• No results found

STUDENT IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG EN AKTUARIUS IN DIE NG KERK 1953-

6.3 Enkele kerkregtelike interpretasies van J.D Vorster

6.3.1. Moet die sinode verklein word?

Enkele jare voordat hy as Aktuarius in 1953 verkies was, het Vorster hom reeds sterk uit gespreek oor die kerkregtelike knelpunt van ‘n verkleinde sinodes. Reeds by die Kaapse Sinode in 1936 het daar ‘n verslag gedien dat die sinode verklein moet word. Hoewel dit met ‘n besliste meerderheid verwerp is, was die saak weer voor die Kaapse Sinode van 1949, in die brandpunt. Alhoewel Vorster (GV 1949:12-14) duidelik standpunt inneem teen ‘n verkleinde sinode beredeneer hy die saak van albei kante. Vorster gee toe dat die argument water hou dat ‘n verkleinde sinode nie die wese van die presbiteriaal-sinodale stelsel raak nie en dat baie kerke met ‘n presbiteriale kerkregeringstelsel wel verkleinde sinodes het. Alhoewel Vorster op hierdie punt toegee wys hy daarop dat die krisis rondom ‘n verkleinde sinode nie gekom het omdat die “volle” sinode waarop alle predikante sittingsreg het, prinsipieel ongewens geword het nie. Twee redes wat vir hom “niks met beginselsake” te make het nie, maar deur die praktyk gedikteer word, was die kwessie van “ruimte en geld”. Hy was realisties oor dié praktiese knelpunte en beslis dat die sinode sal moet verklein. Met die oortuiging dat die praktyk nie die beginsels kan voorsê nie, was Vorster gekant teen ‘n numeriese verkleining en het eerder ‘n geografiese verdeling voorgestaan. In plaas van ‘n numeriese verkleining van die sinode pleit Vorster eerder vir ‘n geografiese verdeling met meer sinodes. ‘n Skeiding tussen die Wes- en Oos-Kaap as aparte sinodale streke was vir hom ‘n “haalbare en veilige opsie” vir die kerk.

39 Die voorstel van Vorster getuig van sy fyn kerkregtelike aanvoeling aangesien hy die nuwe Sinodale

Vorster het die volgende vyf redes gegee vir sy teenkanting teen ‘n numeriese verkleining van ‘n sinode:

i. Die “volle” sinode was vir Vorster eie aan die presbiteriaal-sinodale stelsel. Die “volle” sinode laat meer reg geskied aan afsonderlike gemeentes. Hy gee toe dat die verkleinde sinode nie in stryd is met die wese van dié kerkregeringstelsel nie, maar “nie by die gees daarvan inpas nie”.

ii. Die volle sinode waarborg dat ‘n klein getal nie van “bo-af” die kerk oorheers nie. ‘n Kleiner getal lei tot die gevaar van “kollegialisme en tot die oorheersing van die plaaslike gemeente”.

iii. Verkleinde sinodes vergroot die gevaar van kerkskeuring wanneer “diep en ingrypende kwessies behandel word en die kerkrade nie ten volle verteenwoordig is nie”. Dit lei tot ontevredenheid en onbetrokkenheid by die sinode “wat in ons land met sy groot afstande en individualistiese geneigde volk wat skerp verskil” gevaarlik is. iv. ‘n “Volle” sinode neem nie net meer mense saam nie, maar het groter propaganda

waarde terwyl ‘n verkleinde sinode “nooit die oor, die verbeelding, die belangstelling en die hart van ons kerk raak nie”.

v. Alhoewel ‘n verkleinde sinode die ruimte probleem sal oplos, bly dit vir Vorster ‘n vraag of ‘n verkleinde sinode werklik die finansiële probleme sal kan oplos weens groot afstande en uitgebreide kommissiewerk.

