• No results found

DEMOKRASIE IS DIE KERN VAN DIE WELVAART EN VOORU1TGANG VAN DIE WESTERSE BESKAWING (85 H 1)

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

JUNIOR RAPPORTRYERBEWEGING — DEBATKOMPETISIE: BEOORDELAARSKAART Debstiio*

3. KRITERIA VIR BEOORDELING

4.2. DEMOKRASIE IS DIE KERN VAN DIE WELVAART EN VOORU1TGANG VAN DIE WESTERSE BESKAWING (85 H 1)

4.2.1. Konstruktiewe toesprake

4.2.1.1. Eerste voorstander

Die eerste voorstander verwys slegs na twee deskundiges. In die eerste ver­ wysing (20-21:29-36), ontbreek 'n volledige identifisering van prof. L.J. du Plessis se betrokke terrein van sy deskundigheid asook die datum van die publikasie. In die aanbicding was dit nie duidelik of dit 'n aanhaling of 'n parafrase van Du Plessis se interprctasie is nic.

Die tweede verwysing (21:55-60) is baie vaag in die sin dat dit nie duidelik is hoe daar op Kuyper gesteun word nie. Die verwysing is so onvolledig dat dit in werklikhcid nie as 'n bewys, wat 'n steliing ondersteun, bestcmpel kan word nie. Die indruk word geskep dat "die filosofiese werke" van Kuyper

onder hande gencem is, terwyl dit sterk betwyfel kan word. Die idee word vecleer gelaat dat Kuyper se naam betrck is om 'n indruk van deskundigheid en belesenheid aan die betoog te verleen.

Die bcwysc vir hierdie betoog is totaai onvoldoende. Om te oortuig moes die volgende slellings met bewyse gestcun gewecs het: "dat geen debat gevoer kan word sondcr die formulering van 'n spesifieke pcrspektief op die werklikheid nie" (20:20-22); die "moderne demokrasie (het) 'n Calvinisties- fdosoficse kyk op die werklikheid" (21:69-70); dat bostaande Calvinistiese kyk die oorsaak is dat "gesag en vryheid" die boloon in moderne demokrasiec voer (21:67-70); en dat "soewereiniteit in eie kring" en "dus ook gesag en vryheid" noodwendig die oorsaak van welvaart en vooruitgang is (22:71-76). Evaluering: baie swak (1).

Die weergawe van Du Plessis se intcrprctasie is ndg 'n suiwer aanhaling nog 'n algehele parafrase: "Die moderne staat probeer deurgaans as demokrasie om die gesagscenheid op die vryheidsveelheid op te bou, om die hoogste staatsorgaan te laat resulteer uil of altans harmonieer met die veelvoudighcid van die volkslewe" (Du Plessis, 1941:104). Die grootste beswaar is teen die resenthcid van die bron . Om slegs 'n verouderde bron oor hierdie debatspunt te gebruik, is onwclenskaplik en onaanvaarbaar.

Die sogenaamdc Staatsleer en regsfilosofie van Kuyper bestaan nie. Daar is 'n sterk vermocde dat die "bron" foutiewelik uit Du Plessis verkry is: "Die Calvinisme is as hisloriese verskynsel die werelbeskouing wat ontwikkel is deur die Frame hervormer lean Calvin (1509-1564), maar as suiwer Skriftuurlike Christendom, soos dit bedoel om te wees, is dit tot geen tyd beperk nie en in die allernuutste tyd onder die invlocd van dr. Abraham Kuyper (1837-1920) het dit ecrs tot eie wetenskaplike ontwikkeling begin kom op die gcbied van staatsleer en regsfilosofie,..." (beklemtoning - PS) (Du Plessis, 1941:65). Die span gee ook verdcr geen blyke dat hulle enige werk van Kuyper gelees het nie. Hulle verlaat hulle dus op Du Plessis - 'n sekondere bron - wat 'n samevalting van Kuyper se staatstcoriee weergee (vgl. Du Plessis, 1941:136-142).

