• No results found

Figuur 4.3 ‘n Model van arbeidsomset as ‘n funksie van werksontevredenheid (Spector 1997, p 64)

Arbeidsomset kan sowel ‘n voordeel as ‘n nadeel vir ‘n hoëronderwysinstelling wees. Die nadele hiervan sentreer veral rondom die koste wat verband hou met verlaagde organisasielojaliteit, die verlies aan kennis en ervaring rakende die instelling en die langer tyd en groter koste verbonde om nuwelinge weereens op te lei (sien ook die bogenoemde negatiewe uitkomstes vir organisasies soos reeds bespreek). Andersyds mag die organisasie spaar op die finansiële vergoedingspakette van ervare werknemers, deur toetreders op ‘n laer skaal aan te stel (Rosser, 2004).

Hoëronderwysinstellings is meer so as enige organisasie egter van die intellektuele vermoëns en die verbintenis van akademiese personeel afhanklik. Die intellektuele en kreatiewe vermoëns van die genoemde groep is bepalend vir die voortbestaan en volhoubaarheid van hoëronderwysinstellings (Martin, 1999).

Indien die loopbaandilemmas van akademiese personeel dus nie geïdentifiseer en uit die weg geruim word nie, mag die kwaliteit en volhoubaarheid van hoëronderwysinstellings in die gedrang kom, aangesien hierdie akademici toenemd vir die hoër onderwys verlore sal wees.

Studies deur Gillespie et al. (2001) onder akademici in vyftien hoëronderwysinstellings het aangedui dat, indien loopbaanverbandhoudende dilemmas nie uit die weg geruim word nie, dit onder meer aanleiding gee tot:

‘n Afname in werksprestasie , wat ook die betrokke akademici se self-waarde beïnvloed.

‘n Afname in interpersoonlike werkverhoudinge, aangesien ‘n aspek soos toenemende werkslading

Organisatoriese aspekte Individuele aspekte Vlak of mate van werks- tevredenheid Voorneme om die organisasie of werkgewer te verlaat Soeke na alternatiewe geleenthede Verlaat die organisasie of instelling Beskikbaar- heid van alternatiewe

interpersoonlike kontak tussen akademici verminder. Dit is ‘n aspek wat as ‘n belangrike buffer teen spanning beskou word.

Gedrag wat toenemend gekenmerk word deur afwesigheid of ontrekking.

Gedrag wat gekenmerk word deur akademici wat toenemend ander alternatiewe buite die hoër onderwys oorweeg.

Gedrag en optredes wat verlaagde organisasieverbintenis veronderstel.

Akademici wat streng volgens voorskrifte werk en hulle werksbeskrywing en poste duidelik omgrens. Dit impliseer dat hulle nie bereid is om meer te doen as wat nodig is nie. Van die response dui ook aan dat hulle nie meer na-uurse werk verrig nie en dat hulle summier weier om verder oor naweke te werk.

Van die persoonlike gevolge van hierdie loopbaandilemmas wat weens hierdie ondersoek deur die bogenoemde navorsers gerapporteer is, is die volgende:

Meer as 75% van hierdie respondente het aangetoon dat aspekte wat met hulle loopbaandilemmas verband hou tot ‘n afname in hulle fisieke gesondheid gelei het. Aspekte wat geïdentifiseer is sluit onder meer, hoofpyne, slaapprobleme, rug- en nekpyn, gewigsverlies of gewigstoename, verlaagde immuniteit, asook hart- en velprobleme in.

Meer as 75% van die respondente het aangedui dat hierdie dilemmas op hulle geestesgesondheid ingewerk het in die vorm van ‘n toename in angs, depressie, woede, uitbranding, geïrriteerdheid en hulpeloosheid. ‘n Toename in frustrasie met ander, asook met bestuur, is gerapporteer. Sommige van die akademici het aangedui dat hulle selfs professionele hulp moes bekom. Party het aangedui dat hulle van alkohol en medikasie gebruik maak om hierdie dilemmas te hanteer.

Meer as 50% het aangedui dat hierdie dilemmas op die kwaliteit van hulle gesinslewe inwerk, aangesien hulle addisionele tyd aan hulle werksverpligtinge moes nakom. Die respondente het ook aangedui dat hierdie dilemmas vir hoë stresvlakke verantwoordelik was, wat tot swakker kommunikasie en verhoogde konflik onder familie en vriende bygedra het wanneer hulle gespanne was. Verskeie van die respondente het aangedui dat hulle vanweë hierdie dilemmas meer gereeld hulleself wou isoleer, wat gevolglik hulle verhoudinge met ander negatief beïnvloed het.

Loopbaandilemmas wat hoë vlakke van werksontevredenheid en werkstres impliseer soos in hierdie hoofstuk aangedui, word dus met ‘n verskeidenheid negatiewe aspekte soos verlaagde organisasieverbintenis, verlaagde geestes- en fisieke gesondheid, problematiese interpersoonlike werkverhoudinge en ‘n afname in die kwaliteit van akademici se werkslewe geassosieer.

4.5 SAMEVATTING

Alhoewel daar vele positewe veranderinge binne hoër onderwys blyk te wees, spreek die huidige beeld van ‘n akademiese loopbaan eerder een van frustrasie en ontnugtering (Martin, 1999). Gesien in lig van die voorafgaande stelling en die sentrale aard en rol van akademici binne die funksionering en

volhoubaarheid van enige hoëronderwysinstelling, is dit belangrik dat die leiers verantwoordelik vir die bestuur van hierdie instellings maniere sal vind waardeur die loopbaandilemmas van akademiese personeel tydig bevredig en bestuur sal word. Indien dit nie plaasvind nie, is die kanse dat hoë kwaliteit akademici toenemend vir hoëronderwysinstellings verlore sal wees soveel groter.

In hierdie hoofstuk is daar verskeie werksomgewingsfaktore en/of aspekte geïdentifiseer wat die werkstevredenheid van akademici beïnvloed en moontlik tot die loopbaandilemmas van akademici kan bydra. Die invloed daarvan op die beeld en status, asook organisasieverbintenis van akademici is daarna volledig bespreek. Die hoofstuk is afgesluit deur veral op die gevolge van loopbaandilemmas te fokus sou die loopbaandilemmas nie uit die weg geruim word nie.

Vervolgens sal daar dus deur middel van ‘n empiriese ondersoek bepaal word watter aspekte vir die loopbaandilemmas van akademiese personeel tydens die verskille nde volwasselewensloopfases binne ‘n veranderende hoëronderwyswerksomgewing verantwoordelik is.

Ten einde die voorafgaande vraag te beantwoord, sal die navorsingmetodologie wat in hierdie ondersoek gebruik is om geldige en betroubare resultate (antwoorde) te bekom in die volgende hoofstuk bespreek word.

Hoofstuk 5

NAVORSINGSMETODOLOGIE