• No results found

Die Paasgebeure en Pinkster as Dryfkrag van die Getuienis

’n Eerste Verkenning van die “Missionêre Konteks”

2.2 Die Paasgebeure en Pinkster as Dryfkrag van die Getuienis

Van die begin af was daar ’n beweging vanuit die kerk, gerig op die wêreld, met die evangelie as inhoud. “Behind this movement stood the sending out of witnesses that took place in the Easter appearances and that was reinforced by the Spirit” (Goppelt 1982: 5). Na die opstanding van Jesus en die koms van die Heilige Gees was dit vir die dissipels onmoontlik om nie op ’n spontane dog gedrewe wyse getuies te wees van hierdie gebeurtenisse nie (Hd 4:20). Na sy hemelvaart het Jesus se dissipels, anders as byvoorbeeld die Esseners, hulleself nie van die samelewing onttrek nie, maar het hulle eerder na die hoofstad, Jerusalem verhuis. Die dissipels wou, in navolging van Jesus, deur Jerusalem die hele Israel bereik (Hand 1:4; 8:1). Die

getuienis oor Jesus kon egter nie ingeperk word tot een volk alleen nie en van die begin af is die oorvertel van wat Jesus gedoen het nie net in Jerusalem gehoor nie maar ook in Judea en Galilea (Hand 9:31; Gal 1:22). Na die diaspora van die kerk, wat aangebreek het met die groot

vervolging in Jerusalem, het die evangelie juis vinniger uit Jerusalem versprei oppad na “die uithoeke van die wêreld” (Hand 8:1). Die boodskap is baie gou wyd bekend want

“sendingwerk” was nie net gedoen deur die twaalf apostels nie maar “traveling missionaries also were soon involved. The only explanation for the rapid spread of the mission is that every disciple became a missionary witness in his or her own setting” (Goppelt vol II 1982: 5). Elke gelowige en nie net die spesiaal ingeseëndes nie, was ’n getuie van die goeie nuus van die

• Die Sentrale plek van Matteus 28:18 – 20 en Handelinge 1:8 in die Vroeë Kerk se verstaan van sy Getuienistaak

Matteus 28:18 - 20

“The resurrection narrative comes to its climax, as does the entire Gospel, in this its final and majestic pericope” (Hagner 1995: 881). Dit is in die laaste woorde van Jesus in die Matteus- evangelie wat die uitkyk en die klem wat die hele Evangelie wil laat beklemtoon op sy suiwerste aanbied. Hierdie perikoop kan selfs beskou word as die sleutel waarmee die hele Evangelie ontsluit word. Die laaste perikoop sluit nie net die vertelling van die paasgebeure rondom Jesus se lyding, sterwe en opstanding af nie. Dit sluit die hele boek af want dit beklemtoon die gedagtes van gesag en van lering – sake wat regdeur die Evangelie beklemtoon is (Hagner 1995: 881). Met die verbintenis van ’n opdrag aan die kerk rondom Jesus se paasverskynings sluit Matteus aan by ander skrywers. “According to all of the Easter accounts, the appearances were combined with a commisioning of the disciples” (Goppelt 1982: 243). Hierdie opdrag kan meestal verdeel word in drie dele, naamlik: ’n Stelling van Jesus se gesag en verhoging na sy opstanding, die opdrag self gevolg deur ’n belofte van teenwoordigheid en ondersteuning (Goppelt 1982: 244; Hagner 1995: 882). Die gesag van Jesus verleen gesag aan die dissipels om die opdrag te kan uitvoer. Hierdie verband word aangedui deur die invoeg van die woordjie ουν. “Jesus’ authority (v18) and his presence (v20) will empower his disciples to fulfill the commission He now gives them” (Hagner 1995: 886). Die opdrag van Jesus moet aan die dissipels gesag verleen en aan hulle vertroue gee om die wêreld met die boodskap te kan bereik. Die rol wat die paasgebeure in die uitreik na die wêreld speel is baie groot. “The resurection serves as a vindication of the words and deeds of Jesus during his ministry. Now the resurrected (not resuscitated!) Jesus who appears before the disciples is one who partakes of a new order of excistence and who here anticipates his glorious exaltation … at God’s right hand … and indeed the parousia itself” (Hagner 1995: 886). Die opstanding van Jesus is tegelykertyd die aanvang van sy regeringstydperk – ’n regering wat sal duur tot die einde van die wêreld, wat aanbreek wanneer die eskatologiese vervulling van die geskiedenis aanbreek. “This is probably the earliest understanding of Easter, corresponding to what the first witnesses to the resurrection experienced: the one who was scorned by the entire world and died a martyr’s death has been exalted by God to reign the heaven; he will one day return, at the inauguration of God’s

