• No results found

KOERS IN DIE KRISIS 1935

4.5 Vorster se siening van die rassevraagstuk teen

Gelyklopend met die verstedeliking van die Afrikaner en die afloop van die Tweede Wêreldoorlog was daar ‘n opswaai in swartnasionalisme tesame met ‘n ongekontroleerde toestroming van swartes na die stede. Na die Tweede Wêreldoorlog neig die NG Kerk na gedetailleerde oplossing van die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk met die klem op die behoud van ‘n blanke beskawing en die Afrikaner se volksontwikkeling (Strauss 1983:43).

Vorster (GV 1947:4-7) was daarvan oortuig dat vrede en vooruitgang vir die Afrikanervolk slegs kon plaasvind as ‘n Bybelse oplossing vir die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk gevind kan word. Die ironie vir Vorster was egter dat “pogings van die blankes om die gekleurde rasse op te hef” die rassevraagstuk eerder “verskerp” en tot ‘n “krisispunt” gebring het. Hierdie krisisgevoel staan eerstens in die teken van vrees van die Afrikaner dat hulle nie altyd die gekleurde bevolking onderhorig kan hou nie en tweedens in die teken van die ontwakende swartnasionalisme in Afrika na afloop van die Tweede Wêreldoorlog (Giliomee 2003:497).22

As Bybelse begronding vir die NP se beleid van apartheid verklaar Vorster (GV 1947:4-7) dat die Woord “baie oor dié saak sê”. In neo-calvinistiese taal beskryf Vorster (ibid.) Christus as

21 Die NP se oorwinning in 1948 het die toedrag van sake totaal verander. Die ouerbeheerde

konfessionele skool vir Afrikaners binne ‘n Engels-gedomineerde staat, sou plek maak vir staatsbeheerde skole. Die staat sou die verantwoordelikheid uit die hande van die kerk en ouers neem om die konfessionele belange van die volk in die onderwys te behartig en sou toesien dat die Christelike-nasionale karakter van die onderwys nasionaal gehandhaaf word. Hierdie staatsbeheerde onderwys was gebasseer op die Christelik-nasionale oortuigings van die Afrikanervolk (Botha 1982:49).

22 In 1948 verwys H.F. Verwoerd in sy eerste toespraak in die parlement ook na die toenemende krisis

‘n “bo-nasionale figuur wat bo alle rasse verhewe is”. “Die Seun van die mens” het die evangelie tot “alle kreature” laat uitgaan sodat die verloste skare eendag uit alle “stamme en volke en tale en nasies” sal bestaan. Die beginsel vir die oplossing van die rassevraagstuk was vir hom in een teksvers saamgevat, naamlik Handelinge 17:26: “En Hy het uit een bloede al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het.”23

Op grond van die teksvers gee Vorster (1947:5-6) drie “Bybelse” beginsels vir die rassevraagstuk, naamlik:

i. “Skeidslyne” en die bestaan van aparte groepe is nie “boos” nie, want “God het dit so gewil.” Voorts wys Vorster daarop dat God “aparte groepe” nodig gevind het vir die verwesenliking van Sy raadsplan.

ii. God het die nasies uit “een bloed” gemaak. Daarom het Vorster teenoor die evolusieleer geglo dat die “ganse mensdom uit een ouerpaar” ontstaan het. Om dié rede behandel God alle volke dieselfde en daarom het Christus “nie net vir bepaalde rasse” gekom nie, maar vir alle nasies. Naasteliefde was vir Vorster ‘n “plig” en “niemand mag vervolg word net omdat hy tot ‘n bepaalde ras behoort nie”.

iii. God het “vooraf bepaalde tye en grense vir mense se woonplek vasgestel”. Dat die “liberalisme en kommunisme alles wil gelykstel en integreer” was vir Vorster ‘n “sonde”. Hy het geglo “intergrasie” is teen God se bedoeling, want “wat God geskei het, mag ons nie saamvoeg nie”. Die verskille tussen rasse was om dié rede vir hom nie “veldiep” nie, maar “geestelik en oorerflik”.

