• No results found

Die Missionêre waarde van die Amp van die Gelowige

’n Gereformeerde Beskouing van die “Amp van die Gelowige” en die Missionêre Waarde daarvan

5.6 Die Missionêre waarde van die Amp van die Gelowige

Met die beter benutting van die amp van die gelowige word vanuit dit wat in die

aanbiddingsgeleenthede van die gemeente gebeur, ’n liturgie van diens gevorm vir die weeks- en werksdag van die gelowige. “The church is thus both a worshipping and a witnessing

community, gathered and scattered, called and sent. Worship and witness are inseperable” (Nichols 1989: 119). Deur die aanhoor van die Woord word die gelowige toegerus vir sy of

haar dienswerk buite die erediens. “ … we would point to the ‘everyday evangelism’ that stems from the life of a witnessing and worshipping community. The regular life of a congregation through its services, organizations and pastoral care creates continuous possibilities for

evangelism among the nominal Christians with whom it is in contact” (Betz 1980: 9). Hierdie “regular life” van die gemeente raak nie net die roeping tot missio van die ampte nie maar ook die amp van die gelowige. Vanuit die vocatio van die “roepstem van God in Christus” in die prediking, en ander toerustingsgeleenthede, “vloei die vocatio van die gemeente om as

gemeenskap van heiliges” diens te lewer van liefde en getuienis. “Vanuit die gemeenskap met die lewende Heer vloei die gemeenskap met mekaar. Deel van hierdie leitourgia, wat deur die Woord georden is en waartoe die gemeente geaktiveer is, is die diens van die lidmate teenoor mekaar” (De Klerk 1971: 283). ’n Mens sou by die diens van lidmate teenoor mekaar kon byvoeg dat die gemeenskap met die lewende Here en met mekaar uiteindelik ook lei tot ’n

betrokkenheid in die kerk se uitreik na die wêreld in ’n deelname aan die Missio Dei. “Alle leden van de ekklèsia hebben in beginsel dezelfde roeping, verantwoordelikhijd en waardigheid,

hebben aandeel in de apostolische en dienende aard en roeping van de kerk” (Kraemer 1960: 153). “The church is God’s instrument, chosen to demonstrate and declare to the whole world Jesus Christ, the Saviour and Lord” (Nichols 1989: 48). Die totale roeping van die kerk is dus die roeping van elke gelowige en dit is juis in die uitvoer van hierdie roeping waarin die amp van die gelowige ’n baie groot rol te vervul het. “The world clearly cannot be evangelized without using lay people, both women and men” (Nichols 1989: 49).

Die kerk moet, op grond van die Missio Dei in die wêreld betrokke wees met die oprig van tekens van hoop en verlossing. “En het is juist onder de gezichtshoek van de ontmoeting van de kerk met haar natuurlijke partner en tegenstander, de wereld, dat de ware onmisbare plaats en verantwoordlijkheid van de ,leken’ als deel der kerk zich dwingend voor ons plaats als een dikwijls vergeten maar vanzelfsprekend aspect van de kerk in haar totaliteit” (Kraemer 1960: 156). Om gelowiges toe te rus vir hulle taak in die wêreld is die roeping van die ampte. “This requires leaders to keep in touch with the situations in which people live and work, and to keep restructuring the church so that its fellowship and support are available at the point of need” (Gibbs en Coffey 2001: 89). Dit is deur die oë, ore, hande en voete van die amp van die

gelowige dat die liggaam van Christus in die wêreld betrokke kan raak. “It is the lay people who are connected to the non-believer daily at work; who are fluent in the language of heart and mind; who are unintimidating as friends together at work; and who are the best evidence that Good News works for average people” (Nichols 1989: 49). Die gemeente se taak ten opsigte

van lidmate is om hulle op Sondag toe te rus vir hulle roeping en taak gedurende die week. Om diegene wat nie in ’n besondere amp staan nie, nie te betrek by die uitdra van die hoop wat daar is in Christus Jesus nie is “onbybels” en “diskreminerend”. “The church bureaucracy has successfully convinced its pew-sitters that their role in the kingdom is to pray, pay and obey – mostley pay” (Nichols 1989: 49). Om die waarde van die taak wat diegene wat nie in die besondere amp staan nie te illustreer, haal Nichols (1989: 50 – 51) die volgende beeld aan van Lee Yih wat gelewer is tydens die Manila vergadering van die Lausanne Committee for World Evangelization in 1989:

