• No results found

STUDENT IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG EN AKTUARIUS IN DIE NG KERK 1953-

6.3 Enkele kerkregtelike interpretasies van J.D Vorster

6.3.5 Kerklike tug

Die Tweede Wêreldoorlog en die maatskaplike probleme daarna, het die NG Kerk gedwing om opnuut te besin oor sy rol in die samelewing. Dit het daartoe gelei dat daar in die Kaapse Kerk ‘n beweging ontstaan het wat gepleit het vir gereformeerde kerkherstel. Die oplossing was gesien as getroue ampsbediening deur die leraar en ouderling en tug. Die “noodklok” is gelui en die Kaapse Sinode het ‘n kommissie aangewys om te ondersoek of daar ‘n verslapping in die kerklike tug is. Vorster het hierdie belangstelling in kerklike tug verwelkom as ‘n “aksie tot kerkherstel” en dit ‘n onderwerp van ‘n uitgawe van die Gereformeerde

Vaandel gemaak.

Die verslag van die kommissie wat kerklike tug moes ondersoek het in 1953 voor die sinode gedien. Die kommissie het bevind dat tugsake hoofsaaklik beperk was tot “voorhuwelikse gemeenskap”, terwyl oortredings deur lidmate soos “diefstal, aanranding, bedrog, egbreuk, dronkenskap, kerklike onbetrokkenheid, onenigheid” selde deur kerkrade hanteer word (NGKSA 1953:295-300).

Ahoewel Vorster self in sy gemeente hoofsaaklik klem gelê het op die oortreding van die sewende gebod,46 het hy nie geskroom om sy hand in eie boesem te steek en die toestand

van sake ‘n “onverdedigbare versuim” te noem nie (GV 1954:20-27). Vorster (PV 1/2/28/2) se gereformeerde kerkbegrip kom duidelik na vore as skryf dat die gebrek aan kerklike tug spruit uit ‘n bepaalde kerkbegrip. Indien ‘n gemeente maar net ‘n groep mense is wat bearbei moet word, het die tug nie ‘n vername plek nie. Indien die gemeente uit ‘n groep individue bestaan wat uit eie beweging in die evangelie geïnteresseerd is, is daar ook geen rede vir tug nie. As die gemeente volgens die Bybel ‘n vergadering van gelowiges is wat hulle saligheid in Christus verwag, “dan is tug in die naam van God ‘n lewensnoodsaaklikheid.”

gesê: “Oh, Mr. Moderator, I’d love to have a chat with you about the position of the women in the church.” Vorster het vir haar gesê dat dit is reg is, maar hy wil eers vir haar ‘n storie vertel. Toe vertel hy vir haar van die mensvreterpa- en seun wat in Afrika se bosse gestap het. Toe hulle om ‘n bos kom sit daar ‘n beeldskone meisie. Die seun het haar sommer gepak en gesê: “Pa, sal ons haar nou opeet of later?” Die pa het haar so op en af bekyk en gesê: “Nee wag seun, kom ons neem haar huis toe dan eet ons eerder vir ma op!” Mevrou Padree het “gekrul” van die lag en gesê: “But, Mr. Moderator this isn’t conservative.” Waarop Vorster droog opmerk: “Nou gaan huis toe en sorg dat dit nie met jou gebeur nie”. Daarmee was die gesprek oor vroueregte sommer ook afgehandel.

Getrou aan die gereformeerde siening van tug, beskryf Vorster (GV 12/1954:20-27) die toepassing van tug as “geestelike werk”. Die verkondiging van die Woord en gehoorsaamheid gaan saam. Die verwaarlosing van tug spruit uit die gebrek aan sondebesef en die heiligheid van die Here teen wie gesondig word. “God is heilig, daarom kan daar nie toegelaat word dat die sonde in die gemeente voortwoeker nie.” Verder dui dit vir Vorster (NGTT 1979:343) op ‘n gebrek aan roepingsbesef van die ouderling. “Waar die roepingsbesef verflou en die eer van die mens voorop gestel word”, sal die tug verwaarloos word. Die verslapping van tug lei daartoe dat die gemeente nie tot diens geaktiveer word nie. Die “gebrek aan ywer en toewyding, dienswilligheid en diensvaardigheid lei daartoe dat die geestelike lewe in ons kerke kwyn.” Die kerk verloor sy Bybelse karakter, sy wil en begeerte om te getuig en word kort voor lank ‘n “dooie uitgediende instituut”.

