• No results found

BEOORDELING: FILOSOFIE, BEOORDELAAR EN BEOORDELINGSVORM

2.4. Die JR se kompetisie: 'n voorgestelde benadering

Pratt en Pratt (1979:361-362) asook Kleinau (1982b:261-262) se benadering en toepassing van die twee basiese benaderings skyn die aanvaarbaarste te wees. Indien die debatteerders ervare is en die teoretiese beginsels van debat- tering en argumentering redelik goed kan toepas, behoort die beoordeling volgens merietetoetsing te geskied. Hier word dus aanvaar dat die basiese vaardighede redelik goed bemeester is. As die debatteerders egter nog

beginners is, soos dit met die JR se kompetisie die geval is, behoort die beoordeling op grond van debatsvaardighede te geskied. Die beoordeling moet dus 'n bydrae lewer tot die aanleer en verbetering van die debatteerders se argumenteringsvaardighede. Die vaardighedetoetsing word dus as die ge- skikste metode beskou, maar met sekere voorbehoude.

Die eerste gevaar is dat die beoordelaar te veel waarde aan die lewering kan heg en tweedens dat die vaardighede of tegniek ten koste van die inhoudelike beklemtoon kan word. Hier is dit 'n vereiste dat die beoordelaar moet weet watter vaardighede geevalueer word, in watter verhouding elkeen tot die ander staan en wat die standaardkriteria is waaraan die debatteerders getoets kan word, 'n Beoordelaar wat byvoorbeeld nie kennis dra van die vereistes waaraan 'n logiese argument moet beantwoord nie, kan nie die debatteerder se vaardigheid daarin korrek evalueer nie.

Die tweede slaggat by die beoordeling van vaardighede is soos reeds genoem die skeiding van "tegniek" en "inhoud". Dit kan voorkom as die beoordelaar byvoorbeeld slegs die kwantiteit en die aanbieding van aanval en verdediging in berekening bring en nie die kwaliteit daarvan nie: Is die aanval ter sake en relevant ten opsigte van die debatsproposisie? Het dit betrekking op 'n kern- argument van die opponente of is dit bloot 'n aanval ter wille van 'n aanval? Is die aanval ondersteun met geldigc bewyse?

Wat hier kernagtig van aanval gese is, geld ten aansien van elke afsonderlike vaardigheid. Die vaardigheid mag nie los van die hele debatsinhoud beoor- deel word nie. 'n Goeie oortuigende tegniek, sonder 'n sinvolle inhoud, waarom dit eintlik in debattering gaan, is betckenisloos. Dit is as't ware 'n gekombinecrde metode van meriete- en vaardighedetoetsing, wat volgens Lybert (1979:371-372) wel moontlik is. Ook Thomas (1979:360) stel dat sy jarelange ondervinding van beoordeling horn geleer het dat 'n suiwer toepas- sing van vaardighede of merietetoetsing, net in tcorie bestaan (vgl. ook Sheckels, 1984:229). Aspekte van elkeen kom in 'n inindere of meerdere mate in beide benaderings voor.

Die uiteindelike doel van die skoling geskied met die oog op die gebruik van die vaardighede in die alledaagse lewe, daarom moet die argumentering ver- band hou met die werklikheid en 'n korrekte weerspieeling daarvan wees. Dit mag dus nie gaan om die aanleer van kunsmatige truuks of die vaardighede ter wille van die vaardighede nie, maar vaardigheid ter wille van die vermoe

om logies en met oortuiging te kan argumenteer. Vaardighedetoetsing moet dus fokus op die kern: die vermoe om te kan argumenteer is primer en die vermoe om te kan kommunikeer is sekonder. Thompson stel dit onomwonde: "The debate, thus, is not to be judged primarily as an exercise in public speaking or as one in persuasiveness. Rather, as an educa­ tional training device in finding and following issues and in applying evidence and reason, it is to be viewed as an exercise in employing the best available argumentation" (Thompson, 1971:335).

Aangesien argumentering die kruks vorm is dit nodig om die beoordelaar se benadering tot die evaluering van hierdie vaardigheid duidelik te spesifiseer. 2.4.1. Beoordeling van argumente

Daar moet ten minste aan 'n minimum vereiste voldoen word alvorens die beoordelaar 'n argument as 'n waarskynlikheid kan oorweeg. Indien dit nie die geval is nie, moet die argument gei'gnoreer word. Hierdie minimum- vereiste is dat elke stelling met ten minste een sinvolle rede ondersteun moet word. Rede vir enige stelling bestaan uit die nodige data of bewysmateriaal en die redenering, wat die waarborg verskaf dat die bewys wel die stelling on­ dersteun (vgl. Toulmin, 1969:97-98). Die beoordelaar moet dus 'n geldige skakel tusscn 'n stelling en bewyse kan identifiseer, hetsy dit eksplisiet gestel of net gei'mpliseer word. Dit is egter nie nodig dat die beoordelaar daarmee hoef saam te stem nie. Daar word van die beoordelaar verwag om stellings waarmee hy nie saamstem nie, vir die duur van die debat te aanvaar. Rowland se benadering ten opsigte hicrvan kom myns insiens die naaste aan die korrekte:

"The judge should carefully scrutinize each claim made in the debate to discover if it is supported by reasoning and evidence. If it is sup­ ported then the judge should suspend his or her beliefs about the ar­ gument and evaluate it based only upon the issues raised in the debate. But if it is not supported the judge should reject the claim out or hand" (Rowland, 1984:84).