As die kollegialistiese tradisie van die NG Kerk in ag geneem word, het Vorster se begeerte na ‘n “volle” sinode minstens drie gevare, naamlik:

i. Die eenheid van die kerk word slegs gewaarborg deur ‘n “volle” sinode. ii. Die gesag van so ‘n sinode lê in die groot getal ampte wat verteenwoordig is.

iii. Die sinode verkry ‘n bepaalde meerdere gesag bo die gemeentes wat kort voor lank lei tot ‘n burokratiese uitbouing van die sinode. Dit het tot gevolg dat “sinodes ander vergaderings dupliseer, in belangrikheid en buitensporigheid toeneem en later neig om die eintlike spreekbuis van die kerk te wees” (Strauss 1991:157).

6.3.2 “Soos een wat dien”

Binne die Nederlandse kerkregtelike tradisie was daar ‘n verskil van mening oor die gesag van meerdere vergaderings. Bouwman (1934:4) verwoord die Doleantie-kerkreg se standpunt.40 Christus het sy gesag direk aan die plaaslike gemeente as ecclesia completa

oorgedra en daardie gesag word deur die kerkraad uitgeoefen. Wanneer die meerdere

40 Hierdie standpunt dra kenmerke van die independentisme (sien Kleynhans 1982:74; Van’t Spijker

vergadering byeenkom, word die gesag afgelei van die ampte teenwoordig, omdat die meerdere vergadering ‘n vergadering van die ampte is. “De meerdere vergadering ontleenen hare macht en bevoegdheid om te handelen en beslissingen te nemen aan de kerken, de haar door hare afgevaardigden samenstellen” (Bouwman 1934:19). Die meerdere vergadering het dus slegs afgeleide gesag en daarom kan die meerdere vergaderings nie hulle gesag bo en buite om die plaaslike kerk uitoefen nie. Volgens Bouwman (1934:22) lê die verskil tussen die plaaslike gemeente en die meerdere vergaderings in die feit dat laasgenoemde geen eie gesag het nie, terwyl die plaaslike gemeente volledige Christusgesag het. Plaaslike gemeentes het wesenlike gesag, terwyl meerdere vergaderings slegs ontleende of toevallige gesag het. Kerkrade se gesag is permanent, terwyl meerdere vergaderings slegs tydelik byeen kom en daarna ophou bestaan. Kerkrade moet voortdurend leiding gee, terwyl meerdere vergaderings slegs bestaan terwille van die welsyn van die plaaslike gemeente en om hulle met raad te bedien. Die plaaslike kerkraad kan enige saak behandel, terwyl meerdere vergaderings beperk word tot die sake wat aan hom opgedra is. Nauta (1971:124) daarenteen is teologies konsekwent met sy standpunt dat, gegewe die feit dat Christus hoof is van Sy kerk, kry alle kerkvergaderings hulle gesag direk van Christus en elkeen hanteer die gesag volgens sy eie aard. Christus regeer direk elke vergadering deur Sy Woord en Gees en nie deur meerdere vergaderings oor die plaaslike gemeente of andersom nie. Elke kerkvergadering het na sy eie aard en bevoegdheid ‘n Christus verleende gesag. Dit is in lyn met die Christokratiese regeerwyse en nie die demokratiese benadering “waar die wil van die kerkvolk moet seëvier nie” (NGKO: 1965 Artikel 20; Strauss 1991:159).

Met die herstel van die algemene sinodale verband in 1962 en die samestelling van ‘n nuwe kerkorde was die verskille oor die gesag van ‘n algemene sinode soos verwoord deur Nauta en Bouwman uiters aktueel. Enersyds was daar ‘n vrees vir ‘n “hiërargiese-kollegiaslistiese dominansie” deur ‘n algemene sinode. Andersyds was die vrees dat die sinode se gesag so “afgewater” sou wees dat dit in praktyk niks meer sal wees as die Federale Raad van Kerke nie. Dit was vir Vorster (NGTT 1960:15) belangrik dat die NG Kerk op Nauta se standpunt en in ooreenstemming met die DKO artikel 3641 funksioneer. Die gesag van die Algemene

Sinode word verwoord in artikel 20.1 (NGKO 1965:4): “hierdie vergaderinge het elkeen na sy eie aard ‘n kerklike gesag deur Christus aan hom verleen”. Die beginsel word verder uitgebou in artikel 22 (NGKO 1965:4): ”op meerdere vergaderings word alleen sake