“Frogs and Lizards”

“An image which stuck in the minds of the congress was the division of Christians into frogs and lizards particularly on the way animals eat. Frogs sit and wait until their prey walks, flys or swims past – and then pounce. Everything comes to him who waits in the frog world. Lizards however would die, if they sat and waited. They go out and search for food.

This is how the church goes about its business. Vocational workers normally have their work brought to them. If they are going to preach the gospel a church or hall is booked in which they stand to speak. Other people drag in the populace. Bring their ministry to them.

The lizards, the lay people, go out to their daily occupations, they meet the general public in the form of their neighbours, friends and workmates, fellow club members in the normal course of their lives.

The frogs are too often isolated from real people. Indeed real people are often frightened of them, and avoid them. And in case of particularly big frogs they hide away in hotel rooms to avoid contact much of the time.

Whereas the lizard is unthreatening, and always there, ready to take the opportunity to talk about Christ when offered. That is real full time Christian service.”

Die omgekeerde is ook waar. Soos wat die die amp van die gelowige die liggaam van Christus in die wêreld kan verteenwoordig, so kan dit ook weer die wêreld in die liggaam verteenwoordig. “The prophetic task of the church is to speak the word of God, using understandable language and appropriate means, in a world of rebellion and confusion. It cannot take refuge either in castles of dogmatic assertions or in museums of fossilized ecclesiastical structures and liturgical antiquities” (Gibbs en Coffey 2001: 216). Die gelowige, deur sy elke dag se kontak met die wêreld, kan die kerk help met die herinterpretasie van die evangelieboodskap in ’n taal van hoop en verlossing wat vir die wêreld verstaanbaar en toeganklik is. Die gelowige is dus ook die oë, ore, hande en voete van die wêreld in die kerk. Die waarde van die priesterlike taak van die gelowige, as bemiddelaar tussen kerk en wêreld is dus vir beide die kerk en die wêreld onskatbaar hoog. “Such decentralization not only releases more potential, but it allows for a

quicker response because it does not first require committees to deliberate and then look for volunteers” (Gibbs en Coffey 2001: 226). Die bediening geskied dus enige plek, enige tyd deur enige gelowige, geroep deur die Gees. Gibbs en Coffey (2001: 228) sê verder: “In a complex world of rapid and discontinuous change, it is the people on the frontlines who are most acutely and promptly aware of the nature of the changes taking place around them.” Die eerste waarde van die amp van die gelowige lê dus in die vermoeë van die gelowige om as individu die wêreld met die evangelie te kan binnedring. “Individual church members are likely to have good contacts with nominals” (Betz 1980: 8).

Die betrokkenheid van die amp van die gelowige in die plaaslike gemeente moet noodwendig egter lei tot ’n tweede winspunt naamlik: ’n nuwe vibrasie van lewe regdeur die hele liggaam van Christus. “We believe that the local church bears a primary responsibility for the spread of the gospel. Scripture suggests this progression that ‘our gosple came to you’ and then ‘rang out from you’ (1 Thess. 1:5, 8)” (Nichols 1989: 119). As verskillende lede van dieselfde liggaam, betrokke by mekaar in verskillende dienste, beteken hierdie betrokkenheid noodwending

verhoogde vlakke van verbintenis en verantwoordelikheid ten opsigte van die roeping van die gemeente in die Missio Dei. Gelowiges wat ontdek dat hulle van die Heilige Gees elkeen gawes en opdragte ontvang het en dit hartlik begin uitleef maak ’n groter impak op die werkvermoeë van die liggaam en verhoog die betrokkenheid van die gemeente in geheel in die oprig van tekens van hoop. Die kerk sal dus met groter vymoedigheid die wêreld kan innooi in sy aanbiddingsgeleenthede terwyl hy ook gelowiges uitstuur na die wêreld. “It will not suffice simply to invite the seeker to come to us to hear the gospel on our turf. Instead, the church will have to be the church in the world – gathering for worship in order to go out in mission. Its programmes must be geared to equip and support the people of God in the strategic locations where the Lord has already placed them to serve as his representatives” (Gibbs en Coffey 2001: 228).