Kingdom” (Schweizer 1984: 529). Dat hierdie komende koninkryk nou alreeds aanbreek met Jesus se laaste woorde kan moontlik afgelei word uit die feit dat Matteus in sy vertelling aansluit

by ’n genre wat herinner aan ’n troonbestygingsvertelling. “Clearly our passage resembles both enthronement (presentation, proclamation, acclamation) and commissioning narratives. Yet it fits no specific literary genre exactly. … Although the present pericope has some relationship to Dan 7, the contents are not extensive enough to warrant Schaberg’s characterization of it as a midrash on that passage” (Hagner 1995: 883). Dan 7:13 – 14 bied wel belangrike

agtergrondmateriaal vir die begrip van die heilsgeskiedenis. Die Paasgebeure bied egter ’n nuwe basis vir die voortsetting van hierdie geskiedenis. (Hagner 1995: 886).

“It is not easy to determine how early the notion of proclaiming this reign and institutionalizing it became associated with the resurrection. … Undoubtedly, witnesses to the resurrection, probably from the very first day …, understood their encounter with the Lord as including a commission to proclaim his resurrection to others. It is undoubtedly trus that a long and bitter struggle was fought in the primitive community before the idea of the gentile mission was accepted” (Schweizer 1984: 529). Goppelt is van mening dat die opdrag aanvanklik nie ’n universele uitreik met die evangelie was nie. “Originally, the content of the commission was certainly not the universal mission of evangelism …, but assuredly only the commission to bear witness to all concerning Jesus’ exalation to the Christ, and to do so as his authorized

representatives, i.e., as apostles” (Goppelt 1982: 244). Hagner (1995: 887) is egter wel seker dat dit hier gaan om ’n universele evangeliseringsopdrag. Na die opstanding van Jesus word vir die eerste keer die beperking dat die evangelie net aan Israel gebring moet word, opgehef. Die sending na die heidene speel regdeur die Evangelie ’n belangrike rol. As bewys hiervan haal Hagner aan die verwysing na Abraham (1:1), die gebeure rondom die wyse manne uit die ooste (2:1-12), die offisier (8:5-13) en die genesing van die dogter van die Kanaänitiese vrou (15:21- 28). Die opdrag om na die heidene uit te reik is aanvaar en deur die vroeë kerk wel uitgevoer. “The problem of the slowness of the early church to engage in the evangelization of the Gentiles is no necessary obstacle to the historicity of these words of commission” (Hagner 1995: 887). Dit is moontlik dat die vroeë kerk aanvanklik geglo het dat Israel eers bereik moet word voordat daar na die ander nasies toe uitgereik kan word. Schweizer (1984: 530) bevestig dat daar in die woorde en optrede van Jesus en selfs in dié van die fariseërs (23:15) genoegsame rede is om te aanvaar dat Jesus wel ’n sending na die wêreld in die oog gehad het. “Verse 19a would therefore not be impossible for the period emmidiatly after Easter” (Schweitzer 1984: 530).

In die opdrag wat Jesus gee lê die klem nie soseer op die opdrag om te “gaan” nie maar eerder op die taak wat die apostels het om dissipels te maak. “Unquestionably ‘make disciples’ contains

the main verb, to which everything that precedes and follows is subordinate (literally: ‘going … baptizing … teaching …’)” (Schweizer 1984: 532). Dit waarmee daar ’n aanvang geneem moet word is nie soseer net die oorvertel van die paasgebeure rondom Jesus se lyding en sterwe nie, maar die klem lê op “the arduous task of nurturing into the experience of discipleship, an emphasis that is strengthened and explained by the instruction ‘teaching them to keep all that I have commanded’ in v 20a” (Hagner 1995: 887). Die fokus is by Matteus nie soseer die bereik van die wêreld met ’n boodskap van Jesus se opstanding nie, as wat dit is die totstandkoming van ’n nuwe gemeenskap wat die leer van Jesus aan mekaar so oorvertel en moderleer dat elke lid van hierdie gemeenskap beskou kan word as ’n dissipel van Jesus, die Koning. Die totstandkom van hierdie gemeenskap is universeel. “The universal authority of Jesus is the basis of the universal mission of the church” (Hagner 1995: 887).

Handelinge 1:8

Na die opstanding van Jesus het die kerk die belofte ontvang dat die Heilige Gees se koms van die disspipels van Jesus “getuies” sou maak “tot in die uithoeke van die wêreld”. “The key event which preceded the establishment of the church was the resurrection of Jesus” (Guthrie 1981: 732). “The critical event in the launching af the Cristian community was undoubtedly Pentecost … The power of the Spirit was promised for witnessing to Jesus throughout the world (Acts 1:8). But the disciples are not said to have discussed any mission plans. When they started their

witnessing it happened spontaneously” (Guthrie 1981: 733). Die getuienis geskied in die δυναµιs wat Jesus aan sy dissipels beloof. Hierdie krag is die δυναµιs wat die Gees gee en dit is, “that supernatural power by wich miracles were wrought and the preaching made effective” (Bruce 1953: 71). “The Spirit which conferred miraculous power was a sine qua non for the mission” (Haenchen 1971: 143).