Vorster sluit aan by die kuyperiaanse neo-calvinisme as hy die Bybelse gronde vir apartheid verduidelik. Volgens Kuyper (saii:309) het God by “Sinearsvlakte” die mensdom verdeel in rasse en volke. Die spraakverwarring was ‘n wonderwerk van God en ‘n daad van genade. In aansluiting by Kuyper kom Vorster tot die gevolgtrekking dat nasievorming nie toevallig is nie, maar dat dit direk vloei uit die skeppingsordonnansies van God. Grense tussen rasse en volke kan nie strafloos oortree word nie, en hoe groter die verskille hoe groter sal die fatale gevolge van vermenging wees. In lyn met die kuyperiaanse neo-calvinisme is die handhawing van volkseie en volksliefde nie vir Vorster die openbaring van sodanige verskeurdheid nie, maar die aanvaarding van die wil en beskikking van God vir hierdie

23 Die 1983 Afrikaanse vertaling het die teks vertaal as: “Uit een mens het Hy al die nasies gemaak.

Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.”

bedeling. Deur ”taalkringe” (lees volkskringe) het God isolasie bewerk waardeur bepaalde fisiese en geestelike eienskappe in volke dominant geword het.

Het Vorster ‘n eng Afrikanernasionalisme voorgestaan deurdat hy sy in sy volksliefde slegs die voordeel van die Afrikaner gesoek het? Vorster (1947:6) antwoord self as hy argumenteer dat die Afrikaner se “beleid van rassesuiwerheid en segregasie is nie willekeurig gebore uit selfverheffing en ‘n sug tot dominansie nie”. Tog het Vorster op die spoor van Kuyper (saii:668) geglo dat die beskawingspeil onder volke (binne die “gemeene gratie”) styg namate hulle met die evangelie in aanraking kom. Om dié rede verklaar Vorster: “Ons vrome vaders het in hulle trek deur donker Afrika die hoogste lig op hulle weg sien skyn. Het God juis nie daarom ons Vaders met een Boek tussen die gekleurde rasse ingestuur om aan die wêreld ‘n skriftuurlike oplossing vir die rassevraagstuk te gee nie?” Vorster het die Afrikaners beskou as die ligdraers van die calvinisme in Suid-Afrika. Aan hulle is God se besondere genade gegee om die “hoogste beskawingspeil” 24 te bereik en

ander volke tot God se eer op te hef.

Vorster (ibid.) het sy verbondenheid met die Afrikaner nie net kultureel beleef nie, maar ook fisiek. Dit verklaar waarom rassuiwerheid vir Vorster van wesenlike belang was, want waar rasse meng, tas dit, volgens hom, die identiteit van die volk aan en bring dit die volk se voortbestaan in gedrang. Hy definieer ras as ‘n “groep mense wat as gevolg van kruising, uitskakeling van minder geskiktes , isolasie en inteel vir ‘n bepaalde stel erffaktore steeds suiwerder word met toenemende mate van aanpassing aan die streek waarin genoemde faktore werksaam is”. Die vorming van ‘n ras kweek volgens hom nie net “vaste sedes en gewoontes” nie, maar skep “stabiliteit en harmonie” in die samelewing.

Vorster (ibd.) verwys na die kleurlinge as voorbeeld hoe “ontstamming en rasse ontwrigting tot die ergste uitbarstings van sonde lei.” Kleurlinge is vir Vorster die bewys dat “bloedvermenging” teen God se wil is, want vermenging lei tot “verbastering van godsdiens, sedes en afdwaling”. Die “disharmonie in die fisiese kom tot uitdrukking in die gelaatstrekke”. Vorster getuig uit “eie waarneming” dat vermenging van “twee rasse se teëstellige gelaatstrekke” vir hom “pateties” is. Verder lei rassevermenging vir hom tot ‘n “geestelike disharmonie” wat gesien kan word in die “verswakking van wilskrag, uithouvermoë, energie,

24 Dat hierdie siening van Vorster ook in die NG Kerk posgevat het kan ook gesien word in Albertyn

(1948:1) as hy reeds in die tweede paragraaf verklaar “dit is welbekend dat die Afrikanervolk sy oorsprong gehad het uit hoogstaande Europese rasse, veral die Nederlanders en die Franse” (kursivering DJL).

die vermoë om inisiatief te neem, ongebalanseerdheid, emosionele onewewigtigheid wat gesien kan word in humeurigheid, opvlieëndheid, onverantwoordelikheid, onbetroubaarheid en onstabiliteit”. Vorster kom tot die slotsom rassevermenging lei tot ‘n “wanaanpassing in die lewe.” Die weersin van Vorster in rassevermenging en sy beskrywing van die gevolge daarvan grens egter aan ‘n naakte rassisme.