• No results found

STUDENT IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG EN AKTUARIUS IN DIE NG KERK 1953-

6.1 Student in die Gereformeerde Kerkreg

6.1.2 Kerkregtelike tradisies binne die NG Kerk 1 Die kollegialisme

6.1.2.4 Gereformeerde kerkreg soos vertolk deur J.D Vorster

Behalwe die invloed wat B.B. Keet op sy kerkregtelike ontwikkeling gehad het, verwerf Vorster sy meestersgraad onder leiding van van H.G. Stoker, ‘n eksponent van die neo- calvinisme in eie reg. In sy M.Div-skripsie wat handel oor Die kerk en kerkregering van die

Voortrekkers, toon Vorster aan dat die Voortrekkers met hulle trek uit die Kaapkolonie in

Mist se kerkorde. Die kerk wat hulle gestig het, was ‘n gereformeerde kerk “ge-oriënteer na Holland, gegrond op die Drie Formuliere van Enigheid en die kerkorde van Dordt” (PV 1/2/41/2/1). Op dié spoor het hy verder gegaan in sy doktorale studie onder leiding van professor J.P. Jooste verbonde aan die Gereformeerde Teologiese Skool van Potchefstroom (Vorster 1956:1). In sy proefskrif, Die Kerkregtelike ontwikkeling van die Kaapse Kerk onder

die Kompanje 1652-1792,35 doen Vorster moeite om “onomstootlik te bewys” dat die DKO in

praktyk die “vigerende kerkorde” vir die Kaapse Kerk was. Dit het tot gevolg gehad dat die Classis van Amsterdam waaronder die Kaapse kerk geval het, steeds oor die suiwerheid van die kerk se leer en regering gewaak het, met die gevolg dat die presbiteriaal-sinodale kerkregtelike stelsel soos uit die DKO ontwikkel, aan die Kaap gehandhaaf is (Vorster 1956:136). Vorster toon in sy proefskrif die noue verband wat daar was tussen die Nederlandse Hervormde Kerk, wat hy konsekwent die “moederkerk” noem en die Kaapse kerk. Selfs al het die Kaapse bevolking bestaan uit “Hollanders, Franse en Duitsers” en al het die VOC die Kaapse Kerk onder die “Indiese kerke” gereken, het die Kaapse kerk sy geestelike ankers bly soek en vind by die “moederkerk”. Dit was veral in Nederland waar Calvyn se beginsels vir die regering van die kerk saamgevat en uitgebou is tot een van “die skoonste kerkordes” (Vorster 1956:12-13).

Vir Vorster wou ‘n gereformeerde kerkorde in lyn met die DKO niks anders doen as om op ‘n eenvoudige saaklike, sober wyse die deur wawyd oopmaak vir die alleenheerskappy van Christus oor sy kerk nie. Die DKO gee vir Vorster “‘n bondige uitdrukking aan eietydse verstaan van identiteit op die basis van gemeenskaplike belydenis van die waarheid”. Die DKO gee ook “vastheid, orde en leiding” deurdat dit die beginsels van die Skrif vir kerkregering ontwikkel (Vorster kb 28/10/1959:664). Die DKO bevat vir Vorster (1956:12) Skrif- en belydenisgegewens wat breër in ‘n kerkorde uitgewerk is. Die DKO was vir Vorster die basis van ‘n skriftuurlike en konfessionele verantwoordering oor die praktiese realisering van kerklike lewe. Hierdie verbondenheid aan die DKO is een van die kenmerke van die neo- calvinistiese kerkbegrip (Du Toit 2002:222). Dit was nie vir Vorster, met sy gebondenheid aan die Skrif en gereformeerde belydenis, vreemd om die kerk se diens en opbou met die begrip orde te verstaan nie. ‘n Kerkorde in gereformeerde sin was vir Vorster niks anders as ‘n eietydse verantwoording van die kerk se lewe onder die heerskappy van Christus en die lig van die Woord en belydenis. Alhoewel ‘n gereformeerde kerkorde ooreenkomstig sy doel “meer tydelik en plaaslik bepaald” is, is dit nie soos die belydenisskrifte “’n samevatting van Gods Woord wat bepaling vir bepaling oral en altyd deur die gemeente aanvaar moet word

nie”. Die belydenisskrifte, en veral die NGB, bied vir Vorster ‘n konfessionele basis vir die kerkregering “waaraan ons ons moet hou sonder reserwe of verwatering” (PV 1/2/1/103).

