• No results found

STUDENT IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG EN AKTUARIUS IN DIE NG KERK 1953-

6.2 Die herstel van die NG Kerk se sinodale verband in

6.2.2 Ordonnansie 7 van 1843 sneuwel

Dit was vir Vorster ‘n lewensideaal om die vier onafhanklike Nederduits Gereformeerde Kerke verenig te sien in ‘n sinodale verband. Vorster (kb 5/4/1961:464) was natuurlik reg as hy sê Ordonnansie 7 van 1843 was die “direkte oorsaak” wat tot die skeiding van die verskillende NG kerke in Suid-Afrika bygedra het.

Op grond van Ordonnansie 7 van 1843 het dit die “liberaliste” in die Kaapse Kerk geluk om die gemeentes buite die grense van die Kaapkolonie sittingsreg in die sinode te ontsê. Die skeiding in sinodale verband wat so ontstaan het, was nie vrywillig of begeer nie, maar met behulp van die hooggeregshof, in die bekende Loedloff-saak, aan die NG Kerk opgedring. Binne vier jaar was die NG Kerk in nog drie sinodes verdeel, maar die verskillende sinodes het die “eenheid in belydenis en wyse van kerkregering gehandhaaf”. Die ordonnansie is misbruik deur dit aan lidmate van die noordelike republieke voor te hou dat hulle weer onder Britse gesag sou kom as hulle aan die NG Kerk behoort met “skadelike gevolge vir kerk en volk”. Die NG Kerke het die bestaan van aparte sinodes op grond van Ordonnansie 7 van

1843 nie gelate aanvaar nie. Na die Tweede Vryheidsoorlog en die totstandkoming van die

Unie van Suid-Afrika het daar weer nuwe pogings ontstaan om die NG kerke wat een is in belydenis en kerkregering nouer by mekaar te laat aansluit maar het telkens misluk. Die NG kerke het besluit om te federeer en in 1907 word die Raad van Kerke gestig (Vorster kb 5/4/1961: 463-464).

Met die aanloop tot die herstel van die sinodale verband van die NG Kerk moes dieperliggende vrae beantwoord word soos: moet die tradisionele kerkwette met sy wortels in

die kollegialisme deur ‘n kerkorde in lyn met die Dordtse tradisie vervang word en moet

Ordonnansie 7 van 1843 na meer as ‘n eeu herroep word? Die antwoorde was belangrik vir

die begeerte van die NG Kerk om sy kerkverband te herstel, want bly die ordonnansie staan, sou “streeks- of provinsiale sinodes nie ingestel kon word nie” (Kleynhans 1971:139). As Vorster 1951 Die Gereformeerde Vaandel redigeer laat hy professor D. Lategan skryf oor

Ordonnansie 7 van 1843: sy waarde en betekenis vir ons tyd (GV 1951:130-138). Die

kerkwette met hulle oorlaaide detail was vir Vorster allesbehalwe ‘n kerkorde in die gereformeerde sin. As uitgesproke voorstander van die DKO met sy “twee onmisbare beginsels vir gereformeerde kerkregering, naamlik die Woord van God en koningskap van Christus” wys Vorster (NGTT 1960:13) daarop dat die Kaapse Kerk reeds in 1824 die staat versoek het dat die DKO as “een fundamenteel stuk van alle de Regulatiën onzer kerk” gedruk en versprei moet word. Ten spyte van die feit dat die kerk deur staatsoorheersing wette en bepalings opgelê is, het die NG Kerk haar wil getoon om ooreenkomstig die beginsels van die DKO haar kerkregering in te rig. Daarvan getuig die “hersiening na hersiening” van die Wette en bepalinge waarvan die DKO die norm was (ibid.).

Natuurlik was Vorster nie die eerste en enigste persoon in die NG Kerk wat teen

Ordonnansie 7 van 1843 geprotesteer het nie. Vanaf 1907 het die Raad van Kerke bykans

by elke vergadering gepoog om die sinodale band te herstel en telkens gestruikel oor die ordonnansie (Vorster NGTT 1960:14-15; Kleynhans 1974:148). Tog was dit vir Vorster beskore om die persoon wees wat ‘n einde maak aan die eeue oue twispunt in die Kaapse Kerk. Op Maandag, 21 Oktober 1957, is Vorster oor die ordonnansie in die Kaapse Sinode aan die woord. As Aktuarius stel hy voor dat die Kaapse Sinode die nodige stappe sal neem om Ordonnansie 7 van 1843 te herroep. Die Kaapse Sinode van 1957 het die voorstel van Vorster eenparig aangeneem (NGKSA 1957:42;514; PV 1/1/3/1/3).

