• No results found

Die onderskeie vorme of benaderings binne kwalitatiewe navorsing Hancock (2002a) beskou die volgende as van die belangrikste benaderings:

Kwalitatiewe navorsing Kwantitatiewe navorsing

5.3.2 Die onderskeie vorme of benaderings binne kwalitatiewe navorsing Hancock (2002a) beskou die volgende as van die belangrikste benaderings:

5.3.2.1

Fenomenologie

Soos in Tabel 5.1 aangetoon, word die term Fenomenologie , volgens Hancock (2002a), meestal gebruik om na ‘n aspek van kwalitatiewe navorsing te verwys. Daar heers soms verwarring oor die gebruik en die aanwending van die term, aangesien verskillende skrywers dit verskillend interpreteer en aanwend. So word dit ook gebruik om na ‘n spesifieke vorm of benadering van kwalitatiewe navorsing te verwys.

Fenomenologie beteken en impliseer die bestudering en beskrywing van verskynsels binne die mens se bestaanswêreld. Hierdie verskynsels verwys onder meer na situasies, ervaringe en konsepte. Fenomenologie word hoofsaaklik gebruik om verskynsels te beskryf wat nog nie duidelik omskryf of verklaar is nie of waarvan die impak nog nie indringend genoeg nagevors is nie (Hancock, 2002a).

Hierdie vorm van kwalitatiewe navorsing gaan vanaf die vertrekpunt uit dat daar steeds ‘n leemte in ‘n betrokke verskynsel bestaan en dat die verheldering daarvan sekere voordele inhou. Fenomenologie poog derhalwe dus nie om definitiewe verklaring(s) aan te bied nie. Hierdie vorm van kwalitatiewe navorsing poog dus primêr om ‘n groter mate van bewuswording en insig in die verskynsel wat bestudeer word te bewerkstellig (Hancock, 2002a).

5.3.2.2

Etnografie

Etnografie word as ‘n ander vorm of benadering binne kwalitatiewe navorsing beskou. Etnografie toon egter sekere raakpunte met antropologie , aangesien dit ook die bestudering van kulture en mense impliseer. Hierdie vorm van kwalitatiewe navorsing veronderstel dat die betrokke individue of kulture wat ondersoek word, iets gemeenskapliks besit, hetsy dit geografies of religieus van aard is, of na gedeelde ervaringe verwys. Hierdie navorsingsmetode behels onder meer ekstensiewe veldwerk en is veral tydrowend, aangesien ‘n navorser vir lang tye tyd met die geïdentifiseerde steekproef besig bly. Sommige van die data-insamelingsmetodes van hierdie vorm van kwalitatiewe navorsing vereis dat die navorser onder meer beide formele en informele onderhoude met persone by verskillende geleenthede sal voer (Hancock, 2002a).

Een van die primêre doelwitte wat veral met etnografie beoog word, is die verklaring van inligting vanuit die perspektief van die betrokke groep wat bestudeer word. Ten einde ‘n getroue beeld van die verskillende perspektiewe te verseker, maak navorsers dikwels van direkte aanhalings gebruik, sodat inligting vanweë taalversperrings of spesifieke terme nie verlore gaan nie (Hancock, 2002a).

Etnografie mag moontlik probleme inhou, indien ‘n navorser nie vertroud is met die betrokke groep se verwysingsraamwerk en taal nie. Ten einde hierdie problematiek te ondervang sal die navorser heel waarskynlik die resultate aan die betrokke groep vir validering voorhou, voordat resultate gepubliseer word (Hancock, 2002a).

5.3.2.3

Grondteorie

Hierdie vorm of benadering binne kwalitatiewe navorsing verskil van fenomenologie deurdat inligting wat tydens so ‘n ondersoek verkry word, geanaliseer en gebruik word om nuwe teorieë te ontwikkel waarvolgens soortgelyke of ander verskynsels ondersoek en verklaar mag word. Hierdie vorm van kwalitatiewe navorsing verskil van fenomenologie, deurdat dit werklik tot nuwe teorieë en die verbreding van die beskikbare kennis van ‘n verskynsel bydra (Hancock, 2002a).

