van liefde en aandag (is) wat tel" (3:75-77), vra om bewyse. Die bewyse is kwantitatief onvoldoende en kwalitatief onbevredigend.

Evalucring: baie swak (2).

Rooi Rose blyk wel die primere bron te wees. In die artikel: Skeep werkende ma's hid kinders af?, vermeld Marietjie Bekker haar gcsprek met 'n anonieme kindersielkundige. Die aanhaling gee nie die presiese woorde van die sielkundigc weer nie, maar die betekenis is nie verander nie (Bekker, 1985:19).

4.1.1,2. Eerste teenstander

Die eerste teenstander maak net van deskundige uilsprake gebruik. Almal kan in 'n mindcre of meerdere mate as relevant bestempel word, maar die volgende tekortkominge bring die kwaliteit daarvan in gedrang:

kan nie bepaal word nie (4:26-28; 4-5:46-54; 5:61-65; 6:91-104). * Die litel van Shirley Conran se boek ontbreek (4-5:46-54).

* Die deskundigheid van outeurs word nie gekwalifiseer nie - 'n baie belangrike aspek volgens Reynolds (1975:115). Die redes vir die gevolgtrekkings waartoe die. deskundiges gekom hct, word ook nie gemeld nie. Die betroubaarheid en gcloofwaardigheid van die outeurs en hulle uitsprake word geensins vcrsterk nie. (Hierdie laasgenoemde gebreke is trouens deurgaans in al die debatte gevind.)

Die relevansie van twee Engelse bronne ter ondersteuning van hoe die Afrikanerberoepsvrou daar uitsien, kan bevraagteken word. Die bevindings van die bronne hoef nie noodwendig ten opsigte van die Afrikanerberoepsvrou tc geld nie. Bevindinge van studies wat die Afrikaanse beroepsvroue betrek het, sou vecl groter oortuigingskrag gehad het.

'n Verdere punt van kritiek is dat steliings wat redelik algemeen aanvaar word of minder ter sake is, soos byvoorbeeld dat die opvoeding van 'n kind rondom die ma sentreer (4:26-28), en die vcranderende kapitalistiese uitkyk (6:92-94), met bewyse ondersteun word, terwyl belangrike steliings sonder bewyse moet klaarkom. Steliings soos die volgende: kwantiteit is nodig vir kwaliteitopvoeding (4:44-45); 'n vrou wat "ontoereikend voel" sal "nooit ooit haar plek in die opvoedingsgebeure kan vol staan nie" (5:58-60); die knip van die naelstring is 'n "traumaticse ervaring" (5:73-77); en vcrwarring ontstaan by 'n tweejarigc as hy in dagsorg geplaas word (6:85-88). Die bewyse is dus kwantitatief nie genoegsaam nie.

Evaluering: swak (3),

Die aanhaling uit Conran se boek is behalwe vir enkele nalatighede soos "end up being happy in neither situation" en I've read a lot...", korrek weergegee (Conran, 1975:153). Hierdie aanhaling laat die indruk dat Conran die stelling van die teenstanders ondersteun, maar die kerngedagte van die bron is egter dat die beroepsvrou wel haar plek kan vol staan (vgl. Conran, 1975:154-164). Beide die uitsprake van Van der Walt (4:26-28) en Van Wyk (5:61-85) is sogenaamde gefabriseerdc inligting en kom geensins in die betrokke bronne voor nie. Van der Walt stel dat die "oner" die primerc opvoeder is, wat die pa insluit (Van der Walt, 1983:25).

In Sharon Goulds se boek kon die oorsprong van die beskrywing van die beroepsvrou se rolverwagting gecnsins opgespoor word nie. Dit is heel waarskynlik 'n produk van die debatteerdcr se eie verbeelding.

4.1.13. Tweede voorstander

Die tweede voorstander maak ook net van deskundige uitsprake gebruik, maar die kwaliteit daarvan is nog swakker as di6 van die vorige debatteerder: * Behalwe vir die aanhaling uit Die Transvaler en Rooi Rose (9:76-78,

9:84-85), word geen van die ander gedateer nie.

* Die titels van die navorsingswerk waarna verwys word, ontbreek (8:46-48; 9:105-108).

Vervolgens word elke bewys krities bespreek.

Die aanhaling uit Spreuke 14:1 (7:21) slaag nie, omdat die Bybelse vrou wat vir haar huis sorg nie met vandag se werkende moeder vergelyk kan word nie. Die teenstanders sou dieselfde teks ter ondersteuning van hulle standpunt kon gebruik.

