• No results found

Die invloed van post-modernisme op die sendingtaak van die kerk:

1.4 Post-Modernisme

1.4.2 Die invloed van post-modernisme op die sendingtaak van die kerk:

Indien bogemelde uitleg gebruik word om die post-modernisme te vergelyk met die modernisme se sewe pilare, soos beskryf deur Bosch (1991), sou die volgende toevoegings gemaak kon word:

(i) Modernisme sê dat die mens se rede die hoogste vorm is van die onversteurbare

werklikheid van die wêreld. Die post-modernisme keur hierdie gedagte af. “The narrow Enlightenment perception of rationality has, at long last, been found to be an inadequate cornerstone on which to build one’s life” (Bosch 1991: 353). Die verskillende

“taalspelen” (De Pater 1996: 188) of vak- en “terrein”-taal het die ingeperktheid van die menslike rede, soos voorgehou deur modernisme ontmasker. Taal kan volgens Lyotard nooit absoluut akkuraat wees in finale definisies van wetenskaplike feite, teologiese waarhede of selfs algemene lewenswaarhede nie. Post-modernisme hang aan die hand van Derrida die standpunt aan dat taal nooit afgehandel is nie (Janse van Rensburg 2000: 22). “This recognition has led to a reevaluation of the role of the metaphor, myth,

analogy, and the like, and to the rediscovery of the sense of mystery and enchantment” (Bosch 1991: 353). Metafore, simbole, mites en rituele was deur die koue rasionaliteit van die modernisme eenkant gestoot terwyl die post-modernisme hierdie gereedskap van uitdrukking en belewenis weer wil afstof in ’n proses wat nie “irrasioneel” is nie maar eerder “antirasioneel”. Post-modernisme wil die rasionele uitbrei om die volledige mens se belewenis in te sluit as deel van die definieëring van wat die waarheid is. “True rationality thus also includes experience” (Bosch 1991: 353). Post-modernisme laat ruimte vir die meta-fisiese. Die meta-fisiese is “another world beyond the physical world that cannot be analysed or proven” (Janse van Rensburg 2000: 8). Vir sending en die kerk se uitreik na die wêreld kan hierdie ontwikkeling in die siening van wat die waarheid is ’n aanknopingspunt wees om die boodskap van die Verlosser in eie

kontekstuele taal en beelde te vertaal sodat die mens aan die waarheid van die Skepper blootgestel kan word.

(ii) Die modernisme se verdeling van die wêreld in’n skema van subjekte en objekte, waar die rasionele die subjek is en alles wat in die wêreld beleef word die objek van ondersoek is, het gelei tot ’n rigiede en geslote wêreld. In plaas daarvan om die mens te bevry het hierdie standpunt die mens verslaaf. Produktiwiteit en tegnologiese ontwikkeling het die hoogste doel van die mens geword. Die Verligting het beide die mens en die natuur as blote ratwerk verkeerd geïnterpreteer en dit het tot die huidige ekologiese krisis gelei waar hulpbronne al hoe meer en meer oorbenut of selfs uitgeput word (Bosch 1991: 355). In die era na modernisme word daar meer holisties gedink as analities. Die

dualisme van subjek-objek of liggaam en verstand moet deurbreek word sodat die afstand wat die subjek-objek gedagte gebring het vervang kan word deur ’n insig in die

saambring of saamhoort van dit wat voorheen uitmekaargehaal en van mekaar verwyderd geraak het. Die kerk kan vir die voordeel van sy sendingtaak hieruit leer dat nóg die natuur, nóg die mens net bloot ’n objek is of ’n “siel” is wat gered moet word nie, maar dat die mens ’n heel-wese is. In die nuwe paradigma is daar vir die kerk ruimte om die wêreld bekend te stel aan die regering van God wat buite die geslote, deterministiese skema van subjek-objek, die mens as heel-wese raak (Bosch 1991: 355).

(iii) Die afkeur van die subjek-objekskema maak ’n deur oop vir die vind van groter sin en waarheid agter die bestaan van alles. In die modernisme is die sleutel waarmee die onderskeibare onderdele van die wêreld ontsluit word nie ’n groter doel of betekenis nie maar eerder net ’n skema van oorsaak en gevolg. In post-modernisme is dit anders. “The quantum world is not the straightforward world of cause-and-effect relationships, but one of unanticipated consequences and previously unidentified potential and resources” (Gibbs en Coffey 2001: 106). Post-modernisme verwerp die oorsaak-gevolg konstruksie van modernisme maar maak daarmee nie ’n deur oop vir ’n Bybelse wêreldsbeskouing nie want dit verwerp immers meta-verhale as verklaring van syn of wese. Elke storie of verhaal het waarde en daar is nie een verhef bo ander nie, hoe groot of hoe klein die verhaal ookal mag wees. “In the postmodern culture there is strong resistance to