Alhoewel dit “volkome waardeloos” was vir die leer, organisasie of regering van die Kaapse Kerk was die ordonnansie nogtans ‘n wet en moes dit as verouderde wetgewing deur die volksraad verwyder word (Van der Watt 1987:10). Op 3 Maart 1961 was die private wetsontwerp by die volksraad ingedien deur advokaat Jan Haak. Voor die gekose komitee van die Volksraad het A.J. van der Merwe en J.D. Vorster, onderskeidelik Moderator en Aktuarius van die Kaapse sinode, verskyn om getuienis ten bewyse van die wetsontwerp te lewer. “Op ‘n deeglike en uiters verantwoordelike wyse het doktor Vorster die standpunt van die kerk gestel en ‘n duidelike uiteensetting gegee van die oorwegings ten grondslag van die sinode se besluit om hierdie private wetsontwerp aan te vra” (Van der Watt 1987:13). Verder was dit bloot ‘n formaliteit en die Volksraad het die wetsontwerp in ‘n rekordtyd sonder enige teenstand aangeneem. Die ordonnansie wat in “sy 118-jarige bestaan soveel beroering

veroorsaak het en sulke verreikende gevolge gehad het vir kerk en volk het ‘n stille en maklike uitvaart gehad” (Vorster kb 5/4/1961). Die weg was nou geopen vir die Kaapse sinode om op die basis van ‘n gemeenskaplike kerkorde met die ander NG sinodes in een sinodale verband te tree.

6.2.3 ‘n Gemeenskaplike kerkorde vir die NG Kerk, 1962

Die Federale Raad besluit in 1955 om die kommissie vir Aktuarii opdrag te gee om ‘n kerkorde op te stel in oorleg met die kommissie vir kerkvereniging (Raad van Kerke 1955:90). Op Vorster se voorstel rapporteer die kommissie van Aktuarii 1957 terug aan die Raad van Kerke dat hulle besluit het om nie ‘n nuwe kerkorde op te stel nie, maar eerder aandag te skenk aan die hersiene kerkorde van die Gereformeerde kerke in Nederland soos aanvaar deur die Generale Sinode van Assen in 195737 (Raad van Kerke 1957:73-74). Die

voorstel het dadelik byval gevind, want minstens drie van die vyf lede van die kommissie van Aktuarii was ondersteuners van die neo-calvinisme naamlik, J.D. Vorster, as voorsitter, L.E. du Toit en F.N. van Niekerk (Strauss 1994:8). Die Federale Raad het sy instemming hiermee betuig en het die kommissie versoek om by die volgende vergadering ‘n konsep kerkorde voor te lê wat kan dien as basis vir kerkvereniging. Die brandpunt was egter die verhouding tussen die verskillende sinodes: “provinsiaal en nasionaal”, asook die magte en bevoegdhede van die sinodes (Raad van Kerke 1957:37). By die volgende vergadering op 20-22 Mei 1959, in Bloemfontein het die kommissie van aktuarii ‘n konsepkerkorde voorgelê as basis vir kerkvereniging (Raad van Kerke 1959:120-122). D.J. Louw (kb 2/1982) Aktuarius en latere Moderator van die Vrystaatse kerk, wat self by die proses betrokke was, getuig dat die konsepkerkorde hoofsaaklik Vorster se werk was. Alhoewel die verskillende hoofstukke verdeel was tussen die kommissielede het Vorster waarskynlik die eerste vier hoofstukke opgestel en as voorsitter van die kommissie die ander hoofstukke geredigeer38 (NG Kerk

37 Tydens die opstel van die konsepkerkorde was die kommissie nou geskakel met die GKN om

kerkregtelike knelpunte in die kerkorde op te klaar. Vrae wat voorgelê was, was byvoorbeeld: Wat is die bevoegdheid van sinodale deputaatskappe? “Dreineer hulle nie die inisiatief van plaaslike gemeentes nie? Moet lede slegs predikante wees of kan dit ook lidmate wees?” (vergelyk PV 1/1/3/1/6).