Iets van Vorster (GV 1954:20-27) se pastorale hart word sigbaar as hy skryf dat die toepassing van tug seker “die moeilikste werk is wat die Here aan sy kerk toevertrou het”, want die een wat die tug moet toepas is self “‘n onvolmaakte mens wat nie alleen die stryd teen sonde moet voer nie, maar die neerlae ken”. Tug lei vir hom tot “selfondersoek, ootmoedige belydenis van eie skuld en groter toewyding aan die Here”.

Die gereformeerde sy van Vorster se denke in die vyftigerjare word verder onderstreep as hy twee “rampspoedige” gevolge van die kollegialistiese kerkbegrip in die NG Kerk uitwys:

i. Kerklike tug en burgerlike straf het tot een versmelt. “Die vrymoedigheid van die kerkraad om die tug toe te pas is deur die staatsinmenging ondermyn. Die burgerlike reg bemoeilik die toepassing van tug, omdat die tug as ‘n genademiddel, om die sondaar tot berou en bekering te bring, op een lyn met die burgerlike straf gestel word. Dit misken die eie aard en geestelike karakter van die tug.

ii. Die onbybelse gedagte het posgevat dat “die kerk as volkskerk die hele volk moet bevat”. Vorster wys skerp ‘n volkskerk af omdat dit vir die kerk en vir die toepassing van die tug “fataal” is. In navolging van Kuyper47 pleit Vorster dat die NG Kerk “moet

breek met die idee dat ons teen enige prys die Afrikaner formeel aan die kerk moet bind.” In die kerk moet net een band wees wat mense bind en dit is geloof. Daarom is die NG Kerk vir Vorster nie “‘n volkskerk nie, maar ‘n belydeniskerk”. “Met al ons kragte moet ons daarvoor ywer dat die Afrikaner in die kerk moet kom waar hy

47 Kuyper (sa.ii:260) het die begrip volkskerk afgewys toe hy die stryd aangesê het teen die volkskerk

as ‘n tuglose massa kerk, ‘n organisasie waartoe die mense kragtens tradisie behoort sonder dat hulle werklik verstaan waaroor die kerk werklik gaan. Waar die kerk haar ware karakter verloor en ‘n volkskerk word kan daar van haar geen betekenisvolle invloed meer in die samelewing uitgaan nie.

kragtens afkoms en tradisie hoort, dog nie die Afrikanerskap nie, maar die geloof in Jesus Christus moet die lidmaatskap bepaal”48 (Vorster GV 1954:26-27; PV 1/2/28/2).

6.4 Samevatting

As Aktuarius het Vorster ‘n belangrike bydrae gelewer in die NG Kerk se kerkregtelike ontwikkeling. Op die gebied van kerkreg het Vorster se bydrae daartoe gelei dat Die

Kerkorde van die NG Kerk binne die Dordtse tradisie staan. In sy kerkregtelike interpretasies

het Vorster konsekwent getrou probeer bly aan die gereformeerde tradisie.

48 Vergelyk Hoofstuk 7.16 Een oorkoepelende algemene sinode afgewys. Die teenstrydigheid van

Vorster se standpunt oor ‘n volkskerk, toon die ontwikkeling van sy toepassing van die Boere- calvinisme in kerklike sake. In die vyftigerjare het Vorster op Bybelse gronde, geloof as die enigste vereiste vir kerklike lidmaatskap gestel. Teen 1978, tydens die debat oor kerkeenheid binne die NG Kerkfamilie het die volk die grense vir die kerklike lidmaatskap bepaal.

HOOFSTUK 7

J.D. VORSTER SE BETROKKENHEID BY DIE NG KERK SE