“Lay witness takes place, by women and men, not only through the local church, but through friendships, in the home and at work” (Nichols 1989: 118). Die klem op die priesterskap van alle gelowiges moet vorder tot die bediening deur alle gelowiges. Gelowiges moet betrokke raak by die roeping van die gemeente deur “interresante bedieningsmodi vir die amp van die

gelowige” vervat in begrippe soos “friendship-evangelism”, “home evangelisim”, “workplace evangelism” en “leisure evangelism” (Smit, JH Des 1989: 88). Die kerngesin kan dus deel wees van die nie-amptelike taak van “sending”. Een of twee lede van die gesin mag wel

ampsdraers in die gemeente wees, en tog kan die hele gesin in die amp van die gelowige ’n groot bydrae lewer in die oordra van die goeie nuus van die verlossing in Christus. “We recognise the powerfull witness of Christian family life. Christians need to see the great value of this ministry of hospitality” (Betz 1980: 9). Alle gelowiges – mans, vroue en jongmense – moet betrek word in die uitreik na die wêreld. In die nuwe lewe van die gelowige moet hy of sy ontdek dat die lewe nie in kompartemente verdeel is en dat die kerk en geloof slegs maar een deel van die lewe is nie. Gelowiges wat herontdek dat die evangelie, holisties, die hele lewe opeis, by die kerksentrum en ook buite die geloofsgemeenskap, leef met ’n nuwe ywer om die boodskap van hoop wat hulleself in die evangelie gevind het met die wêreld te deel, ver buite die grense van die gemeente. Hierdie nuwe ywer bring nuwe ywer in hulle wyse van aanbidding, bestudering van die Bybel en betrokkenheid in die geloofsgemeenskap.

Tydens die Lausanne II kongres in Manila in 1989 het die Lausanne Committee for World Evangelization ’n manifes goedgekeur waarin daar ten opsigte van die amp van gelowige as volg bely word:

“12. We affirm that God has committed to the whole church and every member of it the task of making Christ known throughout the world; we long to see all lay and ordained persons mobilized and trained for this task.

“14. We affirm that the gifts of the Spirit are distributed to all God’s people, women and men, and that their partnership in evangelization must be welcomed for the common good” (Nichols 1989: 111).

Die “common good” gaan om meer as net die wêreld wat die boodskap van God se liefde hoor. Dit gaan oor die groei en volwassenheid van die geloofsgemeenskap self. Die waarde van die amp van die gelowige lê dus in meer as net die werkmag wat gelowiges buite die kerk kan wees. Dit benutting van die amp van die gelowige is ook die lewensaar en voedingsbron van die nuwe lewe in ’n gekontekstualiseerde boodskap binne die gemeente. “In order to release its people for their God-assigned tasks, the large, succesful church must be prepared to dismantle a great number of its centralized meetings and activities that depend upon proffessional clergy aided by an army of volunteers” (Gibbs en Coffey 2001: 32). Die skep van ruimtes vir die uitleef van gelowiges van hulle roeping bring nuwe lewe in die geloofsgemeenskap.

Gevolgtrekking 5.7:

Die eerste waarde van die amp van die gelowige lê in die vermoeë van die gelowige om as individu die wêreld met die evangelie te kan binnedring en die tweede winspunt is dat die uitleef van die algemene amp deur die hele kerk nuwe lewe bring in die plaaslike gemeente.