Die beoordelaar is ook akticf betrokke by die interpretasie van kom- peterende argumente. Hy moet steeds objektief bly, maar dit impliseer nie 'n passiwiteit nie. Objektiwitcit verondcrstel 'n onbevange ontvanklikheid

waarin cie vooroordeel gcen rol speel nie. Tog moct die beoordelaar sy kennis en ervaring inspan oin geldige en ongcldige, asook swak en sterk argumente, te onderskei. In Dempsey en Hartman (1986:174) se woorde word die on- derskeid gestel tussen "the imposition of standards for educationally sound argumentation practices", en "imposing personal predispositions toward the topic being debated".

Indien die minimum-vereiste nagekom is, word 'n verdere waardebcpaling vereis. Die waarde van die argument moet bepaal word. Hier word twee verskillcnde evaluerings gemaak.

Ten eerste moet die argumentc se onderlinge belang binne die konteks van die debat as dialektiese proses tcenoor mekaar opgeweeg word. Die beoor­ delaar moet bepaal hoc sterk staan die argument in die lig van opponerende argumente en of dil teenargumente kan weerstaan. Volgens Eisenberg & Ilardo (1980:4) is 'n argument so sterk soos die bewyse of data waarop die stelling gegrond is. Die totaal van die relatiewe sterkte van 'n span se ar­ gumente ten aansien van kompeterende aigumente, sal aandui wie in die debat beter geargumenteer het. Anders gestel: die span wat sy standpunt met die oortuigendstc redes gestaaf het, toon dat hulle vaardigheid met betrek- king tot argumentcring beter is. Die belangrike rol wat "goeie rede" speel word deurgaans beklemloon. Vergelyk in hierdie verband wat Balthrop se:

"Most theorists grant that adopting an argumentative perspective means to focus upon the reasons given in support of a particular claim" (Balthrop, 1983:8).

Vir die debatteerder is die proposisie die hoofstclling wal hy met goeie rede reg of verkeerd moct bewys.

Ten tweede word die argumente ten aansien vau die werklike lewe geevalueer. Die span wat beter argumentecr binne 'n cnkele debatskonteks is nie noodwcndig goed nie en mag selfs swak wees. Om hierdie rede is dit nodig om 'n breer konteks in berekening te bring, naamlik die argumente van ander debatteerders in die werklike lewe. Argumente wat in 'n debat as on- belangrik beskou is en as sodanig nie baie aandag gekry het nie, mag in die werklikhcid van kardinale belang wees. Die omgekeerde mag ook die geval wees.

Om aan die opvoedkundige vereiste te voldoen en sodoende by die debat- teerders begrip en vaardigheid van argumentering te bevorder, moet beide evaluerings ingesluit word in die beoordeling. Dit moet in die puntetoeken- ning weerspieel en in die kritieklcwering duidelik gestel word.

2.4.2. Kompelisieproscdures

In die bepaling van 'n geskikte benadering is nie net die doelstellings ter sake nie, maar ook die "empirical considerations of the pragmatic restraints of the academic debate format" (Corsi, 1983:169). Vaardighedetoetsing word vir die JR se kompetisies as geskik aanbeveel juis ook omdat die debatsformaat en die prosedures wat tans in gebruik is, as't ware om hierdie benadering vra. Die volgende redes word aangevoer om hierdie stelling te ondersteun. In die VSA is dit meestal die gcval dat elke span vir elke rondte van 'n kom- petisie of debatstoernooi, soos dit daar bekend staan, verskeie geleenthede kry om teen verskillende opponente te debatteer. Tydens uitdunrondtes kry spanne ook gelecntheid om beide kante van die proposisie te bepleit. Elke span word ook deur verskeie beoordelaars beoordeel in die loop van die verskillende rondles (vgl. Baird, 1982b:295; Pfau et al., 1987:14). Die moontlike nadele wat merietetoetsing inhou word op hierdie wyse geelimineer. Indien 'n proposisie sodanig is dat een kant moontlik bevoordeel word, word die gevolg daarvan uitgeskakel omdat spanne geleentheid het om beide kante te debatteer. Wat die nadeel van subjektiwiteit betref, is dit hoogs onwaarskynlik dat al die beoordelaars subjektief is. Indien enkele gevalle wel voorkom, sal diesulkes sekerlik nie ten opsigte van dieselfde standpunt bevooroordeeld wees nie. Die wenners van 'n rondte word dus bepaal op grond van die uitslag van 'n span se deelname aan verskeie debatte en aan beide kante van 'n proposisie.