4.2.1.2. Eerste teenstander

aanvangsaanhaling (22-23:2-7) is nie werklik relevant nie, aangesien dit nie 'n stclling be\vys wat werklik bydra ora die proposisie as waarskynlik onwaar te staaf nie. Die kwaliteit van die bewys is swak aangesien dit ongedateer is, M. Wicchers nie genoegsaam gei'dentifiseer is nie, en 'n omskrywing van die funksioncring van die demokrasie in die Griekse state ontbreek.

In 'n geval waar 'n bekende slagspreuk of gesegde, soos Lincoln se woorde aangehaal word (23:25-27), is dit nie nodig om die bron en datum tc meld nie. Die aanhaling word egter nie werklik gebruik om 'n stelling te bewys nie. Die derde verwysing na 'n deskundige is baie vaag en onduidelik (23-24:40-46). Dit is nie duidelik of die hele paragraaf 'n parafrase van Koopmans se siening is nie of slegs die frase, naamlik dat "demokrasie nie al- leen net meerderheidsregering" is nie. Afgesien daarvan dat die verwysing nie direk op die debatspunt bctrekking hct nie, is die bron ongedateer.

Die laaste bewys van die eerstc teenstander is 'n voorbeeld wat wcl waar is, maar foutief gebruik is (25:87-89). Die opstande kan 'n moontlike gcvolg van onderdrukking wees, maar dit is nie 'n voorbeeld van onderdrukking nie. Die voorbeeld staaf dus nie die stelling nie.

Die genoemde bewyse dra nie werklik by tot die ondersteuning van cnige ar­ gument wat die proposisie as waarskynlik onwaar sal staaf nie. Verder ontbreek talle bewyse om die nodige steun aan stellings te verleen: demok­ rasie is "vandag so uit pas soos grammefone" (23:10-15); die implikasie dat daar gecn land is waar die hele volk stemreg het nie (23:34-35); dat "iets wat hemelsbreed van demokrasie verskil, demokrasie (ge)noem en na(ge)jaag" word (23:36-39); "die ontwikkeling is weg van demokrasie af (24:56-57); konsosiasiedemokrasie is "ver verwyderd van demokrasie" (24:65-66); op sportgebied bly demokrasie vergete (24:77-79); en "ons (sicn in SA) 'n vorm van onderdrukking duidelik blyk" (25:87-89).

Die enkele bewyse is kwalitatief van 'n swak gehalte. Evaluering: baie swak (1).

Die skrywer van die boek, Slaatsreg, is prof. J.P. VerLoren van Themaat. Die tweede uitgawe is bloot 'n "bewerking" deur M. Wiechers (VerLoren van Themaat, 1967:v). 'n Mcer resente bron was nodig. Die aanhaling is ook nie

korrek weergcgee nie: "slcg" is onder andere met "verwerplik" vcrvang, By tnonde van Aristoteles word die indruk gelaat dat demokrasie onaanvaarbaar is. Tog word gcen twaalf reels verder gese dat: "teenswoordig is demokrasie die beste soorl staat, en sells die state agtcr die ystergordyn wend voor om ware demokrasie tc wees" (Verloren van Themaat, 1967:40). Die wcrklikc standpunt van die deskundige word dus verdraai omdat met die aanhaling gepoog is om die demokrasie as "uit pas" (23:12-15) te bewys. Die verwysing na Koopmans (1983:29) is onvolledig en so onbeholpe weergegee dat die betekenis nie duidelik blyk nie. Koopmans verwys na regerende partye wat nie 'n volstrekte meerderheid verkry hct nie, wat dan minderheidsgroepe se belange beskerm om so hulle steun te verkry.

4,2.13. Tweede voorstander

In hierdie toespraak word in werklikheid nie van 'n enkele bewys gebruik

gemaak nie. Sy noem dat Kuyper die Calvinistiese staatsideologiec en -begrippe verwoord het (25:11-13; 25:24-26), maar gebruik dit nie as 'n bewys om 'n stelling, wal op sy beurt wecr die proposisie as waar sal bewys, tc staaf nie. Die noem van hierdie feite in verband met Kuyper dra geensins daartoe by om die waarskynlike waarheid van die proposisie te bewys nie.