Hand 1:8 word deur die kerk begryp as tegelykertyd ’n opdrag en ’n belofte aan die kerk in sy geheel en nie net aan die apostels of ander ampsdraers nie. Die voortstu van die boodskap dat Jesus gesterwe het, weer uit die dood uit opgestaan het en die boodskap oor die koms van die Gees is gedra deur die opdrag in Hand 1:8. Hierdie teks staan sentraal in die verstaan van dit wat die vroeë kerk begryp het van sy taak rondom die uitdra van die evangelie. “It defines for the Church the terms of its commission (the Apostles are only the Church’s representatives, hence they may stay quietly in Jerusalem and allow Paul to carry on the main mission). As Acts presents it, the Christian Church is a missionary Church” (Haenchen 1971: 144).

Hand 1:8 kan gesien word as ’n opsomming van die vertelling wat gaan volg in die res van die boek. Hoofstukke 1 tot 7 vind plaas in Jerusalem, hoofstukke 8 en 9 gebeur in Judea en Samaria en hoofstukke 10 tot 28 neem die leser stap vir stap van Sesarea tot by Rome, die sentrum van die Ryk wat stryk “tot in die uithoeke van die wêreld” (Bruce 1953: 71). Die opdrag gegee in hierdie teks was bedoel vir die hele kerk en van vroeg af het die kerk meer gehad as net spesiale geroepenes en begaafdes, wie se taak dit was om die evangelie na die heidendom uit te dra. Die rede vir die vinnige groei van die boodskap oor Jesus Christus was juis nie gesetel net in die ywer van spesialis gestuurdes nie. “Apart, however, from these special workers, the Chrurch could count on the anonymous and unchronicled witness of all the faithful. What is clear is that every Christian was a witness” (Neill 1964: 24). Hierdie toedrag van sake kan toegeskryf word aan die feit dat elke gelowige Hand 1:8 op hom- of haarself toegepas het na die ontvangs van die belofte van die Gees, waaroor dit in hierdie woorde van Jesus gaan.

Vir die kerk in die veranderende wêreld kan insig in die vroeë kerk se sendingbegrip van waarde wees vir die uitreik na mense wat as gevolg van paradigmaskuiwe skepties of selfs negatief staan teenoor die kerk in sy institusionele gewaad. “Finding themselves marginalized in the context of a pluralistic world, churches today increasingly resemble those of the first three centuries of the Christian movement, prior to the conversion of Emperor Constantine. In the Roman world the communities of believers had neither social prestige nor political influence. They owned no property. They were a movement, not an institution” (Gibbs en Coffey 2001: 212). Die post- moderne kerk moet besef dat die kerk in sy eerste gestalte ’n beweging in die gemeenskap was sonder magte en regte en dat dit ondanks hiervan steeds lig, suurdeeg en sout vir die wêreld was. In die tyd van groot paragdigmaskuiwe na die demokratiese verkiesing in Suid Afrika verloor die hoofstroom kerke, soos in die res van die wêreld, al hoe meer sy tradisionele inspraak in die samelewing waarvan hy deel is. “Statistiek gee ’n anduiding dat die kerk in ons land in ’n afbreekfase verkeer; dit verloor lidmate en vervlak sedelik-moreel. Die gevestigde kerke bevind hulle skielik in ’n sekulêre staatsbestel. Volksgodsdiens en kultuurkerk versand” (Hendriks 1997: 33). Hendriks (1997: 29) is dit daarmee eens dat die kerk van ’n institusionele karakter moet wegbeweeg daarna toe om ’n beweging in die gemeenskap te wees. Hy sê: “In ’n gesekulariseerde wêreld is dit belangrik dat die kerk homself al hoe meer sal verstaan as ’n liggaam met ’n sending.” Lidmate moet geleer en begelei word om soos gelowiges in die tyd voor Konstantyn hulle plig en roeping besef het, vandag as deel die missie van die kerk, hulle geloof in die wêreld uitleef. Bemagtiging sal daarop moet fokus dat die kerk gelowiges begelei

na ’n bestel waarin elkeen in die geloofsgemeenskap ’n besonderse taak of rol vervul in die uitdra van die evangelieboodskap.

Gevolgtrekking 2.2:

Die opdrag en belofte van Hand 1:8, teen die lig van die opstanding van Jesus en toegepas op elke gelowige, vorm die agtergrond waarteen die Vroeë Kerk sy sendingtaak begryp het en moet in die bemagtiging van lidmate ’n sentrale rol vervul.