propositional statements dropped from above, as it were, that have to be accepted without examination and questioning” (Gibbs en Coffey 2001: 206). Terleurstelling in

modernisme lei tot die ontdekking dat die mens nie sonder sin, betekenis of hoop kan leef nie. Hierdie ontdekking kan vir sending van groot waarde wees. Die klem verskuif in die soektog na sin egter nie na die groot verhale van die verlede wat in ’n oorsaak-gevolg konstruksie sinduidend is vir die hede nie. Die klem word eerder geplaas op huidige, kleiner verhale van ervaring van medemense met wie die hoorder ’n interaktiewe verhouding kan hê. In die kleiner kontekste en verhale is die toekoms en hoop die bron van sin. Hierdeur wil die wêreld terug wen wat hy met die modernisme verloor het naamlik onvoorspelbare gebeurlikheid en die gedagte dat alles nie altyd dieselfde hoef te wees nie maar dat alles kan verander of selfs verbeter. In die bring van hoop aan ’n wêreld wat soek na sin en betekenis het die kerk juis die roeping en die versekering van God dat Hy hierdie werk sal seën. “The notions of repentance and conversion, of vision, of responsibility, of revision of earlier realities and positions, long submerged by the suffocating logic of rigid cause and effect thinking, have surfaced again and are inspiring people who have long lost all hope, at the same time giving a new relevance to the

Christian mission” (Bosch 1991: 356). Die soeke na sin en hoop maak dit vir die kerk moontlik om sy boodskap in die wêreld te laat hoor. Die wyse waarop hierdie

geleentheid benut word kan egter nie meer lyk soos in tye voor modernisme nie. “So also in our witness we need to begin with our small stories to which people relate. In

gathering a variety of such individual experiences, we can see common themes, which in turn can be related to the big story” (Gibbs en Coffey 2001: 206). Deur die samestelling van die hoopvolle verhale van individuele mense kan die mens weer by die hoopvolle verhaal van God se op weg wees met die wêreld ontdek.

(iv) Modernisering, as’n kenmerkende aspek van die moderne era, se uitkoms was die teenoorgestelde as dit waarvoor daar gehoop is. “The rich countries became richer and the poor still poorer” (Bosch 1991: 357). Diegene wat reeds bevooreg was is deur die ontwikkeling van modernisme net nog meer bevoordeel terwyl die armes nog meer uitgebuit is. “It has become apparent that the application of technology is not merely a technical matter, but that it is deeply influenced by the social and religious dispositions which lie behind it” (Bosch 1991: 357). Modernisering lei tot ’n onvoorsiene magstryd tussen diegene wat die tegnologiese kennis en vaardigheid het en diegene wat dit

benodig. In hierdie magstryd is die menswaardigheid van diegene sonder die kennis van tegnologie bedreig in ’n wisselwerking tussen afhanklikheid en vryheid. Modernisering het nie gelykheid gebring nie maar het standverskille tussen lande en mense

geaksentueer. In post-modernisme tree die bevryding van hierdie skerp skeiding op die voorgrond. Bevrydingsmodelle sien daarom al hoe meer die lig alhoewel hierdie reaksie op die skeeftrekkings van die modernisme nie werklik bevry nie aangesien dit, soos modernisme self, gebou is op die valse voorveronderstelling dat die mens intrinsiek goed is en dat die mens wat met nuwe gesag beklee is, dit sal aanwend ten beste van almal (Bosch 1991: 358). Die wyse waarop die kerk in sy sendingaksies ware vryheid in ’n holistiese wyse aan die wêreld gaan wys mag die deur vir die evangelie opnuut weer oopmaak. Die kerk het die boodskap van hoop en bevryding. Hierdie boodskap moet so na die wêreld toe geneem word dat dit bevry en nie weer op ’n nuwe wyse verslaaf nie.

(v) Die klem op objektiewe en feitelike waarhede in die verlede het gelei tot ’n skerp skeiding tussen feite en waardes. “This entire construction has, however, collapsed. It has been discovered that it is not possible to observe reality without, in a sense, altering what one sees” (Bosch 1991: 358). Die insameling van kennis gaan noodwendig met

sekere waardebepalings gepaard. Wat in die moderne tyd gebeur het was dat ruimtes wat tradisioneel vir godsdienstige waardes gereserveerd was, deur die klem op die feitelike, gevul is met ideologiese begrippe. Die verwerping van totale objektiwiteit van die wetenskap sal nie die mens aan die teenoorgestelde kant in subjektiwisme laat verval nie mits die objektiwisme van modernisme vervang word met ’n verwysingsraamwerk wat nie irrasioneel is nie. So ’n raamwerk met vastepunte van waardes “is a tempered realism, however, one that remains aware of the contextuality of convictions, and opperates in all disciplines” (Bosch 1991: 360). Dit mag beteken dat die indiwidu vashou aan onbewese geloof of dat die indiwidu selfs ’n kans waag met nuwe waardes. Vir die post-modernisme is subjektiwisme nie moontlik nie aangesien die subjek altyd verbonde moet wees aan die maatskaplike sisteem waarbinne hy of sy die “principle of multiplicity” waardeer. Indien hierdie beginsel vewerp word lei dit tot ’n “regime of terror” (Janse van Rensburg 2000: 28). Vir die kerk wat sy boodskap aan die wêreld wil oordra beteken dit dat die boodskap van hoop nie met dieselfde stelligheid as in die verlede net “afgelewer” kan word nie maar dat dit aan die wêreld gebring kan word in ’n houding van nederigheid en selfondersoek. “After the Enlightenment it would be