As eksponent van die neo-calvinistiese kerkreg het Vorster sy kerkregtelike beskouing gestel teenoor die Roomse kerkbegrip en die kollegialisme (Vorster GV 1951:123; kb28/10/1959; NGTT 1960:15). Verder het Vorster hom voortdurend op Kuyper en Bouwman beroep as stawing vir sy kerkregtelike standpunte terwyl hy ‘n groot affiniteit vir F.L. Rutgers vertoon het (Vorster 1956:137-140; NGTT 1960:16-17). Die invloed van die neo-calvinisme op Vorster se kerkregtelike denke word gesien as hy die plaaslike gemeente as vertrekpunt vir sy kerkbegrip neem. Omdat God ‘n God van orde is, bou Hy ‘n kerk, ‘n gemeente as ‘n “pilaar van vastigheid van die waarheid” (Vorster PV 1/2/1/105). Die neo-calvinisme se invloed op sy kerkregtelike denke word ook duidelik in sy beskouing van die kerk se plek in die samelewing. In neo-calvinistiese taal verduidelik Vorster (kb 4/4/1961:462) dat die kerk as ‘n georganiseerde liggaam in “eie kring ‘n selfstandige bestaan” moet voer (kursivering DJL). Alhoewel die bestaan van die kerk nie van die staat afhanklik is nie, is die kerk noodwendig onderherwig aan “wetteregtelike bepalings wat van die owerheidsweë van tyd tot tyd op die kerk van toepassing verklaar is.” In neo-calvinistiese taal het die kerkorde vir hom slegs te doen met die “welwese van die instituut” (PV 1/2/1/105). So kan die ware kerk aan artikel 29 van die NGB beantwoord sonder om na die mense te vra. Mense kan hulle by die instituut voeg of hulle daaraan onttrek. Deur die onbybelse onderskeid, tussen wese en welwese, instituut en organisme het die kollegialisme ‘n vastrapplek binne die gereformeerde kerkreg gekry. Die teenoor mekaar stel van onsigbaar en sigbaar, organisme en instituut, lei ook tot die onbybelse siening dat die kerkreg slegs te doen het met die welwese en niks te doen het met die wese van die kerk nie.

As kind van sy tyd kon Vorster nie heeltemal loskom van die kollegialistiese en Skotse presbiteriaanse tradisie van die NG Kerk nie. Dit word die beste gesien in sy advies as Aktuarius van verskillende sinodes aan kerkrade en lidmate. Vorster het sedert 1953 tot 1975 ‘n rubriek in Die Kerkbode hanteer, naamlik Wat sê die kerkwet? en later: Wat sê die

Kerkorde? Uit die rubrieke wat strek oor ‘n tydperk van 22 jaar is dit duidelik hoe die NG Kerk

in praktyk bykans elke praktiese saak wou bepaal, reglementeer of wag vir sinodale besluite. Uit die rubrieke is dit duidelik dat die eenheid in eenvormigheid in die kerk ‘n behoefte was van die leraars sowel as lidmate. Klassieke voorbeelde waaroor Vorster moes verduidelik wat “die kerkorde sê”, was:

i. Voorskrifte oor kleredrag en spesifiek manelle, asook die kleur daarvan (Vorster kb 8/1/1964; 3/4/1974).

iii. Moet ‘n toga op huisbesoek gedra word (Vorster kb 20/12/1972). iv. Die verloop van die liturgie in die erediens (Vorster kb 5/4/1967).

v. Wyn of druiwesap by die nagmaal (Vorster kb 15/2/1967). vi. Mag die troumars gespeel word (Vorster kb 5/4/1967).

vii. Hoeveel keer moet ‘n leraar ‘n jaar huisbesoek doen (Vorster kb 10/7/1968).

viii. Lidmate se gesindheid teenoor die Christelike Instituut en die Vrymesselaars (Vorster kb 8/1/1964; 6/12/1967).

ix. Moet die doopouers met die lees van die formulier in die bank sit of voor die kansel staan? (Vorster kb 26/3/1969).

x. Mag die kerkraad beswaar aanteken oor die doopname van kinders (Vorster kb 19/1/1966).

xi. Mag kollektes op ‘n Songdag getel word (Vorster kb 18/5/1966).

Vorster het gepoog om die praktiese vrae prinsipieel te antwoord vanuit die verskillende sinodes se kerkordes en reglemente. Alhoewel hy het telkens aangetoon dat elke kerkraad die reg het om in baie gevalle self besluite te neem oor die praktiese sake, was die deurlopende goue reël tog vir hom om maar liefs by die ou gebruike te hou word totdat die algemene sinode daaroor besluit. Die gevolg was dat by elke Algemene Sinode sedert 1962 het die kerkorde dikker en dikker geword deur regelemente en bepalinge wat bygekom het. Die dikkerwordende kerkorde staan in die teken van sindokrasie en ‘n kerksentriese kerkbegrip. Kort voor lank was meer as Woordbeginsels, soos vervat ‘n bondige kerkorde nodig, om die eenheid in die NG Kerk ordelik te handhaaf. Bepalings en reglemente word nodig om die eenheid in eenvormigheid te help stipuleer. Geen afwyking van die kerkorde en sinodale besluite word verdra nie, selfs al kom die geloofsinhoud nie ingedrang nie. Dit grens aan ‘n “kerkregtelike fundamentalisme” (vergelyk Spoelstra 1991:72-73; Britz 1985:448-451).