5.7 ’n Toevoeging tot die definisie van “sending”

Soos vantevore omskryf is “sending” daardie multi-dimensionele aktiwiteite waarmee die hele kerk, op grond van die Missio Dei, die wêreld so bedien dat God se eskatologiese hoop en verlossing in Jesus Christus alleen, vandag reeds realiseer vir diegene wat onder die gevolge van sonde ly.

Daar moet nog bygevoeg word dat die multidimenionele aktiwiteite van die kerk nie net die optrede van die ampte omskryf nie maar ook die werk van alle gelowiges omvat. Die uitgebreide definisie van “sending” lyk dus as volg:

“Sending” is daardie multi-dimensionele aktiwiteite van alle gelowiges waarmee die hele kerk, op grond van die Missio Dei, die wêreld so bedien dat God se eskatologiese hoop en verlossing in Jesus Christus alleen, vandag reeds realiseer vir diegene wat onder die gevolge van sonde ly.

5.8 Samevatting:

Daar is ’n sterk wisselwerking tussen die amp en die gemeenskap van gelowiges wat, indien dit verbreek word, sou lei tot ’n verskraling van beide en sou dit beteken dat die plaaslike gemeente nie aan sy doel en funksie beantwoord nie. Alhoewel die term “amp van die gelowige” nie in die Drie Formuliere van Eenheid gevind word nie is die saak wel aanwesig en word die amptelike taak wat op elke gelowige rus verbind aan die ampswerk van Jesus Christus. Alhoewel die term “amp van die gelowige” nie in die Bybel gebruik word nie en alhoewel die gevaar bestaan dat dit verkeerd gebruik of verstaan kan word, is daar genoeg ondersteuning ten gunste van die term. Wanneer dit wel gebruik word moet die Bybelse inhoud daarvan omskryf word. Die Bybel getuig in sake die Amp van die Gelowige:

• Dat God in Ou Testamentiese tye al alle lede van sy volk geroep het om ’n bemiddelingsrol te speel tussen Hom en die wêreld (Eks 19:5 – 6);

• Dat God sy Gees gee aan alle gelowiges (1 Joh 2:20 en 27);

• Dat die Gees van God van die kerk ’n koninklike priesterdom maak met die roeping van elke gelowige om die hoop in Christus in die wêreld te bemiddel (1 Pet 2:9); • Dat in die bemiddeling van hoop die woorde en dade van gelowiges nie van mekaar

geskei kan word nie (1 Pet 3:15);

• Dat elke gelowige die roeping het om sy of haar besondere gawes van die Gees te gebruik tot diens in die Missio Dei (1 Pet 4:10);

• Dat geen gelowige oorgeslaan is met die uitdeel van die Gees of die gawes nie en dat elkeen sy of haar gawes onder die leiding van die Gees moet benut in die opbou en funksionering van die plaaslike gemeente (Rom 12:6 – 8; 1 Kor 12:7 en 25); • Dat die besondere ampte die algemene amp moet toerus vir die diens wat elke

gelowige moet verrig in die uitdra van die evangelie en die opbou van die kerk (Ef 4:12).

Die besondere en algemene ampte is, sonder die oorheersing van die een oor die ander, in

wisselwerking met mekaar sodat beide deur die beskikking van die Gees aangewend kan word in die uitbreiding van die koninkryk van God en die opbou van die liggaam van Christus. Die inhoud en taak van die amp van die gelowige rus daarop dat elke gelowige geroep is om sy of haar eie verlossing prakties uit te leef met die gawes wat die Heilige Gees aan hom of haar gegee het. Die christen is geroep om in die Missio Dei betrokke te wees by alle terreine van die lewe sodat die hoop en verlossing wat hy of sy reeds in Christus ontvang het, gedeel word met diegene met wie se lewe sy of haar lewe daagliks kruis. Die eerste waarde van die amp van die gelowige lê in die vermoeë van die gelowige om as individu die wêreld met die evangelie te kan binnedring en die tweede winspunt is dat die uitleef van die algemene amp deur die hele kerk nuwe lewe bring in die plaaslike gemeente.

Hoofstuk 6