Die volgende stellings vra om bewyse: dat die modernc demokrasiee in alle Westcrse lande volgens Kuyper se staatsteoriee gestruktureer is (25:14-18); dat die "Calvinistiese staatsideaal" die demokrasie beinvloed het (25:19-21; 26:47-48); dat uit "soewereiniteit in eie kring vir staat en volk" noodwendig welvaart en voorspoed sal voortspruit (26:49-54); en dat verval sal voorkom " wanneer die volk die soewereiniteit van die staat misken, en dit lei uiteindelik tot chaos" (26:57-60).

Evaluering: geen bewyse (0).

4.2.1.4. Tweede teenstander

Die tweede teenstander se ecrste bewys is 'n statistiek wat die stelling onderstcun dat Suid-Afrika die tweede mees outokratiese staat in die wereld is (28:49-54). Afgesien daarvan dat daar geen bron vir albei die sogenaamde bewys en stelling gegee word nie, hang die 30% se korrektheid af van die

interpretasie van stemreg. Die korrekte persentasie is egler nie ter sake nie, want die bewys en die steliing is irrelevant as gevolg van die foutiewc analise. Die voorbeclde wat as bewys raoet dien dat die staat "alles" besit, "in di6 geval ook die meerderheid" (28:55-59), is nie genoegsaam om die stclling te bewys nie. Twee voorbeelde is ook foutief: die staal besit nie die pers nie en die SAUK is 'n semistaalsondersteunde instansie.

In die volgende bewys word Swaziland as 'n voorbeeld aangetoon vir die steliing dat die "mecsle van hulle (Swart volke - PS) wil teruggaan na hulle stelsels van kapteins en konings" (29:67-69). Die voorbeeld is irrelevant en 'n duidelike verband tussen die voorbeeld en stclling ontbreek.

Die laaste voorbeeld waar na Afrika verwys word, is irrelevant en ook foutief, omdat die redenasie wat dit voorafgaan foutief is (29:80-87) (vgl. p. 229). Die irrelevansie van die bewyse kan na die foutiewe analise herlei word.

By die volgende stellings ontbreek die nodige bewyse: dat Switserland die enigste land is wat probeer om ware demokrasic na te volg (28:25-27); dat die Switserse stelsel "misluk hct as gevolg van die komplekse uiteenlopendheid van ons beskawing" (28:27-29); dat "Suid-Afrika in dieselfde asem as Spanje en Tsjeggo-Slowakye genoem word as die tweede mees outokratiese staat in die wereld" (28:49-52); dat "kapitalisme beteken net die staat besit alles" (28:55-56); dat "ons demokrasie op hulle (Swart volke - PS) afgedwing word" (29:66-67); en "Kultuur is besig om demokrasie te verdring deur Afrikanerorganisasies wie se doel dit is om die Afrikaner polities voorop te stel (29:70-72).

Evaluering: gcen wcrklike bewyse (0).

4.2.2. Repliektoesprake

42.2.1. Eerste teenstander

Die eerste teenstander maak slegs van een voorbeeld gebruik wat in Huisgcnoot verkry is. Kinderprostitusie word as bewys aangevoer vir die steliing dat "daar 'n redelike verval in ons sedes was" (30:13-18). Onvolledige inligting verswak die bewys: Wie het dit gese? Hoe is inligting oor die saak verkry? Die bewys is irrelevant omdat die redenasie swak is. Dit sal onder

rcdenering bespreek word.

Hoewel dit per definisie nie 'n bewys is nie, toon die noem van Switserland en Amerika 'n inkonsekwensie ten aansien van 'n bewys wat vroeer genoem is _(vgl. 30:28-30 met 28:25-27). Die tweede teenstander beskou slegs

Switserland as suiwer demokraties.

Hier ontbreek bewyse in die vorm van voorbeelde van beperkings op die regering se handelinge en hoe dit die gevolg sal he dat demokrasie nie die kern van welvaart en vooruitgang is nie (30:21-26).

Bewyse is onvoldocnde en van 'n swak kwaliteit! Evaluering: baie swak (1).

Die datum of die naam van die tydskrif is foulief gestel, aangesien 'n sodanige arlikel nie in die genoemde Huisgenoot voorkom nie.

