• No results found

GENERAAL KOOT VORSTER 1941-

5.5 Magister Divinitas

Die gevaarlikste invloed van die gevangenislewe was vir Vorster die “onpersoonlike mag van die stelsel”. Dit was vir hom soos ‘n “geweldige monster wat gedurig poog om die mens van sy wesenlike te beroof, dat net die leë dop, ‘n ontsielde mens daar bestaan”. Hy het ervaar dat die gevangenisroetine die wil van ‘n mens breek, omdat daar in die “verskriklike eentonigheid” geen ruimte vir eie inisiatief is nie. Die lewe in die gevangenis was vir Vorster “kleurloos en geurloos, saai en sieklik, koud en dood”. Die gevangenisowerhede het onder andere geweier het dat “bandiet Vorster” vir minstens ses maande na sy opname geen besoeke of skrywe mag ontvang nie (PV 1/3/1/7). Dit was veral om dié rede dat so baie van “ons manne” studies aangepak het om iets konkreets en nuttig te doen (Vorster 1953:126- 130).

Die tyd van afsondering en Koot Vorster se weiering om oor te gee aan die grys moedeloosheid, het vir hom ‘n nuwe akademiese veld oopgemaak. As ‘n “lieflingstudie” het Vorster die gereformeerde kerkreg gekies. Hierdie “lieflingstudie” moet ‘n vakrigting wees waar ‘n leraar “vir ontspanning en liefde sal werk” (Vorster in NGTT 1979:315). Hy skryf in vir die graad M.Div by die PU vir CHO. Vorster se skripsie het gehandel oor Die

kerk en kerkregering van die Voortrekkers. Dit was veral professore H.G. Stoker en

om Vorster se boeke te borg. Professor J.D. du Toit, (ook bekend as Totius, die bekende gereformeerde predikant en Afrikaanse digter), het onderneem om vir Vorster by te staan met ‘n gespesifiseerde leerplan (PV 1/3/1/7). Stoker het ook gereeld met Louiza Vorster kontak gehou tydens Vorster se gevangenisskap en haar gereeld op hoogte gehou van sy vordering en omstandighede (PV 1/3/1/7). Vorster het al sy eksamenvraestelle30 in die

gevangenis geskryf terwyl sy eksaminator H.G. Stoker, self geïnterneer was. Om die rede was Stoker verplig om Vorster se laaste twee vraestelle in die interneringskamp te Koffiefontein na te sien (PV 1/3/1/8).31 Daar was groot belangstelling in Vorster se

gradeplegtigheid op 27 Mei 1944, want dit was ‘n uitsondering dat ‘n predikant ‘n graad, en dit met lof, in die gevangenis verwerf (Potgieter NGTT 1979:273).

5.6 Ontslag

Met sy ontslag was ‘n derdeklaskaartjie aan Vorster uitgereik, wat gewoonlik deur Suid-Afrika se gekleurde bevolking gebruik is. Vorster het egter geweier om dit te aanvaar en sou verkies om eerder in die gevangenis te bly as om ‘n derdeklaskaartjie te ontvang. As ‘n blanke gevangene het Vorster onversetlik aangedring op ‘n tweedeklastreinkaartjie. Die owerhede het toegegee en so het dit gebeur dat Vorster die eerste gevangene in Suid-Afrika geword het wat ‘n tweedeklastreinkaartjie met ontslag ontvang. Vorster het hierdie tweedeklastreinkaartjie na Jamestown, oor Bloemfontein met die reisgeld wat 3 pond 4 sjielings beloop het en wat vir een maand geldig was, deur sy hele lewe soos ‘n kleinood bewaar. Die eerste telefoonoproep wat Vorster op die dag van sy vrylating ontvang het, was van J.D. du Toit, (Totius) om hom geluk te wens (PV 1/2/1/152). Nadat hy onthaal was deur drie OB-generaals, is Vorster eers terug na sy ouerhuis, voordat hy na Kaapstad sou vertrek (Cronje 1978:15).

