• No results found

’n Eerste Verkenning van die “Missionêre Konteks”

3.2 Die Belydenisskrifte en “sending”:

3.2.3 Die Dortse Leerreëls

Dat die Nasionale Sinode van Gereformeerde Kerke van die Verenigde Nederlande in 1618 en 1619 meer uitsprake gemaak het oor die sendingtaak van die kerk kan verstaan word teen die lig dat die vergadering grootliks gefokus het op hoe alle mense wat in sonde geval het weer daaruit verlos kan word (Hoekema 1972: 209). Ten tye van die vergadering van Dort het die

sogenaamde Arminiaanse stryd geheers in die Nederlande. Arminius, ’n Hollandse teoloog en sy Remonstrante volgelinge het nie genoegsame erkenning gegee aan die feit dat die gevalle mens nie meer in staat was om homself te red nie en het daarom afbreuk gedoen aan die soewereine uitverkiesende wil van God. “In the light of the history we can understand that the main focus of the Canons of Dort is the affirmation that salvation is wholly by divine grace rather than by human merit” (Hoekema 1972: 209).

Die antwoord van die sinode mag vir die kerk in ’n post-moderne tyd van groot waarde wees aangesien die wêreld juis op hierdie punt teenoor die modernisme terleurgesteld staan. modernisme het, met die klem op die rede baie hoë waarde geheg aan die indiwidu en het die stukkendheid van die mens ontken. “However, it is one of postmodernity’s strongest projects to call the whole framework along with its presuppositional foundations into question. But the postmodern option has predominantly moved us toward nihilism and meaninglessness” (Van Engen 1996: 216). Die gesprek tussen modernisme en post-modernisme kan selfs ’n gesprek tussen rede en nihilisme genoem word. In hierdie gesprek kan die kerk met ’n Bybelse

beskouing van beide die mens en God se eskatologie ’n gesprek voer met die modernisme en post-modernisme. Hierin mag die Dortse Leerreëls vir die kerk ’n aanduiding gee van die inhoud van die gesprek.

Die Dortse Leerreëls is ten diepste besorg oor die bevryding en wyse waarop die mens bevry word en het daarom ’n baie groter missionêre fokus as wat sy twee voorgangers het. Die fokuspunt van hierdie belydenisskrif is steeds die Missio Trinitatis: “God’s redemption of the cosmos through the saving work of Jesus Christ, applied to the hearts of His people by the Holy Spirit” (Hoekema 1972: 211). Soos in die eerste twee belydenisskrifte word in hierdie geskrif die missionêre egter meer dikwels geïmpliseer sonder dat dit werklik eksplisiet genoem word.

Daar word alreeds in die derde paragraaf van die eerste hoofstuk as volg bely:

“Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde …” (“Ons Glo …”: 66).

Hier word wel nie melding gemaak van wie die gestuurdes is nie maar uit die strekking van die hele belydenisskrif is dit af te lei dat dit enige iemand kan wees wat God daartoe uitverkies het deur sy soewereine wil en genade. Of hierdie persoon na sy of haar roeping eers amptelik georden moet word en of die persoon sonder om in die een of ander besondere diens te staan die werk kan doen, word nie uitdruklik vermeld nie. Die belydenisskrif maak dit wel in hoofstuk 2, paragraaf 5, baie duidelik wie die “objek” van die sendingtaak van die kerk is:

“5. Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof” (“Ons Glo …”: 77).

Hierdie paragraaf van die Dortse Leerreëls mag beskou word as die Magna Charta vir gereformeerde sendingwerk. “Note that the promise of the gospel is clearly stated: whoever believes in Christ shall be saved. Note also the clear and emphatic assertion that this promise must be declared indiscriminately and without distinction to all peoples. We are further reminded that the promise of the gospel must be accompanied by the command to repent and believe, since without repentance no one will be saved” (Hoekema 1972: 214). Ons het hier te make met die duidelikste stelling van die kerk se missionêre werk in enige van die Drie

Formuliere van Eenheid. Dit stel egter steeds nie duidelik genoeg dat dit die kerk, plaaslike gemeente en die gelowige se roeping, plig en opdrag is om alles in sy of haar vermoeë te doen om hierdie evangeliewoord uit te dra na “alle volke en mense” nie.

