• No results found

STUDENT IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG EN AKTUARIUS IN DIE NG KERK 1953-

6.1 Student in die Gereformeerde Kerkreg

6.1.2 Kerkregtelike tradisies binne die NG Kerk 1 Die kollegialisme

6.1.2.2 Die Skotse presbiterianisme

Die liberalisme in die Nederlandse Hervormde Kerk het daartoe lei dat die NG Kerk in die tweede helfte van die 19e eeu aansluiting vind by die Skotse presbiteriaanse teologie. Britz (1985:439) toon aan dat J.I. Marais derde professor aan die teologiese Seminaruim in Stellenbosch studeer in Skotland. Ook P.G.J. de Vos, sedert 1883 professor, studeer by die

33 Calvyn (1991:1278) werk met ‘n Christologiese kerkbegrip. Die universele kerk tree deur die werk

van die Heilige Gees sigbaar na vore en word vergader in die gemeente rondom die bediening van die Woord, sakrament en tug deur die verskillende ampte. Die bediening van die Woord, sakrament en tug bind gelowiges in geloof en liefde op ‘n bepaalde plek saam en roep hulle tot diens in die koninkryk. Vir Calvyn leef die kerk as volk van God dus onder die voortdurende dinamiek van die koninkryk wat kom en wat besig is om te kom. Calvyn (1991:1265-1272) neem die bediening van die Woord deur die ampte, om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk in die koninkryk, onder die soewereine koningsheerskappy van Christus as vertrekpunt van sy kerkbegrip. Hierdie bedieninge is gawes van God met die oog op die opbou van elke gelowige sodat elkeen sy roeping in die wêreld kan vervul (vergelyk in die verband ook 1 Korinthiërs 12:28 en Efesiërs 4:1-15). Op grond van die absolute koningskap en soewereine heerskappy van Christus is die sola scriptura beginsel normatief vir alle handelinge van die kerk. Elke vorm van bediening in die sigbare kerk dra Christus se gesag wanneer dit die voorskrif van die Koning bedien soos in Sy Woord en deur Sy Gees gegee . Na analogie van Handelinge 15 kan die ampte met die oog op die opbou en welsyn van die gemeentes in kerkvergaderings bymekaar kom. Dit vorm geen nuwe kerk, geskied nie om die liggaam van Christus te laat realiseer of om ekumenisiteit te demonstreer deur ‘n super kerkstruktuur nie, maar dra gesag op grond van die kwaliteite van die besluite wat aan die Woord getoets word. Sinodes is nie onfeilbaar nie, maar besluite word wel aanvaar in soverre dit nie met die Woord in stryd is nie (Calvyn 1991:1448-1456).

Free Church of Scotland.34 De Vos het ook sedert 1884 kerkreg as selfstandige dissipline

doseer en die boekie Presbyterianism van Macpherson as handboek voorgeskryf. Vir meer as 30 jaar is teologiese studente se kerkbegrip hierdeur gevorm (Britz 1985:440). Vorster oordeel dat die “werkie” nie ‘n “breë, diepe en volledige uiteensetting van die kerkreg bied nie”, en alhoewel die “werkie nie eers van Voetius kennis geneem het nie” meen hy tog dit is “suiwer” (Vorster kb 28/10/1959:664-681).

Vorster (PV 1/2/47/2) het groot waardering vir die Skotse invloed gehad, alhoewel hy nie raakgesien het dat die Skotse presbiterianisme sekere raakpunte gevind het met die sentralisering en hiërargie van die kollegialisme. Die aksent op die eenheid van die kerk en die bediening aan die hand van ‘n “groot aantal stelreëls” pas in by die “korporatiewe genootskapsidee van die kerk” (Britz 1985:439-442). Vanweë die sterk Nederlandse oriëntering kon die groot aantal Skotse calviniste wat sedert 1820 die NG Kerk binnegekom het, nie konsekwent sy invloed laat geld nie, tog het hulle die NG kerk se kerkregtelike ontwikkeling in sekere opsigte bepalend beïnvloed (Strauss 1995:354).

Presbiterianisme neem sy kerkregtelike vertrekpunt uit die sigbare kerk en verabsoluteer dit. Die sigbare kerk is die instelling van regering, ordinansies, ampsdraers met statiese kenmerke soos ‘n wetlik omlynde liggaam. Die kerk kan bestaan uit regeerders en diegene oor wie regeer word, soms kan enige van dié twee kerk genoem word. Die onverskillige gebruik van die woord kerk, maak kerkbegrip van die Skotse presbiterianisme “swewend” (Spoelstra 1991:60-61). Die woord kerk kan gevolglik, volgens Spoelstra (ibid.) die volgende aandui of verteenwoordig:

i. Amp.

ii. Strukture vir kerkregering. iii. Kerkvergaderings.

iv. Denominasie.

v. Identiteit van die gemeente.

vi. Hele liggaam of universele kerk van gelowiges. vii. Sigbare belyers van geloof.

viii. ‘n Gemeente wat godsdiens op ‘n bepaalde plek beoefen. ix. Gemeentes onder gemeenskaplike kerkregering.

34 Vir Vorster (PV 1/2/1/105) was Free Church of Scotland die “mees gereformeerde kerk in die

Waar Calvyn (1991:1317-1334) die dienswerk van die ampte onder soewereine heerskappy van Christus deur Sy Woord en Sy Gees eerste stel, plaas die presbiterianisme die kerk as bepaalde, objektiewe, wetlik omlynde instituut met sy vergadering van ouderlinge, in ‘n bepaalde gebied. Presbiterianisme ontneem die amp van ouderling sy Bybelse karakter en die plaaslike gemeente sy selfstandigheid as ecclesia completa. Wanneer die kerk as organisatoriese eenheid verabsoluteer word en die sinode sinodokraties oor die plaaslike gemeente te staan kom, word eenheid verwar met eenvormigheid. Op “elke punt van leer, liturgie en lering” word eenvormigheid op die plaaslike gemeente “afgedwing” om die eenheid te demonstreer (Spoelstra 1991:65-66). Die filosofiese onderskeiding tussen natuur en genade vind neerslag waar die kerk as instituut objektief teenoor die gelowiges te staan kom. Dit het tot gevolg dat daar onbybels gepraat word van ons gaan kerk bou, kerk en sy mense, die kerk doen nie sy werk nie, die kerk se ampte, die kerk se werk, die kerk se prediking, die kerk se belydenis en ons gaan kerk bou.

Vanuit die juridiese, kerksentriese vertrekpunt glo die presbiterianisme dat die kerk as vereniging die mag van Christus moet verteenwoordig deur kerklike wette. Die kerk het ampsdraers wat namens die kerk optree. Lede van die vereninging delegeer hulle mag na die besture van ampsdraers. Predikante is, anders as ouderlinge, staande lede van alle kerklike howe. Die sinode as die hoogste hof, sou die hele kerk verteenwoordig. Sonder predikante kan geen “kirksession, presbytery of general assembly” wettig saamkom nie. Die aanwesigheid van ouderlinge is wenslik maar nie noodsaaklik vir die samestelling en werking van die “kerklike howe” nie. (Spoelstra 1991:63). Die kerklike howe as hoogste gesag vir “wetgewende, uitvoerende en regsprekende funksies” se taak word deur ‘n konstitusie (kerkorde) omskryf en “hoër” kerklike vergaderings kan oor enige saak vir “laer” vergaderings besluite neem (Spoelstra 1991:64).