• No results found

Verhouding tussen die Besondere en Algemene Amp

’n Gereformeerde Beskouing van die “Amp van die Gelowige” en die Missionêre Waarde daarvan

5.4 Verhouding tussen die Besondere en Algemene Amp

In die Missio Dei wil God die hele kerk gebruik om die wêreld met die boodskap van hoop en bevryding te bereik. Om die hele kerk te aktiveer vir hierdie taak het Hy aan elke gelowige ’n roeping, taak en opdrag gegee. Om elkeen in die kerk te aktiveer het Hy die besondere ampte gegee wat gelowiges toerus “vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus” (Ef 4:12). Daar is dus in die Missio Dei ’n wisselwerking tussen die besondere ampte en gelowiges wat nie in ’n besondere amp staan nie. Hierdie wisselwerking geskied binne die gemeente waar beide die besondere amp en die algemene amp van die gelowige ’n taak of rol te vervul het. Die besondere ampsdraer se gesag en toerusting vir sy taak word nie noodwendig in die sekulêre wêreld erken of aanvaar nie en dit is daarom in die algemene roeping van die gelowige, dat selfs diegene wat ’n besondere amp in die gemeente beklee, die ongelowige wêreld ingaan. Binne die gemeente bestaan daar tussen die gelowiges onderling ’n onderskeid tussen die verskillende dienste, gawes en ampte. Buite die grense van die gemeente word die boodskap van hoop en verlossing sonder onderskeid, na gelang van individuele gawes, gedra deur die algemene roeping en amp waarin elke gelowige staan. “Allen, de gehele kerk, staat onder de geroepenheid tot ,diakonia’, die wegens het ingelijfdzijn in der kerk (gemeente) in Christus, de dienaar (diakonos) levenskenmerk is evenzeer als het ,apostolos’ zijn (op dezelfde gronden). De verschillende, in de gemeente of de kerk aanwezige, duidelijk gekarakteriserende groepen … hebben elke, als staande onder en deelhebbende aan de diakonie van Christus aan de kerk en de wereld, hun eigen type van ,diakonie’ dat, tot welzijn van allen dient’ (1 Kor. 12:7)” (Kraemer 1960: 137). Elke gelowige het deel aan die “diakonie” met ’n eie unieke aard maar hierdie dienste is onderling verbonde aan mekaar. “De dienst (diakonia) van de geordende geestelijke stand, de clerus , en die van de leken zijn beide aspecten van dezelfde diakonia, zij het elk in eigen sfeer en naar

eigen roeping” (Kraemer 1960: 136). Die sfeer van die diens van die besondere amp en die algemene amp is beide na binne en buite gerig. Die swaartepunt van die besondere amp lê egter in die gemeente terwyl die swaartepunt van die algemene amp in die wêreld rus. Om dit anders te stel: Die gelowige is binne en buite die grense van die gemeente in die algemene amp van die gelowige terwyl die persoon in die besondere amp binne die gemeente, buite die gemeente sy of haar roeping uitleef in die algemene amp van die gelowige. Gawes waarmee hy of sy geseënd is vir die besondere roeping in die gemeente is buite die gemeente net so bruikbaar as binne die gemeente. Die rede hiervoor is dat die gawes en gesag van die ampsdraer oral geld, want dit is gegee deur die Koning van die heelal. Hierdie gawes, en in besonder, die gesag van die amp word egter nie noodwendig deur die wêreld wat in sonde geval het aanvaar nie. Vir hierdie rede volvoer ampsdraers buite die gemeente se grense in ’n sekulêre wêreld, hulle taak in die

algemene roeping van die amp van die gelowige. Daar is dus ten opsigte van die taak van die kerk in die wêreld ’n wisselwerking tussen die ampte en die amp van die gelowige.

In die verhouding tussen die besondere ampte en die amp van die gelowige binne die gemeente se grense is daar egter twee skeeftrekkings moontlik. Aan die een kant kan daar ’n

oorwaardering van die amp wees ten koste van die taak en roeping van die gelowige in die algemene amp. Aan die ander kant lei ’n oorwaardering van laasgenoemde tot ’n

