• No results found

surface, textured by these blotches of applied pigment (macchie), was transferred to the image rendered" (Rosand 1987:

TEN SLOTTE

Die basis van hierdie tesis is 'n ondersoek na die gebroke-kosmiese tipikoniese tradisie deur Rembrandt van Rijn se self-aanbiedings. Tradisie is 'n verskynsel van historiese kontinuiteit en kan dus baie vorme aanneem.667 Tipikoniese tradisie verwys na die kontinuiteit van wêreldbeskoulike raamwerke, terwyl

gebroke-kosmies in die eerste instansie verwys na 'n Christelike wêreldbeskouing wat gekenmerk word deur die motief van skepping, sondeval en verlossing. Die dinamiek van die gebroke-kosmiese tradisie word uitgelig aan die hand van verskillende perkroniese verwantskappe, oordraagbaarheid deur bekering en ryping, uitbreiding deur dialoog tussen verskillende tradisies en die moontlikhede van tipikoniese verryking uit meerdere tradisies. Rembrandt, as die baken van die gebroke-kosmiese benadering, se diepgaande aanbieding van die menslike gebrekkige en bewoë bestaan kontrasteer met uitbeeldings deur skilders uit ander tipikoniese hipoteses. Sy belydenis teenoor God en die naaste, sy blootlegging van menslike swakheid, is die teenpool van byoorbeeld die hoogmoed en menslike volmaaktheid van die heroiëse tradisie. Chiasmiese beweeglikheid wat gebruik word om gebrokenheid te realiseer, fokus op verandering ("becoming") wat verder die versugting na versoening en bekering kan impliseer, ook by die kunstenaar en sy werk.

Rembrandt van Rijn (1606-1669) is een van die grootste en indringenste eksponente van portrette en selfvoorstellings. Hy bied homself aan deur 'n wye spektrum van fiktiewe personae, waaronder verskeie Bybelse identiteite. Sy selfpresentasies is geensins eenduidig nie, maar deurdring van allusieryke ambivalensies, soos die vloed van sy resepsiegeskiedenis oor die jare getuig — telkens opgeneem deur mense uit verskillende tydperke en uiteenlopende perspektiewe. Rembrandt maak in sy self-aanbiedings spesifieke onderwerpskeuses en kies uitbeeldingsvorms wat indringende menslike gebrokenheid as betragtersrespons kan ontlok.

Die vier skilderye van Rembrandt van Rijn wat as kernvoorbeelde funksioneer vir hierdie ondersoek — Die

Kruisopriging [Figuur 2.1.] (ca.1636), Selfportret saam met Saskia [Figuur 3.1] (ca.1636), Selfportret as Paulus [Figuur 4.1] (1663) en Batseba [Figuur 5.1] (1654) — is uitsonderlike voorbeelde van self-aanbieding.

In Die Kruisoprigting (ca.1636) stel Rembrandt homself voor by die mees sentrale gebeurtenis in die Christelike heilsgeskiedenis. By die tweede en vierde hoofstukke fokus die sentrale visuele voorbeelde op intieme verhoudings met vroue in die skilder se lewe, Saskia van Uylenburgh en Hendrickje Stoffels, voorgestel binne Bybelverhale. Die derde hoofstuk het as visuele sentrum 'n selfportret in die rol van die apostel Paulus, een van die sleutelfigure in die Nuwe Testament. Hierdie vier skilderye betrek elkeen diepgaande menslike gebrokenheid wat die skilder self baie direk impliseer. Die Bybelgedeeltes waaruit hulle voortvloei, toon dat God nie "dood" is nie en dat heling 'n lewende werklikheid bly, juis in ons gebroke wêreld.

The sacrifices of God are a troubled spirit [Figuur 1.1] (2002-2004) van Jane Alexander belig die manier

waarop 'n Suid-Afrikaanse vroulike kunstenaar die tema van 'n gebroke kosmos vandag daarstel. Francis

667 David Morgan (2005) se beskrywing van die "covenant with images" wat verskillende vorms kan aanneem onder verskillende sosiale of kulturele voorwaardes; dat "covenants are often rejected, modified, or replaced in the course of looking and interpreting" (Morgan: 269) belig die onbepaalbare verskeidenheid van produksie en resepsie van kuns. Ook die tipikoniese benadering vir die interpretasie van kuns kan hierdie uitgebreide wêreld tot verwerkliking bring.

Bacon se werk word geïnterpreteer as (laat) epigoon van Rembrandt. Van belang is sy deurlopende betrokkenheid met menslike gebrokenheid, pyn en lyding, maar met ‘n mismaakte, geskende, verminkte, ontsierde teenvisie van die mens. Sy menslike uitbeeldings kan enersyds terugverwys na die heroïese mensbeeld van die Romantiek, maar andersyds na die postmoderne reaksie teen die Modernisme, teen enige vorm van "groot kuns", teen die veronderstelling dat so 'n kunswerk die produk is van 'n groot genie wat soos 'n god skep en die "waarheid" omtrent die wêreld weergee.