4.222. Eerste voorstander

Hier word van gecn bewyse gebruik gemaak nie. Die stelling in die eerste paragraaf vercis grondige bewyse, naamlik dat die genoemde gesonde bcginsels op inlernasionale gebied na aanleiding van die Calvinisme plaasgcvind het (31:5-11).

Evaluering: gecn bewyse (0). 4.2.2 J . Tweede teenstander

Hier word slegs een deskundige uitspraak gebruik (32:4-8), wat 'n herhaling is van dieselfde bewys wat vroeer voorgekom het (28:48-53). Hierdie wecrgawe se kwaliteit is beter aangesien die skrywcr en die titel van die bron verskaf word. Die datum word steeds verswyg en dit kan 'n belangrike faktor wees in die beoordeling van regeringstelsels. Stelsels kan as gevolg van staatsgrepc haas oornag vcrander en die mees resente bron moet nagegaan word. Die tweede teenstander hou ook nie daarmee rekening dat die outeurs Amerikaners is wat Suid-Afrika dalk heel subjektief beoordeel nie. Ander bronne se opinie hieroor sou 'n meer gebalanseerde siening na vore kon bring.

Evaluering: baie swak (1).

Die bron is hecltcmal vcrkccrd aangehaal. Suid-Afrika word nie as die tweede mees outokratiese staat op die kontinuum geplaas nie; daar is tien lande wat as nog meer outokraties bestempel word (Rodce el al., 1976:37). Spanje kom ook glad nie op die kontinuum voor nie. Aangesien Spanje sc fascisticse rcgering volgens Koopmans (1983:28) in 1976 beeindig is en Introduction to political science in 1976 gcpubliseer is, kan dit die moontlike rede wees waarom Spanje hier wcggelaat is. Dit beklemtoon nogeens die noodsaak om resente bronne te raadpleeg. Die span baseer dus hulle oordeel oor demokrasie op die beoordeling daarvan dcur die Amerikaners soos die regeringstclsels in 1976 daar uitgesien het.

'n Verdere punt van kritiek is dat die skrywers die betreklikheid en subjektiwiteit van die indeling erken, maar dat die debatteerders dit nie in daardie lig aan die gehoor stel nie:

"The picture portrayed in Figure 3.2 should not be taken too literally. The precise distribution of countries along the continuum is likely to vary from one researcher to another according to the criteria selected for evaluating the countries and according to the researcher's own ideological bias" (Rodee el al., 1976:36).

42.2.4. Tweede voorstander

Geen bewyse kom in hierdie toespraak voor nie. Bewyse is essensieel in 'n proposisie van feite en die groot probleem met albei voorstanders is dat hulle aanvaar wat hulle moet bewys. Die stelling dat die "harmoniering" tussen staat en volk binne 'n demokrasie op drie maniere, naamlik parlemcnter, revolusioner of diktatoriaal kan geskied, is aanvegbaar en vra om verdere bewyse (34:16-19). Dicselfdc geld van die stelling in die slotparagraaf (34:38-41): dit is geensins deur enige bewyse gestaaf nie.

Evaluering: geen bewyse (0).

Die genoemde stelling (34:16-19) is uit Du Plcssis verkry. Dis egter foutief weergegee. Die oorspronklike lui soos volg:

"Maar dil (die harmoniering van die hoogste slaatsorgaan met die veclvoudigheid van die volkslewe - PS) word hoofsaaklik op twee maniere nagestreef, wat die fundamentele teestelling veroorsaak in die moderne krisistoestand. Die een manier, die tradisionele, is die parlementere en die tweede, die rewolusionere, is die diktatoriale. Dit is die grondteeslelling wat die vormgewing in die moderne statewereld bcheers" (Du Plessis, 1941:104).

Tot haar eie standpunt se nadecl het sy drie maniere raakgelees en al drie maniere aan die demokrasie gekoppel, terwyl hier van twee uiterstes gepraat word: demokrasie op 'n parlementere manier teenoor outokrasie op 'n revolusionere manier. Hiermee word bewys hoe onbetroubaar hierdie moeilike bron gebruik is.