onderwaardering van die gesag en toerustingstaak van die besondere ampte. Nie een van hierdie twee uiteenlopende uitkomste word deur die Woord ondersteun nie. “This Word of God was not given exclusively to the church as institute, to the office-bearers but to all believers (John 5:39 and Acts 17:11), in order that with patience and comfort of the Scriptures they should have hope (Rom 15:4) and in order that they should mutually teach and admonish each other. Rome has done violence to this but the Reformation put the Bible back into all hands and so made it possible for the family and the school, for science and art, for society and the state, and for each individual believer, to have access to this source of teaching and instruction” (Bavinck, H 1977: 540). Die gevolgtrekking is dus “… dat de gemeente niet bestaat bij de gratie van haar eigen bezieling, maar bij het gezaghebbende Woord dat tot haar komt in de prediking van het evangelie” (Lekkerkerker 1971: 151). Die algemene amp van die gelowige is volgens die Woord ’n basiese element van kerkwees aangesien die reikwydte van die kerk se besondere ampte nié noodwendig gesinne, skole, wetenskap, kuns, gemeenskap en politiek kan bereik nie. Om hierdie terreine met die hoop in Christus te bereik is die prerogatief van die gelowige in algemene diens. Dit is die taak van die elke gelowige om hierdie dele van God se skepping te kan bereik vir sy koninkryk. Ter wille van die suksesvolle bereiking van alle lewensterreine

word die gelowige toegerus vir sy taak deur die ampte. Die bediening deur die amp van die gelowige “is offered in the form of the ongoing life of the Christian community” (Bosch 1991: 473). In aanhaling van Burrows sê Bosch (1991: 473) dat hierdie voortgaande bedieningslewe van elke gelowige geskied “in shops, villages, farms, cities, classrooms, homes, law offices, in counselling, politics, statecraft, and recreation.”

Die taak van die gelowige is egter nie net beperk tot dit wat buite die institusionele grense van die gemeente gebeur nie. Die Heidelbergse Kategismus vraag 32 vra “Waarom word jy ’n Christen genoem?”. In die antwoord hierop blyk dit dat die taak van die Christen nie net die belydenis van die Naam van Jesus is nie, maar dat dit ook behels die gee van die self as “’n lewende dankoffer” aan Christus en om “in hierdie lewe met ’n vrye gewete teen die sonde en die duiwel (te) kan stry”. In navolging van die drie-voudige amp van Christus is die gelowige dus geroep om profeties te bely, priesterlik te offer en koninklik te regeer. Aangesien dit in “hierdie lewe” geskied is daaruit af te lei dat dit nie net geskied in die institusionele kerk waar God se volk liturgies byeen is nie maar dat dit ook gebeur daar waar die gelowige as

verteenwoordiger van Christus deur die week priesterlik intree vir die wêreld, koninklik regeer oor die sonde en profeties teenoor diegene wat nog nie kinders van die Here is nie, getuig. Die werk van die gelowige buite die grense van die gemeente beteken nie die negering van die amptelike verkondiging van die Woord in die wêreld nie. Die twee, die besondere en die algemene amp, staan as twee pole teenoor mekaar en die regte wisselwerking tussen die twee bring die kragveld van die evangelie tot in die wêreld. Indien een van die twee pole te swaar gelaai is lei dit tot ’n versteurde kragveld wat die fokus van die hoop wat die kerk in die wêreld moet bring na die kerk as instituut verskuif. ’n Ongebalanseerde spanning tussen ’n oor- en onderwaardering van die amp se rol in die uitdra van die Woord is vanaf die Reformasie reeds bespreek. Calvyn (Inst IV.1.6) sê hieroor: “Verder, omdat daar vandag ’n geweldige stryd ontketen is oor die doeltreffendheid van die (woord) bediening terwyl sommiges die aansien daarvan oormatig vergroot en ander volhou dat dit verkeerd is om iets wat aan die Gees behoort op ’n sterflike mens oor te dra … moet ons ook leer hoe hierdie geskil reg beëindig moet word.” Sy antwoord oor die regte beëindig van die vraagstuk oor die verhouding tussen besondere en charismatiese, algemene ampte is om dit duidelik te stel dat die verkondiging en uitdra van die hoop van die evangelie nie aan individue gegee is nie en ook nie aan sekere dienste of ampte alleen gekoppel kan word nie. God is die Insteller van die prediking en Hy verbind sy Gees aan die Woordverkondiging en beloof vrug op die verkondiging van die evangelie. Die Heilige Gees wat verbonde is aan beide die amp, die persoon wat dit beklee en ook die gelowige in die

algemene amp verbind die algemene en besondere ampte met mekaar en bring vrug op beide se arbeid. Die verbintenis tussen die pole, amp en amp van gelowige, gee die krag en impetus vir albei se diens in die Missio Dei.