Menslike voorstellings vind besondere aktualisering wanneer feilbare en brose menslikheid die tema van skilderye word. Die begrip, die uitbeelding en die ontvangs van die selfvoorstelling is net so kompleks soos die mens self. Die "inter-menslike" verkeer van geskilderde selfportrette word veral gereflekteer in die noue betragtersbetrokkenheid en die dialogiese struktuur daarvan. Freedberg (1989: 1)668 en Douzinas (1999: 7-

8)669 redeneer dat betragtersresponse op menslike voorstellings dieselfde is as die response teenoor die

konkrete werklikheid, of dat dit minstens in dieselfde nie-virtuele wêreld afspeel. Ten spyte van die interpretasieprobleme wat voortleef wanneer Rembrandt gedurende die Romantiek as geniale, lydende held getipeer word, na aanleiding van die negentiende-eeuse siening van kunstenaarskap, vind "onskone", onheroïese en verwondbare menslikheid eerder vergestalting in sy coram dei-benadering.

Selfpresentasie kan die subjektiwiteit van die kunstenaar deur nuwe paradigmas van ondersoek weer op die voorgrond stel. Die belang van biografiese gegewens van die skilder sowel as naer 't leven- of antropomorfiese aspekte van skilderye kan dit bevestig (Chong & Zell 2002, Guercio 2006). Persoonlike belydenis wat dit verder kan versterk, resoneer herhaaldelik in die kunsgeskiedenis: die vroegmoderne humanistiese melankoliese rollespel; die modernistiese sekularistiese kultuurpatroon wat ekspressitiwiteit tot kernbegrip maak; die postmoderne kritiek wat in die "dood van die outeur" dit tereg opponeer. Hierdie tipe belydenisse verskil inherent van Rembrandt se voorstellings van homself — as sentrale inisieerder van en deelnemer aan die chiasmiese beweeglikheid van die werk, kry die radikale gebrokenheid van sonde, belydenis en vergifnis ‘n sentrale en beleefde plek. Die soort credo- of belydende effek wat die hele voorstelling selfkrities op die kunstenaar fokus, en slegs deur die betragter as sulks geaktiveer kan word uit ’n eie lewensbeskouing, bevestig die sentrale plek wat betragters speel in Rembrandt se skilderye.

Waar interpretasie van kuns uit ‘n Christelike perspektief met die Bybel as sentrum, moontlik gedurende die twintigste eeu beskou kon wees as ‘n "neglected tradition" is daar tekens dat die sekulariseringsteorie van die modernisme moontlik vandag minder oorheersend word deur ‘n nuwe openheid vir spirituele en nie- rasioneel verklaarbare benaderings waarvan die herontginning nuwe insigte kan oopmaak.670 David Morgan

668 "People are sexually aroused by pictures and sculptures; ... they mutilate them, kiss them, cry before them, and go on journeys to them; they are calmed by them, stirred by them and incited to revolt; they give thanks by means of them, expect to be elevated by them, and are moved to the highest levels of empathy and fear. They have always responded in these ways; they still do"

669 "Images are sensual and fleshy; they address the labile elements of the self, they speak to the emotions, and they organize the unconscious. They have the power to short-circuit reason and enter the soul without the interpolation or intervention of language or interpretation".

670 Morgan (2004: 17-47) toon met talle voorbeelde dat belangstelling in die bestudering van kuns met 'n godsdienstige verbintenis in die afgelope jare toegeneem het. "A surprising number of exhibitions have been dedicated to religious art; the amount of scholars on the subject is only increasing, and financial support for research projects has been generous and helped produce original studies. But of no less note, interest in the arts among American religious people is very high. In fact, social survey data indicate that those Americans who attend religious services most frequently are also those who visit art museums most often. They are also the group that says more than any other that art brings people closer to God".

(2004: 37) wys egter ook op die gevare hierin. Sober denke, 'n historiese perspektief en die kennisname van die ideologiese las van die vakgebied, is belangrik.671

Die Rembrandt wat vanuit die moderne en geniekultus van die Romantiek gekonstrueer is, verskaf ’n verduisterde beeld van sy selfpresentasies en kunstenaarskap. Bepaalde postmoderne tendense wat dui op ’n kritiese reaksie teen hierdie geniale Rembrandtbeeld kan nogtans nie die uitleg bied wat die gebroke- kosmiese tradisie daarstel nie. Postmoderne debatte bied die moontlikheid om chiasmies terug te keer na temas en benaderings wat oënskynlik hul toepaslikheid verloor het. Interpretasie deur 'n gebroke-kosmiese verband kan juis dergelike benaderings op nuwe maniere en met ander mikpunte gebruik sodat dit vernuwende perspektiewe op kunstenaarskap en op die kunsgeskiedenis kan aktualiseer.