Verskeie data-insamelingsmetodes word aangewend in die ontwikkeling van die grondteorie, waaronder onderhoude, waarneming, literatuurstudies en die ontleding van verkreë data. ‘n Kern eienskap van die grondteorie is die gelyktydige proses waartydens inligting ingesamel, sowel as ontleed word. Hierdie proses staan as die voortdurend vergelykende ontledingsproses bekend. Idees wat tydens ‘n bepaalde analise verkry is, word weer in die volgende data-insamelingsproses aangewend. So mag ‘n onderhoudskedule aan die einde van ‘n navorsingsprojek heelwat anders daar uitsien, as in die begin daarvan, omdat nuwe data deurentyd geïnkorporeer word (Hancock, 2002a).

5.3.2.4

Opname-ontwerp

Die opname-ontwerp is een van die bekendste en ook tradisionele vorme of benaderings waarvolgens kwalitatiewe navorsing in die breë plaasvind of uitgevoer word. Dit is veral bruikbaar in nie- eksperimentele beskrywende benaderings wat poog om die realiteite binne ‘n betrokke situasie te beskryf. Hierdie tipe benadering word veral gebruik om inligting rakende opinies, gedrag en houdings oor ‘n sekere onderwerp te bekom (Hancock, 2002b; Matters, Fox & Hunn, 2002).

Opnames word meestal beperk tot ‘n verteenwoordigende steekproef van individue, aangesien dit nie altyd prakties moontlik of koste-effektief is om die opinies, houdings of gedrag van almal te bepaal nie. Persone word gewoonlik op grond van sekere eienskappe of vanweë ‘n bepaalde populasie of afkoms geselekteer om deel van ‘n opname te vorm (Matters et al., 2002).

Dit is belangrik om tussen opnames en onderhoude, asook vraelyste te onderskei, aangesien laasgenoemde metodes is waarvolgens data ingesamel word (Matters et al., 2002).

5.3.2.5

Gevallestudie

Net soos in die geval van ‘n opname-ontwerp, kan gevallestudies as vorm of benadering binne beide ‘n kwalitatiewe en kwantitatiewe raamwerk geplaas word. Vanuit ‘n kwalitatiewe perspektief word ‘n gevallestudie hoofsaaklik gebruik om ‘n indringende ondersoek van ‘n bepaalde persoon, eenheid of organisasie en so meer te loods. Daar bestaan egter verskillende maniere waarop gevallestudies gebruik word om inligting te bekom. Een voorbeeld hiervan is waar daar ‘n eenmalige beskrywing van ‘n bepaalde situasie of gebeurtenis verskaf word. ‘n Meer komplekse voorbeeld waar ‘n gevallestudie gebruik word om

inligting te bekom, is waar ‘n spesifieke situasie vir ‘n bepaalde tydsduur bestudeer en ontleed word. Die mees komplekse aanwending van ‘n gevallestudie is wanneer dieselfde rolspelers vir ‘n bepaalde tydsduur bestudeer word, ten einde veranderinge en aanpassings wat aangebring is te reflekteer (Hancock, 2002a).

Een van die voor die hand liggende voordele wat met ‘n gevallestudie geassosieer word, is dat dit ‘n indringende beeld van ‘n spesifieke situasie verskaf, wat heel waarskynlik nie in dieselfde mate deur ander benaderings of vorme ondervang word nie. So beskik ‘n gevallestudie oor die inherente vermoë om die verskillende aspekte wat tot ‘n komplekse verskynsel bydra, te verduidelik. Die buigsaamheid waarmee ‘n gevallestudie toegepas kan word, is veral opmerklik, aangesien verskillende metodes van data-insameling gebruik kan word tydens ‘n gevallestudie, hetsy dit toetsing of onderhoudvoering is.

Van die kritiek wat veral teen hierdie vorm van navorsing ingebring word, is dat die resultate nie noodwendig verteenwoordigend, of tot ‘n breër populasie veralgemeen kan word nie. Dit is egter ‘n verkeerde opvatting, aangesien ‘n gevallestudie juis poog om ‘n volledige beeld van ‘n spesifieke geval te skets.

5.3.3 Die gekose kwalitatiewe navorsingsvorm of benadering vir hierdie ondersoek