Die band tussen besondere en algemene amp word, as werk van die Heilige Gees, die beste gesien in die lig van die taak en opdrag van die plaaslike gemeente. Die roeping van die kerk as volk van God om deel te neem aan die Missio Dei definieër en omskryf die verhouding tussen die besondere en algemene ampte op ’n funksionele vlak. “When congregations see themselves as the whole people of God, they may have to change their definition of ordination” (Van Engen 1991: 156). Elkeen wat deel het aan die liggaam van Christus moet besef dat hierdie deelname noodwendig moet lei tot diens in die gemeente en in die wêreld. Die bevestiging in ’n besondere amp is dan die roeping deur die hele volk van God van diegene wat spesiaal geroep is om

gelowiges toe te rus, te motiveer en te mobiliseer vir hulle onderskeie bedieninge en take.

In toepassing hiervan sê Van Engen (1991: 156 & 157): “In some ways ordination, then, will set aside those who will assist the members to confirm their calling as God’s missionary people. This view of ordination challenges our thinking at several points:

1. The ordained person has no higher status, no more important role, no increased sanctity, no more power, than other members.

2. The ordainded person is intentionally and consciously assigned by the people to hold increased power, respect and prestige in order to enable and equip the

congregation. This role is a gift from the people of God to the leaders for the sake of God’s mission in the world.

3. The succes or failure of the ordained person’s work and ministry will be judged only according to the degree to which the Church becomes the missionary people of God.

4. The ordained person is the servant of all. This is borne out in the injunction Jesus gives to his disciples. Though they have a special calling in the Church,

nevertheless they must understand that ‘the greatest among you should be like the youngest, and the one who rules like the one who serves’ (Luke 22:26, NIV). Jesus confers on the discipels a kingdom, yet they will participate in that kingdom as foot-washing servants.

5. The ordained person is designated to exercise a very special prophetic, priestly, kingly, and healing ministry in the Church and through the Church in the world, in order to facilitate the exercise of the people’s spiritual gifts in ministry.

6. The ordained servant is the one who constantly strives to bring Church and world into dynamic interrelation so that all the people of God may emerge in ministry. 7. Ordained persons are recognized because of their function in the body and

through their unique calling as disciples of Jesus Christ.”

Hy sê ook verder: “The ordained person, in this view, is not called to ministry any more than is anyone else; rather, the ordained person is designated to enable each member in ministry” (Van Engen 1991: 157). “Geen heerschappij van de ene ambtsdrager over de andere, al zijn er situasies waarin een ambtsdrager leiding geeft aan meerdere gemeenten te zamen, voorrang heeft echter alleen krachtens een bijzondere genadegave die aan een mens is meegedeeld”

(Lekkerkerker 1971: 151). “We need to move from a self-absorbed to a self-emptying approach to ministry, which means setting aside considerations of status and professional

expertise” (Gibbs en Coffey 2001: 105). Die selfledigende bediening van Christus moet hierin vir elke gelowige, ampsdraers ingesluit, die voorbeeld wees. Die selfgesentreerdheid van die sekulêre wêreld sal gelowiges al hoe meer weglei van gevestig wees in die lewende God. Om toe te gee aan hierdie verleiding deur die wêreld lei uiteindelik tot ’n magteloosheid van amp en gelowige in die teenwoordigheid van God (Gibbs en Coffey 2001: 105). Daar mag geen oorheersing van die besondere of die algemene amp oor die ander wees nie. Wat sentraal in beide moet wees is die selfledigende bediening van gelowiges aan God, aan mekaar en aan die wêreld. Die leiding van die besondere ampte mag nie in hierdie diens genegeer word nie. Leiers is nodig. Dit is nodig om aan die besondere ampte te dink as “leidinggewende dienaars.”

“Diens” beskryf ’n spesifieke styl en funksie van leierskap. “It is leadership alongside, rather that from above. Leadership is exercised for the benefit of the people we lead, not to enhance our own reputation or to help get our own job done more effectivey” (Gibbs en Coffey 2001: 107).

Die voetspoor van die besondere amp is met die oog op hierdie diens so ’n klein bietjie groter as wat die gemeente of gemeenskap van gelowiges is waarbinne die besondere ampsdraer werk. Die spoor wat die algemene amp laat moet egter uiteindelik, as gevolg van die besondere roeping van elke gelowige in die wêreld, so groot wees soos die hele wêreld self.

Gevolgtrekking 5.5:

Die besondere en algemene ampte is, sonder die oorheersing van die een oor die ander, in

wisselwerking met mekaar sodat beide deur die beskikking van die Gees aangewend kan word in die uitbreiding van die koninkryk van God en die opbou van die liggaam van Christus.