38 F.N. van Niekerk van Natal het hoofstukke vyf en ses opgestel. Hy en Vorster het verskil oor

minstens twee kerkregtelike uitgangspunte. Van Niekerk wou die besluite oor ekumeniese betrekkinge in die hande van die verskillende streeksinodes lê, veral omdat Natal en die Vrystaat nie lid was van die WRK soos die Kaapse- en Transvaalse sinodes nie en die “kleiner” sinodes bang was vir oorheersing. Vorster was van mening dat besluite oor ekumeniese betrekkinge by die algemene sinode tuishoort. Vorster en Van Niekerk het ook verskil oor die toepassing van die tug. Volgens Vorster wou Van Nekerk tug in ‘n “burgerlike gees” toepas en nie met “vaderlike sorg” nie. Sonder om

1983:269; Vorster PV 1/1/2/2/2). Die konsepkerkorde is deur die raad goedgekeur en na die verskillende sinodes verwys met die versoek om wysigings vir oorweging en finale beslissing aan die konvensie wat die algemene sinode sou voor af gaan, voor te lê. Daar was ook besluit dat J.D. Vorster en F.E. O’Brien Geldenhuys in adviserende hoedanigheid die verskillende sinodes sal bywoon (Raad van Kerke 1959:124).

Die hersiene kerkorde was vir Vorster (NGTT 1960:13) niks anders “as die Dordtse Kerkorde aangepas aan die eise van ons dag”. Vorster (NGTT 1960:17-18) maak ‘n punt daarvan om klem te lê op die Dordtse wortels van die nuwe konsepkerkorde, want vir Vorster bly die DKO “as klassieke uidrukking van die gereformeerde beginsels van kerkregering” die maatstaf. Die konsepkerkorde is nie onverwags en “soos ‘n vondeling kindjie voor die deur van die kerk neergelê nie”, maar was vir Vorster (NGTT 1960:17) “‘n natuurlike vrug..., ‘n logiese gevolg..., ‘n sluitsteen..., ‘n verwagte klimaks” in die kerkregtelike ontwikkeling van die NG Kerk.

Vir Vorster (NGTT 1960:17) lê die betekenis van die voorgestelde gemeenskaplike kerkorde in die volgende:

i. Omdat die konsepkerkorde gebaseer is op die DKO, openbaar dit die gereformeerde karakter van die kerk en spreek dit van sy trou aan die beginsels van kerkregering wat ontleen is aan die Woord.

ii. Omdat die DKO “aangepas is by die eise van ons dag” het dit vir die NG kerk lewend geword in die praktyk van sy kerkregering.

iii. Die nuwe kerkorde sal die “bindende kerkorde vir die kerk” wees, en daarom sal die huishoudelike reglemente van die streeksinodes die kerkorde as norm gebruik.

iv. Hierdie kerkorde “verenig die kerke wat nog altyd organies een is, maar wat deur hofbeslissings verplig was om organisatories afsonderlik te leef en te werk”.

Op 12 Oktober 1962 is die nuwe kerkorde vir die Nederduitse Gereformeerde Kerk goedgekeur. By dié geleentheid ontbind die Raad van Kerke en die sinodale verband word na 100 jaar herstel (NGK 1962:232). Dit was ‘n “gevoelvolle en onvergeetlike historiese gebeurtenis” toe die konvensie op grond van die goedgekeurde kerkorde oorgegaan het tot die stigting van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (Van der Watt 1987:15). Dit is interessant om daarop te let dat J.D. Vorster met sy fyn aanvoeling vir die kerkgeskiedenis die uitdrukking “kerkvereniging” afwys en eerder verwys na die

dit verder te kwalifiseer, het Vorster duidelik verklaar dat hy nie met sommige van Van Niekerk se formulerings in hoofstukke vyf en ses saamstem nie (PV 1/1/2/2/8).

Algemene Sinode as die “herstel van die organisatoriese vereniging in sinodale verband” (Kleynhans 1974:148). Toe daar ‘n verskil van mening oor die naam was, was dit ook Vorster wat in die skemerte van Hugenotegedenksaal met beslistheid gesê het: “Ag manne, daar kan net een naam wees: Nederduits Gereformeerde Kerk” (PV 1/2/1/152).39 Dit was ‘n verdiende

blyk van waardering en vertroue dat Vorster as die eerste Aktuarius van die eerste Algemene Sinode in 1962 verkies was.