Met die JR se kompelisie hang die bepaling van 'n rondte se wenspan af van 'n span se eenmalige optrede as of voorstanders of teenstanders. Die moontlike nadele van merietetoetsing, naamlik 'n onregverdige proposisie en/of subjekliewe beoordelaars word dan 'n werklikheid. Die moontlikheid dat 'n span bevoordeel of benadeel kan word met 'n eenmalige optrede aan slegs een kanl van die proposisie, is veel groter. Mel hierdie prosedure bied vaardighedetoelsing 'n "veiliger" en beter metode, omdat genoemde nadele 'n veel kleiner, indien enige, rol speel. Die standpunt word nie beoordeel nie, maar die vaardighede om die standpunt te stel.

Om in merieletoelsing 'n algehele wenner aan te wys tussen moontlike spanne wat nie werklik teen mekaar gedebatteer het nie, is onregverdig teenoor die debattcerders. Die bcoordelaars moet op grond van die ar- gumente wat in verskillende debatte na vore gekom het byvoorbeeld bcsluit dat span A se argumcnte beter as span C s'n is. Span C mag dalk argumente voorberci het wat nic in sy botsing met span D nodig was nie, maar wat span A sc argumcnte baic effektief sou kon weerle. 'n Beslissing van 'n algehele wenner sou derhalwc baic relatief wees, veral waar dit in debattering om die botsing van spesifieke argumente gaan (Kleinau, 1982a:228).

In vaardighcdetoctsing is die aamvys van 'n algehele wenner van 'n rondte nie so 'n groot risiko nic, alhoewcl nog steeds rnoeilik. Die standaard van 'n span se vaardighede word volgcns 'n puntcskaal aangcdui en die puntelotale gee 'n aanduiding van die wenspan. Dit kom neer op 'n vergclyking van die verskil­ lende spanne se vaardighede. As twee spanne feitlik gelykop trek, moet die vaardighcid wat die deurslag gee nie die aanbicding, organisasie of selfs die analise wees nic, maar die vermoc om te argumenteer. Dit omvat bewyse, redenering, aanval en verdediging.

Die tydsduur is ook 'n faklor om mee rckening te hou. In die VSA is die gebruiklikc tydsduur van 'n konstruktiewe toespraak 10 minute en 'n repliek- toespraak 5 minute. By enkelc hoerskooltoernooie is die tydsduur 8 en 4 minute onderskeidclik (vgl. Brooks & Fricdrich, 1973:318-319; Patterson & Zarefsky, 1983:95-97; Shcckels, 1984:203). In die JR sc kompetisie is die toegelatc tyd 6 en 3 minute onderskeidclik. Die JR se tydsbeperking verhocd volledigheid en diepgang in die maak, aanval en verdediging van argumente. Die debattcerders kan dus net enkelc kernpuntc aanraak. Dit bemoeilik mericteloetsing waar so 'n stcrk en vollcdig moontlike saak vir 'n standpunt uitgcmaak moct word. Beidc kanlc kry wel ewe min tyd maar die betoog is 6f oppervlakkig of onvolledig.

In vaardighedeloetsing is die tydsbeperking 'n geringer probleem. As die debatteerder byvoorbeeld twee of drie hoofargumente logics beredeneer en effektief kommunikecr, kan aangeneem word dat hy waarskynlik ander ar­ gumente op dicsclfdc wysc sal hanteer. Hicr moet debatteerders toon dat hullc die metode en tegnick bemcester het, eerder as die hclc onder- werpsveld van die proposisie. Die debatteerder moet egtcr wel die kernge- skilpuntc hanteer en nie minder belangrike gcskilpunte wat op die pcriferie

van die probleem le nie. Die hele veld moet wel nagevors word om te kan bepaal waiter geskilpunte die kern van die probleem omvat.

Om saam te vat: Bcidc die huidigc funksionering en prosedures, asook die feit dat die debalteerders beginners is, maak vaardighedetoelsing - met gestelde voorbehoude - die toepasliker benadering van die twee genoemde moontlik- hede. Die benadering as sodanig waarborg cgter nie die korrekle toepassing daarvan nie. Dit hang groolliks af van die bekwame wyse waarop die beoor­ delaar dit hanteer.

Vervolgens word op die beoordelaar gefokus. 'n Ideale model waarna alle beoordelaars behoort te streef word voorgehou. Die volmaaklc bereiking daarvan is weens die feilbaarhcid van die mens egter onmoontlik; log behoort elke beoordelaar te streef om so na as moontlik daaraan te kom. Sproule stel tereg dat volmaaktheid nie bestaan nie. Tog behoort dit nageslreef te word:

"As long as debaters are conducted and judged by fallible mortals, discrepancies will persist. However, there are a number of related variables in debating and debate judging. If both judges and students are aware of their responsibilities, complaints of 'bad decision' may be minimized" (Sproule, 1979:368).