41 Artikel 36 van die DKO “‘t zelfde zeggen heeft de classe over den kerkraad, ‘t welk de particuliere

synode heefte over de classe en de generale synode over de particuliere synode” (aangehaal uit Pont 1991:180).

behandel wat daar tuis hoort of daarheen verwys is deur mindere vergaderinge of wat op mindere vergaderinge nie afgehandel kon word nie”. Besluite van meerdere vergaderings is bindend, tensy dit in stryd is met die Woord van God. In ooreenstemming met die gereformeerde tradisie word daar in artikel 26 (NGKO 1965:4) geen lys van take soos by die ring, streeksinode of algemene sinode, aan ‘n kerkraad opgelê nie. Die bedoeling was duidelik dat “die kerkraad alle sake vanuit ‘n kerklike hoek op kerklike wyse kan hanteer, maar vanweë kerkverband nie eensydig afhandel nie”. So ‘n besef relativeer die haas ongeduldige en eensydige sug na eenvormige leiding deur ‘n klein groepie leiers in kerkverband en skep moontlik groter ruimte vir die direkte onbemiddelde leiding van Woord en Gees aan almal in die kerk. Verskillende standpunte tussen gemeentes en gemeentelede kan deur gesprek en debat, ook op meerdere vergaderings, juis tot die reformasie van verskillende standpunte lei (Strauss 1995:342).

Wat die gesag van kommissies betref was daar ook onsekerheid. In artikel 39 en 40 (NGKO 1965:6) word die Moderatuur as ‘n permanente kommissie gekontinueer. Die vrees was dat die twee artikels die deur oop laat vir ‘n kerklike hiërargie en dat die status van die Moderator, Moderatuur en kommissiestelsel in stryd is met die anti-hiëragiese beginsel van artikel 17 van die DKO42 (Vorster NGTT1960:13). Vorster (ibid.) wys daarop dat artikel 3

(NGKO 1965:1) “onverswak” die koningskap van Christus oor sy kerk proklameer. Op grond van die beginsel mag geen amp oor ‘n ander heerskappy voer nie. Wat die gesag van die Moderatuur betref, stel hy dit duidelik dat die Moderatuur “nie as ‘n dagbestuur of as ‘n uitvoerende mag kontinueer nie, maar na afloop van die sinodesitting funksioneer dit as gewone kommissie met ‘n beperkte en omskrewe opdrag”. Hy verwys ook in die verband na die GKN se kerkorde van 1957, as ‘n “hersiening van die DKO”, wat in artikel 65 die Moderatuur beskou as ‘n “deputaatskap” met “geen eie mag en geen selfstandigheid.” Daar was vir Vorster (NGTT 1960:14-15) “weinig gevaar van hiërargie” in die sinode omdat selfs die sinodale kommissies nie “selfstandige bestuursliggame” is nie, maar “deputaatskappe met ‘n beperkte opdrag” en wat moet optree “soos een wat dien” (vergelyk Vorster GV 1951:122-123).

42 Artikel 17 van die DKO: “Onder de dienaren des Woords zal gelijkheid gehouden worden,

aangaande de laesten huns dienstes, mitsgaders ook in andere dingen, zooveel mogelijk is, volgens het oordeel des kerkeraads en dies van noode zijnde der classe, het welk ook in ouderlingen en diakenen te onderhouden is” (aangehaal uit Pont 1991:178).

Met die nuwe kerkorde het die Algemene Sinode (NG Kerk 1962:8, 1970:9; 1978:9) die Breë Moderatuur43 se opdrag verwoord as: “opdragte of besluite van die algemene sinode wat nie