irresponsible not to subject our ‘fiduciary framework’ to severe critisism, or not to continue pondering the possibility that Truth may indeed differ from what we have thought it to be” (Bosch 1991: 360). Die kerk se dogmatiek kan nie statiese immer geldende waarhede wees in die oë van die wêreld of selfs die kerk nie. “Our

foundationalist approach to theology in general and dogmatic teachings in particular have caused us to make absolutist statements for which we had no biblical foundations. We have talked and preached about God, and heaven and hell in a way that has given the impressions that we know it all” (Janse van Rensburg 2000: 36). In die sendingtaak van die kerk moet die inhoud van eeue oue belydenisse weer en weer oordink en oorweeg word sodat dit ’n dinamiese interaksie kan hê met die kerk en die wêreld. “If the postmodern critique has helped us get down from our self-assuring theological thrones, and has warned us to speak about God and His Kingdom in a less arrogant fashion, then we should be thankfull” (Janse van Rensburg 2000: 37).

(vi) Vir die modernisme was, in beginsel, alle probleme wetenskaplik oplosbaar. Die wetenskap is akkumulatief en omweef absoluut alles. Hierdie optimisme is getemper deur die gevolglike nagmerrie van konflik en ongeregtigheid in die wêreld. “People are again becoming conscious of the reality of evil – in human beigns and in the structures of

society. The horizon is no longer limitless. We again realize, as did our forebears, that we cannot know more than a fraction of reality” (Bosch 1991: 361). Die draai, weg van die optimisme van die vorige era, hou vir die wêreld dikwels pessimisme en

hooploosheid in. In groot nederigheid is dit juis op hierdie punt waar die kerk ’n

boodskap van hoop kan bring aan die wêreld. “The absolutist claims of the superiority of reason over all else and the supposed infalibility of scientific proof and knowledge are unacceptable. The abuse of power vested in the supposed absolute truth, the authoritarian way in which people’s lives have been disrupted and controlled by power, and much more, should be condemned, not only on humanitarian grounds but also according to biblical principles” (Janse van Rensburg 2000: 36). Die uitdra van die boodskap van God se koninkryk wat eskatologies aanbreek, maar wat nou alreeds tekens van hoop bied, is die roeping van die kerk in sy uitreikaksies na die vervalle en hooplose wêreld.

(vii) In die verlede is daarna gestreef om mense van alle bande wat verkneg te kan bevry. Aan indiwidualiteit is ’n baie hoë premie geheg. Hierdie strewe het egter daartoe gelei dat mense mekaar en hulleself nie meer ernstig opneem nie. Alhoewel mense vry was om te glo net wat hulle wou, het dit uiteindelik daartoe gelei dat hulle later in niks meer geglo het nie (Bosch 1991: 362). Hierdie uitkoms is tipies aan die dialektiek van post- modernisme. Dit neem weg sonder om noodwendig iets in die leemte wat gelaat word, terug te plaas. “The autonomy of the individual, so much flaunted in recent decades, has ended in heteronomy; the freedom to believe whatever one chooses to believe has ended in no belief at all; the refusal to risk interdependance has ended in alienation also from oneself” (Bosch 1991: 362) en “self identity is a prerequisite that cannot be rendered dispensable by the postmodern principle of pluralism” (Janse van Rensburg 2000: 33). Om uit die doodloopstraat van identiteitloosheid te kan kom moet die mens gehelp word om in die eerste plek weer te besef dat oortuiging en verbintenis ononderhandelbare entiteite is vir oorlewing in die wêreld. Mense sal, in die tweede plek, begelei moet word om weer ’n inter-afhanklikheid van mekaar ’n gedeelde gemeenskap te kan beleef. In beide hierdie twee voorstelle het die kerk met die verlossingsboodskap van Jesus Christus in die wêreld ’n rol te vervul. “Our increasingly pluralistic and mobile urban society has created a sense of rootlessness and angst that has contributed to the search for a sense of beloging. We feel the need to be more deeply rooted in a community, rather than constantly buffeted by a society characterized by ceaseless comings and goings” (Gibbs en Coffey 2001: 158). In die groot lugleegtes wat modernisme in die lewens van

mense gelaat het kan die kerk in die uitvoer van sy sendingtaak nuwe inhoud en betekenis bring.