Die uitsprake van Steyn en Breed (8:46-65) is in die eerste plek irrelevant, aangesien dit hier om die motivering van die beroepsvrou gaan. Die bevindinge ten opsigte van die drie kategoriee vroue het ook geensins op opvoedingsgebeure betrekking nie. Dat sy meer gebruiksmiddele vir die huis kan koop, goed kan organiseer, 'n netjiese huis het en bevrediging uit haar werk put, bewys nie dat sy haar plek ten aansien van opvoedingsgebeure vol staan nie. Dit sou wel relevant gewees het indien die aspekte as opvoedingsgebeure in die definisie ingesluit was. Die aanvegbare stelling dat beroepsvroue se kinders "baie bcter intellektueel" is as d\€ van die huisvrou (8:63-65), behoort met 'n direkte aanhaling en veel meer bewyse gestaaf te word, omdat algemeen aanvaar word dat intelligensie geneties bepaal word. In die tweede plek behoort die twee professore se besondere deskundigheid en die aard van hulle navorsing veel duideliker uitgespel gewees het om die bewys se kwaliteit te verbeter. Dit geld ook vir die onvolledige verwysing na A.A.Roux (10:109-111).

hiermee bcwys wil word nie. J. van Rooyen se identiteit en deskundigheid is ook nie gespesifiseer nie. Die aanhaling impliseer bloot dat die beroepsvrou haar keuse om te werk met die gepaardgaande gevolge moet aanvaar. Dit word nie aan die debatspunt gekoppel nie en lewer dus geen bydrac om die span se standpunt te bewys nie.

Die kritiek teen die aanhaling uit Rooi Rose is hoofsaaklik in die onvoiledigheid daarvan gelee: Wie het die ondcrsoek geloods? Hoeveel kinders is betrek? Is Rooi Rose die primere bron? Al sou Rooi Rose self 'n ondersoek geloods het, sou 'n wetenskaplike bron aanvaarbaarder gewees het.

Die stelling dat Suid-Afrika "nie net sy mannekrag nie, maar ook sy vrouekrag nodig het", wat deur A. van Wyk bevestig is (9:105-108), het geensins betrekking op die debatspunt nie en is dus irrelevant.

Daar is nog baie stellings wat glad nie deur bewyse ondersteun is nie: Die Afrikanerberoepsvrou werk nie vir luukses nie, maar vir die voorreg om as gesin te gaan vakansic hou (8:32-36); die beroepsvrou "is telkemale meer tuis as die huisvrou..." en sy is "verveeld by die huis" (8:66-70); die huisvrou gee te veel aandag aan haar kinders en die kind kan nie sy "eie ding op sy eie manier" aanpak nie (9:90-102); en "as dit nie vir die beroepsvrou was nie, sou daar geen ontwikkeling gewees het in ons land nie" (9:103-105). Die kwantiteit en kwaliteit is dus onbevredigend.

Evaluering: baie swak (2).

Die aanhaling uit die twee sosioloe Steyn en Breed se boek Die vcranderendc gesin, is redelik korrek gcparafraseer. Hicrdie bron is egter die sekondere bron, want die oorspronklike gegewens kom uit De vrouenarbeit in onze lyd van E. Sullcrat (1969). Die stelling oor die intelligensie van kinders is foutief weergegee (8:63-65). Volgens die debatteerder se sin blyk dit dat beroepsvroue se kinders intelligenter is as die van gewone huisvroue. Volgens Steyn en Breed (1977:217) geld di6 stelling slegs vir die derde groep vrouc wat genoem is, wat uiteraard meestal 'n intelligenter en meer ontwikkelde vrou as die eerstc twee groepe vroue is. Die onderskciding 16 dus nie tussen beroepsvrou en huisvrou se kinders nie, maar tussen die sogenaamde arbeidsklasse (Steyn en Breed, 1977:216) en die meer ontwikkelde klasse. Die intelligensie van die kind het dus niks te doen met die feil dat die moeder

werk nie.