onder die opdrag van die ander kommissies van die sinode resorteer nie, die voorlopige hantering van spoedeisende sake met verantwoording aan die volgende sinode en die reg om ‘n buitengewone sinode byeen te roep, voorbereiding vir die vergadering van die algemene sinode.” Vorster (PV 1/1/3/1/3) was bewus van die behoefte dat daar dringende sake tussen sinodesittings na vore mag kom en dat die sinode in die stadium waar dit nog aktueel is daaroor ‘n verklaring sal doen. “Dit gebeur meermale dat omstandighede opduik in ons snel veranderende samelewing en die huidige kritieke tye dat daar na die kerk opgekyk word om ‘n passende en dikwels beslissende woord te spreek.” Tog was dit vir hom in die Dordtse-tradisie kerkregtelik ondenkbaar dat ‘n “klein groepie los van die afgevaardigdes van die gemeentes beslissings kan neem en namens die kerk kan praat”. Dit was vir Vorster “om die grense te oorskry wat ons deur die Skrifgefundeerde stelsel van kerkregering” daargestel is. Dit was vir hom “baie jammer“ dat Die Kerkorde van 1962 in artikel 40 (b) veel verder gegaan het as die Wette en Bepalings en aan die “Moderatuur die plig opgedra het om namens die Algemene Sinode op te tree in sake van spoedeisende aard en algemene belang”. Vir hom was dit noodsaaklik dat “ons kerk afstand sal doen van enige iets wat die skyn kan wek dat sommige predikante of die Moderatuur meer bevoegdheid het as enige ander persoon of predikante in die kerk”. Om die rede het Vorster gepleit dat “alle bestuursmag” sorgvuldig van die Breë Moderatuur geweer moet word en nie meer bevoegdheid toegeken word aan die kommissie nie, as aan enige ander kommissie van die sinode nie. Daar moet deurgaans klem gelê word op die “absolute voorlopigheid” van die Breë Moderatuur se werksaamhede en daar sal aan die sinode “haarfyn” verslag gedoen moet van sy werksaamhede.

Vorster se klem op “voorlopige hantering” bevestig die NG Kerk se begeerte om, getrou aan die kerklike tradisie van die DKO weg te beweeg van die hiërargiese kollegialistiese denke waar die Moderatuur op ‘n “gegewe moment kon deurgaan as die NG Kerk” (Strauss 1995:344). Die Breë Moderatuur se take is in 1962, in sekere mate minder is as in 1824, veral met betrekking tot sy beperkte opdrag, die toesigfunksie of die gemeentes die kerkorde uitvoer en die toesig oor die ander kommissies van die sinode. Die hantering van spoedeisende sake is slegs voorlopig. Tog kom die Breë Moderatuur nie heeltemal los van

43 Die benaming Breë Moderatuur is eers in 1986 vervang met Algemene Sinodale Kommissie (ASK).

Die Breë Moderatuur het bestaan uit die Moderator, Assessor, Skriba en Aktuarius van die vorige Sinode plus een lid uit elke sinodale gebied wat nie op die Moderatuur verteenwoordig is nie, terwyl die Sinode nog twee ouderlinge verkies het (NGKO 1965:8).

die verenigingsdenke nie. Volgens Strauss (1995:345) is die Breë Moderatuur trapsgewys saamgestel vanuit die verskillende moderature en neig dit na ‘n synodus contracta. Die gevaar is groot dat daar aan die dagbestuur ‘n “onverdedigbare sweem van outoriteit” kleef deur dat dit as “die stem” van die NG Kerk gesien word en Moderator die beeld van ‘n soort hoof van die kerk het” (Botha 1991:174; Strauss 1995:346).

Vorster (PV 1/1/3/1/3) gee sinvolle voorstelle om die kerkregtelike verwarring oor die gesag van die sinode en sy kommissies op te los:

i. Die opvoeding van lidmate om te besef “dat daar nie van bo af oor alles en nog wat verklarings hoef gedoen te word nie”.

ii. Die ringsvergadering moet weer sy regmatige plek inneem, sodat die sinode nie “altyd gemoeid moet wees met dinge wat van plaaslike aard is nie”.

iii. Die herstel van ringe “sal die proses van desentralisasie waaraan ons kerk so absoluut behoefte het”, verhaas.

iv. Die Breë Moderatuur hom doelbewus by sy terrein beperk en dat ander sinodale kommissies “voorlopige offisiële verklarings” uitreik oor sake wat op hulle terrein lê.