“Alle volke en mense” kan die evangelie hoor, indien God self die draers van die goeie nuus stuur. Niemand word deur die diskriminasie van mense uitgesluit uit die beloftes van God nie (Par. 7, hoofstukke 3 en 4, “Ons Glo …”: 82). In die daaropvolgende paragraaf, paragraaf 8, word die doel van die sendingtaak van die kerk beskryf as “rus vir siele” en “die ewige lewe” (“Ons Glo …”: 83). Die klem lê in die Dortse Leerreëls steeds op die kerugmatiese en

religieuse aspek van sendingwerk. Die Leerreëls stel dit weereens duidelik dat die Subjek van die uitreikwerk van die kerk in die eerste plek God self is.

“11. Verder: wanneer God sy welbehae in die uitverkorenes tot uitvoer bring en die ware bekering in hulle werk dan laat Hy die evangelie nie net uiterlik aan hulle verkondig nie. Hy verlig ook nie net hulle verstand kragtig deur die Heilige Gees, sodat hulle die dinge van die Gees van God reg verstaan en onderskei nie.

Maar deur die kragtige werking van dieselfde Gees, wat die wedergeboorte skenk, dring Hy ook deur tot in die binneste dele van die mens, open Hy die geslote hart, versag Hy wat hard is en besny Hy wat onbesnede is … Hy beweeg en versterk die wil sodat dit, soos ’n goeie boom, vrugte van die goeie werke kan dra” (“Ons Glo …”: 84).

Die kerklike prediking en missionêre uitreik na die wêreld alleen is nie voldoende om te kwalifiseer as uitbreiding van die koninkryk van God nie. God self moet die werk seën.

“Dit alles word glad nie deur die uiterlike prediking alleen, deur morele oorreding of op enige ander wyse in ons gewerk nie, sodat, ná die voltooiing van God se werk, dit dan in die mens se mag sou lê om weergebore te word of nie, om bekeer te word of nie (“Ons Glo …”: 84).

Die belangrike bydrae tot die missionêre wat elke gelowige kan maak word omskryf in die laaste deel van paragraaf 15:

“Vir die ander wat nog nie geroep is nie, moet ons tot God bid wat die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Ons mag ons volstrek nie teenoor hulle in trotsheid verhef asof ons onsself in so ’n bevoorregte posisie geplaas het nie” (“Ons Glo …”: 85).

“The fact that we are urged to pray for such people implies that we have no business asuming that persons who are not saved are not elect” (Hoekema 1972: 218). In terme van die missionêre mandaat van die kerk het die sinode hier’n geleentheid laat verbygaan waar die

aktiewe uitreik deur die kerk na verloregaande mense bely en aangemoedig kon word (Hoekema 1972: 218). Na die oproep om vir verlorenes te bid sou die verpligting tot ’n uitreik na hierdie verlorenes in vandag se kerklike begrip van die missionêre, gepas wees.

Uit die verwysings wat in die Dortse Leerreëls voorkom na die missionêre taak van die kerk blyk dit dat die belydenisskrif dit stel dat die Drie-enige God die subjek is van hierdie werk en dat die objek van die uitreik daardie heidense mense en volke is wat Hy deur sy genadige ontferming verkies het om die evangelie aan te verkondig. Die doel van die sending is dat sondaars begrip vir die “ewige dinge van die Gees” kan hê, “rus vir hulle siele” en “die ewige lewe” mag vind. Verlostes word hierna beweeg om, “soos ’n goeie boom, vrugte van goeie werke (te) kan dra.” Diegene wat alreeds gelowiges is word geroep om verlore sondaars nie te verag nie maar om vir hulle te bid. “… the Canons of Dort certainly do express the missionary focus of the Bible. They are deeply concerned that men be reconciled to God. We have also seen, however, that in a number of places the Canons fail to give full expression to the missionary implications of their teaching (Hoekema 1972: 219). Hoekema se stelling moet gesien word teen die lig dat die

belydenisskrif nie uitsprake kan maak oor die “missionary implications” soos wat dit tans begryp word nie.