Die aanhaling uit Die Transvalcr is ook onnoukeurig weergegee, hoewel die betekenis nie verander is nie. Dit blyk duidelik uit die arlikel van dr. Van Rooyen van die Nasionalc instituut vir personeelnavorsing dat dit geensins oor die beroepsvrou sc opvoedingstaak handel nie. Dit handel daaroor dat die vrou moet besluit of sy wil trou of nie, en as sy getroud is of sy wil wcrk of nie (Van Rooyen, 1982:6). Die aanhaling is buite konteks gebruik (9:79-82). Die inhoud van die aanhaling uit Rooi Rose is korrek weergegee. Dit sou as bewys veel slerker gewees het as die voorstander meer detail verskaf het, byvoorbeeld: "Die aanhaling kom uit Trudi du Toit se artikel: Dagsorgsentrums - is jou kind in goeie hande? Hierin haal sy Tanya Vergnani aan met wie sy 'n onderhoud gevoer het en wat tans met navorsing besig is oor voorskoolse geriewe in die Kaap."

Die vcrwysing na AA. Roux (10:109-111) kom uit haar verhandeling: Die naskoolsentnini vir skoolgaande kinders - 'n maalskaplikewerk-ondersoek met besondere vcrwysing na die rol van maatskaplike groepwerk. Die verwysing is korrek weergegee: "Dit gaan nie om die kwantiteit nie, maar wel die kwaliteit van benutting" (Roux, 1981:31). Die voorstanders kon byvoorbeeld Roux as 'n deskundige geidentifiseer het wie se bevindinge in haar MA-verhandeling staan. Sy is ook 'n doscnt in Maatskaplike Werk. Hierdie soort inligting sou krag aan die bewys verleen het.

4.1.1.4. Tweede teenstander

Die tweede teenstander gebruik voorbeelde, stalistiek en deskundige uit- sprake. Hier is genoegsame verskeidenheid, maar die kwaliteit daarvan is van wisselende gehalte.

Wat die statistiek betref (10:18-26) is daar min kritiek op die kwaliteit

daarvan, aangesien die lydperk gegee word en daar aanvaar kan word dat

deskundiges by die verwerking van gegewens betrek is. Die Sansoverslae bestaan uit 'n aansienlike aantal dele en die teenstander moes gemeld het uit watter deel die statistiek verkry is. Die stelling wat op die statistiek gegrond is, is egter irrelevant (vgl. p. 219). Die tweede teenstander kan dus nie krediet vir die kwaliteit van die statistiek kry nie, omdat dit 'n irrelevantc bewys is.

Die verwysing na Shirley Conran (11:51-55) staan hier veel sterker as wat dit met die eerste teenstandcr die geval was. Die titel van die boek word gegec, maar veral van belang is die drie Afrikaanse voorbcelde wat gegee word orn die Engelse aanhaling te ondersteun (11-12:55-73). Hiermee word bewys dat die uitspraak ook ten opsigte van die Afrikanerberoepsvrou geld. Die drie voorbeelde is tipies en beduidend ten aansien van die beroepsvrou se skuldgevoclens.

Die aanhaling van prof. J.L. Van der Walt is onvolledig en totaal irrelevant ten opsigte van die stelling dat 'n onderwyseres "haarself moeilik uitdruk teenoor 'n groep senior seuns" (12:87-92). Meer detail sou 'n geldige argument moontlik kon maak, maar nie soos wat dit hier voorkom nie. 'n Vorm van negatiewe bewyse word in die slot aangetref. By implikasie word gese: omdat daar nie meer voorbeelde soos Antjie Krog se gedig bestaan nie, kan afgelei word dat die beroepsvrou nie haar plek vol staan nie (13:118-123). Dit is 'n swak bewys, tog le die eintlike fout by die redenasic (vgl. p. 220). Bewyse ontbreek ter ondersteuning van die stelling dat die eerste vyf jaar in 'n kind se lewe so belangrik is (11:27-36). Verdere bewyse ontbreek wat sal staaf dat die beroepsvrou nie in staat is om haar plek ten aansien van genocmde verpligtinge vol te staan nie. Die stelling dat die beroepsvrou se werk "nadclige gevolge" vir haar huisgesin inhou (11:38-40), behoort ook met bewyse gesteun le word.

Die bewyse is onvoldoende, want behalwe vir die aanhaling van Conran en die drie voorbeelde, is die ander bewyse irrelevant.

Evaluering: swak (3).

Die aanhaling uit Conran is korrek weergegee (Conran, 1975:153). Dieselfde kritick wat ten opsigte van die gebruik van die boek by die eerste teenstander uilgespreek is, geld ook hier.

Die aanhaling wat aan prof. J.L. van der Walt toegedig word (12:90-92), kan geensins in di6 bron opgespoor word nie.

4.12. Repliektoesprake