30 Vorster het drie-uur vraestelle geskryf in die volgende vakke: Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis,

dogmageskiedenis, Suid-Afrikaanse kerkreg, kerkreg in calvinistiese lande, Nuwe Testamentiese eksegese, kultuurhistoriese agtergrond van die Nuwe Testament, holistiese filosofie en Barthianisme (PV 1/3/1/7).

31 Professor Stoker (gebore April 1899 in Johannesburg) het na sy skoolopleiding in ‘n Duitse skool

gestudeer aan die PU vir CHO en sy MA by die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy promoveer in Keulen, Duitsland waarna hy professor in sielkunde en filosofie word. Hy word van 23 Desember 1942-28 September 1943 op Koffiefontein geïnterneer. Stoker was op Koffiefontein die voorsitter van die Boere-Universiteit wat die geïnterneerdes gestig het om hulle positief besig te hou. Dit was ‘n omvangryke organisasie waar die geïnterneerdes selfs eksamens kon skryf. In 1943 is daar 28 vakke aangebied vir 958 studente (D’Oliveira 1977:64-65). Op Koffiefontein het H.G. Stoker ook ‘n vriendskap gesluit met Koot se broer, John Vorster (PV 3/1/2).

Kort voor sy ontslag skryf Vorster aan die kerkraad dat hy hoop om op 14 Augustus 1943 ontslaan te word en dat hy gereed is om sy werk dadelik te hervat. Hy wou egter graag ‘n paar weke verlof neem om sy moeder te besoek en bronne te bestudeer (PV 1/3/1/8). Die versoek word deur die kerkraad goedgekeur en Vorster word die paar weke vakansie sonder vergoeding, toegestaan. Die kerkraad versoek hom egter teen September terug te wees vir die ringsitting. Die kerkraad benoem ‘n kommissie, wat voor die ringsitting met Vorster in gesprek moes tree insake die kerkregtelike posisie tussen hom en die kerkraad. In die kommissie se verslag aan die kerkraad word gerapporteer dat alhoewel hy nie as lid van die OB bedank het nie (en tot sy dood lid van die organisasie gebly het), Vorster beloof het om sy uiterste bes te doen om op so ‘n wyse op te tree dat die eenheid van die gemeente bewaar en bevorder sal word. Daar was geen beswaar dat Vorster die “herderstaf” weer opneem nie en hy was gretig om met sy gemeentewerk te voort te gaan (Louw 1994:288- 290) Vorster was dus na sy “lang verlof” van drie jaar terug ontvang in die gemeente (Potgieter 1979:273).

Sommige persone in die Smuts-regering het gevoel dat Vorster direk na sy ontslag geïnterneer moes word. Generaal Smuts het persoonlik ingegryp en dié voorstel verwerp. Vanaf Vorster se ontslag in 1943 tot en met sy dood het Smuts gereeld ‘n donasie vir Tafelberggemeente gestuur. Ten spyte van hulle politieke verskille het Vorster ‘n sagte plek vir Smuts gehad (PV 1/2/1/152).

“Was dit die opoffering werd?” het Vorster gevra. Hy antwoord sy vraag deur te getuig dat die “leerskool” hard en moeilik was, maar ter wille van die vryheid van die Afrikaner was hy bereid om die “hoogste offer” te betaal. Vir Vorster was die beginsel, “Soek my by die dooies, nie by die hensoppers nie”. Deur die jare het daar genesing gekom, alhoewel “iets van die sinisme en teleurstelling egter gebly het” (Vorster 1953:131-132).

5.7 Samevatting

Vorster se betrokkenheid by die OB staan in die teken van sy volksliefde. Vir hom was die OB die draer van die Afrikaner se ideale, veral tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tog speel volksidealisme en volksromantiek ‘n deurslagewende rol in Vorster se denke gedurende die tydperk. Wat van groot belang is, is dat Vorster in die tydperk weer besin het oor sy roeping en besef het dat sy toekoms in die kerk lê en nie in die Afrikanerpolitiek nie.

HOOFSTUK 6

STUDENT IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG EN AKTUARIUS IN