Die Dortse Leerreëls, net soos die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse

Kategismus, lê die klem vir die sendingtaak van die kerk baie sterk op die kognitiewe, religieuse faset van sending alleen. Die Missio Trinitatis kry die nodige aandag maar “the responsibility of man to bring the gospel message to all, particularly to those nations who have not yet heard it, does not receive equal emphasis. The Canons are strong on missionary theology; one could wish that they were equally strong on missionary responsibility” (Hoekema 1972: 220). Daar is van ’n bevrydende boodskap vir die nood wat mense mag beleef op die politieke, ekonomiese of die kulturele terreine van hulle lewens in die Leerreëls nie sprake nie. Die ekologiese dimensie kry ook geen aandag nie. In die gefragmenteerde wêreld na Modernisme val dit op dat die Dortse Leerreëls op slegs die een fragment van die religieuse, naamlik die kognitiewe, fokus. “Biblical faith is based on more than logical affirmations; it consists of more than giving asent to a set of propositions. Biblical faith profoundly involves a personal relationship with Jesus Christ by the work of the Holy Spirit. This is a covenantal holiness that involves a knowing, a grasping of the love of Christ in the deeply intimate biblical sense – far broader, deeper, higher, and wider than the acknowledgement of a set of prepositions (Eph. 3:14 –19)” (Van Engen 1996: 218). In die fokus op die rasionele van die geloof verarm dit die uitkyk op geloof as ’n saak van gemeenskap, van woord-en-daad gehoorsaamheid en die dra van die vrug van die Gees. Die mens se emosies, se bestaan en die liturgie met ’n uitkyk op die eskatologiese hoop is in die rasionele alleen nie verreken nie. “Thus both the message and the essential being of the messenger community of faith will be used by the Holy Spirit to bring new holiness, new encounter with God, new

transformation, and a new call to participate in God’s mission (Isa. 6)” (Van Engen 1996: 219). Alhoewel die Dortse Leerreëls die inhoud van die sendingboodskap probeer omskryf word daar nie melding gemaak van die pligte en verantwoordelikhede van die plaaslike gemeente in sending nie en word die amp van die gelowige as een van die rolspelers in die uitdra van die goeie nuus in die wêreld nie vermeld nie. In hierdie lig moet dit aanvaar word dat die sinode met die uitdra van die evangelie na diegene wat dit nog nie gehoor het nie die meer formele en

georganiseerde forms van sending of evangelisasie in die oog gehad het as wat dit die ongeorganiseerde of sponate getuienis van die lidmaat beskryf het.

3.2.4 “Sending” in die Drie Formuliere van Eenheid

Omdat daar vir sommige te min sprake is van ’n sendingbewussyn in die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dortse Leerreëls is daar in sommige

Gereformeerde Kerke gesprekke aan die gang om die wenslikheid van ’n nuwe belydenisskrif te verwoord. “It is safe to say that it is the element of witness to the world which is receiving major emphasis in current discussions of new confessions” (Kromminga, JH 1972: 150). Die

gereformeerde belydenisskrifte bely onveranderde waarhede wat net so geldig is vandag as in die tyd toe dit neergeskryf is. Dit kan egter nie ontken word dat dit die merktekens van die tyd en omstandighede dra van die era waarin dit geformuleer is nie. “It is possible, therefore, both to continue to adhere to the Reformation confessions and to consider with an open mind the possibility that a new confession is needed” (Kromminga, JH 1972: 151). Die huidige belydenisse is eurosentries en gaan uit van die standpunt dat die hele Europa van destyds reeds gekersten is, al is dit dan dat sommige van die gekerstendes slegs nominale christene van die verworde Roomse kerk is. Die Gereformeerde Belydenisskrifte is geloofsdokumente wat hierdie toedrag van sake wil hervorm. Daar is tans ander krissise wat net so die kerk se duidelike

belydenis in die wêreld noodsaak. Die sekularisering van die gemeenskap, die politiek, die ekonomie, die wetenskap en die wanhoop waarin die mens nie meer weet wat sy rol en plek in die wêreld is nie, eis ’n nuwe helder belydenis van die kerk waarin die toewending van God en die kerk tot die nood van die wêreld baie duidelik gehoor moet word. Die kerk is nie meer in dieselfde posisie as wat dit in die tyd van die Reformasie was nie. In daardie tyd was die gemeenskap hoofsaaklik Christelik, al was dit ’n verworde Christendom. Vandag is die wêreld post-Christelik en is dit nodig vir die kerk om sy stem weer helder te laat hoor. “The church’s response to the modern crisis should indeed be a missionary response” (Kromminga, JH 1972: 156).